Wanneer U Nie Weet Wat Om Te Doen Nie | World Challenge

Wanneer U Nie Weet Wat Om Te Doen Nie

David WilkersonMarch 1, 1979

Wat sal u dink as ons president die nasie oor die TV netwerk toespreek, terwyl hy bely - "Ons weet nie regtig wat om te doen nie! Julle leiers is deurmekaar en het geen sin van rigting nie." Dit sal nogal `n toespraak wees! Die nasie sal in beroering wees en hom en al sy medewerkers spot en verag.

Maar dit is presies wat koning Josafat gedoen het. Drie vyandelike weermagte was besig om naby aan Juda te kom en hierdie magtige leier het die nasie by Jerusalem bymekaar geroep om `n oorlogsplan te formuleer. Hy het planne nodig gehad, `n sekere deklarasie van aksie. Iets moes onmiddelik gedoen word. In plaas daarvan het Josafat voor sy mense gestaan en sy hart voor God uitgestort in erkenning, "Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit U besittings te wil verdryf wat U aan ons gegee het. Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig" (2 Kronieke 20:11-12).

Wat se tipe plan is dit? Geen program, geen aksie kommitee. Geen wapperende baniere, geen blink oorlogsmasjinerie nie, geen briljante oorlogsplan nie, geen trompetter of byeenkoms van patriotiese magte nie. Net `n eenvoudige erkenning - "Ons is tot oor ons koppe toe hier in - ons weet nie wat om te doen nie - so ons sal net ons oë op die Here hou." Hulle het besluit om stil te staan, om hulle verwardheid te erken en al hulle eiers in een mandjie te sit. Hulle sal nêrens anders as nader aan hulle Here beweeg nie - geen ander plek kyk vir hulp as na Hom nie.

Klink dit lafhartig en belaglik? Goed toegeruste vyandelike magte het hulle omsingel, en aasvoêls het die lug gevul, wagtend vir die geveg om te begin - terwyl hulle net saam gestaan en God geprys het, en erken het dat hulle nie weet wat om volgende te doen nie - en net na Hom gekyk het vir redding.

Deesdae, wanneer ons in die moeilikheid kom, dan reageer ons asof ons sê, "Here, ek het U lief, maar ek weet alreeds wat ek gaan doen." Wanneer die vyand soos `n vloed inkom, dan raak ons paniekerig. Ons voel ons moet iets doen - iets maak beweeg of toegee. Ons het `n behoefte om dinge te sien gebeur en ons voel skuldig as ons nie gereeld aan God bewys hoe gewillig ons is om "enige iets te doen wat Hy van ons vra nie."

1. `n Geskeide ma bekommer haar oor haar klein seuntjie se onsekerheid vanaf die pa die huis verlaat het. Die kind laat sy moeder nie uit sy sig nie. Hy skreeu en roep na pappa. Al die liefde wat die moeder op hom uitstort blyk nie genoeg te wees nie. Wat het hierdie Christen moeder gedoen? Sy het haar vriende vir advies gevra; sy het soekend na oplossings boeke nagevors oor kinderopvoeding; sy het deur haar dag gegaan met diepe bekommernis en by haaself gedink, "ek moet net iets omtrent hierdie probleem doen voor dit handuit ruk."

Maar daar is `n beter manier. Dit is absoluut volgens die Skrif vir die moeder om haar hande in die lug op te gooi en te huil, "dit is te veel vir my; ek het my beste probeer; ek weet nie meer na wie toe om te draai nie of wat om te doen nie! Niemand kan my help nie - so, ek sal net na aan Jesus bly, my oë net op Hom gerig hou - en vertrou dat Hy my sal deursien."

2. `n Verwarde paartjie is op die punt om op te gee. Hulle wou so graag 100% aan Jesus gegee het, maar hulle was blootgestel aan wettiese preke van vrees wat hulle onder gebondenheid geplaas het. Hulle is meegevoer in hierdie Charismatiese beweging, met die hoop om geluk en bevrediging te ontvang. Maar een prediker het hulle gewaarsku, "Jesus sê julle moet perfek wees. Hy sal ons nooit vra om iets te doen wat ons nie kan doen nie. Om te sê jy moet `n klein bietjie sonde elke dag doen is `n "geen opsie" nie. `n Ander het bygevoeg, "vertraagde gehoorsaamheid is ongehoorsaamheid. Enige ongehoorsaamheid kan jou verdoem." Nou bekommer hulle, hulle oor al die dinge wat hulle vergeet het om te doen, aan hulle imperfeksies en daaglikse stryd met die vlees - en hulle voel verslane.

Onlangs het hulle `n evangelis se nuusbrief opgetel wat waarsku, "Op die Oordeelsdag sal daar baie Christene wees wat drie keer per week by die kerk was, in tale gebid het, profesieë gelewer het, in die sondagskool geleer het en as diakens diens gedoen het - wat nie in die hemel toegelaat sal word nie, omdat hulle nie genoeg Bybel gelees en nie genoeg gebid het nie. God is kwaad vir mense wat sondig - elke dag. Hy is gedeterimineerd om hulle in die ewigheid te straf. Daar is geen hoop tensy hulle in totaal ophou sondig nie. "Nou bekommer hulle, hulle oor hulle gebede, en die lees van hulle Bybels en dat hulle nie genoeg gegee het om God te behaag nie.

Hulle leef gedurig in vrees. Hulle is verskillende dinge vertel rakende hulle vrese - sommige beweer `n "duiwel van vrees" het in hulle ingekruip. Ander het hulle vertel dat hulle skuldig was aan `n "verkeerde belydenis" - en hulle is gevra om "nie die vrees te aanvaar nie." Julle moet net "oorwinning bely," was hulle vertel - en alles sal wel wees.

Die vrou het gesê, "ons het so ellendig geword in ons pogings om onsself skoon te maak vir God. Elke aand het ons, ons dag geevalueer en altyd gevoel dat God nie met ons tevrede was nie, omdat ons op `n manier gefaal het om onsself reg te gedra, reg te bely,of reg gedoen het. Ons belowe om more beter te doen. Maar hierdie is die dinge wat ons wil maak opgee en ophou om te probeer. Ons het ons besef van vrede en sekuriteit verloor. Hierdie is nie die oorvloedige lewe nie - dit is vrees. Beteken die kruis van Jesus nie meer as dit nie?"

Wat moet hulle doen? Hulle wonder nou wie reg is - die Charismate of die Baptiste? Hulle geloof is geskud en hulle het hulle besef van rigting verloor. Watter onderwyser is reg? Hulle blyk almal sulke goeie argumente te hê en baie Skrifte om hulle punt te bewys. Wat is heiligheid - wat verwag God? Doen God dit alles vir my by die kruis - of moet ek in eie krag my eie redding met vrees en bewing uitwerk? Dit is baie verwarrend!

My antwoord: Erken jou verwardheid - moet nie toepaslike antwoorde op hierdie vrae soek nie. Moet nie rondhardloop en vir onderwysers soek wat vir jou oplossings en antwoorde gee nie. Jy weet nie wat om te doen of waarheen om te gaan nie? Goed! Baie goed! Nou is jy gereed om dit op God se manier te doen. Nou kan jy saam met Paulus sê, "Ek het besluit om niemand onder julle te ken behalwe Christus en Hom gekruisig nie." Hou op om na hierdie predikers en onderwysers te kyk - gaan self na God toe! Rig u oê op Hom en saam met Josafat, roep hard uit, "My oë is vasgenael op U!"

3. `n Paartjie in Iowa is besig om hulle huwelik te probeer red. Hulle is al vir vyftien jaar getroud en die laaste vyf jaar was onhoudbaar. Albei het geraamtes in die kas - albei was skuldig daaraan dat hulle, hulle geloftes ligtelik opgeneem het. Hy het haar verneuk en sy "het amper." Vir vyf jaar het hulle probeer om mekaar te vergewe. Maar hulle huwelik het nog steeds nie hulle wense verwerklik nie. Hulle beloof hulle liefde aan mekaar - maar hulle altwee weet daar is iets verkeerd. Hulle kan nie hulle vingers daarop plaas nie. Hulle is alleen selfs wanneer hulle bymekaar is. Hulle bereik mekaar nie, en hoe harder hulle probeer, soveel te meer word hulle gefrustreer. Hulle sal `n goeie week hê, wanneer alles blyk reggemaak te wees en dit goed gaan. Dan, skielik, val alles weer uitmekaar en `n stille agressie en afkeur neem oor. Sy huil haarself aan die slaap - hy dink daaraan om op te gee. Op `n manier is hulle steeds aangetrokke tot mekaar - op `n ander manier, blyk dit dat hulle allergies vir mekaar is. Hulle het probeer om die probleme uit te praat: hulle het beloftes gemaak wat hulle nie kon nakom nie. Hulle het boeke gelees om hulp te soek; hulle was na `n huweliksraadgewer. Hulle het beide `n punt bereik waar daar geen omdraai is nie. Hulle weet eenvoudig nie meer wat om te doen of na wie toe om te gaan vir hulp nie.

Is daar enige oplossing? Ek dink so. Alle huwelike - selfs goeies - het hulle periodes van spanning. Maar sommige huwelike kan glad nie herstel word nie - behalwe deur `n werklike wonderwerk. Wanneer twee mense alles probeer het - en dit tot hulle deurbreek dat daar geen plek is om heen te gaan vir hulp nie - wanneer verwardheid en paniek oorneem - dan is dit wanneer God tussenbeide moet tree. Weereens - al wat u in so `n krisis kan doen is om soos koning Josafat te doen. Moet nie bang wees vir jou verwardheid nie. U is nie die enigste een met jou rug teen die muur nie. God spesialiseer in "hopelose" gevalle. God neem oor wanneer ons dit alles self probeer uitwerk. Hierdie paartjie met `n huwelik wat feitelik op die rotse is, moet ophou om buite die Here vir hulp te soek. Hulle moet hulle probleme en lewens aan God toevertrou en bid, "God dit is oor ons koppe. Ons het probeer en gefaal. Dit lyk hopeloos - so, ons sal net in U teenwoordigheid staan en net na U kyk vir hulp. Dit is U, Here - of niks. Ons oë sal op U gerig bly."

4. Leser, u, staar ook krisisse in die oë waar u nie weet wat om te doen nie - of waarheen om te gaan vir hulp nie. Is dit `n finansiële krisis wat u in die gesig staar? Bly u in huislike omstandighede wat u gees uitmekaar ruk? Maak u kinders u seer - het `n kind vir u angs gebring? Het siekte of pyn u na die dal van doodskaduwee gebring? Het u u werk verloor? Is u toekoms vreesaanjaend en onseker? Is u huwelik in die moeilikheid? Het die dood van `n geliefde u depressief, alleen en leeg gelaat? Het `n egskeiding u laat voel u is `n algehele mislukking?

Voel u - nou, hier - oorweldig? Het u soveel maniere probeer om dit deur te sien en tog blyk niks te help nie? Het u moeg geword om te probeer? Het u aan u hart gesê, "Ek weet nie wat om nou te doen nie?"

Ons lewe in `n tydperk waar alles besig is om onvas en onseker te word - en omtrent almal het op een of ander wyse seer.

Omtrent niemand weet meer wat om te doen nie. Ons leiers het nie die vaagste begrip van wat aan die gebeur is in ons wêreld nie - ook nie van die ekonomie nie. Die toekoms is enige een se raaiskoot.

Die besigheidswêreld is selfs meer verward - met ekonome wat met mekaar stry oor wat gaan kom. Vandag is daar nie `n enkele besigheidsman of ekonoom in die wêreld, wat verseker weet waarheen ons oppad is nie.

Sielkundiges en psigiaters is verslae oor die veranderende kragte wat mense vandag affekteer. Hulle sien die opbreek van families en huwelike - net so verslae soos die res van ons oor hoekom dit gebeur. Hulle almal se redes weerspreek mekaar.

Vandag kan dit selfs vir Christene verwarrend wees. Predikers preek dat ons ons probleme moet aanspreek deur "self in die Bybel te kyk - en die antwoord te vind." Maar die Bybel spesifiseer nie altyd - "Dit is wat jy moet doen" nie. Daar is nie altyd `n direkte antwoord vir jou spesifike probleem nie. Met tye, tensy die Heilige Gees vir jou `n spesiale openbaring gee, kan jy verward raak deur die verse wat bolangs lyk asof dit die teenoorgestelde te beteken, "Verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes." Dan lees jy, "As `n man sy huis verwaarloos, is hy erger as `n ongelowige en het hy sy geloof ontken". As u alles verkoop en dit aan die armes weggee, hoe sal u dan enige iets oorhê om u eie huis goed te versorg?

Glo dit of nie, selfs die grootste heiliges wat ooit geleef het, het nooit die geveg tussen gees en vlees ten volle verstaan nie. Waarom al hierdie verskillende denominasies? Hoekom al die baklei oor die baptisme, verskillende doktrienes en morele waardes? Eenvoudig as gevolg van die feit dat die mens selfs vandag nog in die duister is oor soveel dinge. Ons almal bereik een of ander tyd `n plek soos koning Josafat bereik het. Die vyand kom teen ons almal. Sommige sit `n groot front op, so asof hulle geen vrese het nie, geen vrae, geen probleme nie, maar hulle is die mense wat innerlik die ergste stryd stry. Baie maal is diegene wat al die ander oordeel en wat heilig en regverdig voorkom voor ander in `n hewige stryd gewikkel met die wellus wat besig is om in hulle binneste te woed.

Ja - ons het almal op een of ander manier seer! Ons het almal iets nodig! Ons almal bereik daardie punt van paniek wanneer ons harte dit uitskreeu, "Wat doen ek nou?"

Sommige mense dink dat ek nie moet bely dat ek self ook gevegte het nie. Maar met tye kry ek ook geestelike droogtes. Ek word ook met tye in donkerte en verwardheid gewerp. Met Josafat, kan ek bely, "Die Woord beproef my!" Maar ek is nie beter of slegter daaraan toe as enige ander leser van hierdie boodskap nie. Billy Graham is in dieselfde bootjie. Die heiligste van mense kry ook seer. Ek weet waardeur koning Josafat gegaan het. Ek was daar - toe ek ook hard moes uitroep, "Ek weet nie wat om te doen nie - daarom sal ek my oë op Hom gerig hou!"

`n Mens vou nie jou hande - sit op jou gemak rond - en laat God alles doen nie!

Dit is nie wat bedoel word met, hou jou oë op die Here gefokus nie. "Ons kyk na die Here, nie as mense wat weet wat om te doen nie, maar as mense wat geensins weet wat hulle moet doen nie." Maar ons weet tog dat Hy die Koning is wat op die vloed sit. Hy is Here van almal, en ons weet dat al sou die wêreld selfs in twee skeur - as dit alles uitmekaar val - Hy is die Rots van sekerheid. Ons oë is gevestig op die opgestane Here. As ons nie weet wat om te doen nie, dan verseker ons geloof ons dat Hy weet wat om te doen.

Dietrich Bonhoeffer, die Duitse teoloog, het die Christen geskilder as iemand wat oor die see op drywende stukke ys wou gaan. Die Christen kan nêrens rus terwyl hy die see oorsteek nie, behalwe in sy geloof dat God hom sal deursien. Hy kan nêrens te lank staan nie, of hy sal sink. Nadat hy `n stap geneem het, moet hy versigtig wees vir die volgende. Onder hom is `n bodemlose poel en voor hom onsekerheid - maar die Here is altyd voor hom - ferm en seker! Hy sien nog nie die land nie, maar dit is daar - `n belofte in sy hart. So hou die Christen reisiger aan, sy oë gerig op sy finale plek!

Ek verkies om te dink aan die lewe as `n reis deur die wildernis - soos dié van die kinders van Israel. En koning Josafat se geveg saam met die kinders van Juda, is ook ons geveg. Ja, verseker is dit `n wildernis; Ja, daar is slange, droeë watergate, valleie van trane, vyandelike magte, warm sand, droogte, onoorkombare berge. Maar toe die kinders van die Here stil gestaan het om sy verlossing te aanskou, het Hy `n tafel in die wildernis oopgesprei - het manna uit die hemel neergereën - vyandelke magte is verwoes deur Sy krag alleen - water is voortgebring uit rotse - die gif uit die giftige slange se byt gehaal - is hulle gelei deur `n wolkkolom - is vir hulle melk en heuning gegee - en is hulle in die beloofde land gebring met `n hoë en magtige hand. En God het hulle gewaarsku om elke daaropvolgende generasie te vertel: "Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige" (Sagaria 4:6).

`n Verslaggewer het my eenmaal gevra om te reageer op `n vraag rakende druk vanaf die Ontvanger van Inkomste en ander Regerings instellings. "Is die Ontvanger nie besig om alle evangelistiese bedienings te belas nie? Sal die dag nie aanbreek dat die Regering die evangelistiese bedienings en sending werk finansieël gaan wurg nie? Wat gaan julle dan doen, siende dat dit alreeds aan die gang is?"

Ek het geantwoord: "Ons gaan almal geforseer word om die werk te doen soos wat Jesus dit self gedoen het. Die dag sal moontlik kom dat ek en al my prediker vriende sal moet ophou om die evangelie soos `n groot besigheid te bestuur en terugkeer na die Nuwe Testamentiese metodes. Ons sal die prys van die duur metodes nie kan betaal nie en sal moet terugkeer om in die strate te loop saam met sondaars, net soos Jesus dit gedoen het. Maar solank ons oë op Jesus gefokus is, sal niemand Sy boodskap stop om gepreek te word nie.

Hou op om te soek! Hou op om in die verkeerde rigting te kyk vir hulp. Kom alleen by Jesus in jou binnekamer; vertel Hom van jou verwardheid. Vertel Hom jy het nêrens anders om heen te gaan nie. Vertel Hom dat jy hom alleen vertrou om dit deur te sien. Jy sal versoek word om sake in eie hande te neem. Jy sal wonder of God enigsins werk - daar sal geen teken wees dat dinge verander nie. Jou geloof sal tot die uiterste toe beproef word. Maar niks anders werk in elk geval nie - daar is niks om te verloor nie. Petrus het dit alles opgesom - "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee" (Johannes 6:68).

"Die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof" (Hebreërs 12:2).

"Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie" (Jesaja 45:22).

"Luister na My, julle wat wil reg doen, julle wat na die wil van die Here vra." (Jesaja 51:1).

"Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor" (Miga 7:7).

"Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here" (Psalm 112:7).

"Wie van julle dien die Here en luister na Sy dienaar? Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun" (Jesaja 50:10).

Download PDF