Die Geheime Oorlog van ‘n Gelowige | World Challenge

Die Geheime Oorlog van ‘n Gelowige

David WilkersonOctober 15, 2007

Die boek van Openbaring vertel ons dat Satan in die laaste dae, sal opstaan in toorn en sal oorlog maak “met die nakomelinge.” Hierdie nakomelinge is natuurlik, die liggaam van Christus, wat bestaan uit diegene (wat) die gebooie van God onderhou het, en die getuienis van Jesus Christus hou” (Openbaring 12:17).

Ons in die kerk van Christus praat dikwels oor geestelike oorlogvoering. Die oorlog wat in Openbaring beskryf word is ‘n wêreldwye aanval wat Satan uitstuur teen die liggaam van Christus: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges” (13:7).

Elke gelowige is ingesluit in die groot weermag van die Here. En Satan voer sy demoniese oorlog teen hierdie weermag. Helse vorste en magte loods ‘n all-out aanval teen God se heilige nakomelinge. Die apostel Paulus vermeld dat in elke veldslag, “Voer ons die stryd nie volgens die vlees nie…want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie” (2 Korinthiërs 10:3-4).

Oorweeg hierdie “oorlogs sones” regoor die aardbol:

  • In Moslem lande, is die geestelike oorlog wat plaasvind ‘n demoniese aanval op die getuienis van Jesus Christus.

  • In Europa, is die konflik wat teen die kerk afspeel ‘n oorlog van wêreldgesindheid. Die een na die nader Europese land word ‘n totaal en al sekulêre staat.

  • In Swede, is die oorlog wat plaasvind die van ongeloof. Een studie het getoon dat slegs 20 persent van die Sweedse bevolking in God glo.

  • In Engeland, is dit ‘n oorlog van afvalligheid. ‘n Nasie wat eens op ‘n tyd die lig van die wêreld was, en sendelinge oral oor die wêreld uitgestuur het, is vinnig besig om baie kerke te sluit.

  • In Amerika, is Satan se oorlog teen die kerk in die aanhoudende vloedgolf van sensualiteit en materialisme. Sy wapens in die oorlog is die liefde vir geld en die verslawing aan plesier.

Op hierdie oomblik, is die magte van Satan regoor die wêreld besig om te juig. Hulle is daarvan oortuig dat hulle so kragtig is, so hoog en magtig, dat hulle nie vernietig kan word nie. Hierdie helse magte het hoë plekke van menslike mag binne gedring: die media, politieke kantore, hooggeregs howe. Dit gebeur selfs in die denominasies wat geestelike kompromie aangaan, soos die leiers begin om homoseksuele pare te trou en homoseksueles te orden.

Al hierdie demoniese magte het ‘n agenda. Hulle werk daaraan om jong skool kinders te leer oor die “juistheid” van homoseksuele. Hulle is opsoek daarna om morele waardes af te breek. Hulle werk daaraan om die reddings krag van die evangelie af te breek. Die onweers wolke kan reeds gesien word in Washington D.C., soos meer en meer gekose leiers probeer om homoseksuele huwelike te wettig.

Dit wil voorkom asof elke instansies, elke agentskap, op die oomblik deur hierdie goddelose geestelike magte deurdring en gedomineer word. ‘n Mens kan werklik die verlustiging en gespot van hierdie demoniese magte hoor: “Ons beweeg in. Ons gaan die oorlog wen.” En dit wil voorkom asof hulle wen.

Ons weet hoe hierdie oorlog eindig: aan die kruis, in die oorwinning van Jesus Christus. Paulus vermeld, “Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Korinthiërs 10:4-5).

Elke gelowige op aarde staar sy of haar eie geheime oorlog in die gesig. Die Bybel verklaar, “Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd … ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede (Prediker 3:1, 8).

Op hierdie oomblik, mag jy dalk ‘n tyd van vrede ervaar. Ek dank God vir sulke tye in die lewe, wanneer vreuge opspring. My hoop is dat ‘n groot aantal lesers ‘n tyd van rus en vreugde beleef.

Maar daar sal ‘n tyd van oorlog kom. En daardie oorlog sal nie die totale liggaam van Christus wêreldwyd insluit nie, maar sal ‘n geheime oorlog wees. Dit sal gevegte en stryd insluit wat net aan jou alleen bekend sal wees.

Hierdie is die oorloë van die vlees – ek noem dit “siels oorloë” – en dit bring ‘n las wat jy nie met enige een kan deel nie. Selfs jou eggenote of beste vriend kan jou nie help om dit te dra nie. Dit is eenvoudig nie vir hulle moontlik om jou stryd te verstaan nie.

Sulke geheime oorloë en gevegte oorweldig die liggaam en die siel. En dit is eensame oorloë. Hulle gaan net oor jou en Jesus.

My vrou noem haar geheime gevegte “my stil oorlog.” As ek die pyn op haar gesig afgeëts sien, sê ek vir haar, “Gwen, sê asseblief vir my waardeur jy gaan.” Ek wil help, bemoediging aanbied, bid. Maar sy antwoord, “Dit is so diep, ek kan dit nie verduidelik nie. God alleen weet.”

My seun Greg het twee en ‘n half jaar in ondenkbare pyn deurgebring, die oorsaak van ‘n oorlog. Selfs die sterkste medikasie kon Greg se fisiese angs nie verlig nie. Hy was in ‘n geheime oorlog wat hy eenvoudig nie kon verduidelik nie.

Niemand in die familie kon hom help nie, nie sy vrou of sy ouers nie. Ek het vir hom gesê, “My seun, ek kan my net voorstel waardeur jy gaan.” Dan sou hy antwoord, “Nee, Pa, jy kan jou dit nie voorstel nie. Jy weet eenvoudig nie.”

Sy pyn was so diep en pynlik, hy kon dit nie in woorde uitdruk nie. Op ‘n stadium het hy vir my gesê, “Ek vra nie eers meer vir God waarom nie. Ek wil net een uur sonder pyn hê. Die oorlog waarin ek is, is om net ‘n klein bietjie verligting te kry van dit waardeur ek gaan.” Dit was ‘n geveg wat hy alleen moes deurgaan.

Geliefdes, hierdie is alles oorlog sones, bloedige veldslae. En as ons in hulle is, word daar nie gedans, geskree, gelag of geglimlag nie.

Ek het my deel van sulke oorloë gehad. Toe my dogter Bonnie getref is met kanker, het ek en my vrou handgemeen geraak met die magte van die duisternis. Vir drie dae, moes Bonnie in afsondering toegesluit word, terwyl kobalt in haar liggaam ingestraal het. Sy kon nie eet of besoekers ontvang nie.

Buite in die gang, was my vrou, Gwen, aan die einde van haarself as ‘n moeder. Sy het gehuil terwyl sy die muur met haar vuis slaan, en uitgeroep, “Waarom, God?” Dit was alles te veel vir my.

Ekself was ook totaal oorweldig deur die angs van ons dogter se beproewing. Ek het in die motor geklim en na die landskap gery, waar ek parkeer het en begin stap het al met ‘n plaaspad langs. Ek het myself betrap waar ek tot God skree:

“O, God, eers was dit Gwen wat al haar stryd gehad het met kanker. Nou is dit ons dogter Debbie wat daarteen moes veg. Nou het dit oor Debbie ook gekom. Sê vir my, wat het ek gedoen? Hoe het ek gesondig dat U al die lyding oor ons bring?”

Niemand op aarde kon my in daardie donker uur help nie. Geen prediker of Christen berader kon my bereik nie. ‘n Duisend heiliges kon by my gestaan het, en my aanspoor, “Jy kan dit maak, David. Moenie huil nie, moenie op God skree nie. Glo net.”

Maar nie een van hierdie woorde kon my raak nie. Ek kon aan niemand verduidelik die diepte van die leed en pyn wat ek in daardie tyd verduur het nie. Ek het iets bonatuurliks nodig gehad, iets wat God alleen kon voorsien. Ek het ‘n liefdevolle woord van my hemelse Vader nodig gehad. Ek moes hierdie oorlog wen met geen ander hulp as die van die Gees van God nie.

En God het gekom. Die Heilige Gees het aan my gefluister, “Jou dogter het twee vaders. Sê vir my, watter een kan haar nou in daardie kamer vashou?”

Ek het geantwoord, “U kan, Here.”

Dit was asof die Here vir my gesê het: “Jy het jou familie in my hande geplaas. Gaan voort, roep uit, kry dit uit jou sisteem. Ek weet hoe jy voel; Ek het dit vir my eie Seun ook gevoel. Vertrou nou dat ek ‘n Vader is vir jou dogter, vir jou, vir jou familie.”

In daardie uur van desperate uitroepe, het Jesus in Bonnie se kamer ingestap en haar vasgehou vir drie lange dae. Prys God, Hy het haar genees.

Dikwels oortuig ons as Christene onsself dat die regte ding om te doen is om op ons tande te kners deur ons gevegte. Ons sê vir ander “Alles is in die haak,” maar dit is nie. God wil nie hê dat ons ‘n valse front moet voorhou nie. Hy weet waardeur ons gaan, en Hy weet dat dit iets is wat net met Hom gedeel word.

Die apostel Petrus skryf, “Wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. Daarin verheug julle jul, al word julle nou – as dit nodig is – ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge” (1 Petrus 1:5-6).

Die Griekse woord vir swaarmoedigheid word hier as neerslagtigheid vertaal. As jy enige goddelike persoon moet uitvra oor sy geheime oorlog, sal hy heel moontlik die swaarmoedigheid wat Petrus hier noem beskryf.

Elkeen wat naby aan Jesus wandel het verskriklike seisoene van ‘n swaar hart beleef. Dwarsdeur die geskiedenis, het God se kosbares deur lang dae van die een teenspoed na die ander gegaan. Hulle het dag na dag wakker geword met die een moeilike verslag na die ander. Hulle het baie familie probleme beleef, krisisse met hulle gesondheid, finansiële teenspoed, probleme met kinders of kleinkinders, en geliefdes wat verskriklike teenspoed in die gesig gestaar het.

Selfs Koning Dawid, ‘n man van groot geloof, het getuig, “My siel drup weg van kommer” (Psalm 119:28). Dit is reguit praat, komende van ‘n man na aan God se hart. Dawid sê, in eenvoudige taal, “Ek is gedaan. Ek raak moeg onder al hierdie laste. My lewe is in totale ellende.”

En tog, deur dit alles, sê Petrus, moet ons “ons verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap” (1 Petrus 1:8). Waarom? Daar word gesê dat hierdie soort toetse meer intens is vir die godvresende.

‘n Predikant het oor sy seun getreur, wat daarvan beskuldig was dat hy twee mense doodgemaak het. Praat van ‘n seisoen van swaarmoedigheid; hierdie pastoor het die een lang dag van angs na die ander beleef. Terwyl ek met hom gepraat het, het hy van ‘n ander verskriklike teenspoed in sy familie vertel wat my hart gebreek het.

Ek het die Woord vir hom voorgehou as troos, en hom daaraan herinner, ‘Veelvuldig is die beproewings van die regverdiges.’ Hierdie beproewing sal lei tot groter geloof.”

Hy antwoord my, “Broer David, ek is nog nie daar nie. My pyn is te swaar om te dra. Ek fokus op die oomblik op my seun se pyn.”

Ek weet wat dit is om sulke seisoene van swaarmoedigheid te verduur vir ‘n geliefde. Dit druk soos ‘n swaar las op my terwyl ek in die kerk langs ons pastorale personeel sit, en na hulle boodskappe van hoop en bemoediging luister, en oproepe maak tot geloof. Al die tyd breek my hart van pyn.

Die gemeente sing, “Skud die swaar bande af, lê jou swaar laste neer.” Maar dit vat meer as net ‘n lied, meer as ‘n boodskap, meer as ‘n Heilige Gees byeenkoms om jou op te lig wanneer jy in die greep van diepe hartseer en ‘n swaar hart is. Dit maak nie saak hoe kragtig die boodskap of hoe glorieryk die aanbidding is nie. Ek verlaat die diens nie opgelig nie, maar steeds gebukkend onder leed.

In sulke seisoene van swaarmoedigheid, kan niemand – geen diens, geen boodskap, geen berader – jou uit jou swaarmoedigheid lug nie. Dit is jou geheime oorlog, en dit is iets waardeur jy moet stry tot oorwinning. Gebed help – beslis, alle geestelike dinge help – maar God wil hê dat dit jou oorwinning moet wees.

Ek het onlangs ‘n paar hoofstukke van ‘n bekende boek wat jare gelede geskryf is, gelees. Die boek het oor die geheime oorlog van die goddelike heilige gegaan.

Hierdie man was grootliks bewonder as ‘n opregte, mensliewende man van God. Hy het die Here getrou gedien vir jare. Hy was ‘n gebeds stryder, ‘n aanbidder, ‘n man van integriteit en opregtheid, en hy het God se Woord liefgehad. Selfs hierdie man se vyande moes sy regverdigheid erken.

En toe op ‘n dag het sy wêreld in duie gestort. In een nag van wellus, het hy ‘n ander man se vrou swanger gemaak. In paniek om sy afskuwelike sonde toe te smeer, het hy ‘n sluipmoordenaar gereël om die vrou se man dood te maak.

Die man se sonde het hom ingehaal, en hy is aan die kaak gestel. In twee spesifieke hoofstukke, beskryf hy in duidelike besonderhede die verskriklike geheime oorlog wat gevolg het. Hy is getref deur ‘n verlammende siekte. Al sy vriende het hom verlaat, en sy seuns het teen hom gedraai. Hy het onder die kastydings roede van God gekom en uitgeroep omdat sy laste so onuithoudbaar geword het.

Die man was verslae van skaamte omdat hy God se Naam tot skande gemaak het. Die skuld wat hy gedra het was ondraagbaar. Sy siel was oorvloei met droefheid en bitter trane, en hy het hardop uitgeroep, “Ek was ‘n dwaas, ‘n huigelaar. Hoe kan ek ooit vergifnis ontvang?”

Sy geestelike angs het veroorsaak dat hy van die oggend tot die aand getreur het. Sy dae was rusteloos en hy kon nie slaap nie. Hy het in ‘n diepe depressie gesak, en gedink dat God hom verlaat het.

By dit alles, is sy liggaam met pyn oorval. Sy bene het gepyn en ‘n verskriklike pyn het in sy rug ontwikkel. Uiteindelik, het hy die foltering in elke deel van sy liggaam gevoel. Hy het oor daardie tyd geskryf, “Al wat ek nou doen is kreun.”

Hierdie man se geheime oorlog het so oorweldigend geword, dat hy totaal verlate gevoel het. Dag na dag het hy uitgeroep, “My God, waarom het U my verlaat? My sonde het my oorweldig.”

Teen hierdie tyd het u heel moontlik al besef dat hierdie bekende ou storie in die Bybel is. Die goddelike man wat geval het was Koning Dawid. U kan sy belydenis in Psalm 38 lees en ook in Psalm 69.

Ek verwys na Dawid se voorbeeld omdat dit dieselfde geheime oorlog is wat baie gelowiges vandag in die gesig staar. Ek praat van gelowiges wat in sonde geval het. Dawid se oorlog het nie gekom van moegheid of swaarmoedigheid nie. Dit het gekom van ‘n aanval van die vyand.

Paulus skryf dat ‘n gees van wellus oor die wêreld sou kom. Versoeking sou uit die put van die hel teen God se allerheiligstes kom. Daarom, kan ons nie vir een oomblik dink dat goddelike, regverdige mense bestand is daarteen om te val vir die wellus van die vlees nie.

Baie Christene glo dat as hulle getrou is om te bid en God se Woord te bestudeer hulle nie in die versoeking sal kom nie. Maar Dawid was ‘n ware bemiddelaar, ‘n man na aan God se hart; niemand het die Here meer bemin as hy nie. Hierdie heilige man was wreed in die versoeking gelei, en hy het geswig vir sy wellus.

U sien, die goddelikste heilige is die vernaamste teiken vir hierdie soort oorlog. Jakobus praat met getroue gelowiges as hy die volgende waarskuwing gee, “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?” (Jakobus 4:1).

Hierdie geheime “wellus oorloë” en gevegte van die vlees is nie beperk tot enkellopendes nie. Dit sluit ook getroude mans en vrouens in – goddelike, biddende, getroue gelowiges. Paulus waarsku elke volgeling van Christus wanneer hy skryf, “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” (1 Korinthiërs 10:12). Jesus gee ‘n soortgelyke waarskuwing aan sy dissipels: “Bid dat julle nie in die versoeking kom nie” (Lukas 22:40).

My hart gaan uit na almal, soos Dawid, wat ‘n geveg teen wellus verloor het. Dalk beskryf dit u. U mag dalk in die middel van so ‘n verskriklike geheime oorlog wees. En, soos Dawid, weet u iets van die gevolge daarvan. Dag na dag, staar u skuld in die gesig, vrees en verwarring. En tog herinner ek u, u is in die middel van ‘n oorlog. En ons weet wie die Oorwinnaar is.

Hoe veg ons ‘n goeie geveg? Dawid skryf, “Hy leer my hande om oorlog te voer” (Psalm 18:35). Daar is nie ‘n voorskrif nie, geen oorlogs plan om te ontwikkel teen Satan se streke nie. Die hemelse Vader werk op geheimsinnige maniere, om sy wonderwerke in ons lewens uit te voer. Ons kan iets leer van hoe die Gees werk deur Dawid se voorbeeld:

1. Eerstens, Dawid roep uit tot die Here.

“O, Here, kom spoedig! Help my vinnig. Ek is op die punt om te val. Asseblief, maak gou en red my. Laat my ontsnap. U woord belowe dat U my sal uitred, doen dit nou” (sien Psalm 70).

Ek vra u, hoe dikwels het u al ‘n soortgelyke gebed gebid? “O, Here, hoe lank sal dit neem vir U om my hiervan te verlos? Asseblief, doen iets nou. Dit duur nou te lank. Waar is my weg van ontsnapping wat U in u woord belowe?”

Die waarheid is, ons wil almal uit die oorlog uit waarin ons is. Ons is moeg geveg, moeg van die stryd. Ons dink, “Ek het lank genoeg geveg. Ek is nou so moeg ek is op die punt om te val.” Selfs Jesus het aan die kruis gesê, “Vader, waarom het U my verlaat?”

Maar God sal sommige van ons nie uit die oorlog neem nie. Waarom? Eerstens, oorlog is hoe die Here ons versterk en ons wysheid leer as soldate in sy weermag.

Tweedens, Hy het ons nodig in die oorlog. U sien, u is in die middel van die konflik, en ander naby aan u is afhanklik van u voorbeeld. As God u sou onttrek, is dit moontlik dat baie van u vriende en familie sal swaarkry en sal wegdwaal, omdat hulle u nie deur u stryd gesien veg het nie.

Kry u die prentjie? U is die een vir wie God gebruik om die vyand terug te dryf. U is die een vir wie Hy wil leer hoe om oorlog te voer. U is die soldaat deur wie God werk. En Hy gebruik u voorbeeld om die swakkeres te versterk.

2. Dawid het ‘n besluit gemaak: “Lewe of dood, ek sal die Here groot maak in hierdie stryd.”

Hierdie goddelike man sê, in wese: “Ek het vir ‘n vinnige ontsnapping uit my stryd gebid. Maar totdat God my uitred, gaan ek Hom verheerlik in my oorlogvoering. Ek sal Hom prys, ten spyte van waardeur ek gaan.”

Neem in aanmerking wat Dawid in hierdie Psalms skryf: “Groot is God” (Psalm 70:5). “Maak die Here saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!” (34:4). “Laat almal wat U soek … altyddeur sê: Groot is die Here” (40:17).

Dit behoort ook ons uitroep te wees. Soos Dawid behoort ons ons harte daarop te sit om God te loof te midde van die oorlog. Dit beteken nie dat ons onsself forseer om ‘n gelukkige gesig op te sit nie. Dit beteken eerder dat ons aanbidding van God onuitgesproke is; ons eer Hom in stilte in ons stryd, uur na uur. Dit beteken om stil te staan te midde van ‘n woedende storm en ferm in ons harte verklaar, “Here, ek glo!”

3. Dawid werp homself ten volle op die genade van God.

Neem in aanmerking Dawid se ongelooflike getuienis: “As ek dink: My voet wankel – dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!” (Psalm 94:18). Dawid het geleer, “Die Here sal nooit toelaat dat ellende my oorval nie. Deur sy genade, sal my probleme my nie laat val nie.”

Hier was ‘n openbaring aan Dawid van die genadige, teer goedhartigheid van die Here. In elke stryd teen wellus, is God altyd vol tere genade tot die een wat berou het. Dawid skryf: “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

“So ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is” (Psalm 103:8-14).

Liewe heilige, wil u nie hierdie ook jou getuienis maak nie? Kan u na al u ellende en teenspoed, angste en versoeking kyk, en in geloof sê: “Deur God se genade, sal ek nie ondergaan nie. Ek sal nie hierdeur oormeester word nie”? Hy sal u antwoord: “Ek sal nie toelaat dat jy hierdeur oormeester word nie. Ek het genoeg genade vir jou.” My genade is genoeg vir jou” (2 Korinthiërs 12:9).

Hier is die finale woord oor die onderwerp van Dawid self: “Wat die oorloë laat ophou” (Psalm 46:10). In elke geheime stryd wat u in die gesig staar, hou u oë en gedagtes hierop gevestig: God se genade en liefdevolle barmhartigheid sal u nooit in die steek laat nie. Amen!

Download PDF