Wat Het Gebeur Met Bekerings-prediking? | World Challenge

Wat Het Gebeur Met Bekerings-prediking?

David WilkersonJanuary 15, 2007

In New York, kan jy kerk na kerk besoek, van statige Katedrale na klein gemeentetjies, en jy sal selde hoor dat hulle oor bekering preek. Dieselfde is waar oor baie evangeliste regoor Amerika en wêreldwyd. U kan gemeente op gemeente vir maande aan een besoek, en nooit enige melding hoor van bekering nie.

Natuurlik, is daar vandag kerke wat nie kompromieë aangaan oor die belangrike godsdienstige leerstelling nie. Maar ‘n groot aantal kerke het besluit dat bekering ‘n te aanvallende boodskap is. In werklikheid het sommige denominasies die klem heeltemal verskuif.

In sulke kerke, hoor jy alles oor God se liefde, Sy seëninge, Sy voorskrifte oor hoe om opgewasse te wees teen die lewe, maar nie ‘n woord word gesê oor goddelike berou oor sonde nie.

U sal boodskappe hoor om ander lief te hê en ‘n goeie en gawe mens te wees. Dit is alles skriftuurlik. Maar u sal nie ‘n boodskap oor bekering hoor soos die een wat Petrus tydens Pinkster gepreek het nie. Sy boodskap het duisende na vryheid in Christus gelei.

Baie pastore sal vandag verskrik wees oor wat Petrus gepreek het daardie dag. Handelinge 2 gee vir ons die inhoud van die apostel se kragtige boodskap: “By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: ‘Wat moet ons doen, broers?’” (Hand 2:37).

Soos hierdie versie aandui, daar moet ‘n kennis van sonde wees voordat daar ‘n ware bekering kan plaasvind. Dit is die doel van die wet, om ‘n besef van sonde op te wek. En die harte van die mense in Jerusalem is in beweging gebring toe hulle God se woord gehoor het en hulle sonde erken het.

Petrus het hulle desperate uitroepe geantwoord deur hulle te leer, “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe, en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang” (2:38). Wat beteken dit om tot bekering te kom?

Die gevolg van ware bekering is verdriet, berou en spyt oor sonde. Om jou te bekeer is om so ‘n berou te ervaar dat dit jou hele lewe verander. Eenvoudig gestel, bekering is om weg te draai van jou sonde en in die teenoorgestelde rigting te gaan. Bekering is nie verdienstelik nie. Slegs die offer van Christus se bloed kan vergewe. Maar bekering is die enigste weg om ware genesing en vreugde te ervaar. Daar is geen ander manier om die vrede en rus van Christus in te gaan nie, behalwe deur die deure van bekering. Paulus skryf aan die Korintiërs oor die vrug wat spruit uit bekering:

Kom ek skets vir u die agtergrond van Paulus se brief aan die Korintiërs. Hy het die sonde van bloedskande in die gemeente ontbloot, maar niemand het daarmee gedeel nie. En aangesien die verskriklike sonde oorgesien is, was daar geen berou onder die mense nie.

Paulus het dus ‘n nog sterker boodskap vir die kerk geskryf. Terwyl die mense gesit en luister het hoe die brief hardop in die gemeente voorgelees is, was hulle in hulle harte aangeraak. Hulle het met goddelike berou skuld erken dat hulle nie die geweldige sonde in hulle midde in die gesig gestaar het nie. Hulle bekering het groot vreugde teweeg gebring.

Paulus moedig hulle aan met die woorde, “Sien julle wat goddelike berou vir julle doen? Dit het versigtigheid in julle na vore gebring. Dit het verontwaardiging vir julle eie sonde na vore gebring.” Bekering is die enigste weg waardeur genesing en krag na diegene kan kom wat in sonde vasgevang is.

Die gevolg van bekering en vertroue in Christus se verlossings-bloed is volle vergifnis van sonde, en dit beteken kwytskelding, vergifnis, genade, en vryheid van die krag van sonde. Volgens Paulus, kan daar geen omkeer, geen vryheid, geen wedergeboorte wonderwerk plaasvind sonder bekering nie. “Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwiking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur” (Hand 3:19).

Paulus preek tot die in Athene: “God … roep al die mense oral op om hulle te bekeer” (17:30). En Jesus sê vir ons dat Hy vir presies daardie rede gekom het, “om … sondaars te roep om tot bekering te kom” (Mark 2:17). Dalk, die heel duidelikste van alles, Lukas sê, “dit betaam Christus om te ly en uit die dood op te staan en vergewing van sonde moet in Sy Naam aan al die nasies verkondig word, vanaf Jerusalem” (Lukas 24:46 – 47).

Bekering is die boodskap wat ons beveel is om te bring toe ons ‘n kerk twintig jaar gelede in New York begin het.

In die begin-jare van Times Square Church, het die Heilige Gees ons as pastore beveel om bekering te preek. Hy het ons harte met vuur gevul met die waarheid dat waar sonde volop is, God se genade nog meer volop is.

Ons moes ons kerk begin in die hart van Broadway. Naby 42ste straat met sy ontklee klubs, XXX teaters, pornografie winkels, dwelmhandelaars, prostitute, en militante homoseksuele. Ons het dus dienste begin hou by die Nederlander teater op 41ste straat. Op daardie stadium is daardie blok “Junkie Alley” genoem, omdat verslaafdes reg voor die teater gesnuif en hulleself gespuit het. Dit was ‘n prent van die hel op aarde.

Die Gees het ons gewaarsku dat, omdat ons Satan se terrein betree het, ons ‘n standpunt teen die heerskappy van sonde, sal moet inneem. In kort, ons het in ‘n oorlogsveld ingestap om diegene wat deur die duiwel gevange geneem is terug te win. Ons moes dus gereed gewees het vir sy kragte wat teen ons opgestaan het, met al die wapens van die hel en diegene wat ons gedink het.

Ons het vooraf geweet dat ons die gevangenes nie sou wen deur sagkens met hulle sonde te deel nie. Om aan hulle die realiteit van Christus se genade te bring, moes ons hulle konfronteer met hulle sonde, sodat hulle onder oortuiging kon kom en gereed kon wees om dit te laat staan. Dit was die enigste manier om geestelik oorlog te voer in so ‘n intensiewe geestelike oorlogsveld.

Ons het dus bekering gepreek. Ons het aan elkeen wat by ons deure ingestap het gesê dat niemand kan beweer dat Jesus die Here is, as hulle lewens nie verander het nie. Die boodskap is aan almal verkondig wat in ons dienste gesit het, ongeag hulle sosiale status: Broadway akteurs en dwelmhandelaars, Wall Street uitvoerende raadslede en transvestiete. Niemand kon sê dat hulle Jesus liefhet as hulle lewens nie die vrugte van bekering gewys het nie.

Nadat sonde deur bekering en prediking gekonfronteer is, het ‘n ongelooflike vreugde uitgebreek. Mense is vrygemaak van hulle sonde en het hulle ou gewoontes en ‘n sensuele manier van lewe laat staan. Mans en vrouens uit uitvoerende kantore tot Junkie Alley is verander deur die reinigende bloed van Christus en die krag van Sy Gees om elke binding te breek.

Twintig jaar later gaan dieselfde vreugde steeds voort by Times Square Church. Ons verkondig nog steeds die boodskap wat die eerste kerk in Jerusalem verkondig het met Pinster: bekering en vergifnis van sonde.

Menigtes stroom vandag na byeenkomste waar ‘n “voel – goed” pastoor vir hulle sê “Al wat jy moet doen is om te glo, en jy sal weergebore word.” Hierdie leerstelling word gebou op ‘n gedeelte in Handelinge 16, waar ‘n ongeredde bewaarder die apostel vra wat hy moet doen om gered te word. Paulus se reaksie was, “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (Hand 16:31).

Predikers wat hierdie leerstelling beklemtoon, vergeet dat toe die bewaarder die apostel genader het, hy so oortuig was dat hy “bewend gekom het, en neergeval het” (16:29), die man was so onsteld hy het selfs selfmoord oorweeg. Hy het ‘n besef van sy eie sonde gehad, en sy ontsag vir God het hom tot bekering gelei.

Die waarheid is dat menslike erbarming alleen geen mens se siel omkeer nie. Dit bereik slegs die vlees en is onbekwaam om die diepste plekke van die siel aan te raak. Dit is ‘n belangrike waarheid wat ons in die beginjare van Times Square Church geleer het. En dit is ‘n waarheid wat in die hart van die evangelie lê. Dit sê dat bybelse teregwysings teen sonde – ‘n boodskap wat die sondaar waarsku om na die kruis te hardloop of te vergaan – die grootste liefdesboodskap is wat aan ‘n mens geoffer kan word. Vandag staan daar onder ons kerknaam op die naambord, die volgende booskap “Die kerk wat liefhet, bou.” Vir ons is dit nie ‘n oorgevoelige, sentimentele, slap idee, nie; dit is eerder ‘n booskap wat dit duidelik stel, “Ons is hier om vir jou te veg teen die helse magte. Ons sal vir jou die kaalkop waarheid vertel, as jy ‘n nuwe lewe wil leef.”

Die pastoor van ‘n groot kerk het onlangs onder die oortuiging gekom oor sy ligte, maklike booskappe. Vir weke het hy geworstel en gedink “Ek is nie ‘n ware herder nie, ek gee nie vir die mense wat hulle nodig het om te groei en volwasse te word in Christus nie.”

Hy het dus sy prediking verander om bekering in te pas. In daardie tyd het sy gemeente uit duisende bestaan. Die oomblik toe hy bekering begin preek, het hy minder as twee honderd mense gehad. Maar hy is vervul en geseënd, omdat hy sien hoe mense in Christus groei.

Ek moet wonder: Is dit waarom so baie pastore nooit oor bekering praat nie? Is hulle bang dat hulle hulle lede sal verloor? Vrees hulle dat dit vir hulle onmoontlik sal wees om verband betalings te maak? Dink hulle daaraan dat hulle mense nodig het om meer te gee vir die kerk se groeiende uitgawes? Ek is oortuig dat hierdie dinge saamwerk om goeie mense oor te haal om ‘n sagte boodskap te preek.

Met tye het ek al gewonder hoe sou dit vir mense wees in ‘n “voel – goed” kerk om ‘n boodskap van bekering te hoor deur hulle prediker. Ek stel my voor dat menigtes sal stroom om sy nuutste preek te hoor. En tog, agter die skerms is die man in die greep van die Heilige Gees, wat met hom praat met ‘n kragtige oortuiging.

“Die dag van die Here is op hande. Die skrif is aan die muur, en God sal binnekort die nasies oordeel. Alle dinge word geskud, en die mense se harte sal gaan staan uit vrees.

“Moenie vanaand op die verhoog uitgaan en die mense vertroos in hulle sonde nie. Baie van hulle is siel siek en blind, soos skape wat verlore gaan. Hulle is verontrus met pynvolle familie probleme, verslawings, slawerny waarmee die vyand hulle pynig.

“As jy hulle nie waarsku nie, sal hulle bloed op jou hande wees. Die profeet Ezekiel het gewaarsku dat as jy nie die trompet blaas en die goddeloses waarsku nie, sal hulle in hulle ongeregtigheid sterf en die Here sal hulle bloed van jou hande eis.

“Gaan nou, en waarsku die mense om berou te toon en hulle bose weë te verlaat. Moet nooit weer my oortuiging demp nie, want dit lei na die lewe. Vertroos en bemoedig hulle dan.”

As daardie prediker gehoorsaam sou wees, sou hy onmiddelik twee dinge gesien het: ’n massa- uittog na die deure, en ‘n handjievol van die mense wat verstom sou bly sit. Na ‘n paar minute, sou die prediker trane begin sien en ‘n sagte gehuil. Laastens, sou ‘n stem uit die groep wat agtergebly het, geroep het, “Wat doen ons nou?”

Dit is reeds besig om te begin gebeur. ‘n Groot welvaart-prediker in Europa het onlangs voor ‘n groot skare gestaan en gesê “Die tyd het gekom om belydenis te doen, te huil, en om dinge reg te maak met die Here.” ‘n Prediker vriend van my was daar en het berig dat die gebeurtenis fantasties was. My gebed is dat dieselfde in ons kerke, hier in Amerika, en dwarsoor die wêreld sal gebeur. Ek moet erken; dat ek by tye in groot pyn van die preekstoel afgeklim het oor ‘n harde boodskap wat ek moes preek. Met sulke tye het ek myself dikwels die vraag gevra: “Here dit klink so hard. Het ek U reg gehoor? As ek verkeerd was om dit te preek, asseblief wys my.” Een keer, toe ek in diepe pyn was oor ‘n boodskap, ontvang ek ‘n oproep van een van my kinders wat sê: “Pa, dankie dat Pa die booskap gepreek het. Die Here het duidelik met my gepraat daardeur. Dit het my by ‘n krisis punt gebring met Hom wat ek in die gesig moes staar.”

Baie wat hulle bekeer het – en in Christus vertrou het en vergewe is – hou steeds vas aan talemende vrees en ongeloof.

Ek is oortuig daarvan dat God bedroef is oor kerke wat die boodskap van bekering verwerp. Dit is inderdaad my mening dat die Heilige Gees nie in sulke kerk sal vertoef nie.

En tog is daar iets anders wat ek glo God se hart nog meer bedroef as die verwaarlosing van die preek van bekering. En dit is wanneer diegene wat Christus bely en vergewe is voortgaan om in vrees en ongeloof te leef.

Ek praat met diegene wat oortuiging van hulle sonde geken het. Hulle het goddelike berou geken vir hulle oortredings, en hulle het daarvan getuig dat hulle vergewe is. Maar hulle het nog nie die rus en vreugde wat voortspruit uit vergifnis deur bekering ingegaan nie.

U sien, bekering lei na vergifnis – en vergifnis moet lei na rus en vreugde. Hierdie mense, het egter nie so ‘n rus nie. In teendeel, hulle leef met konstante vrees dat hulle lewens God nie behaag nie. Hulle hou aan bid dat hulle redding vernu moet word, hulle mag selfs daarna soek om oor en oor gedoop te word. Eenvoudig gestel, hulle het nog nooit tot die volle kennis van die krag van vergifnis gekom nie.

In der waarheid, hulle leef onder die Ou Testament verbond. En hulle word terneergedruk deur die wet wat hulle aanhoudend pynig deur hulle veroordelende gewetes. Soos Jesaja sê, “Jy, verdrukte, bedreigde stad vir wie daar nie uitkoms was nie” (Jesaja 54:11).

Alle berou oor sonde in die verlede, alle self –opgelegde vernedering, moet in die reinigings fontein van Christus se bloed ingewerp word. Laastens, kom daar ‘n tyd dat almal wat Jesus volg Hom sal hoor sê, “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal julle rus gee” (Matteus 11;28).

Die Here roep na almal wat bely, berou het, en glo, en tog nie kan juig nie, omdat hulle steeds die swaar las van skuld en oordeel dra – al hierdie roep Hy om na Hom te kom en hulle swaar las vir Hom te gee, en Hy sal hulle blydskap in hulle harte gee.

As ons dit doen kom staan die Heilige Gees langs ons. Jesus het die Gees, “die Trooster,” genoem, en dit beteken “een wat kom en bystaan.” In kort, van daardie punt aan loop ons nie langer meer alleen, in ons eie pogings nie, maar in samewerking met die Heilige Gees.

Dit is alles as gevolg van die Nuwe Testament Verbond wat God met gelowiges gemaak het in die laaste dae. Volgens Hebreërs, het die verbond in werking getree die oomblik toe Jesus Sy laaste asem uitgeblaas het: “want ‘n testament word alleen geldig by die dood van die testamentmaker; dit word nooit van krag solank as hy nog leef nie” (Hebreërs 9:17).

Wat is die geskenk van erfenis wat Jesus agtergelaat het deur sy testament? Dit is die belofte: “Oor hulle ongeregtigheid sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie” (8:12).

En tog word ons meer gegee as net vergifnis deur die Nuwe Verbond. God gee aan ons ‘n verdere woord van bevryding, siende dat Hy besig is om “julle toe te rus met alles wat goed is – deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is; aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen (13:21).

Verskeie Christene, insluitende sommige pastore het al vir my vertel dat hulle voortdurend gepla word deur eertydse sondes. Hulle sê “Broer Dave, as jy maar net weet wat ek eens gedoen het, hoe ek gesondig het teen so ‘n lig, sal jy verstaan waarom ek so neerslagtig is. My sonde hang steeds oor my kop, en ek stry konstant met skuld daaroor. Ek glo die Here het my vergewe, dat Sy bloed genoeg is om my ongeregtigheid te bedek. Maar ek het nie die vrede wat kom van die kennis nie.”

Ander sê vir my, “Ek glo ek is vergewe, maar my gedagtes word voortdurend gebombardeer met helse gedagtes. Dit kan op enige plek gebeur, selfs in die kerk, en dit veroorsaak dat ek so onrein voel. Dit is moeilik om te glo dat ek rein is in God se oë.”

Hierdie gelowiges vergeet dat Satan ook vir Jesus met vreeslike, aaklige gedagtes versoek het, tydens sy wildernis versoeking. Vandag stuur die duiwel klein jakkalsies in jou lewe in, om jou te laat glo dat jy hopeloos is, en dat God kwaad is vir jou. Hulle sit gedagtes in jou kop wat bedoel is om jou geloof in die krag van Christus se bloed oor jou te vernietig. Geliefde heilige, jy is nie veronderstel om te luister na daardie geestelike indringing nie. Jy moet hulle afsny, en uitroep, “Heilige Gees. Ek weet U is langs my. Help my.”

Jy moet aanvaar dat almal wat die kruis opneem en die goeie stryd van die geloof stryd in ‘n aanhoudende geveg is. Almal van ons gaan bose gedagtes ervaar – gedagtes wat kom as gevolg van ons verlede, of as gevolg van ‘n gevoel van verwerping, of eenvoudig as gevolg van die feit dat ons in ‘n bose sensuele tyd leef. En tog wanneer ons Christus se bloed aanwend aan hierdie wortels van ongeloof reik dit tot in elke sel van ons wese, insluitende ons gedagtes en reinig dit deeglik. Dit bring vryheid en ware vreugde.

Het jy besluit daar is geen hoop, jy sal nooit vry wees nie? Ek spoor jou aan, dink na oor die vier dinge:

  1. Wees daarvan seker dat jy glo dat die Here jou nog steeds liefhet. Jy is steeds onder Sy genade en guns, en Sy banier oor jou is liefde.

  2. Toon berou, en vra die Here om ‘n goddelike berou in jou voort te bring.

  3. Ontvang God se liefde, en rus in Sy belofte om jou te vergewe.

  4. Glo in Sy nuwe verbond woord aan jou: “Ek sal jou genadig wees, en al jou sondes vergewe. En ek sal in jou teweeg bring alles wat vir My aanneembaar is.

Jy is nie alleen in jou stryd nie. Hy het die Heilige Gees vir jou gestuur, wat weet hoe om met die vyand te werk en jou van jou slawerny te bevry. Hy is die stil, sagte stem wat jou sal lei en sal krag gee deur jou stryd.

Bid saam met my: Heilige Gees, ek wil groei in Geestelike Vrugbaarheid. Ek wil ontslae raak van alle skynheiligheid, en ek wil sagsinnigheid, geduld, en liefde hê. Ek weet dat U my steeds liefhet, ten spyte van my gebrek aan hierdie dinge. Staan asseblief by my, en help my. Amen.”

Download PDF