Die Waarheid oor Verdorwenheid | World Challenge

Die Waarheid oor Verdorwenheid

David WilkersonDecember 1, 1984

Ons het ‘n verdraaide beskouing van wat verdorwenheid regtig is. Nie baie Christene verstaan God se definisie van verdorwenheid nie, en min gelowiges sal erken hulle is daaraan skuldig.

Ons beskou sondaars as verdorwe. Volgens ons teologie is verdorwenheid alkohol en dwelmmisbruik, owerspel en hoerery, bedrog en dobbelary, losbandigheid, homoseksualiteit, moord, verkragting, bloedskande en ander soortgelyke dade. Ons het verdorwenheid laat neerkom op wilde passies en lewensbeherende begeertes.

Ons verstaan nie hoe God na verdorwenheid kyk nie. Sy definisie van verdorwenheid gaan baie dieper as die begeertes en passies van die vlees. Israel, ‘n uitverkore volk, was in der waarheid beskuldig deur God van verdorwenheid wat erger was as dié van hulle vyande.

Israel het een oggend wakker geword en brandoffers gebring aan ‘n goue kalf. Terwyl hulle geëet, gedrink en gespeel het, het die Here vir Moses gesê, “Gaan heen, klim af want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel” (Exodus 32:7).

Wat ‘n ernstige aanklag van ‘n almagtige God. “Hulle het verderflik gehandel.” Wat het hulle gedoen om so ‘n ernstige bestraffing te verdien? Was dit hulle besopenheid, hulle seksuele begeertes, hulle naaktheid, hulle ligsinnigheid en speelsheid tydens plegtige tye? Dit was dieper, baie dieper as dit alles.

Die verdorwenheid van Israel was so groot in die oë van die Here, dat Hy gedreig het om hulle op die daad te verteer. “Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is ‘n hardnekkige volk. Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ‘n groot nasie maak” (Exodus 32:9,10).

Hulle was ‘n paar weke tevore pas verlos ‘n uit die kloue van Farao en sy leërmagte. Hulle het in verwondering gestaan aan die woestynkant van die Rooi See en die Here se lof besing. Hulle het hierdie lied gesing, “Hy is hoog verhewe...Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword...u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand” (Exodus 15).

Nou was hulle verderflik en op die punt om uitgewis te word deur ‘n toornige God. As dit wat hier geskryf is ‘n voorbeeld is vir ons om te leer, ‘n patroon of tipe vir ons teregwysing – beter ons die Heilige Gees vra om vir ons die lesse ook te leer. God se Woord waarsku ons, “Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie” (Hebreërs 4:11).

Laat ons uit Israel se mislukking die waarheid leer oor verdorwenheid. Laat ons dit van God se kant af probeer insien en die waarheid in die oë kyk dat ons moontlik net so skuldig is aan verdorwenheid as wat Israel was toe hulle rondom die goue kalf gedans het.

Verdorwenheid is:

1. OM VERTROUE IN DIE HERE TE VERWERP AS GEVOLG VAN VERTRAGINGS!

“Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie” (Exodus 32:1).

Watter ontsaglike blindheid en dwaasheid! Op die berg, was die hele hemel in beweging om wonderlike planne te maak vir hulle toekoms. ‘n Wet was gegee om hulle af te skei van alle ander op aarde. ‘n Tabernakel was aan Moses onthul waarna God self sou neerdaal en in hulle midde bly. God was op die punt om vir hulle ‘n heerlike erfenis te gee en hulle by ‘n plek van vrede, rus en oorvloed te bring. Hulle vyande sou verslaan en uitgewis word. Vestings sou val. Reuse sou verslaan word; daar sou silwer basuine en ‘n wolk in die dag en vuur in die nag wees, alles vir hulle volmaakte leiding. Die Godheid self was gefokus op hulle teenwoordige behoeftes en hulle toekomstige seëninge.

Kyk egter na daardie dwase, hardkoppige uitverkore volk wat heen en weer rondhardloop en kla oor vertragings! Luister na hulle dwase praatjies, “God het genoeg tyd gehad om dinge te laat gebeur. Daar is geen bewyse van Sy toorn of goedheid nie – net stilte. Watter soort God sou ons verlaat in ons eensaamheid en vrees, sonder ‘n woord van leiding? Genoeg van wag! Genoeg van stilte! Genoeg van vertragings! Laat ons optree.”

Hulle het doelbewus vergeet van al die bonatuurlike dinge wat God vir hulle in die verlede gedoen het. Dit het nie langer vir hulle saak gemaak dat God sy heerlikheid aan hulle geopenbaar het voor die hele Egipte met bonatuurlike plae nie. Hulle het so gou vergeet van die Rooi See wonderwerke. Hulle het vergeet van die water van Mara wat soet geword het en die brood van engele wat hulle elke oggend bymekaargemaak het. Nie een die donderende stem van God by Sinai het saak gemaak nie. Hulle was nou onder ‘n towerspreuk van ONGELOOF! Niks kon hulle skud uit hulle oortuiging dat God nie langer geïnteresseerd was in hulle nie; dat Hy dinge uitgestel het omdat Hy nie regtig was wie Hy gesê het Hy was nie – die groot EK IS!

Daarom het hulle hul elders gewend. Hulle het hulle gewend tot ‘n wisselvallige man wat sou doen wat hulle gevra het en vir hulle sou sê het wat hulle wou hoor. Hulle het God eenkant toe geskuif en self aangegaan. Alle vrees van God was weg – en al wat nou saak gemaak het, was om gou te maak en iets te maak wat hulle kon sien en aanraak. Hulle menslike kant het gesmeek vir bewyse – iets om hulle innerlike verlange na aksie te tevrede te stel.

Ons vind dit amper onmoontlik kom te glo dat ‘n volk, wat so onlangs God se donderende stem gehoor het en bonatuurlike kos uit die hemel geëet het, offers kon bring aan ‘n lewelose goue kalf. Was hulle so dom om uit te roep, “Dit is die God wat ons uitgebring het uit Egipte”?

Is dit moontlik dat sulke ongelooflike blindheid die vloek is wat oor diegene kom wat van God af wegdraai om hulp en leiding van menslike hulpbronne te soek? Miskien verklaar dit die eksplosiewe groei van kultusse in hierdie land – dit is die vloek van blindheid oor die massas wat hulle vertroue in God verwerp.

Ons word net so verderflik soos Israel wanneer ons moeg raak vir vertragings en ons na ander hulpbronne wend vir krag en leiding. Net soos die kinders van Israel, vergeet ons al die vorige seëning en genade wat God op ons uitgestort het. Ons vergeet die talle kere wat Hy ons verlos het uit die strik van die vyand. Ons vergeet die talle kere wat Hy met ons in die binnekamer gepraat het, en hoe Hy belowe het om ons te lei selfs tot die dood.

Wanneer ons ly, wanneer ons eensaam is, wanneer ons bang is, wanneer ons so oorweldig is deur omstandighede buite ons beheer – keer ons gou ons rug op ons ware bron van vrede en oorwinning en wend ons tot menslike maniere en hulpbronne.

In plaas daarvan ons om te vlug na ons geheime binnekamer om ons harte uit te stort voor die Here van die heerlikheid, hardloop ons na die telefoon om hulp te soek by ‘n vriend. Ons ontlaai ons harte voor herders, beraders, familielede en selfs vreemdelinge. Ons soek oral vir simpatieke raad of hulp. Ons sal onsself aan die slaap huil en kwyn in verskriklike vlae van eensaamheid. Ons sal kerm en God beskuldig dat Hy dinge vertraag of nie ons hulpgeroep hoor of verhoor nie. Ons sal enige plek heen reis in ‘n poging om die innerlike wanhoop te ontvlug.

Hoe tragies! Omdat ons weet waar die oorwinning lê. Ons weet God is steeds op die troon en wag vir ons om tot Hom te bid. Ons weet die antwoord op al ons behoeftes word alleen by God gevind, afgesonder met Hom. Ons sal selfs teenoor ons geestelike vriende bely, “Ek weet ek moet bid! Ek weet God het die antwoord! Ek weet ek moet dit alles uit huil in Sy teenwoordigheid! Ek weet Hy kan vir my nuwe krag en moed gee. Hy kan my eensame hart genees; Hy kan elke verlange tevrede stel; Hy kan die begeertes van my hart in vervulling bring!” Al weet ons dit alles – en erken dit self – lyk dit asof ons onder ‘n towerspreuk van twyfel, rusteloosheid en geestelike bewusteloosheid is. Iets lyk of dit ons terughou. Dit word die moeilikste ding om te doen – om onsself te dissiplineer om alleen af te sonder met God en Sy Woord, en om Sy troon te nader om genade te vind in ons tyd van nood.

Dit is verdorwenheid van die ergste soort om toe te gee aan vrees en wanhoop terwyl ons die majesteit en getrouheid van ‘n liefdevolle Vader ignoreer. Hier is die verdorwenheid! God het vir Israel gesê, “Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het...Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën” (Exodus 20:22,24). Maar Israel het geantwoord: “God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie...Waarin het U ons liefgehad?” (Psalm 10:11, Maleági 1:2). “Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die HERE het my vergeet” (Jesaja 49:14).

Is jy ‘n verdorwe Christen? Jy is as jy die Here se majestieuse beloftes ignoreer en twyfel dat Hy bedoel wat Hy sê! Hy het belowe, “Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ek jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor my” (Jesaja 49:15-16).

Jy is verdorwe as jy voortgaan om onnodige laste van skuld, vrees, eensaamheid, angs en onrus dra – bloot omdat jy weier om te rus in die Here se groot en kosbare beloftes.

God terg nie Sy kinders wanneer Hy belowe, “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meerwerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Romeine 8:28).

Lieg God wanneer Hy belowe, “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (Psalm 34:16,18).

Wanneer ons in die moeilikheid beland en uitroep tot God om genade en hulp, beweeg die hele hemel om ons onthalwe. Dit sou ‘n ontsaglike gesig vir ons menslike oë gewees het as die Here ons sou laat sien in die geestelike wêreld om te sien hoe Hy alles ten goede laat meewerk vir almal wat Hom aanroep en Hom vertrou. Maar omdat ons nie geduld het nie; omdat ons volgens ons gevoelens lewe en optree; omdat ons vlees nie vertragings kan verdra nie; omdat ons nie sigbare bewyse sien van die verborge werkinge van God nie – maak ons soos Israel en word afvallig van Hom sodat ons dinge kan laat gebeur om ons vlees te behaag.

Ons handel verderflik in die oë van God deur emosioneel ineen te stort, reg voor Sy heilige troon, ten spyte van al Sy beloofde liefde en sorg. Dit is ‘n klap in God se gesig om in die putte van wanhoop en eensaamheid te talm, wanneer ons Hom moet aanroep en onuitspreeklike blydskap en vrede in die Heilige Gees toeëien. Ons voortdurende hartseer, murmurering en ignorering van HOm, is ‘n verdorwe stelling wat ons teenoor die hemel en die hele mensdom maak wat sê, “Ek is eensaam, hartseer, verslaan, en wanhopig want ek glo nie God het my lief nie en ek aanvaar nie Sy beloftes as waarheid nie. Ek kan nie wag vir God op om te tree nie, want my menslike kant het verligting nóú nodig. Ek kan nie vertragings hanteer nie – met of sonder God!”

Verdorwenheid is:

2. OM KAAL VOOR JOU VYANDE TE STAAN!

“Toe Moses sien dat die volk bandeloos was – want Aäron het hulle bandeloos (kaal) laat word tot leedvermaak van onder hulle teëstanders – het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vir die HERE is, kom na my toe” (Exodus 32:25,26).

Die Hebreeuse woord wat hier gebruik word vir bandeloos is “PARA,” wat beteken, “Om los te maak, naak te word, te laat gaan.” Dit dui ook op “’n nuwe begin.”

‘n Hedendaagse bier advertensie vermaan ons geslag om “los te raak vanaand.” Dit beteken bloot om al jou sedelike inhibisies oor boord te gooi, om los te skud van alle wette en jouself te begin behaag. Doen jou eie ding – doen wat jou ook al gelukkig maak.

Die blote uittrek van hulle klere was nie verdorwenheid nie. Dit was die teken, die boodskap wat hulle aan heidense toeskouers gestuur het. Kan jy jou voorstel die Amalekiete op die omliggende berge afkyk na hierdie vreemde toneel? Hierdie vyande wat eens gesidder toe hulle gesien het hoe God onder hulle werk, het nou gelag en gespot - “Kyk na hulle, hulle is net soos ons! Hulle God het geen krag nie – hulle vertrou Hom nie eens nie! Hulle verwerp al hulle streng weë; hulle wil begeer en partytjie hou en speel net soos die res van ons. Kamtige heiligheid - watter skynheiligheid!”

In daardie een daad van naaktheid, het Israel hulle God verkleineer in die oë van die goddelose! Hulle het die Here laat lyk of Hy harteloos, wreed, onbesorg en hulpeloos was. Hulle het Sy eer, Sy majesteit van ‘n almagtige God beswadder; hulle was nie langer bewonder of gevrees of gerespekteer nie.

Hulle het hulle wapenrusting afgehaal en partytjie gehou! Hulle het God se plan vir hulle redding in gedrang gebring. Hulle het in wese vir die wêreld gesê, “Ons wil nie meer teen vyande veg nie! Ons wil nie weerstand bied nie! Ons het genoeg gehad van verwerping, van offers bring, van toekomstige hoop en veraf seëninge. Ons wil nóú lewe! Ons wil onsself geniet! Ons wil die goeie tye nou laat inrol.”

Die verdorwenheid was die volgende – Dit sou vir hulle ‘n nuwe begin wees. Geen gevegte meer nie! As hulle in ‘n harde, wrede wildernis sou moes bestaan, sou hulle die stryd laat vaar en die beste daarvan maak wat hulle kon, op hulle eie.

Daar is menigtes naakte Christene in die kerk vandag! Hulle is moeg vir die stryd, moeg van die swaarkry, die lang vertragings, die eensame tye, die pyn en lyding. Hulle het geen vrees van God voor hulle oë nie. Hulle praat asof God hulle verlaat het. Hulle smag na ‘n lekker tyd, bietjie pret, geluk, lag, en ‘n losmaak van die stryd.

Hulle het die hele wanpenrusting van God neergelê. Hulle het die skoene van die evangelie van vrede uitgeskop. Hulle het vas besluit dat hulle net sowel die beste van hulle hartseer situasie kan maak en ‘n bietjie pret te maak. Hulle het weggedraai van die Here se beloftes; hulle het die binnekamer van gebed en die krag van God verwerp; hulle het God se Woord opsy geskuif; hulle het die kerk verlaat; en hulle het begin om weg te dwaal na ‘n selfgesentreerde najaag van geluk en pret.

Deesdae luister ek na die jammerlike pleidooie van bedienaars, hulle vroue en gemeentelede regdeur die land wat my vir berading skakel. Om hulle te hoor praat sou ‘n mens laat dink God was ‘n tiran; dat gebed nie werk nie; dat geloof nutteloos is; dat Christene net splinters hout is wat hulpeloos ronddryf in ‘n onstuimige see. Hulle het hulle vertroue in God verloor! Hulle lewe in vrees en twyfel en dink God het hulle verlaat om dinge vir hulleself uit te werk. Hulle het vergeet dat God hulle geroep het om Hom te verteenwoordig voor ‘n verlore mensdom.

Dit is die ergste soort verdorwenheid – om oë  en ore en harte te sluit vir al God se beloftes en om te lewe en op te tree asof Hy dood was, of ten miste onbesorg. Dit kom hierop neer – verdorwenheid is om God se getrouheid verkeerd voor te stel aan die wêreld deur ons twyfelende woorde en dade van ongeloof.

Daar is so baie naaktheid nou onder Christen hoërskool en kollege studente! Ek is ontsteld deur wat ek sien en hoor van Christen studente wanneer ek op hulle kampusse praat. Sulke geestelike naaktheid – so ‘n verwerping van ou waardes, so ‘n verlange na pret en plesier.  

Dank God vir daardie studente wat groei in die vrees en kennis van ons geseënde Here. En, God het belowe om ‘n muur van vuur te hou rondom almal wat Hom vertrou. Maar die afvalligheid – die ongeloof veroorsaak geestelike verwoesting vir baie. Die lewendige geloof in God, die jeugdige ywer, die honger en dors na geregtigheid – dit vervaag van hulle af weg.

Daar is verskriklike gebrek aan leiding. Daar is ‘n onheilspellende vrees vir die toekoms op ‘n manier nog nooit in die verlede gesien nie. Min kan sê, “God praat met my.” Selfs nog minder kan sê, “Ek praat met God!” Hulle lewens is dikwels ‘n wanvoorstelling van God.

Gebed en God soek, is amper onbekend aan talle studente. Omdat so baie op emosies lewe, ken of ervaar hulle nie die rus in God nie. Hulle word verdorwe – nie net weens sedes wat agteruitgaan nie, maar omdat hulle nie ‘n diep vertroue in die Here ontdek of gekweek het nie. Daar is nie ‘n rotsvaste lojaliteit nie. Daar is in plaas daavan, ‘n gevoel dat hulle vir die oomblik moet lewe en die beste moet doen met wat hulle het.

So draai hulle van die Gees van God af weg na die musiek van die wêreld; na sy manier; na sy kleredrag; na sy partytjie en lighartigheid en bietjie vir bietjie het hulle die geestelike wapenrusting wat hulle gehad het, afgegooi.

Ek glo Satan se belangrikste dryfveer in hierdie laaste dae is om die hele Christelike jeugbevolking te verdorwe. Hy is vasbeslote om hulle vertroue in God se sorg vir hulle te verpletter. Hy wil hulle oortuig dat geloof en gebed nie meer effektief is in hierdie eeu van wetenskap nie. Ek vrees nie dwelms, seks of alkohol soveel as wat ek die verdorwenheid van geloof en vertroue in God se leiding en teenwoordigheid vrees nie.

Die kerk moet op sy knieë neerval en tot God uitroep vir ‘n ontwaking van geloof en vertroue in die Here onder ons studente. As ons dit nie doen nie, en hierdie neiging duur voort, sal sommige van ons Christen kolleges die mees verdorwe plekke op aarde word. Ek praat nou van die soort verdorwenheid wat God haat – die weggooi van kinderlike geloof en die vervanging met menslike hulpbronne. Laat ons voorbidding doen met God se mantel van geregtigheid – laat hulle nakend staan voor hulle moderne vyande van afvalligheid, humanisme en libertarianisme. Mag ons weereens die gekletter van wapenrusting hoor soos die Gees van God ons jeug wakker maak om terug te tree in die stryd teen die magte van die hel en oorlog te voer teen alle ongeloof en Gnostisisme.

Ek glo God het belowe om presies dit te doen! Hy gaan ‘n leërskare oprig in volle wapenrusting, vol geloof – vol vertroue en afhanklik van Hom – seëvierend oor al die demone en bose magte in hoë plekke! Halleluja!

3. IN TYE VAN VERDORWENHEID WORD DIE SWAKSTE DIKWELS DIE STERKSTE!

Toe “het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vir die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel” (Exodus 32:26).

Hier is die beeld:

Hoe sal God die verdorwenheid in Israel verpletter? Wie sal Hy kies kom Sy instrumente in ‘n tyd van ongeëwenaarde goddeloosheid wees? Sal engele neerdaal en regverdige oordeel uitvoer? Aäron en sy seuns het reeds verderflik gehandel – wie sal God nou oprig om voort te skyn as Sy soldate van heiligheid?

Van alle mense! Die seuns van Levi! Seuns van daarde moordenaar, wat saam met sy broer Simeon Jakob se familie laat stink het voor die heidene. Simeon en Levi het elkeen ‘n swaard geneem en Sigem doodgeslaan oor die verkragting van hulle suster Dina. Hulle het ook sy vader, Hemor doodgemaak, hulle skape, osse, donkies en rykdom gebuit – selfs hulle vroue en kinders.

O die weergalose genade van God – om die mees onwaardige, die swakste van hulle almal uit te kies – om Sy instrumente te wees.

“Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses” (Exodus 32:26,28).

Miskien was daar iets diep binne-in hulle wat gesê het, “Ons sal nie God faal soos ons vader nie! Ons sal nie oneer bring oor die naam van ons God nie!  Ons sal opstaan en ons stand by die Here inneem!”

Moses het hulle belowe, “God sal jou beloon as jy jou heilig en ‘n stand inneem onder jou familie, vriende en broers, En Hy het hulle beloon met ‘n semi-priesterlike orde genaamd die LEVIETE wat oorgegee is aan die diens van God se huis.

Om aan die Here se kant te wees, is om Sy swaard in jou hand te neem en dit te gebruik om die magte van ongeloof te bestry. Daardie Leviete, met swaard in die hand (Wat selfs geliefde vriende en familie doodgemaak het) is ‘n tipe van gelowige wat op God se Woord staan, wat dit gebruik as ‘n swaard om alle twyfel, vrese en ongeloof af te vernietig.

Dit beteken om getrou aan God en Sy Woord te staan maak nie saak wat die skare doen nie; maak nie saak hoe ongelowig vriende geword het nie; maak nie saak hoe wêrelds ons dierbare geliefdes is nie. Ons moet uitstap en verklaar, “Ek is aan die Here se kant! Ek kom teen alle aanvalle teen die majesteit en getrouheid van ons God! Ek sal alle vrese en twyfel oor die Here se getrouheid uitwerp! Ek sal heeltemal en finaal afreken met al die neigings tot wêreldse plesier en afgodery! Ek gee nie om of my ouers of vriende misluk het nie. Want ek, ek gaan my by die Here skaar.”

Die pratery in die laer van Israel die volgende dag was oor daardie seuns van Levi. Kan jy jou die pratery voorstel? Wat het met hulle gebeur? Wie sou kon weet het wat in hulle was? Watter ywer vir God! Watter vuur, watter geloof! Hulle het nie gelyk of hulle die soort was was so sterk in die Here kon word nie!”

God kies steeds die swakkes om Sy krag te toon. Treur jy oor swakheid? Voel jy so nietig, so broos en nutteloos vir God? Kyk jy na ander wat so sterk, so volmaak lyk in vergelyking met jouself was so sondig, so vervelig is om deur God gebruik te word in hierdie laaste dae? God soek nie geestelike reuse nie, maar slegs gewone heiliges met kinderlike geloof wat al hulle vertroue in die vlees verloor het.

God sal weereens die sterkes en die wyses verwar deur diegene wat swak en dwaas geag word as Sy instrumente te salf. Die Here sal diegene oorsien wat leun op die arm van die vlees – wat op hulle talente, hulle kennis, hulle agtergrond, hulle familie se reputasie vertrou. In plaas daarvan, sal Hy die gebrokenes, die swakkes en die moeës oprig. Hy sal op hulle stort ‘n gees van lof en ‘n doop van liefde. Hy sal hulle Sy grootheid, Sy getrouheid, Sy verbonde wys en hulle sal sterk in die Here word en in die krag van Sy groot sterkte.

Is daar ‘n gees binne-in jou wat jou dring tot ‘n nuwe en hoër stand in die Here? Is daar ‘n vuur van God aan die brand binne-in jou? Voel jy jy word getrek tot hernude geloof en vertroue in God? Wees dankbaar! Dit is die stem van jou Moses, Jesus Christus die Here,  wat jou roep om na Hom te kom en stand in te neem in hierdie goddelose tyd.

Gevolgtrekking:

God het hulle terugkeer na die vrees van die Here beloon. Hy het belowe –

“Kyk, Ek sluit ‘n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen” (Exodus 34:10).

Sy beloftes aan ons is selfs groter en kosbaarder – “o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in ‘n hut vir die twis van die tonge” (Psalm 31:19,20).

“Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God” (1 Korinthiërs 2:9,10).

Sal jy dit glo en toeëien – of jouself verderflik maak deur die waarheid te ignoreer en voort te gaan in vrees en ongeloof?

Verlossing word in daardie Naam gevind,

Kuur vir my droefheid en bekommernis;

‘n Helende salf vir elke wond;

Als, al wat ek wil hê is daar.

Download PDF

DAILY ENCOURAGEMENT IN YOUR INBOX

Sign up now to receive our Daily Devotional or E-newsletter.

SUBSCRIBE