Heilige Grond | World Challenge

Heilige Grond

David WilkersonOctober 1, 1983

God kan ‘n mens nie gebruik totdat Hy hom op heilige grond gekry het nie. ‘n Heilige God moet ‘n heilige mens op heilige grond hê.

Heilige grond is nie ‘n fisiese plek nie, maar ‘n geestelike een. Toe God Moses beveel het om sy skoene af te trek omdat hy op heilige grond was, het Hy nie verwys na ‘n twee-by-vier stuk vaste eiendom nie.

God het Moses vanuit die brandende bos geroep en hom beveel: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond...” (Exodus 3:5).

Die plek was heilig! Watter plek? Die geestelike toestand waarby hy uiteindelik uitgekom het. Moses het by ‘n plek in sy groei gekom waar God tot hom kon deurkom. Hy was nou by die plek van ontvangs, gereed om te luister. Hy was volwasse en gereed om mee gedeel te word deur ‘n heilige God.

Moet asseblief nie vir ‘n oomblik dink dat Moses alleen op heilige grond was nie. So was die hele Israel, hoewel hulle aan die einde van hulle hoop was. Ek kon nooit glo dat God ‘n hele nasie in slawerny sou hou net om Moses tyd te gee om te ontwikkel in ‘n genadige leier nie. Ons Here is nie ‘n aannemer van persoon nie. God het, in daardie 40 moeilike jare, Israel sowel as Moses voorberei. Deur liefdevolle oordeel, het die Here Israel teruggedryf na heilige grond – terug na ‘n honger na Jehova.

Terwyl Moses op die berg was en gestroop geword het van al sy regte – omdat dit is wat die verwydering van sy skoene beteken het – was Israel in die vallei waar hulle gestroop is van alle menslike krag. Moses sou geen regte hê nie; Israel geen krag nie. God kon Homself sterk bewys ter wille van hulle op geen ander manier nie. Die groot “EK IS” was geopenbaar!

Wat is “heilige grond”?

Laat my ‘n lys van drie beskrywings van hierdie geestelike toestand opnoem.

1. Dit is ‘n plek waar alle verborge melaatsheid geopenbaar word.

Moses was waarlik ‘n man aangeraak deur God. Hy was bonatuurlik geroep en was vol openbaring oor wie God was. Hy was toegelaat om leiding te ken soos min ander mense. Hy was nederig, vroom en begaan oor die eer van God. Hy het God liefgehad en was bedroef oor die sondes van die mense.

Ten spyte van dit alles, het Moses nie geweet van die melaatsheid in sy eie boesem nie: “En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!...” (Exodus 4:6).

Wat ‘n skok – om in jou eie boesem af te reik en aan melaatsheid te raak! Wat ‘n onderwerp les oor die uiterste verdorwenheid van die vlees. Daar is niks anders nie as siekte en dood in die ou man nie. Hoe kan Moses ‘n melaatse hand uitstrek om verlossing teweeg te bring? Onmoontlik!

Het God Homself ‘n bietjie towery veroorloof met Moses? Nee! Hy het nie tyd vir truuks en poetse nie. Dit was ‘n kragtige les wat die man van God moes leer. Dit was God se manier om vir Sy man te sê, “Wanneer self in beheer is, sal jy op die ou end mense skade doen en skande oor My werk bring. Wanneer jy poog om My werk te doen op skouspelagtige, vleeslike maniere – bedien jy dood en nie lewe nie.

“Ek kan nie daardie ou natuur van Egipte gebruik nie – dit kan nie verander word nie – dit sal altyd melaats wees. Daar moet ‘n nuwe mens wees, een opgevang in die heerlikheid en mag van die ‘EK IS’!”

Moses was beveel om sy melaatse hand terug te sit in sy boesem. “En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!” (Exodus 4:7).

Hy sou dit weer doen ten aanskoue van die hele Israel. God se volk sou met hulle eie oë sien, nie net die wonderbaarlike salwing op die Here se dienaar nie, maar ook sy potensiaal vir verskriklike onheil. Hulle moes nie hulle oë op Moses vestig nie, maar liewer op die groot “EK IS.” Het iemand in Israel daardie dag gewaag om hulle hand in eie boesem te steek – terwyl hulle die melaatsheid in hulleself vrees? Die vlees van geopenbaar daardie dag, in al sy lelikheid en verdorwenheid.

Die hand uitstrek verteenwoordig bediening. Daardeur het die seë oopgegaan, vuur geval en wonderwerke was verrig. Wie onder ons vandag waag dit om ‘n melaatse hand uit te strek? Wie sal poog om God se werk te doen met ‘n boesem vol ongeopenbaarde melaatsheid?

Dit sal altyd daar wees, latent in die ou mens – die sondige natuur. En God wil dit openbaar aan ons geestelike oë. Nie net is daar “geen goed” in ons nie – daar is ‘n melaatsheid in ons! Dit is daardie verskriklike ding wat begeer teen die Gees, daardie dooie ding waaraan ons moet sterf, aan die Kruis.

Wat ‘n smart moet dit wees vir die hart van God om soveel werke wat in Sy Naam gedoen is, te verwerp omdat hulle melaatsheid in hulle het. Die melaatsheid van ego. Die melaatsheid van menslike sukses – kompetisie – selfmotivering.

Die melaatsheid van ‘n werker deurdring alles wat hy aanraak. Jy mag ‘n groot, selfs skouspelagtige werk van God skep. Almal kan die grootheid en die grootsheid daarvan besing. Maar die waarheid sal uitkom. As dit die saad van melaatsheid in het, sal dit versprei totdat dit uiteindelik doodmaak.

Wat is melaatsheid anders as sonde? Verborge, ongeopenbaarde sonde wat nie laat staan is nie! Wat gebeur wanneer ‘n man van God op heilige grond kom? Sy innerlike siel word geopenbaar! Sy diepste, verborge sondes word aan die lig gebring. Jy kan nie lieg met ‘n melaatse hand wat reg voor jou oë is nie. Nie langer vertel jy mense wat jy vir God gedoen het nie – jy verlustig jou nie in jou diens aan Hom nie. Jy is te verneder deur die ontbloting van wat in jou vlees is. Nooit weer sal jy die potensiaal vir goddeloosheid, latent in die vlees, ligtelik opneem nie.

Dank God vir daardie tweede, heiligmakende aanraking! Daardie reinigende oomblik, wanneer die ou vlees deur geloof mee weggedoen word en die hand van die bediening gereinig word. Wanneer ons weereens geklee word met die regte vlees – Sy vlees.

2. Heilige grond is ‘n plek van geen reputasie.

Moses het gedaal tot punt zero. Eens was hy hoog geag, gerespekteer in hoë regeringsplekke, groot in reputasie en prestige. Hy het beweeg onder die rykes en die invloedrykes, waarskynlik die mees bekende man van sy tyd. Hy was die raadgewer van maghebbers.

Maar God kon hom nie gebruik nie totdat Hy homself weggeskeur het van sy populariteit en agting. Wie het hom nou geken? Verborge, uit die gesig – stilgemaak en sonder invloed. Hy het geen uitlaatklep vir sy groot energie gehad nie. Niemand het nou aan al sy woorde gehang nie. Watter wêreldheerser sou na so ‘n mens luister – ‘n afgesonderde herder, iemand wat sy tyd gehad het?

Maar die presiese oomblik toe Moses punt zero bereik het – toe sy reputasie heeltemal verlore was en daar niks oor was van die ou, selfbevorderende Moses nie – was hy op heilige grond!

Hoe lank het God by daardie bos gewag, gereed om uit te bars in ‘n heerlike nuwe openbaring? Slegs totdat daardie laaste, breekpunt oomblik toe Moses nie langer omgegee het oor sy werk of sy reputasie nie. Toe hy die laaste brokkies van reputasie prysgegee het, het hy openbaring gevind.

Die Here Jesus het op hierdie selfde heilige grond gestaan. Die Skrif sê,

Hy “het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword...” (Filippense 2:7).

Dit was ‘n doelbewuste keuse – om ontledig te word, reputasie links te laat lê en ‘n dienskneg te word. Dank God vir diegene wat weer geroep word tot sulke heilige grond en soek om minder te word sodat Hy meer kan word.

Een groot man van God het geskryf, “Die man van God wat werklik die Woord verkondig, sal uiteindelik die idee prysgee om bekend te wees. As hy Christus verkondig, sal sy reputasie voortdurend minder word; Christus sal meer word. Ware profete sterf onbekend. God gee slegs hulle beloning aan hulle nadat hulle sterf.”

Ek glo dit! As ek as ‘n bedienaar groter, meer wydverspreide reputasie inwin, skort daar iets met my boodskap. Self is te prominent. Christus behoort meer te word, ek behoort erkenning te verloor. Ek behoort minder bekend te word soos die jare verbygaan totdat ek soos Paulus, op die ou end afgesonder is met God.

Onlangs het ek geskryf aan die broeders wat Kingston Trust in Engeland bestuur. Hierdie goddelike manne het hulle lewens toegewy aan die verspreiding van boeke geskryf deur J.B. Stoney, Darby, Coates en ander vroom Engelse manne van God wat nou by die Here is. Hierdie mans het my siel aangeraak. Hulle kennis van Christus is ontsagwekkend. Ek herdruk sommige van hulle boodskappe en ek het Kingston Trust gevra om vir my biografiese agtergrond oor hulle te verskaf. Ek was diep getref deur die antwoord wat ek gekry het.

“Liewe Dawid – Hierdie manne het meestal onbekend en onerkend gearbei in hulle tyd. Hulle het nie toegelaat dat veel oor hulleself geskryf word nie; met die gevolg, daar is niks om vir jou te stuur nie. Hulle was slegs begaan oor die heerlikheid van Christus en het nie omgegee oor reputasie of erkenning nie.”

Geen foto’s nie! Geen brosjures wat beskryf het wat hulle verkondig het nie! Geen koerantuitknipsels nie; geen glans, geen vleiende aanbevelings van welbekende persoonlikhede nie. Niks oor van hulle werk of reputasie nie, behalwe die glorieryke boodskappe van Christus die Here. Die meeste van die tyd het hulle slegs hulle voorletters geteken op hulle boodskappe. Hulle was bang dat iemand hulle mag prys en Christus beroof van al die eer. Geen wonder hulle het ‘n oop hemel gehad nie!

T. Austin-Sparks wou nie eens hê sy boek se buiteblaaie moes in kleur wees nie – sodat mense se aandag nie van die boodskap afgelei kon word nie. Eenvoudige omslae vir groot openbarings. Ek kan nêrens ‘n foto vind van hierdie vroom manne nie. Hulle het almal gesterf in geloof, verwerp deur georganiseerde godsdiens en meestal onbekend in hulle tyd. Maar vandag, spreek hulle harder as ooit.

Hoeveel evangeliste vandag sou hulle onderwerp aan die soort sluiting van  bediening wat op Paulus geplaas was? Een dag is hy die besige herder van kerke wêrelwyd. Hy is ‘n vrugbare evangelis, leraar – en bring nasies in beroering. Hy reis, hy lei werkers op, hy genees die menigtes met die krag van God. Die volgende prentjie is een van algehele afsondering. Hy word uit die oog gehaal, in ‘n donker tronk.

Maar dank God vir daardie sluiting! Daardeur het die sendbriewe na die liggaam van Christus gekom. Dit was ‘n tyd van ontlediging – maar van heerlike openbaring.

Laat my vir jou eerlik vertel wat ek glo ‘n aantal welbekende bedienaars behoort te doen. Sluit alles vir ‘n rukkie en sonder jou af met God alleen. Gaan ‘n tyd en plek van ontlediging binne. Word minder! Skakel al die masjiene af – skakel die kamera’s af – laat staan al die publisiteit. Laat al die promosies tot ‘n stilstand kom. Laat die dierbare man van God homself afsonder van die publieke oog en laat hom God aanraak vir ‘n nuwe openbaring van Christus. Bring dan terug dit wat van God is in ‘n gereinigde vorm.

Wat is daar om te verloor? Siele? Hoe kan ‘n man van God Hom meer behaag as deur alleen afgesonder te wees met Hom, minder te word en ware openbaring te kry? God se koninkryk hang nie af van een man of bediening nie. God is meer geïnteresseerd daarin om alles van my te win, as wat ek die hele wêreld vir Hom win. Verder, die wêreld kan nie gered word deur mense wat weier om minder te word nie.

Mag ons almal minder word! Mag Hy alleen meer word! Mag God ons help om terug te kom op hierdie heilige grond.

3. Heilige grond is ‘n toestand van vryheid van materialisme.

“Deur die geloof het hy Egipte verlaat...omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank die genot van die sonde te hê...” (Hebreërs 11:25-27).

Niks tap die krag en gesag van ‘n man van God vinniger as materialisme nie. ‘n Ware dienskneg kan nie gelyktydig sy hart op God plaas en op die dinge van hierdie wêreld nie.

Materialisme is nie “dinge” opsigself nie, maar die najaag van dinge. Materiële dinge is die brandstof wat ons begeertes aanvuur.

Christus staan voor ons as ‘n bestraffing waarteen ons nie ons oë en ore kan sluit nie. Hy word voorgestel in die evangelie as arm, verag, skandelik, vervolg, sonder ‘n plek om sy hoof neer te lê. Jesus het nooit die dinge van hierdie wêreld geniet nie – nie sy eiendom, sy rykom, sy plesiere, of sy sukses nie. Hy was tevrede met daaglikse brood. En dit is al waarvoor Hy ons ook vra om te bid.

As daar enige waarde was aan die dinge van hierdie wêreld, sou Hy sekerlik daaraan deelgehad het. Hy het hierdie dinge afgewys omdat Hy geweet het hulle het geen waarde of deug nie. Hy het geweet hoe die dinge van hierdie wêreld die voorwerp van die mens se liefdes word en al sy tyd en energie verteer. Hy het geweet hoe materiële dinge siele kan wegrokkel van Sy eie liefde. Dit is waarom ons Here die dinge van hierdie wêreld verag het.

Christus wou hê ons moet so losgemaak wees van hierdie wêreld en sy dinge, dat ons gereed sou wees om oombliklik saam met Hom te wees. Wat ‘n jammerte ons verkies die fisiese seëninge van die ou verbond bo die geestelike seëninge belowe deur Christus!

God roep die kerk weg van sy hebsugtige gejaag na die dinge van hierdie wêreld, want Hy weet watter ydelheid en bekommernis dit veroorsaak. Wat ‘n hartseer dag, wanneer ons Here vir ons wys hoe veragtelik die dinge is waarvoor ons stry, waarvoor ons bid en bekommerd is oor.

Ons verskoon die armoede van Jesus en sê dit was nodig vir Sy verlossingswerk. Aangesien ons nie verlossers is nie, dink ons nie ons behoort dieselfde soort leefstyl te ly nie. Christus verwag sekerlik nie van almal om te leef soos Hy gelewe het nie, maar om die dinge van hierdie wêreld te vertrap en te verag, probeer ons Here vir ons sê dat dit nie waardig is om ons liefdes daarop te plaas nie.

Dit was Christus se evangelie wat ‘n nuwe manier van lewe aan die lig gebring het. ‘n Nuwe manier van nederig wandel met die Here as vreemdelinge wat geen liefde vir hierdie wêreld het nie. Die apostels het gelewe soos ons Here en hulle het gesterf in ‘n toestand van armoede, vervolging en nood. Hulle was voorgestel as voorbeelde van lyding en skande sodat God se genade en liefde geopenbaar kon word deur hemelse dinge.

Paulus het gesê: “Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond...Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit...soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe...” (1 Korinthiërs 4:9,11-13).

Waarom is dit dat God so baie van wêreldse sukses en rykdom aan die mees veragtelike en goddelose mense gee? God stort rykdom en beroemdheid uit op selfs Sy grootste vyande. Die goddelose kry die grootste deel van hierdie wêreld se goed. Diktators het meer rykdom op hulle uitgestort as wat hulle weet wat om daarmee te doen. ‘n Mens kan sien hoe min God wêreldse dinge ag op die manier wat Hy dit so vrylik aan die vervloektes gee. Die Arabiere het die meeste van hierdie wêreld se rykdom. Die veragters van God is toebedeel met soveel geld, hulle kan dit nie alles geniet of gebruik nie.

As eiendom, geld en sukses op enige manier goddelik of heilig was, sou die Here so vrygewig wees om dit weg te gee aan die ergste sondaars? Toe Christus en Sy dissipels op hierdie aarde gewandel het, was hulle omring deur die rykom en weelde van die Romeinse maghebbers. Maar dit wat hierdie onbetroubares so begeer het, het Christus totaal verwerp. Hy daarna gekyk asof dit ‘n strik is. Hy het verkondig en geleer dat dit ‘n mens se siel kan verwoes. Hy het die uitnemendheid en meerderwaardigheid van geestelike waardes bo fisiese waardes verhoog. Christus het ook die algehele ontevredenheid en teleurstelling geken van diegene wat alles het wat hulle hart begeer. Dit het hulle leeg en onvervuld gelaat. Hy het ook die dwaasheid geken van mense wat hulle sekuriteit in materiële dinge het.

Kom ons praat oor die rykdom van ons Bybelse patriarge. Sommige van ons goddelike voorvaders het tot honderde jare oud geword en dit het hulle tyd gegee om groot aardse voorspoed, enorme eiendomme en ongeëwenaarde rykdomme te geniet. Maar dit het ook die geweld en goddeloosheid gebring wat met ‘n vloed geëindig het.

Om op heilige grond te kom, moet jy die band van materialisme sny. Ek het nog nie by daardie plek uitgekom nie, maar dit is my doelwit. Om geen plek hier op aarde te hê nie, maar om alle tyd en energie te gee om die openbaring van Christus na te jaag. Dan, miskien, kan ons saam met ons vaders sê, “Neem hierdie hele wêreld, maar gee my Jesus.”

God – kry ons terug op heilige grond.

Download PDF

DAILY ENCOURAGEMENT IN YOUR INBOX

Sign up now to receive our Daily Devotional or E-newsletter.

SUBSCRIBE