Die Ineenstorting van New York Stad
Onlangs het U.S.A. Today ‘n voorbladstorie gehad met die titel, “Is New York Neer vir die Telling?” Die illustrasie het New York Stad City uitgebeeld, geklee soos ‘n bokser wat op die mat lê – amper bewusteloos van ‘n uitklophou. Die storie het verder gesê dat die stad buite beheer tol en dat talle hierdie keer glo, dit sal nie oorleef nie.
New York het die hoogste huur in Amerika, die hoogste belastings, die ergste misdaadsyfer en sommige van die gevaarlikste skole in die wêreld. Die polisie beskou sekere buurte soos Oos New York en die Bronx as oorlogsones. Beamptes sal eenvoudig nie in sommige gebiede ingaan nie.
Een van die kommentators op ‘n oggendprogram het sy kykers gewaarsku om uit hierdie vuil, misdaad-geïnfekteerde plek uit te bly. Hy sê New York is Calcutta sonder die koeie. Om die kroon te span, het hy bygevoeg dat hy binnekort trek – met geen planne om terug te keer nie!
Die mees onlangse misdaadstatistiek vir New York wys ‘n skrikwekkende toename in moorde. Die stad het ook die grootste VIGS bevolking in Amerika, sowel as die hoogste aantal baba’s wat gebore word as dwelmverslaafdes – onskuldige kinders wat sterf, en nooit ‘n oomblik se vryheid van pyn geken het nie.
‘n Leër van werklose, hawelose mense stap op hierdie stad se strate, baie van hulle geestelik versteurd of op dwelms. Hulle is swak, uitgeteer – en bedel terwyl hulle sterf. Dit is ongelooflik hartverskeurend om hulle voor jou oë te sien wegkwyn. Baie sterf van VIGS net hier op die strate. Hierdie tragedie sal slegs toeneem, omdat New York se hospitale nie die las kan dra nie.
Net meer as dertig jaar gelede, was hierdie stad relatief stil en vredevol. Central Park was ‘n lieflike plek met baie min misdaad. Maar in die laat vyftigs, het heroïene New York soos ‘n bom getref. Hoewel talle woonbuurte geboorte gegee het aan tienerbendes en dwelmoorloë gedurende hierdie tyd, was “grondgebied” die hoofsaak – en hierdie kinders het basies eenkant gebly, geïsoleer in die ghetto’s.
Alles het egter verander. Mense vra nou, “Wat gaan aan met hierdie stad? Wat gebeur hier?” New York lyk of dit op die randjie van anargie is. Die tronke loop oor van misdadigers, waarvan die grootste gros verband hou met crack! Geen redelike intelligente mens kan toeskouer wees en die vinnige afsterwe van hierdie stad ignoreer nie. Ons almal weet dat iets op die punt is om in duie te stort!
Vier jaar gelede, toe God my geroep het om terug te keer New York Stad toe, het Hy vir my twee mandate gegee: om ‘n heilige oorblyfsel te vind en te bemoedig en om New York oor dreigende oordeel te waarsku. Die Woord van God verklaar dat die Here niks op die gebied van oordeel doen, totdat Hy Sy mense gewaarsku het deur Sy profete of wagters nie. “Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7).
Geliefde, ek sal nie raak aan spekulatiewe profesie nie. As ‘n profetiese boodskap of woord nie gegrond is op die Woord van God nie, sal ons rondgegooi en rondgewaai word deur elke wind en golf van lering. Vandag klink allerhande sogenaamde profesieë aanskoulik, maar besit nie ‘n greintjie waarheid daarin nie. ‘n Seker teken van twyfelagtige profesie is as dit nie geanker is in voorbeelde van die Woord van God nie.
Die Here gee vir ons patrone in Sy Woord waardeur ons kan onderskei hoe Sy hand sal optree. God is dieselfde gister, vandag en vir altyd, en Sy beginsels van oordeel verander nie. Die Bybel sê dat alles wat gebeur het met diegene in die Skrif, as ‘n voorbeeld dien vir ons, “op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11). Met al die voorbeelde gebaseer op die Skrif, kan ons duidelike waarskuwings in die Bybel sien oor die krisis wat na ons kant toe kom.
Esegiël 33:1-9 sê vir ons dat die wagters wat gevaar sien kom, maar nie die mense waarsku nie, verantwoordelik gehou sal word deur die Here God vir wat hy nie gesê het nie – dat die mense se bloed op sy eie hande sal wees. Ek wens om nie die bloed van enigeen op my hande te hê nie – daarom moet ek vir jou verskeie dinge vertel wat die Heilige Gees vir my gewys het oor New York Stad:
Eerste van alles, dink daaraan dat God New York nou al jarelank waarsku. Hierdie waarskuwings was grootliks geïgnoreer. Die stad het amper bankrot gegaan in die middel 1970’s: maar die oomblik wat die paniek verby was, het ‘n wilde gees van gierigheid en trots inbeweeg! Wall Street het sy vere begin regskud – toringgeboue gebou en salarisse opgepomp. Geld het vinnig teruggekeer na sy troon as die god van hierdie stad.
Weer op Oktober 19, 1987 (nou bekend as “Swart Maandag”), God het New York ‘n waarskuwing gestuur wat onmoontlik is om te ignoreer. Die aandelemark het skerp gedaal en daarna het mense op en af in die strate gehardloop en geskree, “Dit is alles verby!” Maar die “oorlewingsmentaliteit” het weer oorwin: “Ons bestaan vir 200 jaar, en ons het nog altyd ‘n mate van geweld, paniek en aandelemark-ineenstortings gehad. Ons was al so baie op die rand van rampspoed, dat ons weet ons sal weer deurstrompel, net soos voorheen!”
Weereens, het God New York gewaarsku oor sy gierigheid en trots. Maar hierdie stad wou nie luister nie en het voortgegaan om sy baba’s dood te maak, God uit sy skole uit te haal en onsedelikheid en homoseksualiteit te vertoon. Vandag se New Yorkers lig skaars ‘n wenkbrou wanneer homoseksuele aktiviste St. Patrick se Katedraal bestorm en in die kerkgangetjies gaan lê om die dienste te probeer ontwrig.
Dit alles het gebeur sonder ‘n flikkering van ‘n bekering. Maar ander waarskuwings lê voor die deur – en die tekens van hulle koms is duidelik:
Eerstens, New York sal ‘n groot, swart gat van finansiële chaos beleef. Die huidige burgemeester het die kantoor binnegekom ‘n paar maande gelede, net om ‘n steierende finansiële krisis tegemoet te gaan. Sy voorloper het die kantoor verlaat sonder die geringste sinspeling op die bestaan van hierdie krisis.
Om sake te vererger, het die staat hulp aan New York Stad besnoei met $125 miljoen – in die aangesig van ‘n biljoen-dollar tekort. Belastinginkomste is oorskat, en nou tol die stad se uitgawes buite beheer. Daar was – en sal altyd – afdankings in elke tak en departement van die stad se regering en dienste wees.
Jy mag dalk vra waar ons ‘n presedent of profesie kan vind in die Bybel vir hierdie huidige toestand. Die Here het my na 1 Konings en antieke Jerusalem geneem. Gedurende die heerskappy van Salomo, het daardie stad baie in gemeen gehad met hedendaagse New York. As ons die val van Jerusalem bestudeer, sal ons ook New York se komende ineenstorting sien.
Salomo was duidelik meer geseën deur God as enige mens op aarde. Hy het meer rykdom besit as enigeen in die hele geskiedenis. En daar was geen stad so voorspoedig in Salomo se tyd soos Jerusalem nie. Dit het die sentrum van die hele wêreld se handel en nywerheid geword. Handelaars het na die stede se markte gestroom met linne, garing en sy. “Ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land [het] vir Salomo goud en silwer ingebring” (2 Kronieke 9:14). Die markte is oorstroom met koring, hawer, olies en wyne van alle nasies.
Die meeste van die burgers het dienaars gehad. Swierige geboue was geskep van marmer, koper, edelgesteentes en fynafgewerkte planke soos denne of seder. Hierdie manjifieke geboue was omring deur pragtige palmbome. Salomo het skepe oral deur die wêreld gestuur om diere vir spoggerige dieretuine te kry en dit gevul met volstruise, zebra’s, ape en paradysvoëls.
Die Bybel het ook vir ons gesê dat Salomo Jerusalem se strate gevul het met eksotiese, skitterende waens. Hy het 1,400 daarvan gehad, saam met 12,000 perde wat uit Egipte gebring is. In hierdie veronagsaming van die wette van Moses, wat die konings van Israel verbied het om vir hulleself perde uit Egipte bymekaar te maak (Deuteronómium 17:16).
Salomo het meer van ‘n politikus geword – en minder van ‘n man van God!
Dit val my by dat met al hierdie uitbreiding, moes Salomo baie min tyd gehad het om te bid! Hy moes die grootste deel van sy tyd deurgebring het saam met sy argitekte in die tekenkamers. Dit is geen wonder nie, dat hy dit maklik gevind het om die wette van Moses te ignoreer – maar sy verwaarlosing het ernstige gevolge gehad vir die stad.
Jerusalem het die New York van sy dag in kultuur en handel geword. Toe al die heidense dienaars en vreemde werkers haar poorte betree het, het hulle hul eie vorm van aanbidding gebring. Mense het nie net as individuele dienaars binnegekom en Joodse gewoontes aangeneem nie. Hulle het ingekom en hulle hele eie manier van lewe geniet – insluitend vreemde gode.
Die Israeliete was gewaarsku oor hierdie vreemde gode en was beveel om van hulle af weg te bly. Salomo het egter die afgode ingevoer saam met al die ander eksotiese dinge wat hy versamel het. En om al hierdie dinge te onderhou, het hy swaar belastings op die mense gelê – wat gou ‘n swaar las vir hulle geword het.
Dieselfde man wat eens die tempel gebou het, wat gebrand het met ‘n begeerte om God te behaag, het op die ou end ‘n politikus geword! Op die toppunt van sy voorspoed, het hy na die redenasies van die wêreld, eerder as die wysheid van God se Woord gedraai. Gerief het vir hom belangriker geword as voorbidding en smeking.
Byvoorbeeld, toe hy met Farao se dogter getrou het, het hy ‘n oombliklike vredesverbintenis met ‘n eens formidabele vyand gesmee. In plaas van om te doen wat reg is in God se oë, het Salomo met die wêreld se ingesteldheid opgetree en gedoen wat die gerieflikste was. Uiteindelik het dit vir hom ‘n saak van politiek geword – en hy het God bloot “uit gewoonte” gedien. Dit is die soort ding wat enige stad – of selfs gelowige – sou laat val!
Boonop, het Salomo ‘n ontsaglike wellus na vroue geherberg, en het 700 vroue en 300 byvroue besit. Dit was ook in direkte teenstelling met die wet van Moses: “Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie” (Deuteronómium 17:17).
Salomo het so verslaaf aan sy vroue en byvroue geword, dat sy onbeheerste wellus hom gelei het na en toename in afgodery – omdat elke vrou haar eie afgode in die koninkryk ingebring het. Salomo het elkeen met ‘n tempel en personeel voorsien: “En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode” (1 Konings 11:8). Hierdie tempels moes baie priesters, bediendes, maagde en tesouriere gehad het. Daar was ‘n groot tempel vir Astarte, godin van die Sidoniërs, sowel as vir Milkom en Molog van die Ammoniete en Kamos van Moab.
Ek glo dat, afgesien van die verskriklike geestelike verwoesting wat hulle veroorsaak het, het elke afgodiese instelling wat in Jerusalem opgerig was, ‘n gierige entiteit geword het wat die skatkis opgevreet het. Voor Salomo se dood, was die stad oorstroom met goddelose, waardelose instellings wat die hele volk van Israel getap en bankrot gemaak het.
Die belastingstelsel wat Salomo ontwerp het, was rigied en bindend om die massiewe uitbreiding van die koninkryk, die afgodiese tempels, die plesiermalligheid en die sensualiteit te onderhou. Drank het ongetwyfeld sy wysheid benewel, omdat hy self erken het, “ek het my aan wyn oorgegee.”
Salomo het gesterf as ‘n siek, mankolieke, ontnugterde man. Ek wonder of hy, toe hy gesterf het, enigsins spyt was dat hy vir sy seun ‘n nalatenskap van hopelose skuld nagelaat het – want sy seun Rehábeam het die troon bestyg met die volk wat ‘n seker ekonomiese ramp in die gesig gestaar het!
Menigtes van spesiale belangegroepe het hulle hande uitgestrek en gesê, “Ons kan nie besnoei nie! Ons het elke dollar nodig!” Rehábeam het ‘n vinnige opleiding gekry – net soos die burgemeester van New York – toe sy finansiële adviseurs vir hom vertel het van die grootte van die finansiële ramp wat oor hulle gehang het!
God gaan New York Stad tot ‘n val bring net soos Hy Jerusalem tot ‘n val gebring het!
Hoe was Jerusalem tot ‘n val gebring? Sy belastingbasis was vernietig! Na Salomo se dood, het ‘n man genaamd Jeróbeam, wat na Egipte gevlug het tydens die heerskappy van Salomo, die hele bevolking gelei om koning Rehábeam te smeek vir belastingverligting! “U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien” (1 Konings 12:4).
Rehábeam het homself drie dae gegee om sy besluit te maak. Gedurende daardie tyd, het hy raad gevra van beide die ou mans wat “voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het” (1 Konings 12:6) en die jongmanne saam met wie hy grootgeword het. Hy het gekies om die raad van sy oudstes te ignoreer, wat was om die las van die mense ligter te maak. In plaas daarvan, het hy die raad van sy tydgenote gevolg – wat vir hom gesê het om die volk se belasting te vermeerder, eerder as om dit te verminder.
Daar was egter ‘n oplossing vir die hele probleem, as Rehábeam dit wou besef: Sluit die afgodiese tempels! Dit sou duisende heidense priesters afgedank het, die finansiële bloeding gestop het en dus baie van die las van die mense verlig het. In plaas daarvan, het hy aangekondig, “My pinkie is dikker as my vader se lendene...my vader [het] julle met die sweep getugtig – ék sal julle het die gésels tugtig” (1 Konings 12:10-11).
Rehábeam wou nie die gramskap beleef van daardie goed ingegrawe spesiale belangegroepe nie, daarom het hy uitgeroep, “Meer belastings!” “Toe...het die hele volk geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan” (1 Konings 12:16). Die opstand was aan die gang!
Dit is presies dieselfde manier waarop God New York Stad sal laat val. Geskiedenis herhaal homself: Ons sal die belastingbasis sien verkrummel omdat besighede, families en individue wat moeg is vir die swaar belastings sal trek en sê, “Kyk na jou eie huis, New York! Ons gaan! Niks meer belastings vir ons nie!”
Glo my – die exodus het begin! Ons hoor dat nuwe werksgeleenthede geskep is en dat daar statisties meer geleenthede beskikbaar is – maar wat die analiste ignoreer, is dat daardie nuwe werksgeleenthede op die laer kant van die betaalskaal is. Middelbestuurders, wat afgelê word terwyl maatskappy besnoei, kan nie nuwe werk vind nie. So, meer en meer mense sal bloot wegtrek, nie in staat om dit te bekostig om in die stad te bly nie.
Toe Rehábeam sy belastingaarders uitgestuur het, het die volk van Israel gereageer deur hulle te stenig en hulle waens dreunend huistoe te stuur! Jerusalem het verval tot ‘n afgodiese, goddelose stad. Oral het mans hulleself vergryp. Die stad het buite beheer getol en was beheer deur wellus en gierigheid.
Ek het gedink dat ‘n swakker belastingbasis miskien die regering sou keer om aborsieklinieke te befonds, en dit sou toemaak. Of dat daardie ontaarde kunsvertonings, wat befonds word met federale fondse, sou ophou sonder kunstoelaes. Maar glad nie! Aborsie sou voortgaan in kombuise met messe, kunsuitstallings sou voortgaan, beman met vrywilligers in geskenkte ruimtes. Omdat wellus, gierigheid en sonde onbeheers voortgegaan het, selfs ter aanskoue van die waarskuwingstekens!
Binnekort sal New York nie langer die “ín plek” wees vir besigheid en plesier nie. God sal hierdie stad wees maak en isoleer! Soos ons sien in die voorbeeld van antieke Jerusalem, sal die verlies van die belastingbasis lei tot groter ongeregtigheid. Dit word voorspel in Moses se vloek oor goddelose mense: “Sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is” (Deuteronómium 28:29).
Geen geld word toegeken om paaie of brûe reg te maak, of om skole te verbeter of om meer polisielede aan te stel nie. Broadway sal baie donker dae beleef, omdat mense sal vrees om stad toe te kom, selfs vir een nag. Die algemene publiek sal geen geld vir buitensporighede hê nie, weens massa werkloosheid. Die tyd sal kom wanneer hoogsbetaalde regeringsposisies – dié wat geen werk vereis nie, maar groot uitgawerekeninge en chauffeur-bestuurde limousines ry – tot ‘n einde sal kom!
En wat van die eiendomsmark? Geliefde, daar sal nie een wees nie! ‘n Mark beteken kopers en verkopers, maar binnekort sal daar slegs verkopers wees. Niemand sal die geld hê om te koop nie! Tans is 14 persent van New York Stad se beskikbare kommersiële ruimtes leeg! Dit is altesaam 6 miljoen vierkante voet van leë, nie-belasting-produserende ruimtes! Die Japanese het ‘n aantal Manhattan kantoorgeboue gekoop, maar hulle ekonomie begin ook probleme weerspieël. Dit is baie moontlik dat hulle ook binnekort in ‘n exodus van New York Stad sal wees.
Wall Street, sal “Hoogstraat” genoem word!
Ek voorsien nie nog ‘n Wall Street paniek nie. In plaas daarvan, stel ek my voor ‘n fatalistiese, letargiese malheid – veroorsaak deur dwelms. Wall Street sal na rampspoed gedryf word gedurende ‘n kokaïenhoogheid. Min sal omgee – hulle sal bedwelm wees!
Onlangs het ‘n dierbare broer in die Here vir my gesê hy het sy werk verloor as vise president van ‘n Wall Street firma, omdat hy geweier het om kokaïen te snuif saam met die ander bestuurders. Oënskynlik, was almal behalwe twee in sy hele departement verslaaf aan die dwelm. Hoeveel van hulle finansiële risikoneming was gedoen onder die invloed van kokaïen? Hulle gesindheid was: “Eet, drink en wees bly, want môre word ons afgedank! Dit is nie ons geld nie, so wie gee om? Waag dit alles!”
Die Tokio-mark kan 15,000 punte val en hulle sal dit ignoreer. All die waarskuwings – oud en nuut – word geïgnoreer. Dit is asof die mark ‘n Las Vegas casino is en die wedgeld is die Amerikaanse pensioen- en versekeringsfondse.
Wall Street sal val op die grootste kokaïen hoogte ooit opgeteken! Ekonomiese mag sal gou verskuif na die algemene mark! Wall Street sal kwyn en sterf terwyl Europa opstaan. Die voorbereiding van die komende koninkryk van die Antichris is op pad.
God self sal die skuilplek wees in tye van moeilikheid.
Die Hudson- en die Oosteriviere dra geen betekenis vir ons in die Liggaam van Christus nie – omdat ons volkome vertrou op die Stroom van die Lewe! Vir diegene wat volkome op die Here vertrou, het die aandelebeurs geen betekenis nie. Die eiendomsmark mag kom en gaan, en die belastingsbasis mag verkrummel, maar ons is nie burgers van hierdie wêreld se stede nie! Ons is in die eerste plek burgers van Sion, die Stad van ons God!
God het altyd ‘n stad binne-in ‘n stad gehad. Te midde van alle moeilikheid en gevaar, sal God self kom en stry vir Sion! Ons lees in Openbaring, “Wee die bewoners van die aarde...die duiwel het na julle neergedaal met groot woede...” (Openbaring 12:12). Geliefde, ons sal met die hand moet stry saam met Almagtige God, omdat my Here belowe Hy sal “neerdaal, sy oorlog veg op Sionsberg” (Jesaja 31:4, 1983 vertaling)
Hy, persoonlik, sal hierdie laaste oorlog voer, voor ons uitgaan om al ons vyande te onderwerp nog voor hulle ‘n hand kan lig. Jy het gehoor van die oorlog teen dwelms en die oorlog teen VIGS – maar daar is ‘n groter oorlog: Dit is God se oorlog teen enigeen of enigiets wat sou waag om Sy kinders aan te raak! “Want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het” (Josua 23:10).
Psalm 121:8 sê, “Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.” En Openbaring 3:10 beloof, “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.”
God is baie persoonlik met ons. Hy kyk na ons uitgang in ingang in motors en busse en duikweë: Sy oog is op ons terwyl ons in die strate van die stad loop. Hy het belowe om ons Leidsman en beskerming te wees.
In die derde hoofstuk van Daniël lees ons van die drie Hebreeuse jongmanne wat in Koning Nebukadnésar se vuuroond gegooi was omdat hulle nie voor ‘n afgod wou buig soos beveel is nie. Waar was God tydens daardie beproewing? Ver buite in die heelal? Nee! Hy was saam met hulle binne-in die vlamme! “Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun” (Daniël 3:25).
Net so sal ons God altyd by ons wees – want “as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef” (Psalm 46:1)!