​Rol Die Steen Weg | World Challenge

​Rol Die Steen Weg

David Wilkerson (1931-2011)April 15, 2019

Ek is oortuig ons kan nie God se Woord volkome gehoorsaam totdat ons verstaan waarom die Here vra vir volkome gehoorsaamheid nie. Waarom vereis God dit? Is dit omdat Hy ‘n despoot, ‘n tiran is wat homself verlustig daarin om swaar jukke en laste op sy kinders te lê? Nee, glad nie. Jesus sê vir ons die las wat Hy op ons lê is lig en sag (Matthéüs 11:30). Sy bevele is nie swaar nie.

So, vereis God volkome gehoorsaamheid omdat dit Hom op een of ander manier paai? Sekerlik nie. Ons gehoorsaamheid aan sy wette is nie ontwerp bloot vir sy plesier nie. God wil nie iets in Homself bevredig deur te sien dat ons sy instruksies gehoorsaam nie.

Maar ons volkome gehoorsaamheid aan Hom het te doen met sy plesier. Hy het groot behae daarin wanneer Hy die vrug sien wat ons gehoorsaamheid produseer. Ons Here is soos enige vader: Hy hou daarvan om te sien dat sy kinders geseënd is en volwasse word as gevolg van hulle gehoorsaamheid aan sy opdragte.

Onder die Ou Testament, het Israel se gehoorsaamheid gelei tot goeie vrug en talle tasbare seëninge vir hulle: “En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder. Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak” (Exodus 23:25-26).

Groot vrugbaarheid was die beloning vir Israel se gehoorsaamheid. God het gesê wanneer hulle sy gebooie gehoorsaam, sou hulle tasbare materiële seëninge ontvang. Hulle sou die aanwas van hulle vee, wingerde en gewasse sien. Hulle sou goeie weer, mooi klere, gerieflike huise en persoonlike sekuriteit geniet. Hulle gehoorsaamheid sou ook lei tot kragtige geestelike seëninge, insluitend openbarings van die Here se heerlikheid.

Maar dit is ongelooflik, Israel was wrewelrig onder God se wet. Hulle het geskop teen die einste gebooie wat ontwerp was om hulle sterk, seëvierend en voorspoedig te maak. Dit was duidelik bedoel om hulle tot voordeel te strek, maar hulle het dit verag!

In die Nuwe Testament, het sommige van die Here se mees toegewyde volgelinge sy voorskrifte aan hulle bevraagteken.

Die dissipels het die volste reg gehad om een van Jesus se voorskrifte te bevraagteken: “Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan. Die dissipels sê vir Hom: Rabbi, die Jode het onlangs probeer om U te stenig, en gaan U weer daarnatoe?” (Johannes 11:7-8). Die dissipels kon nie glo wat Jesus van hulle gevra het nie. Die vorige keer wat hulle in Judéa was, het die mense probeer om Hom dood te maak. Daar is geen twyfel dat hulle weer sou probeer as Hy nou sou teruggaan.

Christus het hulle geantwoord, “Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak” (11:11). Die dissipels se reaksie? “Here, laat hom slaap! Waarom hom wakker maak? Slaap is goed vir ‘n mens. As Lasarus slaap, word hy gesond” (sien 22:12). Toe het Jesus vir hulle verduidelik dat Lasarus gesterf het. Dit moes die dissipels selfs nog meer verwar het. Waarom terug loop na gevaar as Lasarus se stryd met siekte reeds verby was?

Die Here het sy volgelinge ‘n duidelik woord gegee, ‘n defnitiewe opdrag. Tog het die verskrikte, verwarde dissipels opgekom met ‘n aantal verskonings waarom hulle dit nie behoort te gehoorsaam nie. Dit is duidelik dat hulle gevaar vorentoe gesien het, beide vir hullself en vir hulle Meester. Daarom het hulle geen doel gesien in dit wat Jesus gevra het nie.

Baie toegewyde Christene vandag reageer op dieselfde manier wanneer hulle ‘n skynbaar absurde opdrag van die Here hoor. Soms sê die Heilige Gees vir ons iets wat nie in teenstelling is met die Skrif nie, maar iets wat ons nie kan verstaan nie. Ons dink, “Dit kan nie God wees wat praat nie. Dit moet my vlees, my eie gedagtes wees.” Ons vind gou ‘n gerieflike Skrifgedeelte om die opdrag teen te werk. Maar die hele tyd, is dit die Heilige Gees wat na ons probeer deurkom, alles tot ons eie seën.

Wat Jesus volgende vir sy dissipels gesê het, het diepgaande betekenis vir ons vandag.

Jesus het vir sy volgelinge verduidelik, “En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan” (11:15). Christus het in wese vir hulle gesê. “Ek is bly Ek het nie gegaan toe Ek geroep was na Lasarus se siekbed toe nie. Ek het ‘n rede gehad om te vertoef, en daardie rede het niks te doen met Lasarus nie. Liewer, dit het te doen met julle, my vriende. Dit het alles ten doel om julle geloof te reinig. Ek is op die punt om julle van aangesig tot aangesig te bring met die grootste onmoontlikheid ooit bekend aan die mensdom. En om dit te beleef, gaan julle groot geloof nodig hê.”

Jesus het geweet sy dissipels het gesien hoe mense opgewek was uit die dood – hulle het gesien toe Hy ‘n jong meisie genees het wat dood was vir ten minste ‘n paar uur. Maar Hy het ook geweet dat sy dissipels nog nooit gesien het dat iemand wat vir vier dae dood en die liggaam reeds aan die ontbind was, opgewek word nie. Net so, was hulle ongeloof nou ‘n struikelblok vir die geloof wat Hy vir hulle wou gehad het.

Ons sien dit gedemonstreer in die reaksie van Martha, Lasarus se suster, toe Jesus uiteindelik daar aangekom het. Sy het gesê, “Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie” (Johannes 11:21). Martha het geglo Jesus kon gehelp het toe daar steeds sigbare lewe was in haar broer. Sy het vertrou Hy kon ‘n half-dooie mens opwek, maar nie een wat vir vier dae dood was nie.

Ek glo Martha vergestalt die gesindheid van die meeste Christene vandag. Ons aanvaar dat God wonderwerke vir ons kan verrig wanneer daar steeds ‘n klein bietjie hoop in ons situasie oor is. Maar wat gebeur met ons geloof wanneer die Here ons van aangesig tot aangesig bring met absoluut onmoontlike omstandighede wat sy bonatuurlike, wonderwerkende ingryping nodig het?

Martha het haar Here se vermoë om ‘n wonderwerk vir haar broer te doen, bevraagteken. Net so, het die dissipels sy krag in twyfel getrek om hulle te verlos van die doodsdreigemente in Judéa. Niemand het die Here krediet gegee om die onmoontlike te verrig nie. In elke geval, het hulle glad geen geloof gehad dat Hy hulle kon tegemoetkom in hulle situsasie nie.”

Ons kom nou by wat ek noem “die krisis belewenis.”

Ons krisis kom wanneer die Here met ons begin deel oor iets in ons lewens wat moet waai. Dit is ‘n verslawing wat ons jaar na jaar het en ons geniet nooit verlossing van sy heerskappy nie. Dit klou aan ons soos die lykskleed van die dood. Om ons Here volkome te gehoorsaam, moet ons hierdie verslawing neerlê, dit opsy skuif om in vryheid te wandel. Ons houvas daaraan, is ‘n teken van ons ongeloof. Ons vertrou nie op die Here se vermoë om die vrug van die lewe voort te bring uit ons gehoorsaamheid aan sy woord nie.

Trouens, Hy het ons voorsien met al die krag en hulpbronne wat ons nodig het om Hom volkome te gehoorsaam deur die teenwoordigheid van sy inwonende Gees. “Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe” (Romeine 8:13). Lasarus verteenwoordig meer as ‘n dooie liggaam. Hy praat met ons vandag oor twee dinge:

Lasarus verteenwoordig die boeie, slawerny en stank van die dood. Hy is ‘n simbool van die duisternis wat die hopelose begrafnis van vryheid omhul. Paulus kon maklik na Lasarus verwys het toe hy geskryf het, “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” (Romeine 7:24).

Lasarus in die graf verteenwoordig ook die openbaring van Jesus Christus. Hy is ‘n beeld van die heerlikheid van God geopenbaar voor die hele mensdom, ‘n mens volkome vrygemaak van die heerskappy van sonde. Hy verteenwoordig opstandingslewe en vryheid van die doodsgreep van beherende verslawings.

Vir baie gelowiges vandag, bly daar ‘n krisis oor. ‘n Groot steen staan in die pad, en dit is ongeloof. By Lasarus se graf, het Martha geprotesteer, “Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood” (Johannes 11:39). Talle Christene vandag het hierdie soort denkwyse aangeneem oor hulle eie verslawings. Hulle oortuig hulleself, “Hierdie sonde het homself aan my verbind vir te lank. Ek het probeer vrykom daarvan, maar al my pogings is verniet. Hierdie sonde se houvas op my is te sterk.”

Nee! God se openbaring vir jou van sy opstandingslewe lê in daardie graf, alles vasgebind in ongeloof. Op hierdie oomblik, sê Jesus vir jou dieselfde ding wat Hy vir sy dissipels gesê het: “Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?” (Johannes 11:40).

Toe Jesus na Lasarus se graf gekom het, het Hy uitgeroep, “Rol die steen weg!” Met hierdie woorde, het Hy in wese vir ons almal gesê, “Wil jy verlossing sien, vrygemaak word? Ek het met jou ‘n verbond gesluit. Nou, rol die steen weg. Raak ontslae van jou ongeloof. Dit is alles binne jou vermoë om dit te doen.”

Hy het nie ‘n engel opdrag gegee om die steen te verwyder nie. Hy het menslike hande beveel om dit te doen. Toe hulle dit wel weggerol het, was dit ‘n daad van geloof, en hulle het die heerlikheid van God gesien. Uit het Lasarus gekom, met al die doeke van die dood losgemaak van sy nou-lewende liggaam.

Vandag, wanneer jy jou steen van ongeloof wegrol, word Christus se opstandingskrag in jou vrygestel. Met ‘n blote woord van die Here, sal al die lappe van eie pogings van jou losgemaak word. Jy sal spring van blydskap as ‘n getuienis vir die wêreld, en roep, “Here, u Woord is altyd waar. By U, sal niks onmoontlik wees nie!” Amen.

Download PDF