Die Here se Tortelduifie | World Challenge

Die Here se Tortelduifie

David WilkersonJune 1, 1984

Vergewe my asseblief die verwysing na my persoonlike stryd, maar ek moet vir julle vertel van onlangse probleme wat ons gely het om jou die lesse mee te deel wat daaruit geleer is. My gesin en ek het pas deur die ergste beproewing van ons lewens gegaan.

Siekte het ons oorval van alle kante af. Ons oudste seun moes huistoe kom van Detroit af om te herstel van ‘n verlammende siekte wat hom met ‘n baie lae witbloedseltelling gelaat het. Sy baba-seuntjie Ashley, ons kleinseun, het siek geword en het ook effens gebloei in sy ingewande. Brandon, ‘n ander kleinseun, het urelank geweldig gehuil totdat die dokter ‘n binne-oor infeksie ontdek het. Dit was hartverskeurend om hom te sien ly en nie instaat te wees om vir ons te sê waar hy seer het nie. Ons twee dogters was ook getref. My broer, wat saam met my werk, het ontdek hy het ‘n kol op sy long en moes vir chirurgie gaan. Gwen was na die hospitaal gejaag met ernstige pyn en was gediagnoseer met Lupus.

Te midde van al die pyn en lyding, het ‘n maniak swendelaar ons bediening probeer bedrieg. In ons aanhoudende pogings om te besnoei, het ons ‘n huis te koop aangebied. Terwyl hy geroem het hy was ‘n multimiljoenêr, het hierdie swendelaar vir ons ‘n tjek as paaiement op die huis gegee. Hy het vir ons gesê hy was ‘n voormalige CIA agent van die narkotika afdeling en moes dadelik sy gesin verskuif deur hulle in ‘n “veilige huis” te plaas. Uit medelye, het ons hom toegelaat om in te trek. Sy tjek het gehop. ‘n Plaasvervanger tjek het ook gehop. In die tussentyd, het hy die huis met duur meubels gemeubileer en al daardie tjeks het ook gehop.

Ons het ontdek hierdie man het mense uit hulle huise en spaarrekeninge verkul – en was moontlik gevaarlik. Ons het ontdek dat die FBI van sy skelmstreke geweet het. Dit was baie traumaties die volgende week toe ons hom probeer uitsit het en die meubels probeer terugkry het vir handelaars wat briesend was. Uit vrees vir my gesin se veiligheid, het ek hulle in ‘n motel laat skuil terwyl ons die swendelaar ontruim het. Dit was ‘n skrikwekkende belewenis. Die man was toe nooit van die CIA nie; hy was ‘n patalogiese leuenaar, bedrieër en groot swendelaar. Ook was hy sonder ‘n sent. Ons het vriende gemaak met hom, vir hom gebid en het hom groot barmhartigheid betoon – en hy het ons al die tyd bespot. Hy staar nou federale aanklagte in die gesig en sal heel waarskynlik baie tyd in die tronk deurbring. God het ons van sy gekonkel verlos.

Te midde van al die siekte, die lyding en bekommernis, het ek myself in my binnekamer toegesluit, op my aangesig geval voor God en gehuil. Ek het myself gehoor huil – “o God, ek is in ‘n gemors! Wat het gebeur? Wat gaan aan?”

Ek was verward. Ek het gedink, “Ek het ‘n jaar verlof geneem om te bid en die Here te soek met my hele hart en op die ou end in die grootste gemors van my hele lewe beland.”

Soveel ly vandag

Ek weet ek en my gesin is nie die enigstes wat ly en groot verdrukkings beleef nie. Van oral oor die land ontvang ek hartverskeurende briewe van goddelike Christene wat tans gaan deur die grootste toetsing en beproewing wat hulle ooit geken het.

Nog nooit het so baie mense kanker opgedoen nie. Nog nooit was daar soveel wat ly onder egskeiding, met maats wat huise verlaat en huwelike prysgee nie. Nog nooit was so baie belas met finansiële probleme nie. Nog nooit was daar so ‘n tyd van beproewing, verwarring, pyn en diep hartseer nie. God se mees geliefde kinders gaan deur louterende vure. Hoe waar is dit dat “menigvuldig is die teëspoede van die regverdige.” Maar dit is ook waar dat “uit dié almal red die Here hom.”

“O God, ons het meer barmhartigheid – en genade – nodig”

Ek het begin om daardie einste gebed te bid – “God, U het vir ons gesê om met vrymoedigheid na U troon van genade te kom om barmhartigheid te verkry en genade vind in ons tyd van nood. Ons het barmhartigheid nodig.” Is daar enige hoop vir ons in hierdie beproewende tye sonder barmhartigheid van die Here?

Dit was my eie agterlosigheid wat die probleme met die swendelaar meegebring het. Ek moes meer omsigtig en verstig gewees het. Baie van die lyding kon vermy gewees het. Steeds weet ek God het op een of ander manier die belewenis gebruik om my meer te leer van Sy liefdevolle barmhartigheid en genade.

Vir ‘n vlietende oomblik het ek die Here bevraagteken oor die probleme en onrus. Waarom het Hy toegelaat dat ‘n swendelaar my deur so ‘n beproewing neem as ek so vurig gebid het vir goddelike leiding? Waarom soveel siekte en pyn in my familie? Waarom die fisieke pyn in my eie liggaam?

Wat doen ons as gelowiges wanneer die vyand inkom soos ‘n stroom – wanneer ons in ‘n verskriklike gemors beland? Waarom moet hulle wat so ernstig toegewy is aan Christus soveel ongewone beproewings verduur?

Ek het nie al die antwoorde nie. Ek weet dat die regverdiges wel ly. Ek weet dat baie goddelike mense wat hierdie boodskap lees, ly en miskien wonder waarom hulle soveel pyn en lyding moet verduur. Dit is wanneer jy jou plek in die allerheiligste inneem wanneer jy beproewings ontdek wat onbekend is aan diegene in die voorhof.

Tortelduiwe!

God het my deur al hierdie lyding gedra deur vir my Dawid se geheime hoop te wys. Hy het gekla en gemor en gewonder waarom God se toorn teen hom gerook het. Hy het God aangeroep om “u hand uit u boesem te trek.” Dit het vir hom gelyk of die vyande van God beheer oorgeneem het. In sy wanhoop het Dawid gebid, “Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie...” (Psalm 74:19).

Soos Dawid, het ek myself begin sien soos ‘n tortelduifie – omring deur die strikke en skelmstreke van die goddelose. Ek het gebid, “O Here, ek is net u tortelduifie, ‘n swak, klein voëltjie – Moenie my oorgee aan die skelmstreke van die goddelose nie. Verlos my van al hierdie strikke waarmee Satan my pad besaai het!”

Hoe het dit my bemoedig, in my mees beproewende, lydende tye, om my self te sien as Sy klein liefdesvoëltjie – sy toegewyde tortelduif, wat rus op Sy belofte om my uit die hande van die goddelose te hou. Soos tortelduiwe, het ek getreur vir die teenwoordigheid van my Geliefde.

Ek het Christus gesien na my toe kom in die vorm van ‘n duif – ‘n tortelduif – Sy Heilige Gees – wat aan my Sy konstante liefde en voortdurende sorg openbaar. Hoe onuitspreeklik dat so ‘n groot en majestueuse God Homself sou verwerdig om te dink aan my behoeftes as ‘n tortelduif. Het Hy nie op Christus neergedaal by die doopwaters as ‘n duif nie? ‘n Tortelduif.

Tortelduiwe was erken deur digters in al die eeue as embleme van liefde en getrouheid. Shakespeare het geskryf:

“Arm in arm het hulle altwee vinnig aangehardloop gekom. Soos ‘n paar liefdevolle tortelduifies” (Henry VI. DeelI).

Ook, “So paar tortelduiwe wat bedoel om nooit te skei nie...” (Troilus en Cressida, Act III).

Tortelduiwe het net een maat, en hulle bly getrou aan mekaar. Hulle treur oor die afwesigheid van die ander een. So dit is baie vertroostend om te ontdek dat Dawid ons vergelyk het met hierdie toegewyde tortelduiwe.

Kind van God – gaan jy deur moeilike tye? Is daar lyding in jou huis? Ly jy skade? Is jy soms verward weens die erns van dit alles? Onthou – jy is die Here se tortelduifie – en Hy sal jou nooit oorgee aan die bose nie. Hy sal jou verlos van elke strik van die vyand. Hy sal jou wys hoe toegewyd Hy is aan jou in jou uur van nood. Hy is daar langsaan jou, altyd, soos ‘n duif – fluisterend, terwyl Hy sy liefde met jou deel.

Christus en jy! Christus en ek! Tortelduiwe! Laat die vloedstrome maar kom? Laat die steke van die dood en pyn my deurboor! Laat die wippe en strikke my omring! Ek is die Here se tortelduifie en ek het Sy liefdevolle belofte om my te bewaar – my te verlos – en vir altyd lief te hê.

Salomo, het van Christus gepraat en gesê, “Sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by ‘n volle bron” (Hooglied van Salomo 5:12). En van die kerk, die Here se geliefde, is dit geskryf, “Een, dié is my duif, my volmaakte...” (Hooglied van Salomo 6:9). Maar ons is een in Christus – Sy Duif – ‘n tortelduif.

Die mossie val op die grond, maar nie die tortelduif nie. Sy tortelduifie is die appel van Sy oog, bewaar in die palm van Sy hand – veilig en verseker van Sy liefde. Die beste van alles, die Here het ons uit ons probleme verlos en Sy ewigdurende getrouheid aan ons bewys. Ons het deur dit alles gekom met gejuig en volle rus en vertroue in Sy krag en liefde. Die vyand kon ons nie skade doen nie.

Geweld – Sleutel tot Oordeel (‘n Droom oor die veiligheid van God se kinders wanneer geweld uitbreek)

Ek wil graag vir jou ‘n lewendige en skrikwekkende droom vertel wat ek onlangs gehad het. Hoewel ek nie veel ag gee op drome nie en sekerlik nie enige teologiese betekenis in hulle sien nie, praat die Bybel nietemin van oumense wat drome droom. Hierdie droom het my so geaffekteer dat ek verdwaas en verskrik wakker geword het. Dit het by my gebly en het my God se Woord laat deursoek oor sy betekenis.

Voor ek my droom deel, moet ek die leser waarsku dat geen visioen of droom enige betekenis kan hê as dit in teenstelling met die Woord van God is nie. As daar enigsins enige betekenis aan ‘n droom is, kan dit slegs in ooreenstemming wees met wat reeds in God se Woord geopenbaar is. Die meeste van my drome, die meeste van alle drome, is betekenisloos. Hierdie spesifieke een is ten minste vir my ‘n uitsondering.

Die Droom

Ek het deur die strate van ‘n groot stad geloop gedurende die skemer ure. Almal wat verbygeloop het, was skynbaar geklee in punk rock klere en het gelyk of hulle rondgeswiep het soos homoseksuele en lesbiërs.

Skielik het geweld oral uitgebreek. Die hele stad het beserk geraak. Almal was gewapen met knuppels, messe, kettings, basketbalkolwe, gewere en enige ander denkbare soort wapen. Mense het wild geraak, na mekaar geswaai, mekaar neergeslaan met kolwe en knuppels. Motorfietsbendes het rondgejaag en swaar kettings rondgeswaai en verbygangers op die grond neergefel.

Niemand het rondgestaan nie. Almal was woedend, almal het gevloek, baklei, geskop en geswaai. Hulle oë was brandend met haat en vrees.

Die diere was vasgevang in die gees van geweld. Honde het geblaf en het mekaar begin byt – katte het geskreeu en gekrap. ‘n Dosyn of so polisieperde het begin rondspring, het geskop en gerunnik en in ‘n warboel na my kant toe gehardloop. Ek het oor ‘n heining gespring en rakelings van hulle naderende aanstorming ontsnap.

Ek het agter die heining gestaan, weggesteek, terwyl ek met afsku gekyk het na die ongelooflike tonele van geweld, bloed en doodslag voor my. Niemand het gedobbel of gedrink nie. Niemand het owerspel of hoerery bedryf nie. Daar was geen dwelms, geen homoseksuele bedrywighede nie. Dit was alles net geweld – almal was weggevoer deur ‘n gees van wilde onverskilligheid.

Ek onthou ek het uitgeroep na God – “O, Here – dit is Sodom! Almal het mal geword! U het die aarde vernietig hiervoor! Oordeel moet nou kom – binnekort! Die gevoel van naderende oordeel was oorweldigend. Die demoniese gees van geweld was so neerdrukkend ek kon skaars asemhaal.

Ek het uit die stad begin hardloop, so vinnig as wat my voete my kon dra. Ek het gedink, “Ek moet uit Satan se gebied kom. Dit is die laaste uur van triomf onder sy slawe. Satan is in volle beheer van sy kinders. Die duiwel het uiteindelik homself geopenbaar en sy gees het uitgebreek in die harte van sy kinders. Ek moet hier uit!”

Toe ek buite die stad kom, het ek gevoel soos Lot wat uit Sodom ontsnap het. Die stad was besig om af te brand en vernietig te word deur geweld, moord en bloedvergieting. Die geskreeu, die gille van haat en pyn het sagter geword hoe verder weg ek gegaan het.

Ek het by ‘n krans gekom en besef ek was op ‘n hoë plato. Toe ek afkyk, sien ek ‘n groot vallei met ‘n rivier wat daardeur vloei. Tot my verbasing, het ek die vallei en omliggende heuwels bedek gesien met ‘n leër van mense geklee in mantels – almal perfek in gelid – wat marsjeer na die rivier om gedoop te word.

My eerste indruk was, “Here, hierdie mense moet Moonies of een of ander kultus wees, want hulle was nie in wit geklee nie.” Maar toe hoor ek die lieflike refrein van ‘n menigte wat die wysie – “Halleluja” – neurie. Toe het ek geweet hulle was God se kinders – nog nie verheerlik nie, maar besig om hullself gereed te maak.

Wat ‘n kontras was dit. Agter my was chaos, verwarring, vrees, geweld, hopeloosheid, sataniese verwoesting. Voor my, in stille vertroue, ‘n leër volkome in gelid – wat deur die waters van lof en aanbidding gaan. Hierdie stil, rustige leër het soveel vrede gehad – so onaangeraak deur die geweld en hel daar naby. Nie een soldaat was uit gelid uit nie. Nie een het van sy plek af wegbeweeg nie. Dit was alles perfekte orde – totale vrede – en hemelse stilte. Dit was ‘n ontsagwekkende gesig.

Ek het teruggekyk na die brandende, kokende stad en het ‘n hand my voel stoot. ‘n Sagte stem het gesê, “Gaan af na die rivier en roep hardop: Geweld is die sleutel tot oordeel. Geweld is die sleutel tot Sy koms. Die uur het aangebreek. Dit is nou!”

Ek het wakker geword met daardie woorde op my lippe – “Geweld is die sleutel tot oordeel! Geweld is die laaste teken van Sy koms. Dit is op die punt om ‘n krisis te bereik. Geweld in volle woede is op die punt om uit te breek.”

Ek het regop gesit in die bed en kon nie tot my sinne kom nie. Het ek steeds gedroom? Waar was ek? Hoe werklik was dit. Anders as enige ander droom in my lewe. Ek het uit die bed gestrompel, steeds nie ten volle by my bewuste nie. Ek het myself wakker geskud – maar kon nie hierdie droom afskud soos baie ander nie. Na twee weke, kan ek dit steeds nie afskud nie. Die beelde en klanke van sataniese geweld sal my altyd bybly. Die toneel van ‘n leër, gerus en seker te midde van ‘n uitbraak van geweld en verwarring sal nooit vergeet word nie.

Wat beteken dit?

‘n Vrou het gehoor ek vertel hierdie droom en later na my gekom met wat sy noem ‘n “uitleg.” Ek het haar gekeer. Dit het geen uitleg nodig nie. Dit was slegs God se manier om my hart op te wek tot die werklikheid van wat reg voor ons oë gebeur.

Geweld is die sleutel – die laaste teken – net voor goddelike oordeel. So was dit in die dae van Noag, net voor die vloed.

“Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. Toe sien God die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe. En God sê vir Noag: Die einde van die alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg” (Génesis 6:11-13).

Met die uitsondering van Noag en sy familie, het die hele menslike ras homself besoedel en was oorgegee aan losbandigheid en wetteloosheid. Die mensdom het wreed, ongevoelig en gierig geword. Goddelose mans het eksebisioniste geword en het hulle ontaarding en verdorwenheid voor die oë van God geparadeer. Hoe meer God deur Sy Gees hulle gewaarsku het, hoe meer het hulle hul gewelddadige aptyte verskerp. Die einde van alle vlees het gekom die oomblik waarop begeertes en passie uitgebreek het in die volle vlam van geweld.

Geweld is begeerte in volle vlam

Elke werk van die vlees, wanneer dit in volle vlam is, breek uit in geweld. Beskou die sewentien werke van die vlees genoem deur Paulus in Galásiërs 5:19-21. Wat is owerspel en hoerery in volle vlam – sado-masochisme, ‘n verskriklike vorm van geweld. Toordery in volle vlam is moordadige offers en bloedvergieting soos gebeur het rondom die afgodiese altare van Baäl op Berg Karmel. Toorn, twis, partyskap, haat, dronkenskap, en so aan, is alles vorms van geweld – alles wat onbeheerbaar is wanneer dit in volle vlam is.

Wat van aborsie? Is dit nie geweld in sy mees afskuwelike vorm nie? Wat van die 55 oorloë wat tans wêreldwyd aan die gang is? Wat is dit in Ierland, Iran, Libanon – anders as geweld? Dit is godsdienstige haat in volle vlam.

Beskou Sodom. God het nie oordeel gestuur toe sodomie geheers het nie. Oordeel het ook nie neergedaal toe die goddelose skares die besoekende engele begeer het nie. Oordeel het gekom toe die wellus van daardie Sodomiete uitgebreek het in die volle vlam van geweld. Hulle het wild tekere gegaan en het probeer om Lot se huis af te breek – terwyl hulle gewelddadig gereed gemaak het om te verkrag en vermoor. Dit was op daardie oomblik waarop God opgetree het om te vernietig.

Waar sou jy sê is Amerika tans? Sou jy sê dat ons wellus en passies in volle vlam uitgebreek het? Meer as een miljoen kinders was vermoor verlede jaar in hierdie land.

Die dag is nie ver heen nie wanneer diegene wat die Here Jesus Christus liefhet sal moet ontslae raak van televisie weens die onuitspreeklike geweld en bloedvergieting. Die meeste Hollywood films wat vandag gemaak word, beeld nie meer slegs seks en ontrouheid uit nie – hulle het baie verder as dit gegaan, na sinnelose geweld. ‘n Filmster het vir ‘n gehoor gesê dat sy “seksueel opgewek word, nie deur seks nie maar deur bloed en geweld.” Die gehoor het wild applaus gegee.

Tans, in groot stede, beeld pornoteaters geweld amper uitsluitlik uit. Verveelde mans en vroue sit in hierdie vulgêre teaters en word seksueel opgek om te kyk hoe diere vermink word. Die groot ondergrondse sensasie dwarsdeur die land is menslike offers en verminkings verfilm in Afrika en Asië. Een wat weet het vir my gesê dat welaf mense hoë pryse betaal vir private vertonings van hierdie moorddadige films. Hulle word seksueel opgewek deur bloed en dood.

Geliefde, wat het met hierdie samelewing gebeur, dat menigtes nou stroom om films te kyk wat bloedvergieting en geweld verheerlik? Wat het gebeur met ordentlikheid, met oumodiese waardes, met teer liefdestonele, hande vashou, loop in die maanlig? Die skares sis en boe nou oor sulke dinge – hulle smag nou na die demoniese, die aaklige, die makabere. Dit moet demoonbesetting wees, of anders, hoe kon so baie hulle wend na sulke helse, bisarre aktiwiteite?

Skakel jy die geweld af?

Sit jy voor jou TV-stel en drink die skietery, die messteke, die bloedvergieting en moord in? Raak jy gewoond aan dit alles – vermoei dit jou stadig? Of sit jy jou voet neer en sê – “Genoeg! My oë sal nie langer besoedel word met sulke demoniese gemors nie. Geen gekyk na geweld in hierdie Huis meer nie!”

Dit is jammer dat die meeste Christene dit nie meer afsit nie. Hulle word afgestomp daarvoor. Dit is waarom so baie van God se kinders onsensitief word vir die stem van die Heilige Gees – hulle voel nie langer die Gees se droefheid oor geweld en wreedheid nie.

Kan dit wees dat die gees van Sodom ons reeds oorval en verblind het – ons aan die slaap gesus het sodat ons nie daardie laaste uur voor die oordeel kan onderskei nie? Word ons afgestomp en hard daarteenoor?

Ons word meer en meer soos Bélsasar en sy skare, wat partytjie gehou en gedrink het dwarsdeur hulle laaste nag op aarde. Terwyl die Mede en die Perse onverhoeds ingesluip het om gewelddadig te plunder en te moor, het die koning en sy hof hulleself bedwelm met alkohol. Oordeel was voor hulle deur en hulle het dit nie geweet nie. Is ons ook so onbewus?

Het jy enige van die video-opnames gesien wat tans gemaak word deur rock groepe? Dit verskyn meestal op satelliet stasies en dit is ongelooflik. Dit is ‘n montering van siek geweld, sinneloosheid, bloedigheid, demoniese kostuums, vreemde en bisarre dade – in die hel self uitgebroei.

John Denver, die sanger, het in soveel woorde gewaarsku, “Besef mense nie wat gebeur nie? Besef hulle nie dit is alles geweld en skadelike woede nie? Waarom doen die Amerikaanse mense nie iets daaromtrent nie? Dit raak buite beheer.”

Ek vrees om te dink hoe dit sal wees ‘n paar jaar van nou af, wanneer al die kinders wat hulle verstand met al hierdie gewelddadige gesigte en klanke gevul het volwassenes word. Geweld word ‘n manier van lewe. Daar is ‘n gebrek aan die sin van reg en verkeerd – en daar is minder respek vir lewe. Dink aan waarmee ons kinders nou moet saamlewe – ‘n konstante spervuur van moord, verkragting, kindermishandeling, massamoorde, selfmoord en bose haat. Sonder God se barmhartigheid en genade, is die toekoms hopeloos.

‘n Profesie

Binnekort sal die geweld wat woed net onder die oppervlak, uitbreek in oproere en baie bloedvergieting. ‘n Verskriklike konfrontasie is onvermydelik tussen swartes en Jode. Die swart Moslem leier van Chicago wek swartmense se woede op en vra hulle om op te staan en Jode en witmense dood te maak. Hy dreig om ‘n Chicago joernalis te vermoor. Die pers lyk of hulle bang is om al hierdie dreigemente teë te staan.

Middag-sepies sal begin om geweld, punk-waardes, bloedskande, verkragting en moord uit te beeld. Dit sal nie langer gaan oor gebroke huwelike, ontrouheid en owerspel nie. In plaas daarvan, sal daar tonele wees van bloedvergieting, wrede moorde, gewelddadige verkragtings en messteke. Dit het reeds begin.

Tieners sal rinkink en uiting gee aan hulle opgekropte frustrasies. Lees jy nie al die berigte van kinders wat ouers doodmaak nie? En, in stede en dorpe dwarsdeur die land, pleeg ons kinders selfmoord met onstellende getalle.

Ek waarsku nou al vir ‘n geruime tyd oor hierdie gou-aan-die-kom uitbraak van geweld, oproere en plundery. My waarskuwings lyk asof dit op dowe ore val. Maar onthou wat ek gesê het – ons is op die punt om ‘n ontploffing van verskriklike geweld te sien soos nooit te vore beleef in hierdie land nie. Menigtes goddelose Amerikaners sal oorgegee word aan ‘n gees van geweld en sal gedryf word na wilde losbandigheid.

Die beker van ongeregtigheid is vol. Die volle vlam van geweld sal dit laat oorloop – en God forseer om oordeel te stuur, voor Satan die samelewing vernietig. God sal nie toelaat dat Satan totale anargie oor die wêreld bring totdat die oordeel bepaal is nie.

Prys God vir vredevolle heiliges

In my droom het ek ‘n leër, wat geweier het om uit gelid te gaan, gesien – want te midde van al die goddeloosheid en wrede geweld, was hulle ongesteurd. Hulle het afgegaan deur die lewende waters van lof en aanbidding en het aan die ander kant van die river uitgekom met volmaakte rus en vrede. Hulle is die verlostes van die Here wat ‘n vrede gegee is wat alle verstand te bowe gaan.

“Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede” (Psalm 37:11).

Joël het ‘n leër gesien van helde. Hy het gesê, “Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie” (Joël 2:7).

God se kinders sal nie uit gelid tree nie, en ook nie vlug van vrees nie, omdat hulle weet hulle is veilig onder die kosbare bloed van die Lam. Hulle weet dat ten spyte van al die geweld en toorn van die mens, is die liggaam van Christus op aarde in uitstekende gesondheid en word sterker by die dag.

Terwyl alles wat aards is, geskud word en wêreldregerings buite beheer tol, is die ware kerk van Christus solied en onwrikbaar.

Die spook van verwoestende geweld en potensiële verwoesting het die mensdom beroof van sy vrede en veiligheid – terwyl God terselfdertyd Sy kinders bring na hulle grootste uur van rus en veiligheid. Terwyl die goddelose roep om vrede en veiligheid en dit nooit vind nie – neem God se uitverkorenes nou groot rus en volkome veiligheid in besit.

God se kinders wat in Hom rus, kan saam met Dawid die psalmis sê –

“As die HERE nie vir ons was nie — laat Israel dit sê — as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; dan het die waters ons oorstroom, ’n stroom het oor ons siel gegaan; dan het die trotse waters oor ons siel gegaan. Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! Ons siel het vrygeraak soos ’n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het” (Psalm 124).

Pasop!

Terwyl ons die daaglikse nuus, gevul met gruwels en geweld sien en hoor, moenie vir een oomblik toelaat dat dit jou visie bederf van ‘n glorieryke kerk wat opstaan te midde van die puin en verwarring nie – om heerskappy en gesag te neem.

‘n Heilige, vergeefde, geruste liggaam, wat vashou aan Christus die hoof, dag vir dag, word al duideliker geopenbaar. Dit kom baie duidelik tevoorskyn, hierdie seëvierende liggaam, strek sy geestelike spiere en dreig die magte van Satan.

Die prognose van die liggaam van Christus is ontsaglik glorieryk! Niks wat hierdie goddelose wêreld doen, kan dit skade doen of sy bestemming verander nie. Die liggaam van Christus word sterker ten spyte van al die geweld en verdorwenheid. Sy liggaam het ‘n geskiedenis van sy eie en is afgesonder van alles wat in en uit die wêreld is.

Jy hoef nie baie waarde te heg aan my droom nie, maar jy moet God se boodskap hoor aangaande die naderende oordeel. Ons is geroep om te waak en te bid, sodat ons nie in hedendaagse versoekings val nie. Wees waaksaam, oplettend en hou op kyk na alle geweld. Maar juig steeds – wees bly in die Here dat Hy ‘n volk het wat toeneem in heiligheid en liefde – onaangeraak en nie beïnvloed deur die gewelddadige gees van hierdie eeu nie. Die gewelddadige poorte van die hel sal nooit oorwin teen die liggaam van Jesus Christus – Sy opgestane kerk nie.

Download PDF

DAILY ENCOURAGEMENT IN YOUR INBOX

Sign up now to receive our Daily Devotional or E-newsletter.

SUBSCRIBE