Die Skrif verskaf eindelose voorbeelde van hoe die Here se teenwoordigheid sy kinders in staat stel om vir Hom te lewe. Een van die kragtigste voorbeelde is die lewe van Moses.
Sonder God se teenwoordigheid, het Moses geweet dit was vir hom nutteloos om enigiets aan te pak. Toe hy van aangesig tot aangesig met die Here gepraat het, het hy met vrymoedigheid gesê, “As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie” (Exodus 33:15). Hy het bedoel, “Here, as U nie met ons is nie, gaan ons dit nie maak nie. Ons sal nie ‘n enkele tree gee, tensy ons verseker is van u teenwoordigheid nie.”
Moses het geweet dat dit God se teenwoordigheid onder hulle was wat hulle onderskei het van alle ander nasies. Vandag, is net so waar vir God se kinders. Die enigste ding wat ons onderskei van ongelowiges, is God se teenwoordigheid “met ons,” wat ons lei, rigting gee en sy wil in en deur ons werk.
Moses se gesindheid was, “Ons pas een beginsel toe. Die enigste manier vir ons om gelei en regeer te word, om oorlog te voer en te oorleef in hierdie tye, is om God se teenwoordigheid met ons te hê. Wanneer sy teenwoordigheid in ons midde is, kan niemand ons vernietig nie. Maar sonder Hom, is ons hulpeloos en gereduseer tot niks. Laat al die nasies van die wêreld maar vertrou op hulle magtige leërs, op hulle ysterwaens en bekwame soldate. Ons sal op die geopenbaarde teenwoordigheid van die Here vertrou.”
God het aan Moses ‘n belofte gegee: Ek sal “self meegaan om jou die rusplek te verskaf” (33:14). Die Hebreeuse woord vir “rusplek” beteken hier “’n vertroostende, vredevolle vertroue.” God het in wese gesê, “Dit maak nie saak watter stryd of beproewings jy beleef nie, jy sal altyd ‘n kalm rustigheid en vertroue in My kan vind.”
Beskou die volgende voorbeelde:
Hierdie Ou Tesamentiese verhale is nie net dooie-letter stories nie. Dit is bedoel om ons aan te moedig om God vir sy teenwoordigheid in ons eie lewens te vertrou. Soos Abraham, Gideon en die ander, het ons ook ‘n kragtige getuienis van wat God se teenwoordigheid vir ons gedoen het: ons treë gelei, deure oopgemaak, struikelblokke verwyder en bekommernisse en vrese laat verdwyn.
Beskou Koning Asa. Hierdie man het God se mense in ‘n wonderbaarlike oorwinning oor die Kusiete (Etiopië) se miljoen-manskap leër gelei. Daarna het hy getuig dat dit God se teenwoordigheid was wat die vyand laat spaander het: “HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom.... En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug” (2 Kronieke 14:11-12).
Toe Asa sy triomfantlike leër teruggelei het na Jerusalem, het die profeet Asárja hom by die stad se hek ontmoet en vir hom hierdie boodskap gegee: “Toe het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom; en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa... Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder ‘n lerende priester en sonder wet. Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind” (2 Kronieke 15:1-4).
God het vir Asa die geheim vertel van hoe om die teenwoordigheid van God in jou lewe te vind en te handhaaf: “Moet nooit vergeet hoe jy hierdie oorwinning behaal het nie. Toe jy in die moeilikheid was, het jy My met jou hele hart gesoek en Ek het my teenwoordigheid na jou gestuur. Onthou, dit was my teenwoordigheid wat jou die oorwinning laat behaal het.”
Wanneer God se teenwoordigheid egter nie daar is nie, is alles buite orde, met geen wet, leiding of regverdige onderwysing nie. Elkeen maak sy eie wette en doen sy eie ding. Wat ‘n toonbeeld van soveel Christelike huise vandag: alles is buite beheer, met geen rus of vrede nie en almal doen wat hulle ook al wil. In sy genade, is die Here bedroef oor sulke wanorde.
Dit hoef egter nie so te wees nie. God se beloftes is onveranderlik en sy Woord belowe, “As jy sal aanhou om My te soek vir die res van jou lewe, sal Ek met jou wees. Wanneer jy om hulp roep, sal Ek My deur jou laat vind.”
Dit is nie een of ander ingewikkelde teologie nie. Enigeen kan die blywende teenwoordigheid van God hê as hy of sy bloot in geloof sal uitroep. Ons word belowe, “Die HERE...sal Hom deur julle laat vind” (15:2).
Hier is hoe God sy dienaar geantwoord het: Hy sou “self meegaan om die rusplek te verskaf” (Exodus 33:14).
Moses se versoek sou genoeg wees vir die meeste Christene. Wie onder ons wil nie God se beloofde rus en vrede hê nie? Wat meer sou enigiemand begeer? Om egter die versekering van God se teenwoordigheid te hê, was vir Moses nie genoeg nie. Hy het geweet dat daar meer was en hy het uitgeroep, “Laat my tog U heerlikheid sien” (33:18).
God het aan Moses sy heerlikheid getoon. Sy heerlikheid het nie in een of ander helder wolk of aardskuddende demonstrasie van krag verskyn nie. In plaas daarvan, het God sy heerlikheid uitgedruk met ‘n eenvoudige openbaring van sy natuur: “En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en sonde vergewe” (34:6-7). Sien jy? God se heerlikheid was ‘n openbaring van sy goedheid, genade, liefde en deernis.
Sommige mag stry, “Maar wat van die dissiples se fenominale ervaring op die Berg van Verheerliking? Was dit nie ‘n openbaring van God se heerlikheid nie? Daar was ‘n oorweldigende lig en die wonderbaarlike verskyning van Moses en Elía.”
Op daardie ontsagwekkende oomblik, was God se heerlikheid nie in Moses of Elía of die skouspelagtige lig nie. Liewer, sy stralende heerlikheid, was in Jesus: “En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig...meteens...sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!” (Matthéüs 17:2, 5).
Hier word God se heerlikheid verpersoonlik in Christus. Jesus is die openbaring van alles wat God aan Moses gesê het Hy was: genadig en lankmoedig, groot van goedertierenheid en trou, barmhartig aan duisende en vergewe sonde. Op die Berg van Verheerliking, het God ‘n lewende beeld van sy eie heerlikheid geopenbaar: “Dit is nou alles vergestalt in my Seun.”
Geliefde, God wil jou oë oopmaak vir die “rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges” (Efésiërs 1:18). Dit beteken eenvoudig dat die heerlikheid wat aan Moses geopenbaar is, vergestalt is in God se Seun. En nou is Christus aan ons gegee as ons erfdeel. “Want in Hom woon al die volheid van God liggaamlik” (Kolossense 2:9).
Ons vind dit slegs as ons met biddende vertroue na God se Woord gaan. Paulus sê, soos ons toelaat dat die Skrif met toenemende openbaring van Jesus se heerlikheid op ons skyn, sal ons verander word: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Korinthiërs 3:18).
Hierdie openbaring van Christus se heerlikheid sal ‘n bewarende krag vir ons lewens voorsien: “Want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees” (Jesaja 4:5). Met ander woorde, sy heerlikheid sal ons die hemelse dinge laat bedink selfs in ons moeilikste uur.
Soos jy voortdurend aan hierdie openbaring dink en gemeenskap met Hom het, sal jy meer en meer soos Jesus word. En as jy sy liefde en genade beleef, sal jy meer en meer op Hom vertrou om jou deur alle beproewings te dra. Sy Woord maak dit duidelik: “Want die HERE – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is” (2 Kronieke 16:9).
Soek Hom met jou hele hart en begeer sy teenwoordigheid in jou daaglikse lewe. Dan sal jy sy wonderlike heerlikheid ken en ervaar. Jesus sal met jou wees in al jou probleme. Hy juig oor jou. Jy gaan dit maak dierbare oorwinnaar. God het jou lief en sal jou in sy teenwoordigheid bewaar. Amen.