Om Christus met Gesag te Verkondig | World Challenge

Om Christus met Gesag te Verkondig

David WilkersonJuly 3, 2006

Die laaste aantal jare het ons bediening heelwat konferensies vir predikers gehou, maar ek het hulle doelbewus nooit geleer hoe om te preek nie. Ek sukkel genoeg met my eie prediking, laat staan nog om raad aan ander te gee oor hoe om dit te doen.

Ek herroep vaagweg tydens my vyftig-plus jare van preek waar die woord wat uit my mond gekom het my eie siel in beroering gebring het en dit binnegedring het. Ek weet soos ek daardie boodskappe gepreek het dat ‘n geestelike gesag die boodskap vergesel het. Daar was sonder twyfel ‘n aanraking van die Here daarin.

Ek onthou ook, net so helder, tye wanneer my boodskappe daardie spesiale salwing gemis het. Daar was geen “trompetgeskal,” geen penetrering tot in die diepste wese van mense se siele nie, geen ware geestelike gesag nie. Met sulke geleenthede, was my boodskap gedemp, gevul met informasie maar nie oortuigend of veroordelend nie.

In sulke tye, was my eie siel droog en leeg, en die woorde wat ek gepreek het was “net nog ‘n preek.” Dit gebeur altyd gedurende die tye dat die Here sy salwing vir ‘n seisoen van my weggeneem het.

Die Heilige Gees het nie my preekstoel in daardie seisoen weggeneem nie, maar hy het die geestelike gesag waarvan ek hier praat van my weggeneem. Daardie dae was verskriklik vir my. Tog, het ek altyd in die diepte van my siel geweet waarom my prediking verander het, en waarom my boodskap nie my hoorders diep geraak het nie. Dit was omdat God sy geestelike gesag van enige van Sy dienaars sal weerhou met wie Hy ‘n geskil aan het.

Die feit is, daar was hartsake wat ek nie in die gesig gestaar het nie, sondes van die gees waarbo ek gedink het ek verhewe was. Ek kon maklik dieselfde sondes in ander sien, maar ek kon nie erken dat hulle ook in my was nie.

Ons weet almal die tye waarin ons nou leef vra vir prediking met groot geestelike gesag. Ek praat nie hier oor beter prediking, of oor gepoleerde prediking, of selfs oor prediking met groter openbarings nie. In werklikheid, die soort prediking waarvan ek praat durf ons nie “goeie prediking” noem nie. Hoekom nie?

Hier is hoe Paulus “geestelike gesag” omskryf: ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God ‘n eerlike gewete het. (sien 2 Korinthiërs 4:2).

Wanneer jy die soort prediking hoor waarna ek hier verwys, is jou gees te nugter om selfs in sulke terme te dink. Jy beoordeel nie die boodskap of dit goed was of nie, jy vlei ook nie die prediker nie. Jou enigste reaksie is om op jou knieë neer te val in nederigheid voor God se heilige teenwoordigheid.

Die soort prediking strek verby ons emosies, en bring ons in plaas daarvan van aangesig tot aangesig met ons gewete in God se oë. Die effek is letterlik asof ons voor God staan, met ons gedagtes en dade oop voor Hom.

Paulus beskryf die soort dienskneg aan wie so ‘n soort gesag geskenk word: “[Hy] gaan nie met bedrog te werk nie en [hy] vervals nie die woord van God nie” (2 Korinthiërs 4:2).

So ‘n dienskneg was saam met Jesus afgesonder en het sy hart oopgemaak vir die werking van die Heilige Gees. Volgens Paulus, is die dienskneg se gebed voortdurend:

“Here, wys my my sondige motiewe, my onheilige ambisies, enige en alle oneerlikheid of manipulasie. Laat my nie preek met enige verskuilde, misleidende sienswyse in my hart nie.”

Die Heilige Gees het baie duidelik met my oor hierdie onderwerp gepraat, en gesê, “Daar is ‘n prys om te betaal om my geestelike gesag te hê.” Hy het vir my in besonder gefluister:

“David, jy is bloed-gewas. Jy is onder die verbond, en jy is my vrygekoopte seun. Maar as jy die soort salwing wil hê – die soort wat die waarheid in elke persoon se hart sal openbaar – moet jy My toelaat om met sekere strydvrae wat jou geestelike gesag verhinder te deel.”

Laat ek met jou deel hoe die Here met my gepraat het oor hierdie saak:

In Lukas 14, was Jesus deur ‘n sekere hoof Fariseër genooi om “brood” in sy huis te eet. Ander Fariseërs was ook genooi, mense wat, soos die Fariseër, leier onderhouers van die wet was.

Nadat die gasheer sy gaste genooi het om te sit, was daar skielik ‘n geskarrel vir die hoofsitplekke aan die hoof van die tafel. Die Woord vertel ons dat Jesus dit gemerk het, “hy het gemerk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek” (Lukas 14:7). Dit was ‘n onbeskaamde vertoning van hoogmoed, ‘n behoefte om gesien en erken te word.

Toe Christus self gaan sit het om te eet, het hy aan daardie kamer vol top Joodse geestelike leiers hierdie woorde van aanmaning gesê: “As iemand jou na ‘n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem.

“Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.” (Lukas 14:8-11)

Christus se woorde in die toneel word toegepas op al Sy volgelinge. Tog, soos Hy Sy gehoor oorweeg by die Fariseër se huis, was Hy besig om ‘n spesifieke soort leier te beskryf: diegene wie “hou van die begroetinge op straat, die voorste banke in die sinagoges en die ereplekke by die maaltye … en vir die skyn lang gebede opsê” (Lukas 20:46-47).

In kort, Jesus vertel vir ons, daar is mans en vrouens wat goeie werke doen net om deur ander gesien te word. Hierdie mense hou daarvan om in die kollig te wees en is gedurigdeur besig om hulle eie beuel te blaas.

Gedurende my reise saam met my seun, Gary, het ons hierdie soort “trompet geskal” van die eie-ek aanskou. By sommige van die predikante-konferensies wat ons internasionaal gehou het, het van die manne ons genader met hulle hele gevolg van assistente, met ‘n gespog oor baie belangrike en roemryke prestasies:

“Ek is die pastoor van een van die grootste kerke in die land. Ons het 20,000 lede, en ons is op TV van kus tot kus. Ons stig kerke oral oor die nasie en dwarsoor die wêreld. Massas mense word gered.”

Gewoonlik, is hierdie mense so behep met hulle groot werke dat hulle nie eens die tyd neem om hulle name vir ons te sê nie.

As ons sulke mense ontmoet, gee ons harte ‘n sprong in ons binnekant, wanneer ons hulle groet. Gewoonlik het hierdie soort pastore stil en ongemerk in die gehoor gesit. Hulle het geen gevolg nie, geen verslag om te gee oor hulle bediening nie. En ‘n mens kan Jesus duidelik in hulle gelaat opmerk.

Ons het so ‘n man by een van ons konferensies ontmoet en hom gevra, “Is jy ‘n pastoor?” “Ja,” het hy geantwoord. “Waar?” het ons verder verneem. Hy het geantwoord, “Ek het verskillende verantwoordelikhede.”

Later is aan ons vertel, “Broer David, Broer Gary, weet julle wie daardie man is? Hy is ‘n biskop oor 6 miljoen gelowiges in ‘n half-dosyn lande. Hy is een van die mees gerespekteerde pastore in die deel van die wêreld.”

Hier was ‘n man van hoë aansien wat ‘n groot bediening gehad het, en geleer het om die agterste sitplek in te neem.

Wat bedoel Jesus eintlik deur Sy stelling? As ‘n prediker, neem ek die spesifieke woorde van die Here baie ernstig op. Met die woorde, nooi Hy elke pastoor, evangelis, leraar en lekeprediker om “na hoër hoogtes” te kom, na ‘n plek van regverdige eer. Wat is die eer waarna Hy ons nooi?

Dit is om geestelike gesag te verkry wat nodig is om die hardste mure in die mens se hart te deurboor. Dit is om die salwing te hê om die sluier wat oor elke blinde siel getrek is af te skeur. Inteendeel, hierdie oproep na “hoër hoogtes” is ‘n oproep om in die volheid van God se aanraking in te tree. Dit is ‘n oproep na ‘n ryker intimiteit, en om ‘n meer oortuigende, versekerde, regverdige godspraak te word.

Tog, bly die feit staan: so lank as wat ek spog – so lank as wat “my” werke en “my” bediening kop uitsteek in omtrent elke gesprek – kan daar nie ‘n ware gesag in my prediking wees nie. Ek moet bely dat ek onlangs geskok was deur wat ek myself gehoor sê het aan sekere mense toe ek aan hulle voorgestel was. Ek het in my woorde ‘n subtiele behoefte ontdek waarin ek vir eer en respek gesoek het. Ek het nie die agterste sitplek in my huis geneem nie.

Ek glo dat die woord besonder hard is vir predikers, maar dit is ook ‘n harde woord vir elkeen van God se kinders. Jesus se stelling hier bring ons by die heel moeilikste werk waarvoor Hy ons geroep het. Dit is ‘n oproep om te leer om te luister na ander en nie om te probeer om hulle te oortref nie. Ons is geroep om verkondigers van Christus se evangelie te wees, en sonder nederigheid val ons woorde op die grond.

Laat ek ‘n persoonlike voorbeeld gee. By ‘n predikante-ete jare gelede in New York, het ‘n leidende pastoor gespog oor ‘n beroemde miljoener wat sy kerk bywoon. Op ‘n sekere stadium, het ek hom onderbreek en gesê, “O ja, hy kom ook gereeld na ons byeenkomste.”

Ek was so skaam na die tyd. Verpletterd in my gees, het ek gebid, “O God, sal ek dan nooit leer om op te hou spog en my mond toe hou nie?”

Ons dra almal saad van jaloesie en afguns in ons rond. Die vraag is, wie onder ons sal dit erken?

‘n Heilige Puriteinse prediker met die naam Thomas Manton het van die menslike neiging vir afguns en jaloesie gesê: “Ons word gebore met die Adamiese sonde. Ons drink dit in saam met ons moedersmelk.” Dit is so ‘n diep deel van ons.

Sulke sondige saad weerhou ons daarvan dat ons ons kan verbly in die seëninge en voorspoed van ander bedieninge of werke. Die gevolg is om kragtige mure op te rig tussen ons en ons broers en susters: “Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is ‘n onkeerbare vloed; teen jaloesie is niemand opgewasse nie.” (Spreuke 27:4).

Jakobus voeg die volgende by, “Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.” (Jakobus 3:14).

As ‘n boodskapper van Christus se evangelie, kan ek eenvoudig nie aan jaloesie of afgunstigheid teenoor iemand anders vashou nie. Jakobus maak dit duidelik dat dit my daarvan sal verhinder om te preek en te leer met enige geestelike gesag, omdat ek ‘n leuen sal leef teen die waarheid.

Eenvoudig gestel, die sonde van jaloesie en afguns is ‘n bittere gif. En ek skryf hierdie boodskap vandag omdat die Heilige Gees my die veragtelike euwel van hierdie sonde in God se oë gewys het. As ons daaraan vashou sal dit ons nie alleen geestelike gesag kos nie, maar sal dit ons oopstel vir demoniese aktiwiteite.

In 1 Samuel 18, vind ons dat Dawid terugkeer van die veldslag waarin hy die Filistyne vermoor het. Soos hy en Koning Saul in Jerusalem inry, het die vrouens van Israel uitgekom om Dawid se oorwinnings te vier, hulle het gedans en gesing, “Saul het sy duisendes verslaan, en Dawid sy tien duisendes.”

Saul was seergemaak deur die vreugdevolle vieringe, en het by homself gedink, “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee en aan my duisende. Die koningskap sal ook nog syne word.” (1 Samuel 18:8).

Saul was onmiddelik verteer deur ‘n gees van jaloesie en afguns. In die volgende verse, lees ons van die dodelike uitwerking wat dit op hom gehad het: “Van toe af het Saul vir Dawid gewantrou” (18:9).

Daardie hele nag het Saul, siedend en met ‘n dikmond in selfbejammering te kere gegaan. Hy het gedink, “Ek het so hard gewerk, en alles opgegee om hierdie mense te dien. En nou draai hulle teen my, om aan Dawid meer eer en roem te gee. Hulle besing die lof van my assistent prediker, terwyl hulle my ignoreer.”

Tragies, net daarna, “Saul was vir goed vyandig teenoor hom.” (18:29).

Die werklikheid was, dit het nie saak gemaak hoe hard die mense Dawid se roem toegejuig het nie. God se Gees was steeds op Saul, en het aan die koning sy geestelike gesag en salwing gegee, en Israel het hom steeds liefgehad. Inderdaad, God het Saul liefgehad, en die Here se belofte om ‘n ewigdurende huis vir die man te bou was duidelik nog in plek.

Indien Saul homself voor God sou verneder het in verootmoediging, en die vyand se verraderlike aanval op sy siel gesien het – as hy sy eie jaloesie sou erken en dit uit sy hart sou uitruk – sou God eer op sy gesalfde dienaar opgehoop het. Saul sou nie net Israel se eerste koning geword het nie, maar ook sy grootste. En die waarheid omtrent Dawid is dat hierdie lojale kaptein met graagte die koninkryk vir Saul sou beskerm het met sy militêre bedrewenheid.

Maar Saul kon homself nie sover kry om die agterste sitplek in te neem nie. In plaas daarvan is hy getrek deur sy jaloerse gees tot die voorste. En wat die volgende dag gebeur het behoort ons almal met heilige vrees te vul.

“Die volgende dag het ‘n boosaardige gees wat deur God gestuur is, vir Saul beetgepak … Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was, maar die Here het vir Saul verlaat” (18:10-12).

Elke gemeente, groot of klein verdien dit om die Woord van God met gesag te hoor. Maar dit kan eenvoudig nie gebeur totdat hierdie sake van die hart met God nie uitgesorteer is deur al Sy diensknegte oral nie.

God het elkeen van ons in hierdie laaste dae nodig. En elke nasie het elke prediker nodig, of die persoon nou georden is en of dit ‘n leke prediker is, elkeen moet voortgaan met ware geestelike salwing. Eenvoudig gestel, Christus moet verkondig word met gesag. En die woord wat aan ons gegee is om te preek is nie ingewikkeld nie.

Ek bely, dat ek nog nie ten volle in hierdie geestelike gesag ingetree het nie. En tog, in Sy liefde en genade, het die Here aan my gesê wat ek moet doen om ‘n altyd-groeiende maat daarvan te ontvang.

Twintig jaar gelede, het ek op die hoek van 42ste Straat en Broadway gestaan, in die hart van Times Square, en gebid dat God tog ‘n kerk moet oprig daar op die kruispad van die wêreld. Times Square Church is gebore op daardie straathoek, en elke jaar keer ek terug na daardie selfde plek om met God te praat.

Verlede maand, naby my vyf-en sewentigste verjaarsdag, het ek teruggegaan en op dieselfde plek gestaan waar ek jare gelede gestaan het. Dit het ek van die Here gevra, “Wat wil U hê moet ek vir die res van my lewe doen? Wat moet my fokus wees?”

My antwoord het gekom: “Bly naby My, en Ek sal naby jou bly.” Dit was al.

Dit is nou my eerste prioriteit. Ek moet baie tyd met God spandeer en slegs naby Hom bly. Ek is oortuig daarvan dat dit in hierdie tye is dat ek naby Hom is dat Hy my Sy hart sal wys en aan my sal wys wat in my hart is.

Vir elke Christen, beteken om naby Hom te bly, onafgebroke gebed … nooit opgee nie … tyd maak vir die Here … inderdaad, om Hom die mees belangrikste “werk” in ons lewens te maak.

Dit is my oortuiging dat as ons na Sy woord luister, dat God getrou alles deur Sy Gees, van ons sal verwyder wat nie soos Christus is nie. En Hy sal Sy geestelike salwing op sy dienaars uitstort, vir die gesaghebbende verkondiging van Sy Woord.

Download PDF