Hoe Om Te Doen Wat Jy Nie Kan Doen Nie | World Challenge

Hoe Om Te Doen Wat Jy Nie Kan Doen Nie

Gary WilkersonJuly 7, 2014

Meeste van ons sal daarvan hou om die vaardigheid te hê om dinge in die lewe te kan doen, wat ons nie kan nie. Ek praat nie van dinge wat net moeilik is om te doen nie, ek praat van dinge wat onmoontlik is om te doen. Ek dink aan my motorhuis as ’n onmoontlike gemors om skoon te maak maar, ek het die vaardigheid om dit te kan skoonmaak. Ek het nie geloof in God nodig om dit te kan doen nie.
Onlangs het ek ontdek  dat die belangrikste dinge in my lewe, dié is wat ek nie kan doen nie.  Byvoorbeeld, al neem ek ook al my krag, mag en middele kan ek nie my verlore seun na Christus toe terugbring nie. Ek kan vir hom bid, vas vir dae, die Bybel met hom deel en selfs sy naam elke aand voor Jesus uitroep — maar ek het geen krag of mag om die probleem op te los nie. Daar is nie ’n greintjie van enige iets in my wese wat sy terugkeer na die Here toe kan bewerkstellig nie.
Selfs vir die mees toegewyde volgelinge van Jesus, is dit onmoontlik om sekere dinge te kan herstel. Maar, ons ken die Een wat kan. Die wonderlike ding van ’n  lewe in Christus is dat ons betrokke raak in verstommende dinge wat ons nie op ons eie sou kon doen nie. In werklikheid, roep Jesus ons om saam met Hom werk om te bereik wat ons nie self kan doen nie: om geliefdes te sien wat tot geloof kom, om gebroke huwelike te sien wat genees en herstel word, om te sien hoe ongeredde mense in ons gemeenskap gered word van ’n hopelose ewigheid. Deur ons geloof in Jesus, sien ons — en neem selfs deel aan — sulke dinge wat slegs bereik word deur Sy krag, majesteit en gesag.
Die skrywer van Hebreërs peper ons met die konsep van geloof.
Hebreërs 11 is die hoofstuk, bekend as die “Saal van Geloofsvoorbeelde,” met lyste van Bybel figure wat God behaag het deur groot optredes van geloof. Van Abraham af tot by Sara na Dawid na Samuel na Gideon en nog ’n menigte ander, sien ons dat dit nie hulle talente of hulle prestasies is, wat geprys word nie, maar hulle vertroue in God om te doen wat ver bo hulle vermoë was. Saam omvat hulle  “'n groot skare geloofsgetuies rondom ons”  (Hebreërs 12:1).
Daardie kursief gedrukte paragraaf vertel ons dat daar ’n “Lewe van Geloof” geleef moet word. En om daardie lewe van geloof te kan behaal, word ons aangemoedig om enige druk wat op ons is, eenkant te plaas: “laat ons elke las van ons afgooi” (Hebreërs 12:1). Wat is hierdie laste, hierdie hindernisse van geloof? Ek weet van menigte Christene wat belas is met ongeloof. Wanneer hulle na hulle posisie kyk, dan dink hulle, “My behoefte sal nooit vervul word nie. Ek het aanhoudend gebid. Ek het ander gevra om vir my te bid, insluitende die kerk se ouderlinge, maar die antwoord kom nooit nie. Niks wat ek probeer het werk nie.”
Die probleem vir die meeste is dat hulle na hulle omstandighede kyk in plaas daarvan om na God te kyk, wat alle omstandighede beheer. Dan word hulle geloof  gekniehalter deur “die sonde wat ons so maklik verstrik” (Hebreërs 12:1). Ek kan julle verseker, wat God beloof het, kan nooit verydel word nie. Elke woord wat Hy spreek sal volbring word. Satan weet dit, en al wat hy nou kan doen is om te probeer om God se doel te laat talm, sodat ons in ons moeilikheid verstrik kan bly. As jou situasie hopeloos lyk, dan roep die lewe van geloof jou om te glo, “Eendag sal God volbring wat ek tans nie kan sien nie.”
Ons word verder gepootjie deur “die sonde wat ons so maklik verstrik” (Hebreërs 12:1). Soos wat ons die wedloop van geloof hardloop, ongeag ons moeilikhede, steek die vyand nog steeds sy voet uit om ons te pooitjie. Dit gebeur dikwels net na ons grootste tye van oorwinning. Een oomblik dink ons nog, “God is aan die werk! Nou sal ek Sy beloftes volbring sien,” maar dan draai ons situasie presies in die teenoorgestelde rigting en pootjie ons geloof. Dit laat ons dink, “Here ek het gedink hierdie is my deurbraak. Nou is dinge erger as ooit.”
So, waar vind ons hoop? Ons vind dit aan die einde van die vers: “laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop” (Hebreërs 12:1). Al maak ons omstandighede dat ons twyfel en dat ons maklik gepootjie word deur die sonde, gaan die wedloop waarin ons is, oor volharding. Ons word gelas, “die oog gevestig op Jesus” (Hebreërs 12:2). Ons wedloop gaan nie daaroor om genoeg geloof bymekaar te maak nie. Ons kan niks op ons eie bymekaar maak nie. Ons moet na Jesus kyk om ons met geloof te voorsien, want Hy is, “die Begin en Voleinder van die geloof” (Hebreërs 12:2).
Wat ’n wonderlike voorreg: Christus begin die geloof in ons harte! Lank voor Hy ons geroep het om ons spesifieke wedloop te hardloop, was die gedagte al in sy gees, “Ek wil sien dat dit gedoen word.” Daarom begin Hy die geloof in ons en plaas ons in ’n wedloop om sy doel te verwesenlik.
Sê vir my, wat het gebeur met die geloof wat God in jou hart geplant het? Voel jy dat dit dood is? Is jy moeg nadat jy soveel keer gepootjie is? Vriend, moenie moedeloos raak nie: God het belowe om geloof in jou hart te inisieer en dit sluit in om die geloof wat jy geken het, weer aan die brand te steek. “Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus” (Romeine 10:17).
As jou belofte nog nie volbring is nie, kan jy vertrou dat God aan die werk is “om jou geloof te vervolmaak.”
“Die Begin en Voleinder van die geloof” (Hebreërs 12:2). Daar is baie dinge waarvoor ek in alle goddelike ernstigheid hoop, maar, sommige daarvan is nie deur God geïnisieer nie. Byvoorbeeld, ek hoop met my hele hart dat ons kerk in Colorado Springs so invloedryk sal wees dat tien duisende mense  in die komende dekades na Christus toe gelei sal word. God het dit nie aan my belowe nie, maar nog steeds hoop en bid ek dat Hy die hemele sal oopskeur om die verlorenes na sy liefdevolle arms te bring.
Ons moet almal versigtig wees om nie ons hoop in beloftes te omskakel nie. Ons kan slegs verseker wees dat dit ’n belofte van God is as dit deur die Skrif bevestig word en ook deur gebed en somtyds deur mede Christene.
Jy mag sê, “Ek het ’n woord van versekering van God gehad dat Hy my huwelik sal red, maar dit het nie gebeur nie.” Ek is baie versigtig om die volgende vir enige iemand te sê wat so ’n harverskeurende ondervinding gehad het: Miskien is dit wat jy gehoor het, nie God se se belofte aan jou gewees nie, maar die ernstige, hoopvolle begeertes van jou eie hart. Kan jy jouself daardie genade gun in jou situasie?
Moenie verkeerd verstaan nie: Niemand was nog ooit verkeerd om hulle huwelike te wil maak werk nie. Maar God het nog nooit gefaal om ’n belofte wat Hy gemaak het na te kom nie. Hy is nie 99% betroubaar nie; hy is 100% betroubaar. Hy het nog nooit gefaal, nog nooit gelieg of verkeerd gepraat nie. En die waarheid is dat ons almal kwesbaar is vir tragedie in ’n wȇreld wat deur sonde gebroke gelaat is.
Dit is ook moontlik dat ons die stem van ons eie ambisie en begeertes hoor. Ons mag hoop vir sekere dinge, goeie dinge ingesluit, en tog, soos wat Jakobus skryf, God sal ons nie ons versoeke toestaan nie omdat dit gebore is uit ons eie strewe en vlees.
In plaas daarvan, vervolmaak God ons geloof deur daardie dinge eenkant te plaas. As ek praat, praat ek as ’n man in my middeljare en daarom is ek so bly die Here doen dit. Daar is baie dinge wat ek in my dertiger jare wou gehad het, maar waaroor ek nou bly is dat Hy dit nie vir my gegee het nie. In Sy genade het Hy gesien wat ek nodig het en Hy het nie dinge toegelaat wat ek net wou hê nie. Deur ons geloof op hierdie wyse te vervolmaak, begin die begeertes wat Hy inisieer — daardie dinge wat uit Hom gebore en nie uit onsself nie — verrys in ons harte.
“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1). Soos wat God ons geloof suiwer, bou ons vertroue. Ons groei in oordeelsvermoë en dan sê ons, “Ja, hierdie is die woord van die Here, en daardie ander woord is nie. Hy bevestig sy belofte aan my — deur die Skrif, gebed en deur die getuies van my broers en susters.” Geloof begin om die saak binne-in ons te uit te klaar, sodat ons soos wat Hebreërs 11:1 dit stel, “vertroue kan hê dat dit waarop ons hoop, regtig sal gebeur.”
Hierdie tipe van geloof was vervolmaak deur hulle wat in die Saal van Geloofsvoorbeelde gelys word. Volgens daardie hoofstuk het God vir Abel geprys, nie vir sy waardige offergawe van aanbidding nie, maar vir sy geloof. Noag was nie geprys omdat hy ’n prediker van geregtigheid was nie, maar wel vir sy geloof. Moses was nie geprys omdat hy ‘n dapper verlosser was nie, maar wel vir sy geloof.
Eenvoudig gestel, geloof behaag God. Hoekom?  Want niks kan vir sy koningkryk bereik word, behalwe deur geloof nie. Dis waarom die stilste introverte soms die kragtigste evangeliste word. Hulle wen mense vir Jesus nie deur hulle eie vlees nie maar omrede hulle Christus vertrou om te doen wat Hy belowe het.
Wanneer God ookal iets aan ons belowe, moet Hy dit eers in ons vlees vernietig.
Om die tipe geloof te verkry wat God behaag, moet ons baie keer eers deur die mees frustrende, irriterende, vuis ballende ondervindings gaan. Miskien was jy al by die punt waar jy skree, “Here, U het vir my ’n belofte gegee, maar nou het U alles weggevat wat daardie belofte kon maak gebeur.”
Hoekom doen God dit? Hoekom verwyder hy al die natuurlike elemente waardeur Sy beloftes vervul kon word? Baie keer is dit sodat ons verhouding met Hom ’n plesier sal wees, eerder as ‘n diens of plig. Jy sien, as Sy beloftes deur ons vermoeëns bereik kon word, dan sou ons 24/7 prestasie-gerig wees. Dis nie Sy wil nie. In plaas daarvan vra Hy dat ons om in ’n voortgaande verhouding met hom sal wees, een waarin Hy die vertroue van ons hele hart verwag.
Dit is hoe hierdie groot wolk van getuies voor ons dit tot in die Saal van Geloofsvoorbeelde gemaak het. Die Skrif sê, toe God beloof het om Abraham die vader van alle nasies te maak “het hy dus goed besef [gereken] dat sy liggaam reeds gedaan was” (Romeine 4:19). Die woord “reken” is ’n wiskundige term. Abraham het besef dat niks in sy lewe “opgetel het” om hierdie belofte voltrek te sien nie. En tog lees ons, “Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk” (Romeine 4:20).
Hierdie is ’n voorbeeld van hoe Jesus ’n goddelike man se geloof inisieer en vervolmaak. Hoe meer Abraham gedink het, “Ek kan dit nie doen nie,” hoe sterker het sy geloof in God se bekwaamheid geword om dit te doen. Deur die dood van sy vlees het ’n krag gekom wat nie uit homself was nie. Dit was die krag van die Heilige Gees.
Ek wil my verlore seun sien terugkeer na die Here toe. Om dit te kon sien gebeur, het ek my geloof in God se krag gesit om hom terug te wen met oorweldigende liefde. (Ek is bly om te kan sê dat sedert hierdie boodskap gepreek is, is my verlore seun heerlik met God en sy familie versoen.) Ek wil nog steeds sien dat duisende mense in ons stad na Jesus toe sal kom. En tog weet ek dat dit nooit sal gebeur net deur strategië, beplanning of om programme in plek te stel nie. Hierdie dinge mag op een of ander tydstip van waarde wees, maar slegs Jesus kan enigiets vir sy koningkryk inisieer. Net Hy kan in ons ’n vertrouende geloof bewerkstellig wat benodig word om ’n menigte van siele tot die ewige lewe te bring.
Ja, ons word geroep om dinge wat ons kan, te doen vir die Koningkryk van Christus . Maar ons is ook geroep tot meer. Wil jy sien dat God se doel in jou gemeenskap bereik word, sy belofte in jou lewe vervul word? Hy vra slegs dat jy Hom sal vertrou deur ’n lewe van geloof te leef. Hy sal doen wat ver bo jou vermoëns is, want dit is net Hy wat dit kan doen!

Download PDF