Gaan Visvang | World Challenge

Gaan Visvang

David WilkersonSeptember 1, 1983

Ek wil met jou praat oor ‘n unieke ervaring wat gedeel word hoofsaaklik deur diegene wat smag daarna om dieper met Christus te gaan. Dit het te doen met ‘n ontsaglike geestelike teleurstelling wat gewoonlik periodes volg van vars salwing en goddelike openbaring. Slegs daardie manne en vroue van God wat ‘n unieke aanraking het van Hom, kan die dooiepunt en donker dieptes verstaan wat daarop volg.

Dit is die getuienis van geestelike reuse van alle tye, dat die ergste versoekings, die mees onderdrukkende oorloë – kort na die wonderlikste geestelike belewenisse volg.

Paulus se doring in die vlees het gekom na sy grootste openbaring – kort nadat hy opgevaar het na die derde hemel en dinge gesien het wat te wonderlik is om te beskryf.

Daniël het homself daarop ingestel om te bid, en in ‘n gees van voorbidding was hy wysheid en openbaring gegee. Opnuut gesalf met die Gees van Almagtige God, was hy in ‘n leeukuil gegooi.

Die drie Hebreeuse jongmanne het daartoe verbind om heilige, afgesonderde lewens te leef. Hulle het geestelik en fisiek wyser en meer verlig bo al hulle tydgenote geword. Dit het hulle in ‘n vuuroond laat beland. Hulle geestelike honger het gelei tot openbaring, wat op sy beurt ‘n selfs dieper geestelik toets meegebring het.

Christus self kon nie die onvermydelike toets ontvlug wat op groot salwing volg nie. Hy was na die woestyn gelei om versoek te word deur die duiwel onmiddellik nadat die Gees op Hom neergedaal het toe Hy uit die doopwaters gekom het. Hy het direk van openbaring na versoeking gegaan.

‘n Persoonlike ervaring

Ek het net onlangs ‘n amper onbeskryflike ervaring gehad. Dit het begin ongeveer 6 weke gelede by ‘n konferense in Dallas, Texas. By die slot van my boodskap aangaande die lyding van Christus, het die Gees van die Here oor my gekom op ‘n magtige manier, letterlik van my hele wese besit geneem en met my lippe het ek die Here Jesus begin loof. Slegs drie woorde was hier gespreek – “Heerlikheid, Eer en Lof.” Oor en oor, hoër en hoër, die woorde het uitgestroom soos ‘n bruisende rivier.

Ek was vinnig weggevoer deur daardie rivier van lof, en ek het gevoel hoe my geestelike mens die ouditorium verlaat. My lofprysing was nou een met dié van engele, van hemelse leërskare rondom die troon. Honderde mense het in stilte gesit toe ek in die kansel flougeval het. Hoewel my geestelike liggaam uitgestrek in daarie ouditorium gelê het, was my geestelike mens nie meer op hierdie aarde nie. Ek was by die aanbiddende leërskare naby God se troon. Watter vryheid het ek gevoel om Hom te loof en prys. Wat ‘n wonderlike lig – so warm en vertroostend.

Ek het gedink, “Dit moet wees wat heiliges van al die eeue gesien het van die hemele.” In die gees, het ek gejuig, voor Hom neerval en uitgeroep, “Heerlikheid, eer en lof. Waardig is die Lam.”

Ek kan nie daardie belewenis ten volle beskryf nie. Ek weet ek sal nooit weer dieselfde wees nie. In Sy teenwoordigheid was daar geen gedagte daaraan om Moses, of Abraham, of enige van die patriarge, of selfs Paulus te sien nie. Daar was geen begeerte om familie of vriende te soek nie. Ek het duidelik gesien daar sou geen troues wees nie. Ek het gesien hoe onbelangrik die vraag is, “Sal ons mekaar ken in die hemel?”

Nie een van daardie dinge het saak gemaak nie. Strate van goud, of herehuise, of selfs belonings was van geen belang nie. Christus was alles – alles-verterend, alles-vervullend, alles-bevredigend. Daar was geen plek vir meer nie. Geen aardse herinneringe nie. Geen menslike trekpleisters nie. In Sy teenwoordigheid is daar volheid van blydskap, by Sy regterhand is daar plesiere vir ewig. Dit was die openbaring van Christus in ewige heerlikheid wat so oorweldigend was. Waarlik in Hom is die volheid van die Godheid.

Ek het op daardie oomblik geweet dat die blydskap van ekstase van die hemel nie staties of gelykmatig is nie. Die vreugdes, die openbaring van wie Christus is, sal altyd ontvou, reg deur die ewigheid. Ons sal ‘n toenemende kapasiteit hê om Sy heerlikheid dwarsdeur die ewigheid te geniet – met nuwer en groter openbarings. Ons sal groei in die kennis van Hom, en daardie openbaring sal ons ‘n toenemde gevoel van blydskap en vrede gee. Daar is ‘n vrede wat waarlik alle verstand te bowe gaan.

Ek wou nie daardie heerlike toneel verlaat nie. My lofprysing het een met die ewige stemme van aanbidding geword – hoewel menigtes aanbid het, het dit geklink soos een groot en glorieryke stem. Dit was wonderlik! Ek het begin besef hoe min ons weet van die heerlikheid van lofprysing en hoe ons lofsange meng met die lofsange van alle heiliges van alle eeue – tot een heerlike, ewige koor.

En watter heerlike lig! Dit skyn deur alles! Christus straal, nie ligstrale nie, maar verspreide lig wat lewe, troos, blydskap en ‘n gevoel van nabyheid aan Hom bring.

Ek het geweet dat wat ek ervaar het, nie die gevolg was van enige persoonlike heiligheid of geestelike goedheid aan my kant nie. Dit was bloot God wat my desperate honger en my innerlike uitroep om Hom beter te leer ken, verhoor het – dit alleen het my toegelaat om net ‘n bietjie van Sy heerlikheid te smaak.

Toe ek wakker word en regop gaan sit het, was my vrou verlig. Mense het vir ‘n oomblik gedink en het ‘n hartaanval gehad. Maars sy was gerusgestel toe sy die heerlikheid van die Here op my gesig gesien het. Die nágloed was so kragtig, dat dit ‘n lang tyd geneem het voor ons ‘n woord met mekaar gepraat het.

Daardie nag het ek gedink ek kon nooit weer neerdaal in ‘n dal van wanhoop nie. Het ek nie ‘n glimps van Sy heerlikheid gehad nie? Was dit nie die grootste enkele openbaring van my hele lewe nie? Het ek nie my hart daarop ingestel om alle vleeslike weë te laat vaar en om al die pad met God te gaan nie? Sekerlik sou sommige dink so ‘n belewenis is emosioneel, te charismaties, of selfs onskriftuurlik. Maar niemand kan van my af wegneem wat ek beleef het nie – dit was te heilig en ontsagwekkend.

Dit was minder as ‘n week later dat ek die droogste ses weke van my lewe binnegegaan het. Dit het gelyk of ek van die hemele na folterende leegheid gegaan het. Nie dat ek eenkeer Sy liefde vir my in twyfel getrek het nie. My verlossing was nooit in die gedrang nie.

Ek het gedink ontsaglike groei sou volg. Ek sou toeneem in geestelike openbaring met rasse skrede. My honger vir Hom sou verhoor word deur toenemde goddelike wysheid en Bybelse openbaring. Die Skrif sou makliker oopgaan. Gebed sou heerliker wees. In plaas daarvan, het dit gevoel of die hemele vir my gesluit het. My gebedslewe het agteruitgegaan, en ‘n geestelike droogheid het ingesluip. Ek het gevoel asof ek gestuit was, asof ek geestelike grond verloor het. Een broer het vir my verduidelik dat my huidige teleurstelling God se manier was om my plat op die aarde te kry, en om alle verdere soortgelyke emosionele ervarings te vermy. Maar in my hart het ek geweet sy opmerkings het uit sy eie geestelike doodsheid gekom. Hy was letter perfek, maar geestelik bankrot.

God het sekerlik nie weggekruip nie, want Hy het beloof om ons nooit te verlaat of te begewe nie. Tog, het dit gelyk of Hy die stroom van geestelike energie gestop het. Maar diep binne-in my, kon ek ‘n doel in die beproewing ervaar. Ek het geweet ek het ‘n beproewing beleef wat algemeen is vir baie.

T. Austin-Sparks was ‘n vroom Engelse bedienaar wat ontsaglike openbarings insake die inwoning van Christus ontvang het. Hy is een van my gunsteling outeurs.

‘n Dierbare dame het hierdie week aan my geskryf en vertel hoe sy sy geskrifte ontdek het. Dit het haar so diep getref dat sy al haar besittings verkoop het en na London gegaan het om onder sy lering te sit. Sy het hom persoonlik hoor bely aan sy studente dat elke nuwe openbaring wat hy ontvang het van Christus se heerlikheid, gevolg was deur satanies aanvalle op sy geestelike liggaam. Hy sou verskriklike gastritis en maagpyne kry, slapelose nagte en uiterste eensaamheid beleef. Min van sy studente het besef die prys wat hy betaal het vir so ‘n diep openbaring.

In een van sy geskrifte genaamd SY GROOT LIEFDE, het Broeder Sparks ‘n paar van sy insigte oor die onderwerp gedeel. Hy het geskryf:

“Ons het baie te sê oor die volheid van Christus, die kerk wat Sy liggaam is, en van identifisering met Christus. Al hierdie groot waarhede is wonderlike konsepte. Maar wat ek vind is dat ons nog nie aan die einde van God se gedagtes gekom het nie. Ek is baie bly hieroor; maar dit is die pynlikste ding wat ons kan weet, dat ons nooit tot ‘n einde sal kom hier nie, en om na ‘n volgende stadium te gaan, sal iets met ons moet gebeur wat ons sal laat afkom tot op die laagste punt en ons reinig van alles wat voor ons uit gegaan het. Ons gaan deur ‘n nuwe ervaring van dood en verlatenheid en leegheid, van hopeloosheid, om by iets verder te kom in goddelike openbaring.

“Ons het gedink, ‘Nou het ons gekom by die volheid van God se gedagtes. Nou sien breedvoerig wat God wil hê is. Ons neem toe.’ Ons gaan daarmee aan vir ‘n rukkie en dit vul ons hele visie; en dan is alles asof dit niks was nie, en ons gaan deur ‘n verskriklike tyd. O, ja, dit was reg, dit was waar, maar dit was nie God se hele einde nie.

“My ervaring is dat deur presies so ‘n geskiedenis met God, van herhaaldelike verlating en leegmakings en gebrek, na wonderlike openbarings en tye wanneer jy voel daar kan nie iets meer wees nie, dat jy weer boontoe gebring word in iets verder, met jou visie vergroot.”

Petrus het gaan visvang

Die grootste openbaring wat die dissipels ooit sou ontvang, het gefokus op die opstanding van Jesus Christus. Dit was die eerste dag van die week, en die dissiples het weggekruip agter geslote deure uit vrees vir die Jode. Skielik, was Hy daar in volle opstaningsheerlikheid – triomferend oor die dood, die hel en die duiwel. Hy het vir hulle Sy hande, Sy voete en Sy deurboorde sy gewys. Toe het Hy oor hulle geblaas en gesê, “Ontvang die Heilige Gees.”

Watter heerlike waarhede het na vore gekom. Openbaring op openbaring. ‘n Nuwe salwing, ‘n nuwe sending om op uit te gaan in Sy Naam, krag om te bind en te ontbind, oorwinning oor die mag van sonde.

Dit was te veel vir die dissipels – veral vir Thomas. Hy het met passiewe wanhoop gereageer. Petrus het gesê, “Ek gaan visvang.” Ander dissipels het saam met hom gegaan.

Dit was asof Petrus niks meer te doen wou gehad het met die hoë prys van openbaring nie. Het hy nie reeds een toets gedruip nie? Van daardie trotse roem dat hy nooit sy Here sou verlaat nie, na die wanhoop van verloëning. Petrus kon dit nie alles inneem nie. Ek dink ek weet amper presies wat hy vir homself gesê het toe hy teruggegaan het na sy visnette – “Ek sal dit nooit maak nie, ek is te dom om te verstaan hoe God werk. Ek kan nie die kruis verstaan nie en hoe sal ek ooit Sy opstanding verstaan? Ek maak geen geestelike vooruitgang nie – na al die tyd wat ek saam met Hom deurgebring het, het ek so min verstaan. Laat hulle wat slimmer is as ek verder met Hom gaan. Ek sal Hom altyd liefhê, maar geen meer delwing in die diep gedagtes van Christus nie. Ek wil net my eie ding doen, op my eie stil manier.”

Op een of ander manier, reageer die meeste van ons op dieselfde manier waarvan ek praat. In ons frustrasie, verknies ons onsself en raak ons lui oor geestelike sake – nie warm nie en ook nie koud nie. Ons beweeg in ons geestelike vakuum. Ons eindig op om te wil bid, maar met geen motivering om dit te doen nie. Ons word aangekla deur ons gewetens omdat ons Sy Woord verwaarloos, maar die begeerte om erns daarmee te maak, het verdwyn. Dit is ‘n angstige toestand om in te wees.

Ons weet die Here het ons geroep om verder te gaan in Hom, om dieper te gaan – maar omdat ons nie ons wanhoop verstaan nie, val ons terug op ons ou weë. Ons word stagnant. Die ergste van alles, ons begin skuldig voel oor ons traagheid. Ons vrese vererger dat ons nooit sal opweeg tot wat God vir ons wil hê nie. So ons sal teruggaan na besig wees – sommige na onbeheersde inkopies, ander na hulle stokperdjies. Sommige soek verligting deur iets te bou of om ‘n nuwe projek te begin. Die tyd wat eens met God deurgebring was om te groei, word gemors op een of ander vorm van “visvang” – en aan ‘n toenemende verslaafdheid aan besonderhede. Ons word ligsinnig en besluiteloos.

Hoeveel keer het ek vir die Here en vir myself gesê – “Ek sal nooit die dinge van God verstaan soos ek moet nie. Hoe meer ek lees, hoe minder kan ek skynbaar verstaan. Ek is so dom, so geestelik blind, ek kan skynbaar nie onthou wat ek lees en hoor nie. Hoe hongerder ek word, hoe minder lyk dit of ek groei. Dit lyk of ek twee stappe terug gee vir elke stap vorentoe. Waarom is dit dat ander manne van God sulke duidelike openbarings kry en hulle soveel weet van Christus – en ek sukkel, vas en bid, maar sien so min. Here, maak ek hoegenaamd enige vordering?”

Broeder Sparks het ‘n bemoedigende woord hieroor. Hy het geskryf:

“Ons mag verskillende roetes neem in ons radeloosheid, in teëspoed en beproewing. As die Here Homself wegsteek en ons kan Hom nie sien of hoor nie, en ons voel nie dat Hy met ons is nie, dan voel Hy so ver weg asof Hy heeltemal uit ons wêreld weggegaan het. As alles wat ons verwag het, lyk of dit tot ‘n einde gekom het, en ons weet nie waar ons is nie, dan is ons geneig om op een of ander pad te gaan wat ons vir onsself kies, en begin ons die alternatiewe tot standvastige liefde neem.

“Dit is ‘n positiewe uitdaging, omdat dit belewenisse is, dit is toetse, wat die Here toelaat. Dit is nie verkeerd om te sê dat daar tye is wanneer die Here Homself wegsteek nie, wanneer die Here ons laat voel dat ons verlaat is, wanneer die Here lyk of Hy die hemele vir ons gesluit het, sodat daar geen heen-en-weer kommunikasie is nie. Alles waarna ons gesoek, verwag en verkondig het, lyk of dit aan ‘n einde gekom het en in duie gestort het, en ons is agtergelaat met wat lyk soos die puinhoop van alles.

“Die Here doen dit wel, en in die besonder doen Hy daardie soort ding wanneer Hy mense in sig het wat iets gaan beteken. Mense wat iets vir Hom gaan beteken, gaan deur diep belewenisse soos dit, en die doel daarvan is om hulle op ‘n basis te kry wat dit vir Hom moontlik sal maak om hulle te gebruik. Ons sal nooit gebruik word nie, tensy ons op ons eie voete in die storm kan staan. Ons is nutteloos vir die Here as ons in duie stort wanneer alles rondom ons te gronde gaan, en dit lyk asof ons in ons geestelike lewe by ‘n dooiepunt uitgekom het. As ons dit dan prysgee, is ons van geen nut vir die Here nie. Die hele vraag van toekomstige bruikbaarheid vir die Here is gebaseer op ‘n liefde vir die Here wat nie opgee en sê, ‘Ek gaan visvang’ nie. ‘Ek neem ‘n alternatief tot die Here volg, ek neem ‘n alternatief tot aangaan met die Here weens hierdie situasie.”

“Dit is waarom die Here terugkom, een keer, twee keer – ‘Volg My,’ Volg jy My.’ ‘Jy het agteruitgewyk onder beproewing, onder toetsing – nou moet jy My volg.’ En jy moet volg en aanhou volg wanneer jy Hom nie kan sien nie, wanneer jy nie weet waar Hy is nie, moet jy voortgaan. Dit is die soort mense, en hulle alleen, wat gebruik sal word soos Petrus. Die basis van alles was daardie soort persoonlike liefde vir die Here self, nie vir wat Hy gedoen het vir Petrus op daardie tydstip nie, maar sy liefde vir Hom. O, dit is moeilik – God weet hoe moeilik dit is – om Hom lief te hê vir wie Hy is wanneer dit nie lyk of Hy hoegenaamd enigsins iets vir ons doen nie. Dit is die uitdaging van liefde.

Gevolgtrekking

Petrus het gaan visvang, en op die Here se bevel, het hy sy net aan die ander kant uitgegooi en ‘n ontsaglike groot vangs ingebring.  Later, terwyl Petrus sy vangs gesorteer het, het Jesus vir hom gesê, “Het jy My lief, meer as hulle hier?” Met ander woorde, “Petrus, as jy My liefhet, gaan terug na waar jy was. Volg My – Laat My Skape Wei. Hou op om jou eie ding te doen – word wakker! As jy My liefhet – sal daardie liefde jou omkeer en jou terugbring op die pad van groei en bruikbaarheid.”

Gaan jy nou deur ‘n baie moeilik tyd? Spin jou geestelike wiele in die neerslagtigheid van droogheid? Vind jy dit moeilik om selfs te verstaan of verduidelik waardeur jy gaan? Ek het een vraag vir jou: het jy Hom werklik lief? Dit is al wat Hy van jou vra, ‘n liefde wat gehoorsaam. Jy beleef groeipyne. Dit is alles deel van volwasse word in Christus. God het Sy hand op jou meer as ooit. Satan weet dit, en probeer alles binne sy mag om jou van die spoor af te kry met leuens en verdraaiings. Beweeg verder met blinde geloof totdat die blydskap terugkeer – en dit sal. Ry jou storm uit, en moenie bekommerd wees oor goed genoeg wees nie. Jy sal deurkom aan die ander kant terwyl jy besef hoeveel jy gegroei het. Moet nooit weer dat jou eie dooiepunte of droë tye jouself laat wanhopig word nie. Verbly jou daarin – hulle is deel van God se plan om ons by Sy planne en gedagtes te bring.

Download PDF

DAILY ENCOURAGEMENT IN YOUR INBOX

Sign up now to receive our Daily Devotional or E-newsletter.

SUBSCRIBE