Ons God Kan Enigiets Regmaak! | World Challenge

Ons God Kan Enigiets Regmaak!

David WilkersonFebruary 14, 2000

U onthou dalk die storie in Genesis waarin God aan Abraham verskyn het. Die patriarg het in die deur van sy tent gesit in die hitte van die dag, toe drie mans skielik aan hom verskyn het en onder die bome gestaan het. Abraham het uitgegaan en die drie mans ontmoet, hy't 'n maaltyd vir hulle voorberei en saam met hulle gekuier.

Tydens hulle gesprek, het die Here vir Abraham gevra waar sy vrou, Sara, is. Toe het God iets ongeloofliks gesê: "Toe sê die een: 'Ek sal beslis volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê'" (Genesis 18:10). Op daardie oomblik was Sara in die tent, waar sy geluister het na die gesprek. Toe sy dit hoor, het sy gelag oor die idee. Onmoontlik het sy gedink. Sy was ver verby die ouderdom om kinders te baar, en Abraham was ook te oud om 'n kind te verwek.

Tog, toe God Sara hoor lag, het Hy gesê: "Toe vra die Here vir Abraham: 'Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik 'n kind in die wêreld bring nou dat ek oud is? Is iets te buitengewoon vir die Here?' " (verse 13-14).

Ek skryf hierdie boodskap vandag, omdat God vandag dieselfde vraag vir Sy kinders vra: Is enigiets te swaar vir die Here? Elkeen van ons moet sy eie moeilike situasies in die lewe in die gesig staar. En in die middel hiervan vra God, "Dink jy jou probleem is te moeilik vir My om reg te stel? Of glo jy dat Ek dit vir jou kan laat uitwerk, al dink jy dit is onmoontlik?

Jesus sê vir ons, "Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik" (Luk. 18:27). Glo u die woord van God? Glo u dat Hy die onmoontlike kan doen in u huwelik, in u familie, in u werk, vir u toekoms? Ons is vinnig om aan ander die raad te gee dat Hy kan. As ons ons geliefdes sien swaarkry, sal ons vir hulle sê, "Hou vas, en kyk op. Dit is moontlik by die Here. Moenie ophou om Hom te vertrou nie. Hy is die God van die onmoontlike."

Nogtans wonder ek - glo ons self ook die waarhede? Sara, wat aan God getwyfel het, sou waarskynlik dieselfde raad aan haar vriende gegee het. Stel jou voor dat sy van 'n goddelike egpaar sou hoor, in 'n soortgelyke situasie - getroue mense wat graag 'n baba wou hê, maar te oud was daarvoor. Die egpaar het geglo dat God 'n baba aan hulle beloof het, maar hulle was nou besig om ouer te word. En bietjie vir bietjie het hulle vertroue in hulle droom verloor.

As u aan Sara sou vra wat sy aan hulle sou sê, sou sy heel moontlik geantwoord het, "Sê vir hulle om vas te hou. Hulle kan nie hoop opgee op hulle droom nie. Hulle dien 'n God wat die onmoontlike doen. Hy sal dit vir hulle laat uitwerk".

Nogtans, was dit moeilik vir Sara om dit vir haarself te glo. En baie Christene doen vandag dieselfde. Ons verkondig God se krag sonder skroom aan ander, maar ons glo Sy woord nie vir onsself nie.

Dit is nie genoeg vir ons om in God as die Skepper, die Maker van alle dinge te glo nie. Ons moet ook glo dat Hy 'n God is wat daarna verlang om die onmoontlike in ons lewens te doen. Die Bybel maak dit baie duidelik. As ons dit nie van Hom glo nie, dan vertrou ons Hom glad nie.

Volgens my opinie, sal geen ure van berading 'n persoon enige goed doen, as hy God nie glo vir 'n wonderwerk nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek is nie teen Christelike berading nie. Maar dit is nutteloos om iemand vir berading te sien as die persoon nie ten volle daarvan oortuig is dat God enige probleem kan oplos nie, maak nie saak wat die probleem is nie.

As 'n pastoor wat berading doen, weet ek, ek kan nie aan 'n getroude paar enige iets bied as hulle nie glo dat God hulle verhouding kan red nie. Dinge mag vir hulle totaal hopeloos voorkom; daar mag dalk jare van wrokke en bitterheid wees wat opgegaar het. Maar hulle moet oortuig wees dat God die onmoontlike kan doen.v

Ek sê aan sulke egpare, "Ja, ek sal jou vir berading sien. Maar eers moet ek vra - glo jy regtig dat God jou huwelik kan red? Het jy geloof dat ten spyte van hoe onmoontlik dinge vir jou lyk, hy die krag het om jou verhouding te herstel?"

Sommige antwoord, "Maar jy weet nie waardeur ek al is met my huweliksmaat nie. Ek het diep seergekry. My seerkry is dieper as wat jy jou kan voorstel." Hierdie soort optrede sê vir my dat hulle die duiwel se leuens gekoop het. Hy het hulle oortuig dat hulle situasie hopeloos is. Tog het Jesus baie duidelik met elkeen van sy kinders gepraat: "Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik" (Lukas 18:27).

Regoor die wêreld is Christene besig om op te gee met hulle huwelike. Selfs van my predikants vriende is besig om te skei. As ek met hulle praat oor hulle situasies, besef ek hulle dink nie dat hulle huwelike nog heelgemaak kan word nie. Hulle glo eenvoudig net nie dat God die onmoontlike vir hulle kan doen nie.

Enige Christelike egpaar wat hulle hande in die lug opgooi en uit die geveg tree, wil nie regtig hul huwelik herstel nie. Inteendeel, baie getroudes wat my kom sien vir berading, het reeds in hulle gedagtes besluit om die verhouding te verbreek. Die enigste rede omdat hulle daar is, is om my goedkeuring te kry vir die rigting wat hulle besluit het om te gaan.

Geliefde, geen berader in die wêreld kan u help nie, behalwe as u absoluut God se woord glo in die saak. Niks in u lewe is buite Sy vermoë om reg te stel nie. Anders, is u Christenskap verniet - omdat u slegs in God glo tot op 'n sekere punt. U glo nie regtig dat Hy die God van die onmoontlike is nie.

'n Dominee se vrou het onlangs aan ons geskryf oor haar man se gewoonte om leuens te vertel. Hierdie man se leuens is so blatant dat hy aanmekaar uitgevang word. En selfs al het die mense in sy kerk hom oor sy probleem gekonfronteer, het hy dit net aanhoudend ontken.

Sy vrou skryf, "Ek skaam my vir my man. En ons kinders vertrou hom nie. Hy preek 'n kragtige boodskap, maar hy kan nie die waarheid vertel nie, omdat hy nie die waarheid in hom het nie." Sy het haar brief met die volgende woorde afgesluit: "Ek dink daaraan om hom te verlaat." Ek het simpatie met hierdie arme vrou. Tog weet ek dat sy nie oortuig is daarvan dat God die onmoontlike vir haar kan doen nie. Sy het God net geglo tot op 'n punt - en toe besluit om te hardloop. Maar egskeiding is nooit 'n uitkoms vir 'n Christen nie, behalwe as jou huweliksmaat jou fisies mishandel. In daardie geval, moet jy beslis weggaan. In alle ander gevalle, sê die Here baie duidelik. "Ek is jou God - en Ek kan dit heelmaak."

Hier is wat ek graag sou wou gehad het dat die vrou moes skryf: "Ek besef my kinders het erfgename geword van my man se wanfunksie. En ek weet dat hy heel moontlik sy preekstoel gaan verloor as gevolg van sy aanhoudende sonde. Maar ek weet dat ek 'n God dien vir wie dit moontlik is om enige probleem reg te stel. En ek glo dat Hy ons huwelik kan red, ons gesin kan herstel en ons kerk weer kan opbou. Daarom gaan ek vashou aan my man, maak nie saak wat dit my kos nie. Ek gaan glo dat wat God vir my sê, die waarheid is - dat niks vir Hom onmoontlik is nie."

In Markus 9, het 'n radelose vader sy demoon-besete seun na Jesus se dissipels gebring en vir verlossing gesoek. Die seun was nie net moeilik en opstandig nie. Hy was vol bose geeste, en hulle het al sy aksies beheer. Sy situasie was wel bekend regoor die streek, sodat wanneer ouers hom sien aankom het, hulle heel moontlik hulle kinders binnenshuis geroep het.

Hierdie arme seun was beskou as absoluut hopeloos. Hy was beide doof en stom, dus het hy net grom geluide gemaak. Skuim het by sy mond uitgekom soos 'n mal hond, en fisies was hy net vel en been, uitgeteer deur sy verskriklike stryd. Sy vader moes voortdurend aan hom vashou, omdat die demone aanmekaar probeer het om hom in die naaste rivier, meer of oop vuur, te gooi om hom dood te maak.

Ek wonder hoeveel keer hierdie pa in die water moes inspring om sy seun uit te trek en hom weer te laat herlewe. Dit moes 'n voltydse werk gewees het om hierdie kind daarvan te weerhou dat hy homself doodmaak. Dink net hoeveel merke en brandwonde moes hy aan hom gehad het. Dit moes sy pa se hart gebreek het om daagliks sy seun se toestand te sien, met niemand om hom te help nie. Nou, soos die vader voor die dissipels gestaan het, het Satan in die seun begin manifesteer. Skuim het by sy mond begin uitkom en hy het begin rol op die grond, verwronge en wild tollende. Die woord sê vir ons dat die dissipels vir hom gebid het - miskien vir 'n lang tyd - maar niks het gebeur nie.

Dit moes na 'n onmoontlike situasie gelyk het. Nie lank nie of al die skrifgeleerdes wat alles in twyfel getrek het, het rondom gestaan en gevra, "Waarom word die seun nie genees nie? Is hierdie geval te moeilik vir die Here? Is die duiwel meer kragtig in hierdie soort situasie?"

Maar toe verskyn Jesus op die toneel. Toe hy vra wat aangaan, het die vader geantwoord, "Ek het my seun na U dissipels gebring, maar hulle kon hom nie gesond maak nie. Hy is 'n hopelose geval." Jesus het gereageer, "Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom" (Mark 9:23). Christus het aan almal wat teenwoordig was gesê, "Glo julle dat ek enige situasie kan hanteer, behalwe die wat onder die duiwel se beheer is? Ek sê vir julle, daar is geen probleem, geen onmoontlike omstandigheid, wat Ek nie kan herstel nie."

Toe, met slegs een woord, het Jesus die onmoontlike 'n realiteit gemaak. "Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou: Gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!" (vers 25). Op daardie stadium, het die seun op die grond geval asof hy dood was. Maar, die Woord sê, "Jesus het hom egter aan die hand gevat en opgehelp, en hy het opgestaan" (vers 27).

Kan u u die vreugde in die situasie voorstel? Daardie skoon, vrygemaakte seun moes sekerlik na sy vader gehardloop het en hom omhels het. En die vader se hart het gejuig van vreugde. God het dit alles herstel. So, waarom het die Heilige Gees Markus beweeg om hierdie storie in sy evangelie in te sluit? Ek glo dat dit daar is vir die ouers, wat van daardie oomblik af kan glo dat God vertrou kan word om die onmoontlike vir Sy kinders te doen. Die Here het gesê, "Ek kan enigiets en enige iemand herstel. As jy net glo, alle dinge sal moontlik wees vir jou deur My."

Regoor die wêreld, is daar vandag duisende ouers, wat in angs leef omdat hulle kinders onder die duiwel se krag is. In ons eie gemeente sien ek die pyn van moeders wat met die trein ry om hulle seuns in die tronk te gaan besoek. Hulle ken die pyn daarvan om aan die een kant van die dik glas venster se sit en na hulle seuns te staar wat eens 'n sagte gees gehad het. Op 'n manier het hy verslaaf geraak aan dwelms en aan 'n inbraak deelgeneem om sy gewoonte te ondersteun. En nou is hy in die tronk, en word hy selfs harder. Sy het vir jare vir hom gebid, maar nou het sy alle hoop verloor. Sy dink nie meer dat sy hom ooit sal sien verander nie.

Ek sien ook hartgebroke vaders wat nooit gedink het dat hulle dogter na dwelms sal draai nie. Hulle het gesien hoedat hulle jong dogter saam met die verkeerde groep gemeng het by die skool en verslaaf geraak het. Nie lank daarna nie of sy was baie opstandig, haar pa moes haar vra om die huis te verlaat as gevolg van haar invloed op haar broers en susters. Dus is sy nou op die straat, besig om haar liggaam te verkoop om haar verslawing te betaal. En haar pa lê in die aand in die bed en stort baie trane. Hy is oortuig daarvan dat hy haar vir ewig verloor het.

Ek ken 'n ander vader wat na die agterbuurtes gery het om te probeer om sy dwelmverslaafde seun te vind. Hy het rondgevra totdat 'n dwelmsmokkelaar hom vertel het dat sy seun in 'n (crack den) was. Toe die man in die plek instap, het hy net 'n "dop" gesien van die seun wat hy geken het. Die seun se liggaam was 'n geraamte van dwelm gebruik. Toe die vader by die seun gepleit het om huis toe te kom, wou die seun nie eers na sy pa kyk nie. Hy het net gesê, "Gaan weg. Dit is nou my lewe."

Daardie gebroke vader het in die straat uitgeloop en was in trane. Hy het alle hoop verloor, in was in 'n verskriklike worstelstryd, "Dit is my seun daar binne. Hy is besig om te sterf, en hy wou nie gehad het dat ek hom moes help nie."

Die duiwel het vir hierdie ouers gesê, dat hulle kinders hopeloos is, dat hulle probleme nooit opgelos kan word nie. Hy het hulle oortuig van 'n kragtige leuen - dat dit vir God onmoontlik is om hulle te help.

Miskien dink u u ongeredde man is hopeloos, dat hy nooit by Jesus sal uitkom nie. Of miskien het u hoop opgegee met u vrou, wat u in die aande alleen los om partytjies te gaan bywoon. Maar geen persoon is ooit te ver heen vir God om hom reg te help nie. Ek weet van baie Christen huweliksmaats wat vandag getuig, "Ek het vir jare gebid vir my huweliksmaat. En toe een dag, nadat ek hoop op gegee het, het God deurgebreek. Hy het my geliefde gered en vrygemaak."

Ons moet nooit opgee op enige iemand nie - want niks is onmoontlik vir God nie.

Markus 5 vertel die storie van Jaïrus, die desperate sinagoge leier wat vir Jesus gevra het om sy dogter gesond te maak. Die twaalf jaar oue dogter was ernstig siek en naby die dood, Jaïrus het by Christus gepleit om na sy huis te kom en Sy hande op sy siek dogter te lê.

Jesus het ingestem om saam met hom te gaan. Maar hy het eers langs die pad gestop om die vrou met bloedvloeing te genees. (Dit was die vrou wat genees is toe sy die soom van Sy kleed aangeraak het). Maar terwyl Jesus getalm het, het 'n boodskapper met slegte nuus gekom: Jaïrus se dogter het reeds gesterf. Hy het vir die sinagoge leier gesê, "U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?" (Markus 5:35).

Jaïrus se hart was bedroef. Hy het gedink, "As ons net betyds daar kon wees. Nou is dit te laat. My dogter is weg." Maar Jesus het hom verseker, "Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo" (vers 36).

Soos hulle nader gekom het aan Jaïrus se huis, het hulle geluide van 'n gehuil en geweeklaag gehoor. Dit was Jaïrus se familie en bure, wat oor die dogter getreur het. Stel u voor die teenstelling in hierdie toneel: Hier was God in die vlees, die Skepper van die heelal, daartoe in staat om enige werk moontlik uit te voer - tog was hulle besig om in Sy teenwoordigheid te huil. Kortliks, hulle was besig om te getuig, "God kan net help solank as wat daar nog 'n teken van hoop oor is. Maar as alle lewe eers weg is, dan is daar nie meer 'n noodsaaklikheid om Hom aan te roep nie. Selfs Hy kon die situasie nie regstel nie."

Hoeveel Christene is daar nie vandag wat nie meer die Here aanroep nie omdat hulle dink dat hulle probleme hopeloos is? Duisende vertrou God net tot op die punt dat iets in hulle lewens sterf. Ek verwys nie na die dood van 'n persoon nie; ek praat van die dood van 'n huwelik, 'n verhouding, 'n droom, jou hoop vir 'n ongeredde geliefde - enige iets in jou lewe wat jy dink onmoontlik is om op te los, te verander of te herstel.

Jesus het sulke ongeloof vermaan. Hy het vir die huilende skare by Jaïrus se huis gesê, "Wat raas en huil julle so? Die kindjie het nie gesterwe nie, sy slaap net" (Markus 5:39). Hy het gesê, "Die situasie is nie wat julle dink of sien nie. Julle dink alle hoop is verby. Maar hulle sê daar sal geen restorasie wees nie." Hy het toe na die dogtertjie se kamer gegaan - en , deur net 'n enkele woord te praat, het Hy die kind teruggebring na die lewe toe. "Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop; sy was al twaalf jaar oud. Die mense was stom van verbasing" (vers 42).

Waarom het die Heilige Gees die storie in die Markus evangelie ingesluit? Hy het dit gedoen om vir ons te wys dat niks te "dood", of te ver heen is, vir Hom om dit terug te bring na die lewe toe nie. Hy sê daardeur, "Plaas jou vertroue in my om elke probleem van jou op te los. Dit is nooit te laat vir My om te werk nie."

Inteendeel, as ons sê dat God iets nie kan regstel nie, noem ons Hom 'n leuenaar. Johannes skryf, "Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart; wie God nie glo nie, maak Hom tot leuenaar, omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie" (1 Joh 5:10). Is u soos Jaïrus se familie en vriende, wat rondgesit het en hulle hande gevryf het en daaroor gepraat het hoe hopeloos dinge is? As u oor alles treur en bekommerd is sonder om te getuig, "My God kan die onmoontlike doen," vertel u aan die wêreld dat God 'n leuenaar is.

Toe belasting opduik, het Christus en sy dissipels geen geld gehad om die verlangde bedrag te betaal nie. Hoe het die Here die situasie opgelos? Hy het Petrus gestuur om 'n vis te gaan vang. Jesus het vir hom gesê hy sal 'n muntstuk vind in die mond van die eerste vis wat hy sal vang, en daardie muntstuk sal hulle belasting betaal.

Ek kan my net voorstel wat Petrus moes gedink het: "Belasting geld in 'n vis se mond? Dit moet ek sien. Ek is my lewe lank al 'n visserman, en ek het allerhande dinge in visse se monde gesien - wurms, hake, seegras. Maar ek het nog nooit 'n muntstuk in 'n vis se mond gesien nie." Tog, toe Petrus die eerste vis uittrek, en die se mond oopmaak het hy binne-in 'n glimmende muntstuk gevind. Die bedrag was genoeg om hulle belasting geld te betaal, net soos Jesus vir hom gesê het.

Waarom het die Gees die evangelie skrywers beweeg om hierdie verhaal neer te skryf? En waarom het Jesus gekies om die situasie te red deur 'n wonderwerk? Waarom het Hy nie net 'n kollekte gehou nie, of die disipels uitgestuur om vir 'n dagloon te gaan werk in die lone te bring vir belasting geld nie?

Ek glo dat Jesus bo-natuurlik beweeg het hier, omdat Hy aan Sy kinders wou bewys dat Hy die onmoontlike vir ons wil doen. Hy kan enige finansiële probleem oplos, enige familie krisis, enige oorweldigende nood.

Hy wil hê dat ons moet weet dat Hy dieselfde God is wat vir Elia gesorg het met brood wat deur 'n kraai afgelewer was en wat 'n weduwee se kan vol meel gehou het tydens 'n droogte .. wat die weduwee van haar krediteure gered het deur groot kanne olie te vul vanuit 'n klein kannetjie olie . wat 'n skare van 5 000 gevoed het - en later 'n skare van 4 000 - met 'n paar vissies en 'n paar brode. Hy weet dat in sekere tye in ons lewens sal slegs 'n wonderwerk goed genoeg wees. En Hy wil ons daarvan verseker dat Hy die onmoontlike vir ons kan doen, in enige situasie.

Natuurlik, kan ons op God se beloftes staan, om wonderwerke vir ons te laat plaasvind. Ek het dit jare gelede gedoen, as 'n jong pastoor in my twintigs. Ek het gedink ek het 'n goeie idee vir my bediening - maar ek het die Here nie gevra voordat ek vooruit beweeg het daarmee nie. Die gevolg, ek het skuld van $5,000 gehad met geen manier om dit terug te betaal nie. (In vandag se ekonomie, sou daardie bedrag naby aan $25,000 gewees het.)

Uit desperaatheid het ek al die Bybel versies vir myself toegeëin wat sê, "God sal in al jou behoeftes voorsien," En toe een dag, terwyl ek in gebed besig was, het ek die mooi stem gehoor wat vir my gesê het, "David, gaan môre af in Chester Straat teen die middag en stap aan die linkerkant van die pad. 'n Man sal na jou toe aangestap kom met 'n koevert waarint $5,000 sal wees. Daardie man is my engel, en hy gaan daardie koevert in jou hand plaas."

Ek het gedink, "Dankie, Here - U is werklik getrou." En die volgende dag teen die middag, het ek met Chester straat afgestap en gewag vir die man om sy verskyning te maak. Dit was 'n stad met 1,200 mense, en niemand loop ooit met die strate langs gedurende die dag nie, omdat almal by hulle werke was. Vir 'n lang tyd, het ek nie 'n enkele persoon gesien nie. Ek het op en af gestap vir omtrent 'n uur lank, en gewonder. "Here, waar is hy?" Einteindelik het 'n man verby gekom - maar ek het geweet hy was nie 'n engel nie, omdat hy besig was om te rook.

Einde ten laaste het ek huis toe gegaan, en was moedeloos. Ek het gebid, "Here, hoe kon ek so mislei gewees het? Wat gaan ek nou doen? Asseblief, Vader - vergewe my dat ek U nie vertrou het nie. Ek plaas hierdie hele aangeleentheid nou in U hande."

'n Paar dae later, het 'n man in ons kerk my geroep. Hy het gesê, "Ek het van jou nood gehoor, en ek weet van iemand wat jou dalk sou kon help. Hy is 'n Christen bankier wat in 'n ander dorp woon. Waarom skakel jy hom nie?"

Ek het die bankier gekontak, en hy het iets vir my gedoen, waarvan 'n mens nie in daardie tyd gehoor het nie: Hy het vir my 'n onversekerd lening van $5,000 gegee. Hy het vir my gesê, "Jy kan my terugbetaal met $50 'n maand."

God het my situasie gered. En deur dit alles het Hy vir my 'n les geleer: "David, ek kon 'n engel gestuur het om vir jou die geld te gee. Maar Ek wou gehad het dat jy iets moet leer, omdat Ek jou liefhet. As ek dit nie vir jou geleer het nie, sou jy steeds onnosel besluite geneem het - en sou jy $100,000 skuld gehad het."

Ek het geleer dat al is ek veronderstel om die Here vir die onmoontlike te vertrou, ek 'n engel kan verwag om sy verskyning te maak en my van my onverantwoordelike keuses te bevry.

Onlangs, het ons bediening 'n hartverskeurende brief uit die tronk ontvang. Hy het geskryf: "Pastoor David, ek is 'n seksuele pervert, en ek is in die tronk, as gevolg van my verslawing. Ek weet ek is nie so gebore nie, maar dit is wat ek geword het. Ek was al drie maal getroud en ek het vier kinders.

"Die waarheid is, ek hou van enige iets wanneer dit kom by perversiteit. As jy daaraan dink, het ek dit heel moontlik reeds probeer. Ek wil dit stop, maar ek kan nie. Ek het opgehou om "cold turkey" te rook - dit was nie 'n probleem nie. Ek het dit selfs reggekry om vir 'n kort rukkie van pornografie af weg te bly. Ek glo regtig in die genesings krag van God. Ek het het by Hom gepleit, gehuil en gesmeek vir hulp. Maar ek dit wil voorkom asof ek nie die oop deur kan vind om vanuit my perversie te ontsnap nie.

"My begeerte om die Here se wil te doen is altyd by my, tog moet ek aanhoudend die begeerte om terug te val in my wellus eenkant toe stoot. Ek het vir God gelieg, en Hom belowe dat ek dit nooit weer sal doen nie, maar ek gaan altyd terug daarheen.

"Ek is seer, omdat ek weet dat ek God siek maak. Wanneer ek na die kapel gaan, voel ek soos 'n tweegesig. Daar is manne daar wat my respekteer omdat ek vir hulle goeie raad gegee het, maar ek het nie self by my raad gebly nie. Ek speel die klavier en sing in die kapel, maar ek voel nie reg nie, omdat ek nie reg voel nie.

"Ek sal eerder sterf en hel toe gaan, as om ooit weer 'n ander onskuldige persoon te pla. Maar ek wil nie hel toe gaan nie. Ek wil God dien, en ek wil Sy liefde ervaar. Ek is vasgevang omdat ek haat wat ek doen, en tog hou ek daarvan. Ek weet nie wat om te doen nie."

Ek sê vir die jong man: Moenie opgee nie. God kan jou perverse gedagtes regstel. Hy wil genesing vir jou bring.

Eens op 'n tyd het ek opgegee op homoseksuele dat hulle ooit sal verander, omdat ek so min van God se genesing in hulle sien. Ons bediening het op 'n tyd 'n huis gehad vir homoseksuele, maar dit het in 'n ramp geëindig. Al ons dwelm en alkohol programme het gewerk, maar ek het baie min oorwinnings gesien met die homoseksuele.

Toe het die Here begin om getuienisse van homoseksuele wat bevry is van hulle binding, te stuur. Ek het ook verslae van ander mense ontvang wie van die ergste seksuele perverse sondes op aarde bevry is. Vandag, sê ek aan elkeen in diep, hartlike liefde - as jy vryheid wil ken, God is in staat om dit te voorsien, maak nie saak wat die stryd is nie. Hy kan jou gewoonte breek en jou vry maak.

U moet glo dat niks in u lewe onmoontlik is vir God nie. Daar is geen greep van die duiwel wat Hy nie kan breek nie.

So, geliefde gelowige, kry 'n houvas op geloof - glo God om 'n volkome verandering in u lewe te doen en u lewe te transformeer. As hy vir die brandarm weduwee, vir die duiwel-besete seun, en vir Jaïrus se dogter, kon voorskien, kan Hy ook vir u voorsien. Ons God kan enigiets herstel.

Download PDF