
Die skrywer van Hebreërs sê vir sy lesers, “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees” (Hebreërs 5:12). Dit is ernstige, onverskrokke woorde. Met wie praat die skrywer hier? Kortliks, wie vermaan hy? Die boek Hebreërs dui aan hy praat met gelowiges wat goed geskool is in Bybelse waarhede. Met ander woorde, hulle wat hierdie brief lees, het onder kragtige prediking van vele gesalfde bedienaars gesit. Dink aan alles wat hierdie Christene geleer is:
Al hierdie dinge word gevind in die eerste vier hoofstukke van Hebreërs en nou, in hoofstuk 5, praat die skrywer met hulle wat bymekaargekom het: “Na al hierdie gesonde lering het julle traag geword om te hoor, het julle steeds iemand nodig om julle te leer.”
Is dit op jou van toepassing? Dink aan alles wat aan hierdie huidige geslag Christene geleer is. Hoeveel preke het ons gehoor wat ons uitgedaag het om die Here in alles te vertrou? Hoeveel keer het ons gehoor van God se fenominale beloftes? Nietemin, hoe dikwels word ons terneergedruk wanneer ‘n beproewing kom?
Geliefde, wat sê jou lewe vir diegene rondom jou? Hoe lees die boek van jou lewe? Is jy ‘n leraar in moeilike tye en bedien jy ander deur jou voorbeeld? Dit is onmoontlik om geloof te behou sonder om met vrymoedigheid na die troon te kom met gebed vir alles wat jy nodig het. Ek moedig jou aan om daagliks na die Here te gaan vir al die genade wat jy nodig het. Hy roep jou om na vore te kom as een van sy leraars!