God Liefhê – Mense Liefhê | World Challenge

God Liefhê – Mense Liefhê

Gary Wilkerson
January 15, 2018

Ek word gedring deur die Heilige Gees om vir jou die eenvoudigste ding te vertel wat jy ooit sal hoor. Jy mag dalk dink dat terwyl ons deur die lewe gaan, ons ‘n dieper, meer komplekse teologie nodig het om alles te verstaan. Maar die teenoorgestelde is waar. Die belangrikste ding wat ek ooit vir jou kan sê is dit: Jou Vader het jou lief.

Geen waarheid, geen feit, geen realteit is groter, dieper of beter as hierdie een nie. Miskien dink jy, “Ek weet dit reeds. Dit is stap 1 in die Christelike lewe. Waarom is hierdie kwansuis openbaringsnuus?”

Ek word verplig om dit te skryf, omdat dit een waarheid is wat Christene moeiliker verstaan as enige ander. En, soos jy sê, dit is die een ding wat ons regtig moet weet in ons diepste wese. As ons ooit ‘n impak vir Jesus wil hê, moet hierdie vaste waarheid die middelpunt wees.

Jesus het geweet ons sou dit moeilik begryp. Dit is waarom Hy vir sy dissipels gesê het, “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur” (Johannes 16:7). Die Trooster is natuurlik die Heilige Gees, die Helper, die Advokaat. Waarom sou Jesus verplig wees om vir ons ‘n Trooster te stuur? Dit is omdat Hy geweet het ons sou ongemaklik wees.

Die lewe in hierdie gebroke, gevalle wêreld bring baie verdrukking oor ons pad. Sommige daarvan kan martelend wees, en dit kan ons gesondheid, ons kinders en ons oorlewing insluit. Om deur dit alles te kom, moet ons een ding weet bo alles: dat ons ‘n Vader het wat ons liefhet. Dit is die realiteit waaraan God se Gees ons herinner wanneer ons angstig is tydens beproewings.

Dawid lyk of hy die Trooster se teenwoordigheid geken het toe hy geskryf het, “Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie” (Psalm 139:17). ‘n Ander vertaling lees, “Hoe kosbaar is die gedagtes waaroor U besorg is.”

Dit verstom my. God dink aan my? Dit is een ding om te weet dat die Here my liefhet; dit is net ‘n teologiese waarheid.

Maar dit is iets heeltemal anders om te weet dat Hy werklik aan my dink – dat Hy in werkliheid nooit ophou dink aan my nie. Dit is onmoontlik om te begryp. God sê egter vir ons in hierdie Psalm, “Jy hoef nie daarna te strewe om My sover te kry om aandag aan jou te gee nie. Ek fokus reeds op jou.”

Toe ek grootgeword het, het ek ‘n ander soort teologiese verklaring gehoor: “Wanneer God na jou kyk, sien Hy jou nie raak nie. Hy sien Jesus.” Die idee was dat ons sondig in die Vader se oë is – maar Hy sien nie ons sonde nie, want ons is bedek met Jesus, wat geen sonde het nie.

Maar as kind, wou ek nie buite sig wees nie. Ek wou hê God moes my sien! Ek sou nie omgegee het vir ‘n drukkie of ‘n van-aangesig-tot-aangesig ontmoeting met die hemelse Vader wat ek my voorgestel het nie. En ek dink ek het iets verstaan. Sommige van God se gedagtes mag teregwysing of tugtiging insluit, maar dit is alles goeie gedagtes, gebaseer op pure liefde.

Dit is jammer dat die meeste van ons God nie op daardie manier voorstel nie. Ons dink sy gedagtes is, “Nog een so ‘n daad en Ek sal my teenwoordigheid van jou af wegneem.” Nee, sê Dawid. God se gedagtes teenoor ons is kosbaar. Hulle is liefdevol op 'n manier wat ons nooit ten volle sal kan begryp nie. Ons is dierbaar vir ons Vader, en Hy hou van ons geselskap. En die planne wat Hy vir ons het, is vir ons ten goede.

Wanneer dit daarby kom om die Vader se liefde te ken, is die 18-duim reis van ons kop tot by ons hart die moelikste om te maak.

Ek is die soort Christen wat lief is daarvoor om my kop met teologie te vul. En as ‘n ontluikende jong bedienaar, het ek daarvan gehou om my pa se biblioteek te plunder. Ek het boeke vol gelees oor al die vebonde wat God met die mens gemaak het, van die Noagse tot die Abrahamse tot die Dawidse en verder tot by die Nuwe Verbond. Eendag was ek in my studeerkamer toe ek ‘n gewaarwording van die Here beleef het: “Wil jy hê Ek moet meer van my Nuwe Verbond aan jou openbaar?” Natuurlik wou ek!

Die volgende oomblik het ‘n kinder Sondagskoolliedjie my gedagtes binnegekom: “Jesus min my salig lot. Ek weet dit uit die woord van God; Al is ek ook swak en blind, nogtans noem Hy my sy kind. Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my! Ek weet dit uit God’s woord.”

Jesus min my – dit klink so eenvoudig. En tog was ek so oorweldig, asof ek God se liefde vir die eerste keer verstaan het. Die een woord wat uitgestaan het vir my was, snaaks genoeg, “Ja.” Ja, Hy het my werklik lief. Ja, die Seun van God het sy lewe in my uitgestort aan die kruis in liefde. Ja, ja, ja, dit is alles waar – my hemelse Vader het my lief.

Daardie vier woorde – “Ek het jou lief” – is die kern van die Nuwe Testament. As ons werklik die Vader se liefde geken het, nie net in ons koppe nie, maar in ons harte, sou dit alles verander. En Johannes sê vir ons ons kan verseker weet of ons God se liefde ken. Al wat ons moet doen, is om in ons eie harte in te kyk met hierdie eenvoudige maatstaf: “Die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie” (1 Johannes 4:18).

Vul ons ons verstand met gedagtes van ons Vader se liefde? Of is ons behep met self-veroordeling gebaseer op ons prestasie? “Het ek die Here reg voorgestel aan daardie nie-Christen? Was ek vriendelik genoeg teenoor die persoon by die uittekenpunt?” Nee, nee, nee – God se volmaakte liefde dryf alle vrees vir goeie prestasie uit. En Hy vervang dit met liefde.

Dit is immers onmoontlik vir God se genade en ons vleeslike vrees om dieselfde ruimte in ons harte te beset. Een sal die ander uitstoot. As ons God se volmaakte liefde ken, sal dit alle vrees vervang en homself in die middel plaas. En om sy liefde te ken lei tot vryheid. “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32).

Om die Vader se liefde te ken, verander die hele manier waarop ons ons roeping uitlewe.

Wanneer ons bevry word van vrees, is ons vry om ander ten volle lief te hê. Ek is lief vir die bediening en vir prediking; dit is mense waaroor ek nie so seker is nie. Meer en meer is om mense lief te hê, wat ek uit die lewe wil hê – maar dit kan ‘n regte stryd wees vir ‘n introvert soos ek. Om uit te reik na ander, kan intimiderend wees. Ek kan God dalk verkeerd voorstel, iets onakkuraat sê, of selfs iemand afkeer van Christus af.

Paulus adresseer hierdie vrese as hy skryf, “Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus” (1 Korinthiërs 2:16). Die sin van Christus? Dit klink selfs nog meer intimiderend! Tog herinner die Heilige Gees my: “Dit gaan nie oor jou nie, Gary. Dit gaan oor wat Ek deur jou doen.” Dit maak my vry om lief te hê.

Om die sin van Christus te hê, klink soos ‘n diep teologiese verborgenheid. Maar in werklikheid is dit baie eenvoudig: Ons dra ‘n lig die wêreld in, omdat ons Jesus in ons het. En Hy beveel ons om nie daardie lig onder ‘n maatemmer van vrees weg te steek nie. Ons dink aan sy lig wat uit skyn om die oë van die verlorenes te open. Dit verlig ook ons verstand sodat ons weet hoe om te bedien.

‘n Paar maande gelede, het ek en Kelly inkopies gedoen by die plaaslike inkopiesentrum. Ek het by ‘n stalletjie gestop waar ‘n jongman ‘n masjien gedemonstreer het wat elektriese seine deur die liggaam stuur. Ek kan nie dink aan iets wat ek minder nodig sal hê nie, maar ek het vir hom gesê, “Maak dit aan my vas.” Net toe hy die skakelaar wou aansit – en ek dit oorweeg het om kop uit te trek – het sy baas daar aangestap gekom. En ek was gedring om met haar te praat oor Jesus.

Sy het my vinnig gekeer en gesê, “Ek is ‘n Jood.” Dit is genoeg om enige geselsie oor die evangelie stop te sit vandag. In ons kulturele klimaat, is dit soort van verbode vir Christene om teenoor mense van ander godsdienste te getuig. Eerstens, dit word nie as liefde gesien nie, maar as proselitering. Tweedens, dit impliseer dat ander verkeerd is – nog ‘n kulturele verbod. Ek het nie omgegee nie, omdat ek gevoel het ek het die sin van Christus.

“Dit maak nie saak nie, Jesus het Jode lief,” het ek gesê. “Hy was immers een! Buitendien, Hy het ook Moslems, Buddiste, ateïste en alle ander lief.”

Toe het sy ontspan. En daarom het ek haar gevra of sy gebed nodig gehad het vir iets. Dadelik het sy haar sakboekie uitgehaal en vir my ‘n foto van haar twee-jaar-oue dogtertjie gewys. “Ek word so benoud oor haar,” het sy gesê, duidelik bekommerd oor die wêreld waarin haar dogtertjie sou grootword. “Ja, ek sal gebed waardeer.”

Kelly en ek het haar hande gevat en saam met haar gebid – daar reg in die middel van die inkopiesentrum, terwyl ‘n elektriese seinmasjien gebiep het daar naby.

As ons Hom vertrou, sal die Heilige Gees ons na die mees onwaarskynlike plekke neem om die Vader se liefde te deel – plekke wat ons nooit sou sien as oeslande nie. Dit is waar Hy sy werk doen – so dit is waar ons moet wees.

Ek het pas ‘n nuwe, ongemerkte Bybel gekoop en ek beplan om baie dinge anders te onderstreep as voorheen.

Almal van ons is idealisties wanneer dit kom by Bybelstudie. Op die ou end onderstreep ons baie ideale wat ons vir onsself stel. Maar die meeste van die tyd, is dit ‘n nuttelose oefeninge. Ons merk beloftes van God waarvoor ons God nooit soek om te vervul nie. Ons onderstreep oproepe tot aksie wat ons op die ou end nooit uitvoer nie. Ek bedoel nie om negatief hieroor te wees nie – ek wil net hê ons moet realisties wees oor baie onnodige skuld wat ons op onsself plaas – skuld wat God of sy koninkryk glad nie goed doen nie.

Dit is nie ingewikkeld om Jesus se bevel, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15) te gehoorsaam nie. Wanneer Hy praat van “die ganse mensdom,” sluit dit die alledaagse wêreld waarin ons woon in – die kruidenierswarewinkel, die petrolstasie, die inkopiesentrum, ons kantoor, ons skool. Dit is waar Hy sy heerlikheid bekend maak. Die “teikengehoor” van sy liefde is nie een of ander gesiglose konsep op ‘n witbord nie – dit is ons vlees-en-bloed naaste.

Waar praat ons egter die meeste oor die evangelie? By die kerk. By die Bybelstudie. By ‘n huisselgroepbyeenkoms. Dit is nie die “ganse mensdom” waarvan Jesus praat nie. Die sending waarop Hy ons stuur word gegee in sulke eenvoudige terme dat dit verstommend is: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matthéüs 28:19).

Ja, dit is so eenvoudig. En Jesus het onderrig dat dit eenvoudig was. Luister na sy reaksie teenoor die godsdienstige leiers van sy dag, die knapste teologiese denkers van die tyd: “Een van hulle, ‘n wetgeleerde, het ‘n vraag gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die twee wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (Matthéüs 22:35-40).

Ek wil aandag gee aan twee dinge aangaande Jesus se antwoord hier. (Jy kan dit in jou nuwe Bybel onderstreep!) Eerstens, daar is slegs een woord dieselfde in beide gebooie: dit is die werkwoord liefhê. Tweedens, Jesus sê dat om jou naaste lief te hê “gelykstaande” is aan om God lief te hê. Sjoe. Dit neem, om God te dien, uit die realm van geheimsinnigheid uit en tot op vaste grond. Dit is so eenvoudig.

Kyk nou na die lewe wat Jesus vir ons gedemonstreer het: “Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was” (Handelinge 10:38). Ek wil daardie soort lewe hê – een wat God liefhet en mense liefhet. Nie iemand wat ‘n om-te-doen lys uit die Bybel aanhou, of teologiese geheimenisse najaag, of van die Vader se liefde getuig net teenoor ander Christene nie.

Vriend, wil jy vry wees van alle vrees? Om oor selfveroordeling te kom? Om die sin van Christus te hê? Die antwoord is baie eenvoudig: “Die Vader het jou lief.” Gaan nou en doen net so.

Download PDF