Die Beproewing Van Die Gelowiges! | World Challenge

Die Beproewing Van Die Gelowiges!

David WilkersonSeptember 26, 1994

Ek het n gelowige vriend wat ongelooflike lyding ondergaan het fisies, geestelik en emosioneel. Vir my het hierdie persoon se lyding gelyk na iets bokant die menslike uithouvermoë. Dit was met tye so erg dat ek gewonder het hoe hierdie vriend van my kan aangaan sonder om in te gee onder die geweldige las.

My vriend het onlangs na n nog n rondte van lyding, bo en behalwe al die vorige lyding, na my toe gekom vir gebed. Ek het vir hom gesê: "Ek kan dit net nie verstaan nie. Jy sê dat jy ly vir Christus se saak en dat God besig is om iets goeds te bewerkstellig in jou deur middel van dit alles. Ek sien egter net pyn op jou gesig! Ek weet dat jy vir ure lank huil, selfs somtyds die hele nag lank. Dit lyk of jy gedruk en gepla word soos nog geen ander persoon wat ek ken nie. Hoe kan God in dit alles wees? Dit lyk so wreed!"

Slegs n paar weke gelede het my vriend my by my kantoor geskakel. Hy het gehuil en was gebroke. "Ek kan dit net nie meer langer verduur nie dit voel of die dood my van alle kante bekruip! Ek is nou aan die einde van my kragte. Dit sal so wonderlik wees as die Here my nou maar wil huis toe neem. Nee, ek sal nie my eie lewe neem nie maar die dood lyk net op hierdie stadium vir my so vreedsaam. Asseblief David het jy dalk vir my n woord van bemoediging?"

Ek was nog steeds omgekrap en het daarom weer gevra, "Wat is dit wat God vir jou probeer sê deur dit alles? Ek het regtig nog nooit iemand anders teëgekom wat so ly soos jy nie!"

My vriend het vir n rukkie stil geraak en toe voorgestel dat ek 2 Kor. 1 lees. "Ek dink die Here sal vir jou sê wat verkeerd is in my lewe" het my vriend gesê.

Daardie aand by die huis het die Heilige Gees met my gepraat terwyl ek die volgende vers lees:

" ....dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het." (2Kor 1:8)

Paulus het in hierdie gedeelte gesê: "Ek gaan deur iets wat ek glad nie verstaan nie. Ek word verdruk ver bo my vermoë om dit te hanteer en ek weet nie hoekom nie. Ek het so n laagtepunt bereik dat ek die dood sal verwelkom!"

Onthou, Paulus was die mees gelowige man en dienskneg van die Here wat ooit op hierdie aarde gewandel het. Hy wou niks meer in die lewe hê as "om Christus te ken en Hy wat gekruisig is" nie. Die Evangelie was aan hom toevertrou, en hy het dit aan die hele wêreld uitgedra en verklaar. Tog moes Paulus hierdie oorweldigende lyding en swaarky verdra. Hy was ontsettend moedeloos en gereed om net te gaan lê en doodgaan!

Ons weet nie wat was die rede vir al Paulus se swaarkry nie, maar dit kon n kombinasie wees van verskeie dinge.

In Efese was hy baie sleg behandel en het die mense in die voortspruitende opstand hom selfs probeer doodmaak.

Hy het die kerk in Korinthe hard aangespreek en het dus nie geweet of hy nog daar welkom was nie. Sekere mense het hom ook daarvan beskuldig dat hy onstabiel is en nie geweet het wat hy wou hê nie. (Paulus het twee keer belowe dat hy na hulle toe sou kom, maar God het van plan verander). Hy was beskuldig van oneerlikheid en dat hy die offerhandes misbruik het.

Hulle het hom beskuldig daarvan dat hy n swak spreker is. Hulle het gesê: "Jou prediking is hard! Jou woorde is nie Paulus het ook verklaar: "Ek preek nie met die wysheid van die wêreld nie. Ek preek onder die leiding en krag van die Heilige Gees." Dit wou hulle egter nie hê nie hulle wou n gladdemond prediker hê.

Uiteindelik het hulle selfs Paulus se geestesgesondheid bevraagteken!

Hoe meer Paulus aan dié wat hom verwerp het liefde betoon het hoe minder het dit gelyk of hulle vir hom omgee. Geliefdes, dit was ware pyn, om verwerp te word deur die liggaam van Christus - juis die wat hy gehelp het en vir wie hy so baie gedoen het. Hoe sou u daarvan hou om dit te verdra van u broers en susters in Christus?

Al hierdie dinge saam het Paulus waarskynlik tot op die punt van lewensmoegheid gebring.

Kom ons neem Paulus se probleme in sy lewe in oënskou:

"In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word." (2Kor. 4:8-10)

"Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na. Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diepwater deurgebring-- dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders; in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid. Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes." (2Kor 11:24-28)

Paulus se lewe was absoluut vol van swaarkry en lyding.

Ek vra u wat is die oorsaak van u probleme en u swaarkry? Soos met Paulus mag dit dalk n kombinasie van n paar dinge wees.

Is dit liggaamlike lyding?
Paulus het in sy liggaam die tekens gedra van sy liggaamlike lyding.

Is daar iemand wat u vervolg?
Miskien was n gesant van Satan gestuur om jou te boelie.

Is jy verwerp?
Het jou man, vrou, kind of n nabye vriend teen jou gedraai?

Gaan jy deur vurige beproewings?
Gaan jy deur n stryd teen versoekings wat bly vasklou? Het jy familie probleme of staar jy finansiele probleme in die gesig?

Paulus het gesê:
"(die Here) wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word." (2Kor 1:4).

Een van die noodsaaklikste bedienings in die kerk van Jesus Christus vandag is die van vertroosting om ander te bemoedig in hulle probleme en droefheid. Baie gelowiges weet net doodeenvoudig nie waarheen om te gaan met hulle seerkry nie.

Ons het nie nog Christen sielkundiges nodig wat Bybelse woorde gebruik om hulle sielkundige benaderings te verdoesel nie. Hulle pas die woorde in die Bybel toe maar hulle werk vanuit die oogpunt van die sielkunde. Dit maak nie saak hoe goed hierdie "deskundige" is of hoe liefdevol hy is nie: Die mens se advies kan doodeenvoudig nie n mismoedige siel help nie.

Wanneer ek regtig seer het en baie swaarkry wil ek nie n boek lees wat vir my die tien stappe tot oorwinning verduidelik nie. Ek wil ook nie na een of ander bekende (beroemde) evangelis gaan wat my sal "zap" nie. Geeneen van hierdie is die antwoord nie want niks sal by die wortel van my lyding uitkom nie.

Nee ek wil praat met n doodgewone, onbekende heilige wat
self al baie swaar gekry het, en wat anderkant uitgekom
het terwyl hy God prys, getroos en vol geloof!

Ek wil iemand hê wat self al deur vurige beproewings gegaan het iemand wat weet wat eensaamheid, hartseer, smart, verwerping en pyn is. Ek wil iemand hê wat ook al op die punt gekom het om op te gee en nogtans God vertrou het en juigend, vol geloof en sterker as ooit anderkant uitgekom het. Daardie persoon is die ware deskundige!

Jy sien dit is lydende persone wat troos en bemoediging van die Here ontvang. Hulle ken die simpatie van Jesus, want Sy stem spreek ware vertroosting tot hulle in hulle uur van nood. Hierdie lydendes word ryk aan geestelike bronne. Hulle ontwikkel n selfversekerdheid gebore uit die feit dat hulle die swaarkry en beproewings deurstaan het. Die beste van alles is dat God hulle die gesag en invloed gee wat hulle op geen ander manier sou verkry nie!

Ek dink aan Corrie Ten Boom en wat n wonderlike ondervinding dit was vir die duisende mense wat gesit het luister het terwyl sy van Jesus praat. Baie pastore en leiers van die Verenigde State was vertroos en aangemoedig deur hierdie eens onbekende vrou want al haar swaarkry het n rykdom van kennis van die Here tot gevolg gehad. Sy het n rykdom van troos en bemoediging van die Heilige Gees gehad en sy het hierdie rykdom gebruik as n invloed vir Jesus!

Paulus was in staat om te juig te midde van al sy beproewings want hy het geweet dat sy swaarkry tot ander se voordeel is. Hy het sy beproewings gesien as n soort skoling wat hy moes deurgaan. Hy kon sê: "God het n plan met alles want Hy is besig om my op te lei! Daar sal mense wees wat my invloed nodig het. Hulle sal my troos en bemoediging wat ek ook ontvang het gedurende my swaarkry, nodig hê!"

Dit is geen wonder dat Paulus na sy Hemelse Vader verwys as "die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting" nie (2Kor 1:3).

Lyding was alle oordeel uit jou uit! Wanneer jy self begin ly ten spyte daarvan dat jy die Here liefhet en weet dat jy nie enige sonde wegsteek nie, kan jy ook nie langer na n ander persoon se lyding kyk en sê: "Ek wonder wat steek hy weg? Hoekom word hy geoordeel?"

Jare gelede het my dogter, Debbie, n "geloofs-kerk" bygewoon. Die kerk het n gesondheid-en-voorspoed Evangelie verkondig en het geen ruimte gelaat vir enige swaarkry nie. In baie kerke, wanneer jy swaarkry, word daar of gedink dat jy bedekte sonde in jou lewe het of n dat jy dat jy tekortskiet in kwaliteit of kwantiteit van geloof.

Toe Debbie dikderm kanker opdoen is sy bespot en daarvan beskuldig dat sy nie genoeg geloof het nie. Uiteindelik was sy verplig om die kerk te verlaat Dit was wreed, aaklig! Ek was so kwaad dat ek letterlig gevoel het om die spesifieke kerk af te brand!

Nie lank na dit nie het hierdie kerk sy deure gesluit. Hoekom? Baie ander mense in die gemeente het self onder hierdie teistering verval, en kon dit nie verklaar nie. Hulle was eindelik ontmoedig en het opgegee! Sommige van die gemeentelede het later vir Debbie om verskoning gevra en uiteindelik meer simpatie vir haar gehad. Hulle het besef dat wanneer hulle siek word of n ongeluk in hulle huis gebeur, dit nie was as gevolg van bedekte sonde of n swak geloof nie.

Lank voor dit het ek natuurlik geleer dat lyding jou leer om ander se lyding beter te verstaan. In my jonger dae as n pastoor het n goeie vriend van my n seun en twee kleinseuns in n vliegongeluk verloor. Ek onthou dat ek gedink het: "Wat het hy gedoen dat God sal toelaat dat so n tragedie plaasvind?"

Ek het hierdie gedagtes vir omtrent n jaar lank gekoester totdat nog n kanker weereens in ons huis toegeslaan het! Ek het nie gewonder, "Here hoekom het U dit gedoen", nie want ek het geweet dat ons harte voor die Here reg was. Ek het ook nie myself veroordeel soos wat ek my vriend veroordeel het nie. Ek het kort daarna n brief van simpatie aan my vriend geskryf wat gevolg het uit my eie ondervinding.

Mense wat lyding deurstaan het - wat daar deurgekom het en wat God se getrouheid bewys het word sterk, ryp en geduldig. Hulle het die sagtheid van Christus. Ek hou baie daarvan om in sulke mense se teenwoordigheid te wees! Hulle versterk my gees!

Jy sal deur jou beproewing kom en tot groot hulp van ander wees as jy deur dit alles op God vertrou! Jy sal dit sien gebeur by jou werk, in jou familie, en in jou kerk: Mense sal tot jou aangetrokke voel omdat hulle sien wat jy deurgemaak het en hulle sal jou oorwinning en vertroosting deur alleenlik God se krag sien!

Tog is daar baie Christene wat nie bereid is om swaar te kry nie. Hulle lewe beskermd, onaangeraak en uiteindelik raak hulle stagnant, self-gesentreerd en oppervlakkig. Swaarkry werk sy lering slegs in die wat dit toelaat en wat verstaan dat hulle in n leerskool is.

Daar is ook baie gelowiges wat swaarkry maar nooit iets daaruit leer nie. Met die gevolg dat hulle God nooit leer ken as hulle vertrooster en bemoediger nie. As jy hulle hoor praat, sal jy dink dat God hard, moedswillig en liefdeloos is. "Hoekom ek?" vra hulle. Hulle twyfel in God se liefde en begin dan van Hom af wegdraai. Hulle kla en kerm en murmureer en al hulle blymoedigheid verdwyn. Kort voor lank raak hulle bitter en hard en uiteindelik dwaal hulle heeltemal af.

Ek het n pastoor-vriend n baie suksesvolle bediening onder mense gehad het wat swaarkry. Vandat is hy egter diep in sonde, n dwelmverslaafde en totaal afgedwaal. Sy vrou het hom verlaat en hy is nou betrokke by n vrou wat ook dwelms gebruik.

As jy hom vra wat gebeur het, pak hy al die skuld op die feit dat ander hom in die steek gelaat het. Sy vrou het hom verlaat. God het nie sy gebede beantwoord nie. Ander leraars het hom teleurgestel. Hy sê: "Ek het regtig probeer maar ek kon dit net nie hanteer nie daar was te veel druk op my. Daar was ook so baie skynheiliges, vervalsings en Fariseërs. Mense het my verkeerd geoordeel en ek kon dit nie hanteer nie. Ek kan mense nou net nie meer vertrou nie!"

Terwyl jy met hom praat wonder jy of hy Jesus ooit werklik geken het. Hy het so hard geword en word nog harder soos wat die jare verbygaan. Hy kry nog net so swaar soos altyd maar sy lyding het net sy hart hard gemaak!

Die apostel Paulus het selfs in die ergste uur van sy swaarkry die naam van die Here geseën. Hy het geweet dat die Vader vol genade was en ook die Bron van al sy ongemak. Hy het God nie bevraagteken of bitter geraak nie hy het Hom te midde van alles nog geprys!

Die beste leraars in enige kerk is nie die in die preekstoel nie. Dit is eerder hulle wat in die banke sit, reg langs jou mense wat al swaargekry het en nog steeds die Here aanbid. Die taal van diegene wat leer deur swaarkry en lyding is lofprysing!

Paulus het geskryf:
"..... sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek." (2Kor. 1:9)

Hy het in der waarheid gesê "Die Here het my gebring tot aan die einde van enige menslike hulp, op die randjie van die dood. Dit was so n hopelose plek dat slegs die God van die opstandigskrag my kon red!

Wat n wonderlike plek om te wees aan die einde van jou krag! Ek het altyd gesê dat jy, wanneer jy die bodem bereik, jou in God vasloop! Tog sal jy, wanneer jy na baie Christene luister tydens hulle swaarkry, hoor: "Ek sal dit wel maak". "Ek hang maar aan." "Ek vat dit dag vir dag." "Ek probeer om nie toe te laat dat dit my onderkry nie." "Ek sal oorleef ek was nog altyd n oorwinnaar."

Nee! Dit kan erger raak as wat jy ooit kon droom! God dryf jou soms tot op die einde van jou kragte, tot in diepe lyding, sodat jy al hierdie selfversekerdheid kan afskud en jou geloof in jouself!

Ons het sedert ons kinderdae die konsep van self-genoegsaamheid met n lepeltjie ingekry: "Vat dit soos n man!" "Mans huil mos nie!" Ons het ontelbare raad oor hoe om probleme , eensaamheid, hartseer en versoekings te hanteer. Maar al die fokus is op die vlees ons eie vermoëns om onsself uit ons moeilikhede los te wikkel!

Geliefde, hoeveel keer het jy probeer om al jou moeilikhede op te los? Hoe dikwels was jy oorstroom met versoekings wat jou wou oorweldig? Dit alles het jou geknak en jy het gesê: "O God, U weet ek het U lief met my hele hart. Maar ek word nog steeds vreeslik versoek! Ek haat dit and verag dit. Here ek kan dit net nie verstaan nie!"

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie: Ek glo dat God wil hê dat ons n goeie geveg moet veg met geloof. Maar die Here het die manier om toe te laat dat ons bomenslik verdruk word om so swaar te kry dat alle ander hulp nutteloos is! Niks wat jy probeer werk nie. Niks wat jy lees lyk of dit help nie. Geen berading van ander maak enige sin nie. Skielik word jy in n krisis geforseer wat alle geloof in jouself uitdoof. Jy het geen hoop nie behalwe om alle menslike hoop op te gee nie! Jy word gedwing om op God te vertrou en jy sien dan dat om te vertrou die enigste uitweg is!

Paulus sê vir ons hard en duidelik, "Ek het die doodsvonnis in my gedra. Ek is onmeetbaar getoets, aan die einde van alle hoop, en dit was alles sodat ek nie langer op myself sou vertrou nie. Ek moes na God draai met die geloof dat slegs Hy my kan red uit my lyding.!"

Paulus het nie net die teorie gepreek nie en ek ook nie! Ek was al waar Paulus was in n krisis van lyding waaruit ek nie kon ontsnap nie, n menslik onmoontlike situasie. Ek weet wat dit is om die einde van jou krag te bereik en om nie te kan verstaan waarom ek so beproef word nie. Ek was op plekke waar ek niemand gehad het na wie ek kon draai wat sal verstaan nie, geen bronne om my deur te help nie.

Oor die jare het ek groot finansiële laste wat miljoene beloop gedra. Ek het ondervind hoe dit is om n vrou en n dogter te hê wat as gevolg van kanker op die rand van die dood is en toe nog n dogter met kanker! Gedurende die tyd to Gwen en Bonnie met die dood geworstel het, het ek n boek geskryf oor die komende oordeel en ek het letterlik honderde briewe ontvang waarin ek vermaan word dat ek n valse profeet is!

Ek het te midde van dit alles na die Here gedraai en gesê: "Here al wat ek wil doen is om U te dien met my hele hart." God se antwoord vir my? Buiten al die ander dinge nog n liggaamlike lyding ook!

Glo my, dit is wanneer jy ernstig jouself begin ondersoek: "Here wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom laat u toe dat ek deur al hierdie dinge gaan?"

Jy gee op om jouself te veroordeel, jy gee op om te probeer verstaan en jy gee op om te probeer om alles in eie krag te doen. In plaas daarvan draai jy na die Here to en roep uit: "O Vader, ek is tot oor my ore in die dinge! Al my gesukkel het my niks gebaat nie. Maar ek weet dat U oor al die krag beskik wat ek nodig het! U het die dode opgewek en u kan my verlos. Ek vertrou U alleen van nou af."

Die Woord sê:
"Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel." (1Pet 4:12 + 13).

Jesus was ook deur die duiwel versoek en dit het groot lyding vir Hom veroorsaak! Net soos ons Meester sal ons almal op verskeie maniere versoek word, sommige van dit vurig en verwoed. Maar geliefde, ek het n baie waardevolle les geleer deur al my beproewings: Ek het n manier gevind hoe om te ontsnap!

"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra." (1Kor 10:13).

Wat is die manier om te ontsnap? Dit is om aan die einde van jou eie krag te kom en dan absoluut na God te draai! Dit is om soos Paulus te sê: "Ek vertrou nie meer op myself nie!"

Die manier om te ontsnap is eenvoudige, kinderlike geloof in God. Dit is om jouself te verloën en te sê: "God, ek laat alles aan U oor. Ek gaan nie probeer om alles uit te redeneer nie!" Dit is om Hom totaal en al te vertrou om jou deur alles te sien en jou lyding te beëindig op Sy tyd en op Sy manier!

"wat ons verlos het uit so 'n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos, (2Kor 1:10).

Paulus praat hier van God se bevrydingskrag verlede tyd, huidige tyd en toekomstige tyd! Hy sê: "God het ons verlos in die verlede, Hy verlos ons nou en Hy sal ons ook verlos van enige toekomstige probleem en beproewing. Ons het niks om te vrees nie want ons weet dat God ons sal verlos!"

Tog, net soos die kinders van Israel, vergeet ons die verlossings wat in die verlede deur die Here plaasgevind het. En O, wat se verlossings het God hulle nie gegee nie!

"Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede. En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere. Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land. En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin. En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn? Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het--sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?" (Ps. 78:15-20)

Geliefde, dit is presies wat met ons gebeur! Ons sê: "Ja sekerlik was ek in n moeilike posisie en God het my verlos, maar hierdie is dit anders. Hoe kan Hy dit enigsins hierdie keer doen?"

Hy wil hê dat jy so n posisie bereik in jou geloof dat jy Hom sal vertrou in elke krisis, elke versoeking dan kan jy dit toekoms in die gesig kyk sonder enige vrees! Hy wil hê jy moet kan sê: "My God het my in die verlede verlos! Hy verlos my ook op hierdie oomblik uit my huidige probleme. En Hy sal my bly verlos totdat Hy terugkom vir my -ongeag wat ek moet verduur!"

Koning Jósafat het deur n tyd van hewige toetsing gekom terwyl hy al die tyd op God vertrou. Die gekombineerde troepe van Moab en Ammon het gekom om teen hom oorlog te voer:

" ... het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda 'n vasdag uitgeroep. En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek. " (2Kron 20:3-4)

Hierdie troepe verteenwoordig die magte van Satan wat teen die heiliges van God opkom! So waarheen het Jósafat gegaan vir hulp?

"Jósafat het sy aangesig daarop gerig om die HERE
te soek en van die HERE hulp te soek ..."

Hy het na die Here gegaan in gebed! Dit is dan ook waar verlossing vir ons begin op ons knieë!

Luister na Jósafat se gebed:
"en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie. (vers 6)

Hy het gesê: Here is U nog God? Wie is in staat om teen u stand te hou? Is daar enige demoon, of enige versoeking wat in staat is om u te weerstaan? U het al die mag en krag wat ons nodig het!"

" .... Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U. (vers 12)

Die vyand het ingestroom. Daar was lyding en probleme van alle kante en Jósafat het gesê, "Ons weet nie wat om te doen nie, ons het geen kans teen hulle nie!"

Toe kom die Gees van God op die profeet Jahásiël en hy sê:
"Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van JerVSAlem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God. Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jerúel. Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en JerVSAlem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees." (verse 15 17)

Op hierdie oomblik is daar troepe van demoniese versoekings en verleidings in aantog teen jou en jy het geen mag of krag om dit te beveg nie. Jy is geen opponent vir die duiwel nie, en jy weet nie wat om te doen nie.

Liewe gelowige, doen wat Jósafat gedoen het: Vestig jou oë op God en draai na hom en sê: "Here my oë is op U!" Dit is nie jou oorlog nie. Jy moet terugstaan van die geveg!

Jy moet jou op die Here beroep en op Hom vertrou. Draai nou na Hom toe vind uit dat Hy getrou is om jou te verlos.

Wat ookal jou stryd is dit is Syne!

Amen!

Download PDF