Vlug Weg van Verdorwe Gemeenskap | World Challenge

Vlug Weg van Verdorwe Gemeenskap

Gary Wilkerson
March 20, 2017

Daar is ‘n gewilde frase wat gebruik word deur herders vandag. Op enige gegewe Sondag in kerke dwarsdeur die V.S., sê ‘n prediker, “Ek nooi jou uit om betrokke te raak by ons gemeenskap.” Daar is boeke oor die onderwerp om met ‘n gemeenskap te skakel. Daar is podcasts en preke. En dit alles klink goed omdat dit klink of hulle praat van sielsgemeenskap, die verdieping van bande tussen Christus-volgelinge.

Maar dikwels beteken die frase “betrokke raak in die gemeenskap” iets anders. Soos een outeur vir herders sê, “Tensy die mense wat by jou deure binnekom met ses vriende in ses maande skakel, sal hulle by die deur uit gaan en verdwyn.” Dit is nie ‘n evangelie motivering nie; dit gaan daaroor dat mense aanhou kom. Dit is baie anders as God se doel vir gemeenskap.

Herders dink ook aan gemeenskap op ‘n ander manier. Dit word gesê dit is die “gom” wat mense bymekaar hou. Dit klink ook goed – ‘n gediskonnekteerde kerk kan immers nie baie effektief wees om die werk van God se koninkryk te doen nie. Maar wanneer sommige herders die woord “gom” gebruik, is hulle bekommerd oor iets anders. Hulle is vertel dat hulle kerkgetalle nooit sal groei as hulle nie die getalle wat hulle reeds het, behou nie. Om die mense te laat aanhou kom, moet hulle hul aan mekaar gom met “betrokkenheid.”

Weer is die motief nie gemeenskap soos voorgeskryf word in God se Woord nie. In plaas daarvan, is om te “groei” ‘n groter kerk – om meer mense te trek, ‘n groter gehoor uit te bou, en fondse aanhou te laat inkom om geboue te onderhou en programme uit te brei.

Nie alle herders het hierdie motiverings nie. Maar dit is ernstige versoekings vir enige bedienaar, veral vandag waar kerke kwyn. Die groei mentaliteit is ‘n nagevolg van die “Kerkgroei” beweging, wat in die 1980’s begin het. Daardie beweging het kwansuis geëindig, maar sy invloed hou aan weergalm.

Ek kan my nie voorstel Petrus of Johannes het hierdie soort konsepte bespreek nie. Petrus het met Heilige Gees krag gepreek sodat 3,000 mense in een dag gered was. Ek dink nie dit het ooit sy gedagtes binnegeskiet om te wonder, “Hoe kan ons hierdie mense aan boord hou?” nie. Almal teenwoordig daardie dag het geweet hulle het ‘n heilige, bonatuurlike beweging van God beleef. Mense se oë was geopen vir hulle behoefte vir Jesus, hulle het bewus geword van hulle sondigheid, en hulle het God met hulle hele wese gesoek. En toe die Here van hulle besit geneem het, was hulle harte aangegryp met passie, omdat Hy sy eie hart in hulle geplaas het.

Vriend, wanneer jy ‘n wêreld sien wat waansinnig geword het met sonde, wíl jy God se weë leer ken. En jy verlang daarna om saam met ander te wees wat sy weë ken. Dit is ware gemeenskap – mense wat mekaar liefhet met oortuiging en die hart van hulle ware Herder.

Maar nie een daarvan kan gebeur as jy betrokke is in ‘n slegte gemeenskap nie.

As ‘n prediker van Christus se evangelie, dring ek by jou aan om te vlug van ‘n gemeenskap wat Bybelse standaarde verdorwe het.

Wees versigtig met wie jy jouself verbind of by wie jy aansluit. Moenie vinnig wees om lid te word van ‘n Bybelstudie nie. Wees oordeelkundig met die boeke wat jy lees. En wees slim met die vriendskappe wat jy het.

“Sjoe,” sê jy dalk, “waar kom dit vandaan, Gary? Het jy skielik paranoïes geword?” Ek verstaan waarom jy dalk wonder. Dit is nie die standaard boodskap wat jy van meeste evangeliese kansels af kry nie. Jy word waarskynlik die teenoorgestelde vertel: moenie gou wees om ander te oordeel nie. Maar ek sê nie vir jou om ander te oordeel nie; ek sê vir jou om oordeel te gebruik. En ek wil vir jou ‘n paar belangrike redes gee waarom.

1 Konings 13 bevat ‘n insiggewende storie oor ‘n jongman, slegs geïdentifiseer as “’n man van God.” Sonder om sy naam te ken, leer ons alles wat ons van hom moet weet in een enkele vers: “Toe kom daar ‘n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el” (1 Konings 13:1).

Hierdie vers laat my hart klop. Hier is iemand wat ‘n bepaalde woord van God gekry het – iemand rein en onopgesmuk, opreg en eerlik – en dit was bedoel om die harte binne te dring van die mense wat verval het in ‘n lui, louwarm toestand.

Hoeveel van ons kan uitgeken word op dieselfde manier as hierdie man – as bloot ‘n “man van God”? Kan ons bure na ons kyk en sê, “Daar gaan iemand wat anders is. Sy is nie vasgevang in dieselfde dinge as die res van ons nie. Wanneer ek met haar praat, is daar ‘n standvastigheid oor dit wat sy sê en hoe sy dit sê. Jy kan agterkom sy weet iets van God af.”

Die naamlose “man van God” in die Skrif was dít alles en nog meer. Hy was afgesonder vir God se doeleindes en hy het duidelik homself losgemaak van wêreldse dinge om God se weë te ken. Dit alleen maak hom bekwaam om voor ‘n volk en ‘n koning te staan en God se waarheid te verkondig. Die volgende toneel wys ons dit is presies wat hy gedoen het.

Koning Jeróbeam het pas ‘n verskriklike ontheiliging gepleeg: “Terwyl Jeróbeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan” (1 Konings 13:1). Op die oppervlak, klink dit soos ‘n goeie ding. ‘n Volk se koning gaan kerk toe om God te aanbid en om offergawes te bring. Maar die jongman van God het van beter geweet: Hier is hoe hy gereageer het:

“En hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, ‘n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josia, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word. En hy het dieselfde dag ‘n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken dát die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word” (1 Konings 13:2-3).

Dit is ‘n geheimsinnig-klinkende profesie, maar dit is duidelik skrikwekkend. En dit het die koning ongelukkig gemaak. Volgende lees ons Jeróbeam “steek sy hand bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie. En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE” (1 Samuel 13:4-5).

Toe die koning die man wou vervolg omdat hy geprofeteer het, het sy hand skielik gevries. Dit was ‘n bonatuurlike gebeurtenis, maar hierdie toneel het ‘n kragtige waarheid bevat: Die Here sal die hand styf maak van enigeen wat in sy eie gesag handel en dit ‘n werk van God noem. Dit dui op ‘n verdorwe gemeenskap. En enige so ‘n werk, sal wegkwyn net soos Jeróbeam se hand.

Die koning het besef dat God ingegryp het,

en dit het hom tot in sy diepste wese geskud. Waansinnig

“begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was” (1 Konings 13:6). Jeróbeam was so dankbaar om genees te word dat hy die man van God uitgenooi het om saam met hom huistoe te gaan, sodat hy hom kon beloon. Maar die jongman het geantwoord, “Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie. Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.” (1 Konings 13:8-9).

Ek hou van hierdie man se gehoorsaamheid. Hy het dit gekies bo ‘n pad wat sy lewe vir altyd gemaklik sou maak. Hy is ‘n voorbeeld van iemand wat God se weg kies bo die vals aantrekkingskrag van ‘n verdorwe gemeenskap.

Vals leraars belowe dat ons beide die wêreld se weë en ‘n getroue lewe in Christus kan volg.

Dit is maklik om die wêreld se verdorwe weë te identifiseer. Dit is baie moeiliker om verdorwenheid in geestelike plekke te identifiseer waar ons nie verwag om dit te kry nie. Dit is wanneer dinge moeilik raak.

Die jongman van God het alles volgens God se woord gedoen tot op daardie punt. Maar op die pad huistoe – op die pad waarop God hom gelei het – het hy op ‘n ouer profeet afgekom.

“Toe sê hy (die ouer man) vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood. Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie; want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie. Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg. Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink” (1 Konings 13:15-19).

Hierdie omstandighede was baie anders as Koning Jeróbeam se uitnodiging. Die jongman was geneig om na ‘n ouer profeet te luister, ‘n man met ‘n bediening en ‘n gevolg, iemand met baie ervaring. Dit het die versoeking baie subtieler gemaak. En in hierdie geval, was hy aan God ongehoorsaam.

Let op die frase wat die ou man gebruik het om hom te versoek: “’n Engel het met my gespreek deur die woord van die HERE...” Herinner dit jou aan ‘n sekere Bybelgedeelte? Paulus vermaan, “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees” (Galásiërs 1:8).

Die woorde van Christen leiers dra groot gewig en so was dit vir die man van God. Die ouer profeet het hom verseker, “Jy hoef nie honger te bly nie. Jy het jou werk gedoen. Dit sou wetties wees om op hierdie rigiede wyse van gehoorsaamheid voort te gaan. Dit is tyd om te ontspan, om ‘n bietjie te rus. Vat dit kalm.” Dit is presies die strekking van baie preke vandag. Ons hoor bitter min preke oor onderwerpe van ‘n heilige lewe. Sê vir my, wanneer het God ooit die pad waarop sy mense moet wandel, verander?

Paulus het ernstig gepraat met diegene wat die weg van die Here gemeng het met die weg van die wêreld: “Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie” (1Korinthiërs 10:21).

Dit was nie die afvallige wêreld wat hierdie goddelike jongman verstrik het in sonde nie. Dit was die verdorwe kerk – ‘n vals profeet wat afgewyk het van God se weg. Wat ‘n tragedie: Die jongman het so ‘n geestelike gesag gehad dat sy woorde veroorsaak het dat ‘n koning se hand verstyf het. Maar hy was ontspoor deur die sagte woorde van die veronderstelde goddelike leier.

Die volgende toneel is tragies: “En hy gaan weg; toe kom daar ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood” (1 Konings 13:24). Dwarsdeur die Skrif, van Esegiël tot die Nuwe Testament, word vals profete beskryf as roofsugtige wolve, gereed om dood te maak en te verslind. Hierdie jongman se dood was letterlik, terwyl die les vir ons geestelik is: Geestelike misleiding van ‘n verdorwe gemeenskap lei tot verwoesting.

Moenie na vals leraars luister wat jou laat glo God kan gebruik word soos ‘n djin om jou wense te vervul nie. Moet nooit ooit ‘n dollar in die kerkoffergawe plaas met die hoop om meer terug te kry nie. God is bedroef oor daardie soort vals lering en deur die gemeentelede wat dit omhels. Ons gebed kan nie wees, “Here, seën my” nie, maar “Here, bring my in lyn. Maak my hart reg. Maak my pad reguit. Dan kan geen leeu my verslind nie. En ek sal u gesag hê om die werk van U koninkryk te doen.”

Dit is altyd die beste om van verdorwenheid af weg te vlug voor dit kan gebeur. Oor en oor in die Bybel sien ons God haal sy mense uit verdorwe situasies. Toe Hy Noag beveel het om die ark binne te gaan, was dit om sy dienaar weg te neem uit ‘n verdorwe wêreld. Toe hy Israel in die Beloofde Land ingelei het, het hy hulle weggeneem uit Egipte se onderdrukkende slawerny.

Dit egter nie net ‘n gevalle wêreld of vals kerkleiers wat verdorwe nie. Uiteindelik is daar die saak van ons eie sondige harte. As gewilde predikers vir ons sê, “Jy kan ‘n voorspoedige lewe hê vandag,” raak dit iets binne-in ons aan – veral as ons voel ons lewe is teleurstellend. Maar ons motiewe om God te nader mag nie wees, “Kan ek iets van Hom kry?” nie. As dit is, jaag ons die verkeerde god na.

Ek preek nie dikwels boodskappe soos hierdie nie. Maar ek kan nie terugkrabbel op enigiets wat ek hier geskryf het nie. Vriend, vlug van die Bybelstudie wat net bestaan om jou te laat goed voel. Vermy die verhouding wat jou dieper in plesiersoekery laat ingaan en weg van om Christus te soek. Vind ‘n ander geloofsgemeenskap as joune daaraan werk om jou binne-in die gebou te kry, eerder as om jou op te lei om Jesus orals te neem. Vlug – en weet dat God Hom ‘n behae het in jou gehoorsaamheid. Amen!

Download PDF