Die Vader se Hart in ‘n Verwonde Geslag | World Challenge

Die Vader se Hart in ‘n Verwonde Geslag

Gary WilkersonJuly 16, 2018

Op die huidige oomblik, bereik ‘n geslag volwassenheid – en hulle is desperaat verwond. Hierdie jongmanne en -vroue wat grootgeword het met wat ek noem weeskindharte. Hulle voel hulle het geen rigting in die lewe nie. Hulle voel nie die sorgsame toesig wat kom van ‘n liefdevolle hemelse Vader nie. En hulle keer die rug heeltemal op die Christen boodskap.

Dit mag wees omdat hulle vaderloos of moederloos grootgeword het. Miskien het ‘n ouer hulle fisies verlaat. Of miskien was ‘n ouer emosioneel afsydig. Talle in hierdie verwonde geslag soek steeds na hoop in Jesus. Maar hulle kyk na hulle kerk en wonder, “Almal hier moet so geliefd voel. Hulle lig hulle hande vrylik op in aanbidding. Waarom voel ek nie dieselfde nie?”

Hulle wonde is diep – en hulle reageer gewoonlik op hierdie seer op een of twee maniere.

Die gevolge van misbruik en verwaarlosing is tragies. En die diep menslike reaksie op hierdie dinge is universeel. Mense mag bewe en terugtrek, hulleself blameer vir wat hulle beleef het, of hulle mag met woede uitvaar, sonder die vermoë om iemand te vertrou.

Jy ken waarskynlik Christene wat hierby kan aanklank vind. Wanneer ek hulle ontmoet, sien ek nie lafhartige mense of woedende, rebelse mense nie. Ek sien mense wat verwond is tot op die punt van swakheid. Hulle kompenseer vir wat nog nooit in hulle gesaai is nie. Selfs diegene wat geneig is om kwaad te wees as gevolg van ‘n gevoel van leegheid – ‘n innerlike oortuiging wat vir hulle sê, “Moenie dat hulle die ware jy sien nie, want jy is nie waardig nie. Jy is sleg, vreeslik, nie goed genoeg nie.” Dit laat die weeskindgees binne-in hulle bly voortbestaan.

Jesus adresseer dit direk in sy Bergpredikasie. Hy praat met ‘n angstige, verwonde geslag wanneer hy sê, “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle.

Is julle nie baie meer werd as hulle nie?... Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?” (Matthéüs 6:26,28-30, my beklemtoning).

 Watter ontsaglik nuus is dit vir enige geslag – maar veral vir ‘n verwonde een. Die hart van die gedeelte is Jesus se vraag: “Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” Dit is eintlik ‘n stelling – en dit sny dwarsdeur al die woede, spanning, angs, frustrasie en diep gevoel van mislukking.

Die laaste eienskap – ‘n gevoel van mislukking – is ‘n vesting binne-in menigtes van Christene.

Ons almal misluk en ons sal voortgaan om te misluk. Maar talle in Christus se liggaam dink aan hulleself as algehele mislukkings in alles. Hulle voel hulle kan nie enigiets reg doen of sê nie en hulle spandeer slapelose nagte deur hulleself te veroordeel. Wanneer hulle die volgende dag opstaan, is hulle vasbeslote om harder te probeer – maar dit maak dinge net erger, omdat hulle nooit by die plek van volmaaktheid aankom wat hulle hul voorgestel het nie.

Na ‘n rukkie, word hulle moeg in hulle wandel met Christus. Hulle dink iets permanent is verkeerd met hulle. En op die ou end word hulle aangetrek na harde boodskappe deur harde predikers wat vir hulle vertel wat hulle reeds van hulleself dink: “Jy beteken niks en God moet jou verander.”

Ek voel so sleg vir hierdie belaste gelowiges. As hulle herder, sien ek hulle by die kerk inkom elke week met die hoop dat God hulle op een of ander manier permanent sal regmaak. As ek van die kansel afkyk, sien ek die desperaatheid in hulle oë. Hulle het gehoop ek sou iets verkondig waaraan hulle kon vashou en wat hulle dalk kon genees van voortslepende mislukking.

Maar ek preek vir hulle, net soos ek vir almal oor dekades gepreek het: God is nie ‘n werktuigkundige nie. Dit is nie sy besigheid om ons reg te maak nie. En ons hoef nie “reggemaak te word” om sy seën te verdien nie. Hy het ons reeds geseën. Ek het tred verloor met die aantal mense wat ek al beraad het, “As ‘n Christen, werk jy vanaf ‘n plek van genade. Jy hoef nie genade te kry nie.”

Dit is die krag van Jesus se woorde in hierdie gedeelte. Hy sê vir ons, “Jy swoeg en sweet op ‘n manier waarop blomme nooit hoef te doen nie – maar God seën plante met skoonheid en lewe. Weet jy nie jy is oneindig kosbaarder in jou Vader se oë nie? Jy hoef nie bekommerd te wees en te strewe om Hom te behaag nie. Hy stel jou in staat om presies te wees wat Hy wil hê jy moet wees – omdat Hy jou liefhet.”

Toe Jesus na die Kruis gegaan het, was dit ‘n demonstrasie van sy groot liefde vir ons. Hy het in ons plek gestaan ten spyte van ons baie onvolmaakthede en mislukkings – net omdat ons vir Hom so kosbaar is.

Ek kan aanklank vind by die verwonde geslag.

Dwarsdeur my jonger dekades, was ek vasgevang in ‘n weeskindgees. As jy perongeluk op my tone getrap het, sou ek verskoning maak omdat ek my voet onder joune neergesit het.

Dit is nie dat ek my waarde in God se oë bevraagteken het nie. My ouers het altyd ‘n gevoel van bestemming in my ingepraat. “Jy gaan ‘n impak maak op die wêreld,” het hulle gesê. “God gaan jou gebruik om lewens aan te raak.” Hulle was wonderlik op daardie manier.

Maar ek het ook iets van hulle geërf wat bygedra het tot my weeskindgees. Ek het altyd die gevoel gekry ek kon meer doen as wat ek gedoen het. My vader was deel van ‘n geslag wat gevoel het daar was altyd nog ‘n preek om te preek, nog ‘n artikel om te skryf, nog ‘n mens om na Jesus te lei, nog ‘n getroude paartjie om te beraad. Hulle denkwyse was, “Ek is nie goed genoeg nie, totdat ek genoeg gedoen het.”

Dit het deurgesyfer na my – en dit het spanning in my veroorsaak. Dit het my jare geneem om te leer dat daar ‘n verskil is tussen deur om God gedrewe te wees en om deur God gelei te wees.

Paulus het die Galásiese Christene onder hierdie las sien werk. Hy het aan hulle geskryf om vir hulle te wys hoe anders God se weë is teenoor sy kinders: “Maar toe...het God sy Seun uitgestuur...om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus” (Galásiërs 4:4-7).

Wat ‘n pragtige kontras. Ons is nie slawe van enige stelsel of prestasie nie. In plaas daarvan, sê Paulus God het ons liefderyk na Homself getrek, soos sy “eie kind.” Plus, Paulus het ‘n woord vir “aanneem” hier gebruik wat twee betekenisse het. Een betekenis is streng wettig. Maar die ander beteken “om in plek te stel, om te veroorsaak om te behoort.” Ons hemelse Vader neem ons nie net wettig aan nie en betoon aan ons aanvaardig en goedkeuring nie. Hy gee vir ons sy aandag, sy liefde en selfs sy gesag. En Hy seën ons met sy eie natuur: “Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganglike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly” (1 Petrus 1:23).

Ek het eens ‘n belewenis gehad wat my dit alles laat verstaan het en verander het hoe ek Jesus – en myself – gesien het.

Hierdie belewenis het my lewe, my verhoudings en hoe ek die bediening benader, verander. Ek vertrou nie sogenaamde geestelike belewenisse wat nie gegrond is op God se Woord nie. Maar hierdie een was.

Verskeie jare gelede, het ek gehad wat ek noem ‘n “wakker droom.” Die enigste manier waarop ek dit kan beskryf, is om te sê dit was soos om ‘n droom te sien ontvou voor my sonder dat ek slaap.

In die droom, het op die balkon van ‘n pragtige huis gestaan, gemaak van manjifieke hout. Die lang vensters was gemaak van pragtige gekleurde glas en binnekant, naby die plafon, het ligte geglinster met ‘n natuurlike gloed. Ek het gedink, “Ek is nie in die troonkamer van genade nie, maar ek weet dit is ‘n hemelse plek.”

Onder my op die ruim plankvloer was ‘n blye byeenkoms van mense wat ‘n groot, weelderige feesmaal geniet het.

Anderkant die lang bankettafel, was ‘n wonderlike strykorkes besig om pragtige musiek te speel. Die mense het met hulle koppe geknik en het aanhou kyk in een rigting. Uiteindelik was ek in staat om te sien wat hulle aandag getrek het. Dit was Jesus – en Hy het gedans.

Sy bewegings was verstommend – kragtig, maar grasieus, die manier waarop ek my verbeel Koning Dawid voor die Here gedans het. Sy arms was uitgestrek en die bewegings wat Hy gemaak het, het krag, prag en gesag uitgestraal. Dit was ontsagwekkend.

Terwyl ek egter hierna gekyk het, het ‘n verskriklike gevoel in my opgekom. Ek het gedink, “Ek is alleen in hierdie plek. Ek pas nie in nie. Waarom kan ek nie deel hiervan wees nie?” Nors het ek met die trappe afgestrompel. Toe voel ek iemand my hand neem. Dit was Christus – en Hy het my opgelig en my voete op syne neergesit, die manier waarop ‘n vader sy klein kindjie sou neem. Hy het weer begin dans, en skielik het ek deel geword van die wonderlike bewegings wat Hy uitgevoer het. Ek was in die heel middel van sy blydskap – en dit was opwindend.

Ek was verwonderd oor wat gebeur het, die pure skoonheid en blydskap daarvan. Toe het Jesus na my gekyk en het glimlaggend gesê, “Gary, dit gaan nie oor jou nie. Dit gaan oor My.”

Daarmee, het alles verander. “Sjoe,” het ek besef. “Ek besef my hele lewe gaan oor U, Jesus. Dit gaan nie oor my probleme nie. Dit is ‘n dans – dit gaan oor U. Hierdie groot feesmaal gaan oor U. Hierdie lied gaan oor U. Ek verstaan nou. Alles waarna ek ooit gesoek het, is opgesluit in U.”

Op daardie oomblik, het my hele fokus verander. My gewaardeerdheid, my waarde, my gevoel van waarde was nie langer dinge wat ek wou najaag nie. Ek het dit in Christus gevind. En ek het besef, “Ek pas in! Ek kan dans! Ek kan eet en drink en volkome deel wees hiervan, want Hy hou my in Hom.”

Toe die lied geëindig het, het Jesus vir my beduie om Hom te volg na twee hout deure. Hy het dit oopgemaak op ‘n toneel gestippel met dorpies. “Jy kan nie net hier bly en dans nie,” het Christus vir my gesê. “Jy moet hulle gaan vertel van my liefde. Vertel hulle van my dans. Vertel vir hulle wat op hulle wag. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal by jou wees oral waar jy gaan,”

En Hy was by my. Terwyl ek na die dorpies gegaan het, het ek sy arms om my skouers gevoel, asof Hy my steeds in die dans vasgehou het. Ek het gedink, “Dit voel nie soos werk nie; dit is ‘n gawe. Die las wat ek voel vir hierdie dorpe trek my nie af nie; ek voel lig, omdat Jesus die las dra. Ek kan gaan waar Hy my ook al lei en doen wat Hy my ook al vra om te doen, want Hy is met my.”

Dit was slegs ‘n droom – maar sedert daardie tyd, het ek nooit ongewaardeerd gevoel in my wandel met die Here nie.

Ek neem die risiko om hierdie belewenis met jou te deel, want ek weet daar is baie Christene soos ek. Die weeskindgees is vandag heersend regdeur die verwonde geslag. Dit affekteer sommige van die ernstigste, toegewyde Christene. Maar God het ‘n ander weg vir sy kinders gemaak. Hy wil vir jou wys hoe kosbaar jy vir Hom is, hoe sterk jy aan sy familie behoort. Hy het jou ‘n erfgenaam gemaak nie vir ‘n aardse las nie, maar vir ’n groot hemelse erfenis. Eis jou erfdeel op vandag en sluit by Jesus aan in ‘n groot dans van die lewe. Jy is sy kosbare skat!

Download PDF