Die Bediening om ander te bemoedig | World Challenge

Die Bediening om ander te bemoedig

David WilkersonMay 1, 2006

Sommige Christene dink dat Paulus bomenslik was, vandaar sy kragtige geskrifte en uitsonderlike bediening. Maar Paulus was van dieselfde vlees en bloed as ons – as hy nie aan dieselfde versoekings blootgestel was as ons nie – sou hy niks gehad het om aan die kerk te sê nie. Al sy briewe sou tevergeefs geskryf gewees het

Die waarheid is dat Paulus die meeste van sy briewe gedurende die moeilikste tyd van sy lewe geskryf het. Hy erken openlik teenoor die kerk in Korinte dat hy deur ‘n tyd van groot moeilikheid en geestelike aanvalle gaan. “… van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikking” (2 Korinthiërs 7:5). Toe hy dit geskryf het, was hy in Macedonië, waar hy terneergedruk, kragteloos en deur die kerk verwerp gevoel het.

Hoe het Paulus tot so ‘n punt gekom? Kom ons kyk na sy situasie. Paulus het so pas sy eerste brief aan die Korinthiërs geskryf, ‘n sterk vermaning om ‘n immorele insident in die gemeente aan te spreek. Alhoewel sy brief met ‘n moeilike saak handel, het Paulus dit met trane en verdriet geskryf.

Die rede vir hierdie brief was ‘n skandelike immoraliteit wat oorgesien is. Paulus skryf aan die Korinthiërs: “En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit” Paul gee dan die volgende opdrag. “… om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus” (1 Korinthiërs 5:3,5).

Dit was ‘n harde boodskap. En vir ‘n tydlank was Paulus jammer dat hy dit gestuur het. (Lees 2 Korinthiërs 7:8). In werklikheid het Paulus hom sedertdien bekommer oor hoe die Korinthiërs dit sal aanvaar. Sal hulle sy motief verkeerd verstaan? Of sal hulle weet dat hy dit in liefde geskryf het, met ‘n diepe bekommernis oor die rigting wat die kerk ingeslaan het? Hy het later geskryf, “Ek het dit nie gesê om julle te veroordeel nie” (7:3).

Ek weet hoe Paulus gevoel het. Oor die jare moes ek ook soms harde boodskappe bring, op die Here se aandrang. Later het ek dan op my aangesig geval en gebid, “God, het ek te ver gegaan? U Woord sê dat ons nie die regverdige mag betig of die slegte moet seën nie. Sê vir my, het ek die regverdiges seergemaak met hierdie boodskap?”

Paulus het ook gehoor dat valse profete die Korintiërs se gemeente binnegedring het, en wat andere laat neersien het op Paulus se lyding. In werkliklikheid het hierdie mense van hom gesê: “As God werklik met hierdie man is waarom word al die blaam op hom gehoop? Waarom is Paulus in die gevangenis? En hoe kan enige man van God sê hy wanhoop aan sy lewe? Ons kan nie verstaan hoe ‘n man wat bid so aangeval en so terneergedruk kan wees nie. As Paulus waarlik gelowig was, kon dit nie alles met hom gebeur nie”.

Sulke beskuldigings word vandag nog gemaak, teenoor diensknegte wat onder sulke beskuldings gebuk gaan. Hoe dikwels het jy gehoor dat een Christen van ‘n ander sê, “Daar moet iets verkeerd wees in sy lewe as hy so moet ly”. In Paulus se geval was dit kritiseerders wat sy geestelike outoriteit wou ondermyn.

Tog sê Paulus dat hy nie spyt is dat hy die brief gestuur het nie. Inteendeel gee hy aan sy geestelike seun, Titus, die opdrag om na Korinte te gaan om sy doel met die brief aan hulle te verduidelik: “Sê vir die mense, ek is lief vir hulle, ek wil hulle nie seermaak nie, maar daar moet met hierdie situasie gedeel word. Ontmoet my daarna in Troas en sê vir my watter soort reaksie my brief gehad het”.

Nadat hy Titus weggestuur het, het Paulus afgereis na Troas, en onderweg by Efese aangegaan, God het daar magtig deur Paulus gewerk, en sy gesalfde blooskappe het menigtes geraak. Baie wat sy boodskap gehoor het, het hulle huis-toe gehaas en hulle okkultiese boeke gaan haal en dit in die middestad verbrand.

Dit het die silwersmede van Efese in beroering gebring. Hulle het die meeste van hulle inkomste gemaak deur die smee van beelde van Diana. Skielik het hulle, hulle, hulle lewens-onderhoud bedreigd gesien. Daarom staan hulle, in woede, teen Paulus op. Hulle bekuldig hom van godsdienstige dwepery en hulle sê hy wil hulle godsdiens vernietig. Die beskuldigings veroorsaak ‘n groot opstand, en Paulus kom ter nouer nood met sy lewe daarvan af. As hy later hieroor skryf sê hy dat hy vir sy lewe gevrees het, met ander woorde, “Ek het gedink hulle gaan my doodmaak”.

Ons weet nie wat meer in Efese gebeur het nie want Paulus vertel ons nie. Al wat ons weet is dat die ondervindig hom geskok het. “… dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het” (2 Koriutiers 1:8). Ja, Paulus praat van vervolging, en terneergedruktheid. Terwyl hy nou op pad is na Troas, verlang hy na sy geestelike seun, Titus, want hy kan hom weer bemoedig. Paulus kon sy hart oopmaak teenoor Titus en ook hoor wat die uitwerking van sy brief was.

Maar toe Paulus in Troas kom, was Titus nie daar nie. Hy het gewag dat sy geestelike seun moes kom, maar hy het nie gekom nie. Intussen het die deure vir sy bediening oopgegaan, maar sy hart was nou moeg. Paulus skryf van die ervaring, “Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel ‘n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie, maar ek het van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek” (2 Korintiers 2:12-13).

Nou doen Paulus iets wat hy nog nooit voorheen gedoen het nie, iets wat in stryd was met sy prediking. Paulus loop weg, wanneer daar deur oopgaan vir sy prediking. Hy is op pad na Masedonie. Wat ‘n beeld van ‘n gewonde stryder vir die Kruis: die groot apostel gebroke, flou onmagtig, swak en op sy knieë na gees en liggaam. Waarom? Wat het Paulus nou getref? Die apostel verduidelik self: “Ek het geen rus gehad, in my gees nie, want ek kon my broer Titus nie kry nie”. Hy was alleen en hy was desperaat, iemand moes hom opbou.

Ek weet iets van wat Paulus nou deurgaan, uit my eie ervaring en van die ervaring van andere wat soiets deurgemaak het. Satan kom ons altyd aanval as ons moeg is van die stryd. Dan is ons so vatbaar vir sy leuens. Ek dink die vyand het Paulus op twee punte aangeval: Ten eerste het hy hom vertel, “Titus het nie teruggekom nie, want hy het jou verwerp”. Verder kom hierdie leuen: “Titus het nie gekom nie Paulus, omdat jy nie langer effektief is nie. Jy het daardie gelowiges in Korinte diep verwond en hulle weggedryf. Jou bediening dra geen vrug nie”.

Ek hoor die duiwel fluister, “God is nie meer by jou nie, Paulus. Jy word deur almal in Asië verwerp. Daar is nie een wat nog by jou staan nie. Selfs jou geestelike seun, Titus, is beïnvloed met twyfel deur jou teenstanders in Korinte”.

“Aanvaar dit, Paulus, jy het jou salwing verloor. Dink aan Apollos wie se prediking groot skares lok. Almal praat daaroor hoe suksesvol hy is, terwyl jy maar weiniges lok. Jy het opstande veroorsaak waar jy gepreek het, en die herlewing wat onder jou begin het, loop dood, Net soos in Efese. Jy is nie geliefd nie, Paulus, jy is nie langer nodig nie. Dit is duidelike dat die Here jou straf. Jy het die Heilige Gees iewers beproef en God het sy hand van jou af gelig”.

As jy met die Here gewandel het, weet jy wat Paulus nou getref het. Satan is die vader van leuens, en Miskien is hy op die oomblik belieg om jou te belieg, soos hy Paulus belieg het: “Jy word deur almal verwerp. Jy het geen bediening nie. Jy is net in die pad”. Dit kom uit die hel uit.

Dawid het geweet wat dit beteken om deur duiwelse leuens oorweldig te word. In Psalm 140 skryf hy daaroor dat hy in ‘n tyd van oorlog” verkeer fisies en geestelike. Hierdie godvresende man bid tot die Here. “Die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld. Hulle maak hulle tong skerp soos ‘n slang, wat planne beraam om my voete weg te stoot” (Psalm 140:1-5).

Tog, ondanks sy situasie, sing Dawid. “Here, Here, Sterkte van my heil. U beskut my hoof in die dag van stryd” (Psalm 140:7). Hier is Dawid se getuienis: “God, U het my verstand beskerm teen demoniese leuens. Helse tonge is verskerp teen my. Maar U het my verstand beskerm, sodat Satan se leuens my nie omver kan gooi nie.

Hoe het die Heilige Gees vir Paulus verkwik? Die apostel vertel dit self: “Maar Hy wat die nederiges troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus” (2 Korintiers 7:6). Titus het in Masedonië aangekom met ‘n verkwikte gees en meteens was Paulus se hart verlig. Terwyl hulle saam gesels het, het vreugde deur Paulus se liggaam, verstand en gees gespoel en die apostel skryf: “ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking” (2 Korintiers 7:4) Paulus het gesê: “Ek het nog probleme, maar die Here het vir my gegee wat ek nodig het vir die stryd. Hy het my versterk deur Titus”.

Deur al my jare in die bediening, het ek manne en vroue van God gesien wat terneergedruk, moedeloos en moeg was. Ek het saam met hierdie geliefde broers en susters gely en gebid: “Vader, hoe sal hierdie diensknegte van U ooit uit daardie put van lyding kom?Waar is die krag wat hulle sal ophelp? Wat kan ek sê of doen om hulle te help”

Ek glo dat die antwoord hier te vinde is, in Paulus se getuienis. Hier was ‘n man wat so moeg was, dat hy nie meer homself was nie. Paulus was in die donkerste tyd van sy bediening. Tog, na enkele ure was hy uit daardie put vol vreugde en blydskap Weereens het hy gevoel dat mense hom lief het en nodig het.

Hoe het dit gebeur? Kom ons kyk wat het in Korinte gebeur? Toe Titus daar aangekom het om met die kerkeleiers te praat, het hy sy eie verkwikking ontvang. ‘n Herlewing was besig om plaas te vind, want hulle het geluister na Paulus se vermaning en God het hulle oorvloediglik geseën.

As die Here maar op daardie oomblik die gordyn kon wegtrek en vir Paulus kon wys wat gebeur. As hy maar die herlewing kon sien as gevolg van sy boodskap. Dan sou hy die Satan se leuens ontbloot gesien het en sou hy onthou dat God se gedagtes oor hom goeie gedagtes was, dat dit alles in sy plan ingepas het.

Nou het Titus in Masedonië aangekom met die bemoedigende nuus: “Paulus, die broers in Korinte stuur hulle liefde! Hulle het die sonde uit hulle midde verwyder en die valse profete weggestuur. Hulle sien nie meer neer op jou getuienis nie.”

Hierdie versterkende woorde, wat ‘n geliefde broer in Christus gebring het, het Paulus dadelik uit sy terneergedruktheid gelig: “Maar Hy wat die nederiges troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus: (2 Kor.7:6). Sien jy die voorbeeld hier? God gebruik mense om mense te versterk. Hy het nie ‘n engel gestuur om Paulus te bemoedig nie. Die aanmoediging wat hierdie man ontvang het, was deur die versterking van Titus se gees, wat op sy beurt Paulus versterk het.

In Handelinge 27 was Paulus op ‘n skip wat op pad was na Rome en by Sidon gestop het. Paulus het by die offisier toestemming gekry om sy vriende te besoek. “Julius het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang” (Handelinge 27:3). Hier is nog ‘n voorbeeld hoe die Here gelowiges gebruik om ander gelowiges te versterk.

Ons sien dit ook in 2 Timoteus waar Paulus van ‘n sekere gelowige skryf: “Mag die Here aan die huis van Onesiforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie; maar toe hy in Rome gekom het, het hy my ywerig gesoek en gevind … En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Efese bewys het” (2 Timoteus 1:16-18).

Onesiforus was ook een van Paulus se geestelike seuns, en hy het Paulus so liefgehad dat hy hom opgesoek het in sy lyding. Op ‘n keer toe Paulus gevange was, het Onesiforus deur die stad gegaan en Paulus gesoek tot hy hom gekry het. Sy motivering was eenvoudig, “My broer ly. Hy is deur ‘n skipbreuk, en nou word hy deur die Satan aangeval. Ek moet hom bemoedig”.

Die bediening van bemoediging, sluit in om hulle wat ly op te soek. Deesdae hoor ons baie oor die krag om dinge te doen, in die kerk: die krag van gesondmaking, die krag om siele te red, die krag om sonde te oorwin. Maar ek glo daar is baie genesende krag wat straal uit ‘n hernude persoon. Terneergedruktheid en depressie kan allerlei fisiese kwale ten gevolge hê, maar ‘n hernude, bemoedigde persoon is iemand wat aanvaar word en liefde ontvang - is die helende salf wat die meeste mense nodig het.

Ons kry hierdie bediening van bemoediging ook in die Ou Testament. Toe Dawid deur Saul gejag is, was hy moeg en verslae, hy moes dag en nag vlug. Gedureude daardie tyd het hy verwerp en in die steek gelaat gevoel, veral deur die leiers en God se volk. Op so ‘n tydstip het sy vriend Jonatan na hom toe gekom, “Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan … En hy het hom bemoedig in God. Vrees nie, want die hand van Saul, my vader sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees” (1 Samuel 23:16-17).

Hierdie bemoedigende woorde kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Dawid het net ‘n vreeslike verwerping ervaar, nadat hy ‘n onselfsugtige daad van barmhartigheid bewys het. Dawid en sy manne het hulle lewe gewaag om die dorp Keila te verdedig. Vir ‘n tyd lank het hulle daar geskuil. Tog, later toe Saul nader kom, het Dawid gebid, “Here, sal hierdie mense my oorgee aan Saul?” God het hom geantwoord: “Ja, hulle sal, Vlug nou”.

Die Psalms wys net hoe laag Dawid se moed was, in die tyd. Sy siel was ontsteld, en hy roep uit, “God waar is U?” Dink net aan Jonatan se hartseer oor sy bose, besete vader. Tog het hierdie godvresende vriend, “Dawid se hart in die Here versterk” en vir hom gesê, “Die Here is met jou Dawid, en jy is nog die geliefde in Israel. Jy voel nou nie so nie, maar jy gaan nog koning word, Jou werk het pas begin”.

Dat is nog al wat Dawid moes hoor, - “God is nog by jou”- en dadelik was sy gees versterk en kon hy aangaan. Ons sien dit keer op keer in die skrif: God stuur nie ‘n engel of ‘n visioen nie, maar ‘n medegelowige om sy kind te versterk.

Dit is moontlik dat ons te midde van ons beproewinge in ‘n tyd van ongeloof en hopeloosheid kan verval. As dit gebeur sal jy verbitterd en verhard raak behalwe as jy die situasie in die regte perspektief sien. In der waarheid sal ons nooit uit ons verwarring en gevoel van verwerping kom as ons nie verstaan waarom God sulke probleme in ons lewe toelaat nie. Ek glo dat hierdie gedagtes aan baie lesers ‘n helende woord sal bring.

Toe Paul sy tweede brief aan die Korintiërs geskryf het, het hy ‘n menigte voor hom gesien wat dieselfde probleme as hy ondervind het. Hy sê vir hulle: “Ek wil hê julle moet weet, dat hierdie probleme wat ek ondergaan baie met julle en julle tye van beproewing te doen het.”

“Maar as ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding” (2 Korintiers 1:6). Paulus sê vir hulle, “God gebruik my beproewings om vir my die weë van bemoediging te leer, sodat wanneer julle deur juller beproewings gaar, julle sal weet dat my woorde krap het want ek self daardeur gegaan”.

Dit was ‘n wonderlike openbaring van die Heilige Gees, Paulus het verstaan, “Dit is die rede waarom God al hierdie beproewing oor my toelaat. Die Heilige Gees gaan my tot bedaring bring en my hierdeur genees, sodat ek kan uitgaan en andere kan bemoedig in hulle beproewings. Hy bemoedig ons sodat ons andere wat deur dieselfde beproewings gaan weer kan bemoedig”.

Vandag is daar ‘n oorvloed van boeke en bandjies en videos oor “hoe om te oorwin”. Hierdie boodskap is broodnodig, en baie van hierdie boodskappe is geseënd as dit deur godvresende predikers gebring word. Maar ek dink Paulus probeer aan ons sê, “Die enigste woorde wat waarlik vertroosting kan bring is die woorde wat gebore is uit deurgestane beproewing”

Ek het onlangs ‘n brief ontvang van ‘n gewese non, wat nou ‘n geordende predikant is. Hierdie vrou is nou nege-en-vyftig jaar oud, en na ‘n beroerte aanval, het sy in depressie verval. Terwyl sy oor haar lewe teruggkyk het, het sy ‘n oorsig oor haar lewe vir haar eie begrafnis geskryf:

“Niemand se vrou nie. Niemand se moeder nie. Van haar familie vervreemd met haar bekering. Het niks noemenswaardigs in haar lewe bereik nie. Het in armoede geleef, ‘n verloorder het gesterf”. My hart het gebreek toe ek dit gelees het, aan die gedagtes om die Here te ontmoet sonder iets. Maar ‘n pastoor het aan hierdie vrou ‘n afskrif van my boodskap “Ek het tevergeefs gearbei” gegee, en sy het vir my geskryf, “Broer David, jou woorde het my bemoedig en verfris”.

Moenie ‘n fout maak nie, God gebruik mense om ander te bemoedig . Hy het hierdie bediening so lief dat Hy die profeet Maleagi hiervan laat praat as baie nodig in die laaste dae, Maleagi beskryf hoe in sy tyd, God se mense mekaar opgebou het deur een-tot-een stigting: “Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek” (Maleagi 3:16).

Presies wanneer het dit gebeur?Maleagi se woorde is gespreek in ‘n tyd toe die “verwoester” baie in die land verwoes het. God se volk het moeg geword en gewonder of dit nog die moeite werd was om met God te wandel. Hulle het gedink, “Ons is geleer dat dit die moeite werd is om God te dien, en ons laste te dra. Maar as ons om ons kyk is dit duidelik dat die trotses, en die wat kompromië aangaan die is wat gelukkig is. Hulle is voorspoedig en ryk en sonder sorg en geniet die lewe ten volle”.

Die Heilige Gees het in Israel begin werk, en spoedig het die vrees van die Here oor die mense gekom. Die mense het honger geword na God. Skielik het almal in Israel, jonk en ond, sendelinge geword. Deur die Gees se aandrywing het mense begin oopmaak teenoor mekaar en mekaar begin bemoedig.

Ek glo dat Maleagi se woorde ‘n spieëlbeeld is van wat vandag gebeur. Hy het vir ons ‘n beeld gegee van die uitstorting van die Heilige Gees in die laaste dae, wanneer God se volk sal ophou skinder en mekaar eerder sal bemoedig en versterk. Dit gebeur deur e-pos, oor die telefoon, deur briewe wat mense aar mekaar skryf. En God is so bly hieroor dat ons hoor dat Hy alles neerskryf. Elke vriendelike woord of oproep, elke brief elke poging om die moedeloses te bemoedig word in ‘n boek van herinnering geskryf. En die Bybel sê dat elkeen wie se woorde opgeskryf is, kosbaar sal wees vir God: “En hulle sal My tot ‘n eiendom wees, sê die Here van die leërskare, op die dag wat Ek skep” (Maleagi 3:17).

Mag die Here hulle help wat kla dat hulle nie ‘n bediening het, of oop deure nie. Ek sê vir elkeen wat so sê: “Haal jou oë van jou omstandighede af, en hou op kla. Moenie God probeer behaag deur een-of-ander groot saak te beplan nie. In plaas daarvan, staan op en bemoedig ‘n broer of suster.

Wees ‘n Titus vir iemand wat moedeloos is. Bid om die gees van ‘n Onesiforus te ontvang wat hulle wat treur te bemoedig, soek iemand wat die aanmoediging nodig het wat God jou gegee het. Ja, daar is mense wat jou nodig het, en die Here bedoel dat jou ondervinding vir andere lewe sal bring. Besoek daardie persoon vandag en sê: “Broer, suster, ek wil vir jou bid ek het ‘n wonderlike woord vir jou”. ■

Download PDF