Jesus Gee Leiding | World Challenge

Jesus Gee Leiding

Gary WilkersonAugust 10, 2015

“Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en hy roep sy eie skape by nulle naam en lei hulle uit” (Johannes 10:2-3).

Ons het almal leiding nodig vir besluite in die lewe. In ‘n wêreld so chaoties soos ons s’n, is dit egter nie altyd eenvoudig of maklik nie. Jesus sê dit is anders vir Christene. Hy maak dit duidelik in die bogenoemde gedeelte dat sy volgelinge — “sy eie skape” — sy stem ken en dat hulle Hom volg en Hy “lei hulle uit.” Die toneel is van ‘n Goeie Herder wat aan sy skape al die toesig en versorging, wat hulle nodig het, verskaf.

Is dit voldoende vir die moeilike besluite wat ons almal moet maak? Elkeen van ons het belangrike besluite om te maak: “Met wie gaan ek trou? Watter loopbaan sal ek volg? Aan watter doel of roeping sal ek my lewe toewy?” Hierdie besluite kan belaai wees met spanning, veral as ons swak besluite in die verlede gemaak het. Tot dusver het God my lewe geweldig baie geseën, maar ek wil nie hê dat my kinders of kleinkinders dieselfde foute maak as ek nie. Soos enige ouer, wil ek in staat wees om hulle die beste leiding moontlik te gee.

Die goeie nuus is, dat ons ‘n Herder het wat in alle dinge vir ons ‘n getroue Leidsman is, maak nie saak hoe verkeerd ons besluite was nie. Hy het die gesag om ons na ‘n wonderlik geseënde lewe te lei, ten spyte van ons mislukkings. Inderdaad, Hy sê dat sy doel deur sy leiding is: “dat hulle die lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).

Ons weet dat dit belangrik is om ‘n kwaliteit leidsman te volg. Dink aan die groot lewensbesluite wat jy gemaak het: Wie het jou gelei? Wat was hulle ervaring, vaardighede en kennis om jou te kry waar jy wou wees?

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n naweek saam met ‘n groep van my vriende gespandeer vir ‘n bietjie “manne tyd.” Ons het in oos Texas ontmoet en besluit om na San Antono te reis om die Alamo te gaan besigtig. Een van die ouens in ons groep, ‘n vriend van my, het aangebied om ons die pad te wys. “Dit is my tuisdorp,” het hy gesê. “Ek sal dit geniet om julle gids te wees.”

Toe ons in San Antonio aankom, het dinge egter ‘n bietjie deurmekaar geraak. ‘n Paar van ons het agtergekom dat ons drie keer verby dieselfde Macy’s winkel gery het. “Haai, ry ons nie in sirkels nie?” het iemand gevra. “Nee, ons is amper daar,” het my vriend ons verseker.

Toe beland ons in ‘n ongure deel van die dorp. Daarna in ‘n verkeersknoop. Daarna het ons weer in sirkels gery. Uiteindelik het iemand vir my vriend gesê, “Ek dog jy ken die pad. Jy het gesê dit is jou tuisdorp.” “Dit is,” het hy geantwoord, “Maar ons het weggetrek toe ek twee jaar oud was.”

Duidelik, was Michael nie die beste gids nie. Hy het goeie bedoelings gehad, maar geen idee gehad waarheen hy ons gelei het nie. Hy verteenwoordig die soort gids wat ons dink ons in ons lewens nodig het, maar wat ons in sirkels laat loop, in plaas van in die ryk en bevredigende lewe wat Jesus vir ons beplan het.

Nog ‘n soort gids kan die regte inligting hê, maar ander noodsaaklikhede kortkom. My vrou, Kelly, en ek het op ‘n sendingreis na die Filippynse eilande gegaan. Op ons afdag, het ons ‘n gids gekry en ‘n begeleide kano rit na ‘n plek met die naam van Pagsanjan Falls geneem. Die span was verskeie klein, maar atletiese Filippino’s. Op een stadium, het ons by ‘n plek in die rivier gekom wat te vlak was om oor te dryf. “Ȏ-ô,” het ek gedink, “Dit moet die einde van die rit wees.” Tot my verbasing, het ons sterk jong gidse ons kano opgetel — met my en Kelly steeds daarin! – en dit na dieper water gedra. “Sjoe,” het ek gedink, “praat van betroubare gidse!”

Later het ons by ‘n pragtige plek gekom waar die rivier weier geword het, en die leier het vir ons ‘n teken gegee om op te hou roei. “Nou gaan ons een of ander ryk geskiedenis storie hoor. Miskien is dit waar die land se demokratiese regering hulle rewolusie beplan het.” Sigbaar opgewonde, het ons gids met sy vinger gewys en uitgeroep, “Hier, op hierdie plek, het hulle die film ‘Rambo’ gemaak!”

Dit was ‘n bietjie teleurstellend. Maar gou het ons by nog ‘n pragtige plek aangekom waar die rivier verby ‘n welige, groen grasveld vloei het. Dit het gelyk na die soort plek waar ‘n geskiedkundige stryd moontlik kon plaasgevind het. “Op hierdie plek,” het die gids, sy keel skoongemaak, “het Brad Pitt en Angelina Jolie piekniek gehou!”

Daar is sommige gidse in die lewe wat die kennis het om ons deur moeilike dilemmas te lei. Maar het hulle ook die kennis om ons te lei na die oorvloedige lewe wat Jesus belowe het? As ons Here, is Jesus in staat tot meer as net leiding — Hy vorm ‘n verhouding. Hy wil hê dat ons meer moet weet as net waarheen om te gaan. Hy wil hê dat ons die ryk seëninge om Hom persoonlik in elke area van ons lewens te ken, moet hê. So, terwyl ons egter besig is om te soek na ‘n handleiding, sê Hy doodeenvoudig, “Volg My.”

Om die ryk, bevredigende lewe wat Jesus vir ons het, te illustreer, gebruik Hy die beeld van ‘n skaapstal. “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind” (Johannes 10:9). Daar in die stal, is sy skape veilig teen alle vyande. Hulle wei op die “groen weivelde” van God se koninkryk, terwyl hulle gesondheid, vrede en vryheid geniet.

Dit is ‘n geseënde lewe wat ons vyand, die duiwel, van ons wil steel. Satan is daarop uit om ons kosbare geloof te vernietig en Jesus beskryf hom as ‘n dief wat in die skaapstal insluip: “Wie nie by die deur in die skaapstal in gaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower...Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes” (Johannes 10:1, 10).

As daar enigiets is wat die Satan van ons wil steel, is dit die lewe wat God vir ons beplan het. Hy doen dit deur ons te probeer weghou van die “groen weivelde” (d.w.s. die noodsaaklike, deurslaggewende geestelike voedsel) wat Jesus vir ons gee. Onvolwasse Christene is die vatbaarste wanneer hulle net op ‘n dieet van “melk” bly en nooit na die “vleis” van God se Woord vorder nie. Hulle word veral in krisistye onderwerp aan Satan se skelmstreke. Hulle raak paniekerig, gevul met vrees en bekommernisse en dink, “Ek weet nie hoe om ‘n besluit te neem nie. Waar is U, God?”

Ek het dit telkens sien gebeur terwyl ek op die pastorale personeel van Times Square Church in New York Stad gedien het. Die lering waarop die mense gevoed het, was diep en vol “vleis” vanuit die toegewyde studie van God se Woord. Verbeel jou hoe geskok ek was as ‘n gemeentelid my vertel het, dat hulle die diens oorgeslaan het om te gaan luister na ‘n bekende bedrieër, ‘n prediker wie se enigste fokus, geld was. Hoe kon hulle dit doen na ‘n bestendige dieet van vaste Bybelse kos?

Dit bring ‘n tweede hindernis wat elke Christen konfronteer, na vore: die aanloklike evangelie van ‘n valse leeraar. Jesus leer, “(My skape) sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie” (Johannes 10:5). Sulke “vreemdelinge” lyk, klink en trek aan soos elke goeie pastoor. Maar die evangelie wat hulle verkondig, lei mense geleidelik weg vanaf Christus se ryk, bevredigende, "groen weivelde” na die vernietiging van hulle siele.

Dit is absoluut noodsaaklik dat ons die stem van ons Goeie Herder leer ken om in staat te wees om die stemme van die valse herders te kan onderskei. Hoe doen ons dit? Deur te voed op die “vleis” wat ons Herder so vrygewig voorsien: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). Die enigste manier om valsheid raak te sien, is om die oorspronklike intiem te ken. Slegs deur onsself in God se suiwer Woord te verdiep, sal ons bekend word met die voorkoms, klank, geur en smaak van dit wat uit die hemel kom.

Sommige Christene wil leiding hê vir die kleinste daaglikse besluite. As jy wil weet watter soort tandepasta om te koop, sal God vir jou sê, “Borsel net elke dag.” Daar is sekere dinge waarvoor ons nie sy spesifieke leiding nodig het nie, omdat ons reeds weet hoe om dit te doen deur dit wat ons in sy Woord lees.

Onlangs, terwyl ek in Turkye naby die grens van Irak was, het ek gebid vir onderskeiding hoe World Challenge in die vlugtelingkrisis kon help. Mense het gevlug van die gewelddadige vervolging deur ISIS en het in die gebied ingestroom, maar die V.N. was nie teenwoordig om enige orde te handhaaf nie. Die behoefte was oorweldigend, aangesien desperate mense opgedaag het met niks anders as die klere wat hulle aangehad het nie. Ek het met een jong seun gepraat. Hy het gesien hoe sy ouers deur ‘n ISIS landmyn opgeblaas word. Ek kon myself nie indink watter trauma wat hierdie kind moes beleef het nie.

Op die vlug huistoe, het ek gebid, “Here, wil U hê dat World Challenge hier hulp voorsien?” Ek het dadelik ‘n heilige oortuiging, wat in my opgekom het, ervaar en gesê het, “Waarom bid jy hieroor? Jy weet om te help!” Ek het besef, “Natuurlik is World Challenge veronderstel om hier te wees. Ons het die hoop van die evangelie en ons sal bid, dat God se hulpbronne beskikbaar gestel word, sodat ons daar kan help. Dit was nog altyd die bediening se DNS. Die hongeriges voed? Vertroosting vir die lydendes bring? ‘n Verskil in ‘n weeskind se lewe maak? Waarom moet ek bid? Laat ons voortgaan!”

Moenie ‘n fout maak nie, ek glo in gebed vir leiding. Maar omdat ons God se skape is en ons sy stem ken, is daar sekere dinge wat ons reeds weet om te doen. Een van hulle is: “Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld” (Jakobus 1:27).

“Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar...Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape” (Johannes 10:12, 14-15).

Laat ons dit erken, selfs die mees toegewyde pastoor is ‘n huurling. Hy is iemand vir wie die Goeie Herder vertrou, ‘n goedgekeurde arbeider wat gehuur is om na die skape te kyk. Maar soms kan selfs ‘n betroubare dienaar nie opweeg teen ‘n desperate, honger wolf nie (tensy daardie dienaar bonatuurlik versterk word soos Dawid!).

Die punt wat ek wil maak, is dat selfs die beste pastoor jou soms sal faal. Hy is menslik. En hy ken jou nie op die manier wat die Goeie Herder jou ken nie. Moenie verkeerd verstaan nie: Die meeste van ons het die goddelike raad van ‘n getroue pastoor nodig. Soms mag ons selfs die wysheid van ‘n professionele berader nodig hê. En die Skrif leer ons dat daar wysheid in ‘n menigte van raadgewers is, insluitende ons Christen vriende. Die verskil met Jesus is, dat Hy altyd daar is vir jou: “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape” (Johannes 10:11). Hy sal jou nooit faal nie, jou nooit verlaat nie en het altyd die beste vir jou in gedagte.

Ons almal ken die bekende toneel in die Evangelies waar Jesus die geldskieters se tafels omgegooi het in die tempel. Dit was ‘n letterlike daad, maar dit was ook simbolies. Jesus het ‘n minderwaardige godsdienstige sisteem omver gewerp en daardeur verklaar, “Julle leiers is veronderstel om herders vir die mense te wees. In plaas daarvan, verkoop julle eerder aan hulle offers as om ware offers aan die Vader te bring. Ek keer hierdie sisteem van julle om. Ek is die Goeie Herder wat sy lewe aflê vir die skape. Ek lei hulle getrou tot by die groen weivelde wat hulle sal seën en hulle lewens sal onderhou.”

As jy ware leiding in jou lewe wil hê, leer jou Herder se stem ken. Dit mag of dit mag nie hoorbaar tot jou kom nie, maar dit kom altyd deur sy geskrewe Woord. Het jy rigting in jou lewe nodig? Hy het maar net twee woorde vir jou: “Volg my.” Hou jou oë op Jesus. Fokus op wat sy Woord sê en gehoorsaam dit. Om sy stem te volg is die beste manier om jouself voor die kansel te vind, terwyl jy na sy perfekte huweliksmaat vir jou kyk. Hy besit elke groen weiveld — en jy kan Hom vertrou om jou in sy belofte van ‘n ryk en bevredigende lewe in te lei.

Download PDF