Jesus Versus Satan | World Challenge

Jesus Versus Satan

Gary WilkersonDecember 5, 2011

Elke jaar gedurende die besige vakansie herinner Christene hullself aan die betekenis van Kersfees: die koms van Jesus. Ons harte word gevul met dankbaarheid dat God die Vader ‘n Verlosser gestuur het om ons te verlos. En die viering van Christus se geboorte is ‘n heerlike tyd, gevul met seëninge van alle soorte. Ons hou van kleurvolle geskenke rondom die boom in ons sitkamer. Ons geniet dit om kersliedere en gesange te sing en God te dank vir sy baie seëninge. Sommige van ons geniet selfs “’n Charlie Brown Kersfees,” met Linus wat aan die einde uit Lukas 2 aanhaal.

Ten spyte van hierdie heerlike dinge, gaan Kersfees egter oor oorlog. En die storie van Jesus se geboorte in die evangelies fokus op ‘n sleutelstryd in hierdie oorlog. Of ons dit besef of nie, die Bybel is ‘n boeklengte storie van konflik. Dit speur die storie van God se plan van verlossing vir die mensdom na. Ons is geneig om die Kersfees storie met die res van die Bybel te skei, veral tydens vakansietye, maar die kernwaarheid is dat Jesus se geboorte die sentrale punt in hierdie lang konflik is.

In werklikheid is Kersfees ‘n D-Dag landing teen die verskanste magte van die hel. Met Christus se geboorte, het God ‘n brugge hoof opgestel waarin Hy op ‘n nuwe manier sou veg. Die meeste van ons het oorlogfilms gesien waarin intensiewe gevegte uitgebeeld word. Daardie gevegte is klein in vergelyking met die konflik wat in die geestelike koninkryk plaasvind. Dieselfde is waar vir elke menslike vyand wat op die skerm uitgebeeld word. Hulle is skadeloos in vergelyking met die vyand wat vas van plan is om jou aan te val — jou gedagtes, jou liggaam, jou familie en jou geliefdes.

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ons moet met ons hele hart dankbaar wees vir die seëninge wat ons tydens Kersfees geniet. Ons weet dat alle goeie dinge van die Vader van die ligte kom. Ons moet onsself egter daaraan herinner waarom Jesus gekom het: omdat ons in ‘n oorlog betrokke is. Ons veg teen die magte van die duisternis, met demoniese geeste en met die duiwel self. En dit is uiteindelik die rede waarom ons Christus se koms vier. Slegs met Jesus kom ons uiteindelike oorwinning in die oorlog.

Baie gelowiges wil nie hierdie oorlog in hulle lewens erken nie. Die meeste van die tyd ignoreer hulle dit eenvoudig. Maar self wanneer ons nie aktief teen die vyand veg nie, voer hy steeds die stryd teen ons. C.S. Lewis het geskryf, “Satan se grootste leuen is om ons te laat dink dat hy nie bestaan nie.”

Dit is ‘n Bybelse feit dat die vyand van ons siele altyd aan die konkel is teen God se mense. Daarom, as ons fokus tydens die feestyd net op seëninge ingestel is — selfs goeie dinge soos gee en ontvang — dan mis ons die voller impak van Jesus se offer vir ons. En ons mis uit op die dieper, uiteindelike seëninge wat ons s’n is en deur Kersfees aan ons geopenbaar word.

Die oorlog tussen Jesus en Satan het lank gelede begin.

Hierdie oorlog tussen hemel en hel is al duisende jare aan die gang. Die boek van Job wys na die oorsprong daarvan, wanneer hy praat van die engele wat gemaak is lank voor die aarde geskep is: “Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het?...Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?" (Job 38:4, 7).

Satan was een van daardie hemelse engele. Op daardie tydstip was hy Lucifer genoem en die profeet Esegiël praat van sy groot val uit die hemel: “Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut...Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien" (Esegiël 28:14, 17).

In die begin het Lucifer ‘n hoë gesagsposisie beklee. Esegiël bekryf hom as een wat “beskut” — wat beteken dat hy baie mag gehad het, met baie dinge onder sy toesig. Ons sien hierdie tipe engel bo-op die Ark van die Verbond. Dit tree op as ‘n “beskutting” (of wag) vir die genade troon daaronder. Tog was Lucifer nie tevrede om die dinge, wat in sy sorg toevertrou is, te “beskut” nie — hy wou alle dinge beskut.

Kortliks het hy geglo dat hy God geëwenaar het. Sy trots en selfverheffing het hom oortuig dat hy selfs meer mag nodig gehad het. Uiteindelik het hy teen God oorlog gemaak en het een derde van al die engele oortuig om saam met hom in die stryd te tree.

Natuurlik kon Lucifer se rebellie nie slaag nie. Geen mag op aarde kon enige so ‘n plan teen die Almagtige laat slaag nie. In daardie hemelse konflik, het God Lucifer — nou Satan — uit die hemel gewerp tot in ‘n plek wat die Skrif, “die afgrond” noem.

Dit is duidelik dat die Satan na die Skepping ‘n sekere mate van gesag in die aardse realm gehad het. Sy eerste opgetekende verskyning op die aarde is in die Tuin van Eden, waar hy Adam en Eva versoek het. Kortliks, Satan het sy oorlog met God verder gevoer deur sy aanslae te loots teen die kroon van sy skepping, die mens.

Die Nuwe Testament gee ons ‘n groter perspektief oor Satan, met waarskuwings dat ons wys moet wees teen sy aanslae. Jesus het die Satan die “heerser van hierdie wêreld” genoem" (Johannes 12:31), terwyl Hy dit duidelik gemaak het dat die duiwel ‘n sekere gesag oor die aardse realm het. Op ‘n soortgelyke wyse, noem Paulus die Satan die “god van hierdie wêreld" (2 Korinthiërs 4:4). Hy het ook die Satan geïdentifiseer as “die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk" (Efesiërs 2:2).

In Openbaring 9:11 noem Johannes die Satan die “engel van die afgrond” of “engel van die onderaardse diepte.” Ek heg waarde aan hierdie beskrywing omdat dit die Satan se toekoms beskryf. Eendag gaan ons vyand vir ewig gebind wees in ‘n onderaardse diepte. Tot daardie dag, waarsku Petrus ons egter dat “julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind" (1 Petrus 5:8).

Ook in Grieks beteken die woord teëstander “een wat teë staan.” Waarom presies is die duiwel teen ons? Hy wil die goeie wat God vir ons beplan het verydel. As jy ‘n Christen is, is God aan die werk in jou lewe. Hy vorm jou hart, gedagtes en omstandighede vir sy plan en doel. Kortliks, God het iets goeds vir jou beplan en volgens sy Woord sal geen wapen wat teen jou gesmee word iets kan uitrig nie.

Dit is hierdie goeie, hemelse doel waarteen Satan kom. Hy doen alles in sy vermoë om dit verongeluk en hy gebruik alles tot sy beskikking om dit te doen: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes" (Johannes 10:10).

Jesus illustreer vir ons in die gelykenis van die saaier hoe Satan hierdie antagonistiese werk doen. In Matthéüs 13:39, beskryf Jesus Satan as die “vyand wat dit gesaai het.” Volgens die gelykenis, is God die saaier wat goeie saad in ons harte en lewens saai. In teenstelling daarmee, kom die Satan daarna en saai slegte saad wat dorings voortbring en die lewe wat God gesaai het, dood wurg.

Christus gebruik selfs ‘n sterker beskrywing om ons te waarsku teen die Satan se werk teen ons. Hy noem die duiwel beide ‘n moordenaar en ‘n leuenaar: “Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan" (Johannes 8:44).

Ek bly in Colorado Springs, ‘n stad wat die onlangs deur ‘n tydskrif benoem is as “die mees godsdienstige stad in Amerika.” Dit is nie ‘n groot stad nie, maar die Departement van Menslike Dienste rapporteer dat 60,000 mense hier in armoede lewe. Ek glo dat Satan hierdie probleem geniet en doen wat hy kan om dit te vererger. By voorbeeld, ons kerk is betrokke met ‘n bediening waarin ons uitreik na enkelmoeders. Dat hierdie vroue verlaat word, is tragies, maar ek glo nie die oorsaak is net die slegte optrede van mans nie. Dit word deur Satan aangeblaas, deurdat hy verhoudings kom steel, hoop van kinders vernietig en huishoudings permanent laat verbrokkel.

Dit is maklik om die Satan se werk in die Kongo te identifiseer as moord. Daar eis bloedige burgerlike onrus die lewens van duisende. Dit is maklik om te sien hoe die prins van die magte in die lug in Haïti werk. Daar trek hy voordeel uit die deurmekaarspul wat die aardbewing veroorsaak het (gevolg deur orkaan, toe vloede met ‘n cholera epidemie en daarna ‘n verdagte verkiesing wat opstande veroorsaak het). Satan blaas die chaos aan en bring meer vernietiging en wanhoop.

Dit is nie vir ons altyd so maklik om te sien hoe Satan in ons lewens aan die werk is nie - hy is veral aan die werk as jy ernstig oor Jesus is. Hy hou nooit op om planne te maak om jou aan te val nie. Selfs terwyl jy hierdie boodskap lees, is hy besig met ‘n komplot teen jou om enige lewe wat Bybelse waarhede tot jou hart spreek, teen te werk.

Die Bybel wys voortdurend op Satan se aktiwiteite teen God se getroues.

Die boek van Job open met die Satan voor God se troon terwyl hy Job, ‘n regverdige dienaar van God, aankla. In hierdie toneel, word die duiwel voorgestel as “die aanklaer van die broeders,” soos Johannes hom in Openbaring 12:10 noem, “hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.”

Reeds vroeg in Génesis 3 in die Skrif vind ons oorlogswoorde. Na die sondeval het God aan die duiwel gesê, “En Ek sal vyandskap stel teen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad, Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal Hom in die hakskeen byt" (Génesis 3:15). Die “vrou” verteenwoordig die kerk van Jesus Christus. Satan se teëstand teen God se mense het van toe af voortgewoed.

Wie is egter die “saad” wat in hierdie gedeelte genoem word? Paulus verduidelik: “Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad, Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus" (Galásiërs 3:16). Watter groot nuus: Die oorlog is nie langer tussen Satan en die kerk nie — dit is tussen Satan en Christus!

By daardie eerste Kersfees, het die stryd verander. Vir milleniums het Satan oorlog gevoer teen die Hebreërs en hulle dikwels verslaan. Toe het Christus 2,000 gelede tot die slagveld toegetree. Op daardie oomblik in die geskiedenis het Jesus God se middelpunt in die oorlog geword. Vir duisende jare het die Satan stryd na stryd gewen. Dit was veral waar vir die 400 jaar voor Christus se geboorte. Israel het ‘n tydperk van donker stilte beleef waarin hulle niks van God gehoor het nie.

Elía het oor hierdie somber tyd geprofeteer en gesê dat die mense in “diepe duisternis” sal lewe. Omdat daar geen woord van die Here af was nie, was die mens se beste reaksie om ‘n streng godsdienstige sisteem op te bou. Dit verbaas mens glad nie dat sonde toe oor God se volk begin heers het nie, omdat hulle nie in staat was om al die wette te onderhou wat deur mense op hulle gelê is nie.

Gedurende daardie tydperk, moes Satan oortuig gewees het dat hy die oorlog gewen het: “Ek kon nie in die hemel wen nie, maar ek het op die aarde gewen. Kyk hoe mense mekaar haat. Dit was so vir 400 jaar met min inmenging. Ek het oorwin — my heerskappy is gevestig!”

Toe gebeur daar iets. ‘n Sekere “chatter” het in die atmosfeer begin wat gewys het dat daar iets op die horison was. Ek gebruik die woord “chatter” as ‘n term wat deur ons land se sekuriteitsagentskappe gebruik word. Van tyd tot tyd tel V.S. magte seine van terroriste groepe op wat aandui dat komplotte ontwikkel. Hierdie seine staan bekend as “chatter.”

Dit is presies wat die demoniese menigtes naby die einde van die 400-jaar periode gehoor het. ‘n Heilige “chatter” het begin en vertel dat iets aan die gang was. Spoedig sou die duiwel se magte aan hom berig bring: “Mense haal die ou profete aan. Ander roep, ‘Maak die pad van die Here reguit.’ Ons het gehoor dat daar ‘n Kind aan die kom is wat as die stem van die Een sal spreek.”

Miga was een van die profete wat aangehaal was. Hy het gesê, “Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het" (Miga 5:2). Die frase, “hulle prysgee” beteken dat die wêreld onder Satan se heerskappy onderwerp was. Maar die woord “barende” beteken dat daar ‘n deurbraak in die lang stryd was. Die “gebaar (of geboorte)” sou die brugge hoof wees en die basis van God se oorlogvoering teen die vyand.

Hierdie nuus het veroorsaak dat die hel los was. Satan het al sy magte byeengeroep en gedink, “Ek ken die ‘saad’ wat in Génesis 3:15 genoem word. Ek weet wat Hy kom om te doen en ek sal dit nie toelaat om te gebeur nie.” Daarom het hy die bose Herodus opgewek om elke baba in die gebied dood te maak om seker te maak dat die Christuskind vernietig sou word. (Ons sien hierdie soort moorddadige werk van die Satan dwarsdeur die geskiedenis. In geslag na geslag het hy tiranne of goddelose manne opgewek om onskuldige kinders te vernietig.)

Maar God, die Vader, het seker gemaak dat sy geliefde Seun gered word — en die res is geskiedenis. Jesus se lewe, dood en opstanding sou ons oorwinning word. Al die mag van die evangelie wat sou kom — al die wonderbaarlike oorwinnings wat in die naam van Jesus verkry deur die eeue heen — lê hier in ‘n krip in die vorm van ‘n babatjie.

Waar is Christus se oorwinning in jou lewe vandag?

Dit is deurslaggewend vir ons om die Satan se werk in hierdie wêreld duidelik te onderskei, insluitende in ons eie invloedsgebied. As ons nie sy teenwoordigheid en werk onderskei nie, is ons verlore. Soos Paulus sê “die god van hierdie wêreld” het alreeds die sinne en harte van baie verblind. “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skei nie" (2 Korinthiërs 4:3–4).

Op hierdie oomblik ken ons Christen mans wat so verblind is dat hulle nie langer omgee of hulle geteisterde huwelik uitwerk of nie. Hulle bly ongeërg terwyl hulle vroue hulleself saans aan die slaap huil. Hierdie mans sê die beste waarvoor hulle kan hoop is, “Ek sal probeer om beter te wees.” Nee! Beter word is nie die probleem nie. Dit is nodig om Satan se werk uit jou huwelik uit te skop! Ja, ons almal het probleme wat deur ons eie sondige natuur veroorsaak word. Maar ons moet weet dat daar ‘n sterker mag teen ons aan die werk is — en ons is die teikens van sy vernietigende krag.

As Christene is ons geneig om aan ons moeilikhede in twee kategorië te dink.

Die meerderheid Christene skryf hulle hartseer, pyn en stryd toe aan een of twee dinge: (1) ons veroorsaak dit deur ons eie sonde en mislukking, of (2) God bring dit oor ons om een of ander doel in ons lewens te bereik. Dit is waar dat God die deur oopmaak dat sekere beproewings ons geloof louter. Maar dit is ook waar dat so baie van ons nooit ‘n derde kategorie oorweeg nie: dat Satan voortdurend teen ons aan die werk is, dat hy steeds die krag en gesag in die aardse realm het en dat hy aan die werk is om God se goeie bedoelinge in die lewens van gelowiges op enige manier wat hy kan, te probeer vernietig.

Laat my terugkeer na die gelykenis van die saaier in Markus 4. In hierdie gelykenis, kan God se goeie saad deur verskillende dinge versmoor word. Eerstens is daar die sorge van die lewe. Dan is daar vervolging, wat die lewe deur vrees, twyfel en moedeloosheid uit ons wurg. Jesus praat ook van ‘n derde kategorie: Ons het ‘n vyand wat kom om die goeie saad te verydel. Christus vertel presies vir ons wie die vyand is: dan “kom die Satan dadelik" (Markus 4:15). Die duiwel kom in ons lewens in en probeer moor, steel, vernietig en roof — alles om God se goeie doeleindes in ons lewens te probeer ontspoor op enige manier wat hy kan.

As ‘n pastoor sien ek soms mense wat die Satan meer gesag of krediet gee as wat hy eintlik verdien. Hierdie mense bou ‘n teologie rondom dat alles satanies of demonies is. Sommige mense spandeer ure daarop om te konsentreer om geeste te onderskei, selfs om die name van die geeste te leer ken om hulle uit te dryf. Maar Jesus se weg was om eenvoudig te sê, “Wyk!”

Ander Christene het egter die teenoorgestelde houding. Hulle ignoreer die feit dat Satan aktief aan die werk is teen almal wat Jesus volg. Dit is tyd vir God se kerk om standpunt in te neem en met Christus se gesag te sê, “Niks verder nie, Satan. Jy sal nie God se goeie van my lewe neem nie. Wyk!” So baie Christen mans moet opstaan en sê, “Nee, duiwel, jy sal nie my huwelik neem nie. Jy sal nie hoop van my kinders steel nie. Wyk uit my huishouding uit!”

Ja, ons is in ‘n oorlog gewikkel — maar Satan is reeds in ons lewens verslaan. ‘n Babatjie het hom magteloos gemaak oor elke seun en dogter van God. Ons teëstander het nou die verwagting van ‘n ewige toekoms in die afgrond oor. Dit is hierdie kennis wat elkeen van ons moet versterk, bemoedig en bemagtig.

Terwyl ons Kersfees vier, mag ons dankbaar wees vir al God se seëninge, insluitende sy D-Dag plan. Ons vyand is aan die werk, wetende dat sy tyd kort is — maar ons God het die oorlog gewen!

Download PDF