Nader Tot Die Here | World Challenge

Nader Tot Die Here

David WilkersonFebruary 2, 2015

In die Ou Testament was feesdae in Jerusalem ‘n ongelooflike gebeurtenis. Drie keer per jaar het Israeliete van regoor die land na die tempel gereis om deel te hê in die feesdae. Dit was die mees godsdienstige ding wat die mense kon doen. Die priesters het dit vergelyk met “naderkom voor God se aangesig,” of “nader tot die Here.”

Israeliete van alle vlakke van die lewe het in lang, kronkelende rye in die tempel voorhof gestaan en wag dat die priesters die diere wat hulle as offers gebring het, ondersoek. Dan breek die oomblik van die offer aan. Die hoë priester het die dier geslag en die bloed van die karkas laat dreineer. Daarna het hy dit op verskeie plekke rondom die altaar gesprinkel. Terwyl die offer daarna op die altaar brand, het die wierook die lug gevul en ‘n aangename, soet geur vrygestel.

Dit is ‘n beeld van die hedendaagse kerk van Jesus Christus. God se mense kom kerktoe om tot Hom te nader, terwyl hulle lofoffers bring en hulle gebede soos ‘n aangename geur van wierook voor Hom is. Net soos die Israeliete, kom hulle God se heilige teenwoordigheid binne deurdat hulle sy bevel gehoorsaam om tot Hom te nader.

Vir dekades, was die profeet Jesaja ‘n getuie van hierdie offers in Israel. Op ‘n stadium het hy gesien hoe die priesters korrup en God se huis besoedel geword het. Die mense het geleef net soos hulle wou. Hulle het offerhandes halfhartig gebring en teruggegaan na hulle sonde belaaide lewens. Hulle houding was, “Ek het gedoen wat van my verwag was. Ek het tot God genader.”

Laastens het God Jesaja na die tempel gestuur tydens die belangrike feesdae om ‘n ernstige boodskap te bring: “Hoor die woord van die Here, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra” (Jesaja 1:10). Verbeel jou die mense se skok toe hulle hierdie woorde gehoor het. Die profeet het verder aangegaan: “Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie” (Jesaja 1:11).

God het gesê, “Julle bring al julle offers en noem dit aanbidding, maar dit is vir My ‘n gruwel. Julle harte is nie in hierdie offers nie. Julle nader tot My, maar julle hart en gedagtes is op ‘n ander plek. Dit is alles ‘n skyn. Weg daarmee!”

Ek glo Jesaja se boodskap is veral belangrik vir Christus se kerk van vandag. In werklikheid, het Jesus ook die profeet se boodskap geneem en dit  sy tyd van toepassing gemaak: “Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af” (Matthéüs 15:7-8). Wat Christus eintlik gesê het, was “Toe Jesaja geprofeteer het, het hy van julle gepraat.”

Ons kan hierdie profesieë ook op ons dag van toepassing maak. Op hierdie oomblik, is kerke besig om lofprysingskonferensies en aanbiddingseminare aan te bied. Maar hoeveel van hulle wat hierdie byeenkomste bygewoon het, het nodig gehad om Jesaja se profesie te hoor? Volgens die Here, kan slegs hulle met skoon hande en rein harte na sy heilige berg opgaan. Maar hoeveel Christene gaan aanbidding binne met harte vol van lis met hulle gedagtes op wêreldse dinge?

Ons leef in een van die mees verligte generasies van alle tye. Tog, volgens My, verstaan Christene baie min van wat dit beteken om tot God te nader. Ons moet eers die saak vir eens en vir altyd uitmaak: God sal nie lofoffers van skynheiliges wat Hom halfhartig nader, aaneem nie.

Ek onthou van ‘n tyd in my lewe waarin ek oor die volgende verse gebid het: “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader” (Jakobus 4:8). My hart se uitroep was, “Here, wee my, trek my nader na U toe. Ek wil nader aan U wees as wat ek al ooit was. Here, openbaar Uself aan my soos nooit tevore nie.”

God het my geantwoord, maar nie met die reaksie wat ek verwag het nie. In plaas daarvan, het Hy my met ‘n vraag geantwoord: “Hoekom wil jy tot My nader, David? Wat is jou motief agter hierdie begeerte?” My eerste gedagte was, “Dit is duidelik. Dit is wat Christene doen. Ons geloofswandel gaan daaroor om tot U te nader en dat U tot ons nader. Ek wil net nader aan U wees, Here.” Weereens het die vraag na my toe teruggekom: “Waarom David? Ek ken jou hart en weet wat jou motiewe is waarom jy meer van My wil hê. Maar ken jy jou eie motiewe?”

Die waarheid is dat elke Christen ervaar dat die Heilige Gees hom of haar roep tot ‘n groter intimiteit met die Vader. Daardie drang sal aanhou tot die dag waarop ons hemel toe gaan. Die Heilige Gees sal aanhou om ons harte aan te spoor om dieper te gaan, nader te gaan en ‘n groter intimiteit met die Vader te soek. Maar daar is so ‘n ding om tot God te nader met onbehoorlike motiewe. Met ander woorde, ons kan begeer om naby Hom te wees, maar om die verkeerde redes. Ek wil hê dat ons kyk na sommige van die verkeerde motiewe wat ‘n mens kan hê om tot God te nader.

Ons mis die doel van om tot God te nader as ons al die praatwerk doen en nie luister nie.

Almal van ons wil gestig en opgebou uit God se teenwoordigheid kom. Ons wil ons laste na Hom neem en dit daar los, en ons wil sy lof besing. So, wanneer ons sy teenwoordigheid binnegaan, begin ons te praat. Maar baie van ons eindig op om al die praatwerk te doen en nie te luister nie. Dit is ‘n eensydige gemeenskap. Ons spandeer ure deur te bid en te lof te bring en voel goed as ons daaruit kom. Maar ons laat God nooit toe om sy gedagtes met ons te deel nie. As ons Hom nie dieselfde tyd gee nie, dan vertrap ons sy voorhof soos toeriste.

Die Here wil toegelaat word om ons te lei, met ons te praat, al ons vrae te beantwoord. Hy verlang daarna hoe om ons te wys hoe om sonde te oorwin en vry van bindinge te wees. Hy wil ons huwelik seën, ons familie, ons bediening.

In beide Testamente, is die Bybelse patroon duidelik: God praat net met dié wat tot Hom nader om na Hom te luister sowel as om Hom te aanbid.

Elia het verklaar: “So waar as die Here, die God van Israel leef, voor wie se aangesig ek staan...” (1 Konings 17:1). Die Hebreeuse woord vir “staan” dui daarop om te bly of te wag. Omdat Elia voor die Here gewag het, het hy van God gehoor en was gesalf om sy woord te spreek. En God was altyd getrou om leiding aan die profeet te gee.

By voorbeeld, Elia was besig om geduldig te bid toe hy ‘n woord ontvang het om ‘n altaar op die berg Karmel te bou. Op daardie tydstip, was Israel se Koning Agab daarop uit om Elia dood te maak, maar die profeet het nie ‘n oog geknip nie. Hy het dapper by koning Agab se strydwa gestop en gesê, “So waar as die Here van die leërskare leef, voor wie se aangesig ek staan... Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vierhonderd-en-vyftig profete van Baäl” (1 Konings 18:15,19).

Hoe het die bose Agab gereageer? Hy het alles gedoen wat Elia hom beveel het om te doen. Verstommend! Selfs demone bewe voor die woorde van iemand wat van God gehoor het. Wanneer so ‘n gelowige uit die teenwoordigheid van God kom, praat hy met gesag.

Ons sien dieselfde patroon in die Nuwe Testament. Hulle wat op God gewag het, het sy leiding ontvang. Handelinge leer ons, “Petrus [het]... op die dak geklim om te bid” (Handelinge 10:9). Terwyl Petrus gebid het, het hy ‘n verrukking van sinne gehad waarin hy nie kon bid of ‘n woord kon uiter nie. Dit is duidelik dat God wou hê dat Petrus moes stil wees sodat Hy iets belangrik aan hom kon meedeel. Toe het die Heilige Gees hom wakker gemaak en drie keer met hom daar op die dak met duidelike, spesifieke instruksies, gepraat: “Daar is drie manne wat jou soek. Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur” (Handeling 10:19-20).

Paulus het dieselfde ervaar. In Antiochië het hy sekere goddelike mense, wat op God gewag het, ontmoet. Weer het die stem van God gekom: “En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het” (Handelinge 13:2). Weereens was God se leiding  spesifiek en duidelik.

Wanneer God so ‘n wagtende volk vind, mense vol geloof en ongejaagd in sy teenwoordigheid, dan praat Hy.

Enige “vertrapper” kan God se teenwoordigheid binne gaan met lof en aanbidding. Hy bring sy offer en spreek sy versoek uit, maar gou is hy weg, haastig terug na sy wêreldse belange. God wag totdat sulke toeriste weg is voor Hy sy teenwoordigheid bekend maak. Hy vertrou sy leiding slegs toe aan die wat op Hom wag. Sommige benodig ‘n nuwe aanraking van Hom. Ander benodig vryheid van bindinge. Ander verlang eenvoudig net om die Here te dien met psalms en liefdesliedere. Ander luister na ‘n woord van hoop in hulle tyd van swaarkry. Ander wil net hê om sy spreekbuis tot die verlorenes te wees en soek ‘n woord vir hulle. Wanneer God so ‘n wagtende volk vind, mense wat vol geloof en ongejaagd in sy teenwoordigheid is, dan praat Hy. Sy woord kom na almal wat wag en in geloof vra.

God belowe dat as ons tot Hom nader, dan sal Hy tot ons nader. En Hy kom na ons vir een doel: om ons lewens te rig. Hy wil ons leiding gee en sy vrede tot ons spreek. “Welgeluksalig almal wat op Hom wag... sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou... en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! Wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan” (Jesaja 30:18-19,21).

Ek glo dat hierdie gedeelte alles wat dit beteken om tot God te nader, opsom. En Jesus stel die voorbeeld: Hy het weggeglip na die berge en ander afgesonderde plekke om op die Vader te wag. Hy het homself onderwerp sodat Hy daagliks leiding van die Vader kon kry. En die Vader het gereageer deur tot Hom te nader elke oggend en sy ore oop te maak en Hom ‘n woord  te gee. Christus was nooit in onsekerheid gelaat nie. Hy het duidelik van die Vader gehoor omdat Hy daagliks getrou op Hom gewag het.

Ek glo dat dieselfde moontlik is vir al God se kinders. Miskien het jy op die Here gewag deur ‘n lang nag van ‘n seisoen waaring daar geen woord gekom het nie. Ek dring by jou aan, wees geduldig. Glo dat sy woord tot jou sal kom in die oggend. Jou Vader sal jou ore oopmaak, net soos Hy met Christus gedoen het. En hy sal duidelik tot jou nood spreek.

“Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis’ (Psalm 65:5). Let wel hierop: God kies ons. Voel jy dat jy deur die Here getrek word? Voel dit asof jy meer en meer na gebed getrek word? Roep jou siel uit vir ‘n nader wandel met God? Die Here het jou gekies en jou na Homself geroep — om Hom die hele dag te aanbid, om sy woord die hele tyd te hoor en om ten volle met sy goedheid versadig te word, selfs te midde van jou beproewings.

Download PDF