Daar Kom ‘n Nuwe Wêreld

Die Nuwe Testament leer ons dat daar in die laaste dae spotters sal verskyn. Jesus sê dat hierdie spotters sal spot oor alle leerstellinge wat sê dat Christus weer kom om ‘n koninkryk te vestig. As jy hierdie leerstelling probeer verduidelik — dat wanneer Jesus weer kom Hy ‘n koninkryk van ewige geregtigheid — sal jy van jou verstand af genoem word.

Dit is dieselfde spotters wat sê dat ‘n “nuwe wêreld orde” inderdaad aan die kom is. Hulle dink dat ‘n nuwe samelewing net op die horison gereed is om ‘n totaal nuwe werklikheid in te lei. Deur die geskiedenis heen was daar alreeds baie New Age bewerings en die mees onlangse een het deur die laaste drie dekades stadig momentum bereik. Hoekom skree die wêreld nou vir ‘n nuwe wêreld orde om ingelei te word? Dit is omdat Satan weet dat sy tyd kort is. Hy weet dat Christus binnekort gaan terugkeer en hy wil hê dat hordes mislei moet bly en hy doen dit deur hulle te betower met ‘n fantasie wêreld. Die leerstelling van ‘n komende New Age is vol valse hoop insluitend wêreldwye vrede en die einde van siektes. Dit is bedoel om twyfel by God se mense te bring oor die werklikheid van Christus se koms.

‘n Nuwe wêreld is inderdaad aan die kom en dit het nou naby gekom — dit is egter nie sommer net enige New Age nie. Dit is ‘n wêreld waarin Christus terugkom om sy heilige koninkryk te vestig. Elke nasie sal onder die Here se regverdige heerskappy kom en elke opponerende mag sal sy voetstoel word.

Spotters sal geen deel in hierdie nuwe koninkryk hê nie: “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” (2 Petrus 3:13). Geeneen van die volgende mense sal toegelaat word om hierdie heerlike nuwe wêreld te betree nie: “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars” (Openbaring 21:8).

Dink aan die prag en wonder van ‘n lewe onder Jesus se heilige en regverdige heerskappy. Vergelyk nou die tragiese New Age misleiding. Miljoene word oortuig dat hulle in die New Age vrede en vervulling sal kry. Hulle glo dat alle skuld en veroordeling sal verdwyn, dat hulle sondige dade nie langer by hulle sal spook nie en dat hulle vrylik die vlees in oordaad sal kan geniet.

Maar die apostel Petrus gee ons ‘n duidelike prentjie van wat die werklikheid van die komende nuwe wêreld sal wees. Hy sê hierdie teenwoordige wêreld is oppad na ‘n vurige ineenstorting wat God self sal laat plaasvind: “Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal verbrand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal vebrand” (2 Petrus 3:10).

Petrus sê dat hy hierdie beskrywing geskryf het om een rede: hy wil by alle gelowiges “deur herinnering... suiwere gesindheid opwek.” Alles waaraan ons vashou — alle materiële dinge wat ons dierbaar ag en ‘n leeftyd geneem het om op te bou — sal verdwyn. Eenvoudig gestel, die aarde waarop ons lewe is uiteindelik aan die verbygaan.

Baie Christene kyk hierdie Bybelse waarheid mis. Hulle hele fokus is daarop gerig om ‘n wêreld van gemak in hierdie huidige wêreld op te bou. Hulle harte is vasgevang deur gedagtes van voorspoed, aanvaarding en erkenning. Dit is alles die teenoorgestelde van God se plan en doel vir sy mense.

As jy toegewyd is aan Jesus, mag jy wonder hoekom jy nog nooit heeltemal aanvaar gevoel het in jou sekulêre werkplek nie. Miskien was jy nog nooit waarlik selfversekerd onder jou medewerkers nie. Ontvang jy min krediet vir wat jy doen? Word jy verkeerd verstaan, gespot en oor geskinder? As dit so is, moenie bekommerd wees nie. Dit mag alles net die Here se genade wees.

God ken ons harte en of ons vatbaar is vir wêreldse dinge, insluitende ambisie en sukses. In sy genade, het hy tydens jou beproewing gesê, “Ek wil nie hê dat jy hier te besig met  ‘sukses’ sal wees nie, want dit gaan alles verby. Rig jou hart op die hemelse dinge, op die nuwe aarde wat kom.”

Ek wil hê dat jy twee dinge weet. Eerstens, God wil nie ons talente begrawe nie. Hy is egter die finale orkestreerder van ons lewens. En Hy is te alle in beheer van ons “posisie.” Tweedens, in vergelyking met die nuwe wêreld wat kom, is hierdie lewe ‘n verbygaande skaduwee. Ons ewige woning is ‘n plek van groot aksie, vol nuwe horisonne en ongelooflike werke. God gaan nie een enkele talent wat Hy vir jou gegee het, mors nie, of dit nou in hierdie of die volgende lewe is nie. In die nuwe wêreld, sal jou gawes baie, baie groter wees. Hy gaan jou gebruik vir sy heerlikheid in die ewigheid.

Jesus gee vir ons verskeie wenke van hoe die lewe in die wêreld wat kom sal wees.

Bedink die beskrywings van Christus in hierdie gedeeltes: “Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle: hy sal hom oor al sy besittings aanstel” (Matthéüs 24:46-47). God gaan ons aanstel as bewaarders oor sy besittings deur die ewigheid heen. Dink net daaraan: ewige aanstellings, heers oor sy huishouding, regeer oor stede as sy konings en priesters!

Ek verbeel my soms dat wanneer ek by die hemel kom, sal ons nuwe planete ontdek — nuwe wêrelde wat geskep is vir sy heerlikheid, diep in die buitenste ruimte, ver bokant enigiets wat ons beperkte verstand kan verstaan. Nou al, is daar nuwe tegnologië wat wetenskaplikes help om totaal nuwe heelalle te ontdek wat ons nie geweet het bestaan nie. Ons Here se skepping strek soveel verder as wat ons ooit kan dink, dat dit ons verstand te bowe gaan.

Daarmee saam, sal daar saam met Jesus tallose menigtes van heiliges in die ewigheid wees. Ek dink aan die miljoene kinders wat deur die eeue heen voor hulle tyd gesterwe het. So baie was weggegooi, het van honger gesterf of is geaborteer. Hulle was in Jesus se arms in die paradys ingedra. Ek sê jou, dit sal nie hemel wees sonder hierdie kinders nie. En dit gaan te wonderlik vir hulle daar wees. Ek onthou dat ‘n vaderlose seuntjie my eendag vertel het dat hy gedroom het dat hy hemel toe was en Jesus met hom bal gespeel het. Ek glo dat so ‘n gesig meer werklik sal wees as wat ons onsself kan indink.

Wie anders sal daar wees om met hierdie kinders te speel en hulle te seën, vra jy? Ons sal. Ons gaan ewig aangestel wees om hulle lief te hê. God gaan ons ten volle gebruik in sy nuwe wêreld.

Hier is die hart en kern van my boodskap: Deur die lewe wat jou God jou gegee het, is Hy besig om jou op te lei om saam met Hom te heers en te regeer wanneer die nuwe wêreld kom. Dit beteken dat elke beproewing wat jy nou beleef — elke keer wat mededewerkers jou verontagsaam, elke teleurstelling, elke hartroerende uitroep tot God oor jou nutteloosheid — is alles goddelike opleiding. Hy het bedoel dat dit alles jou sal voorberei. Die Here maak jou die hele tyd gereed vir ‘n groter rol in sy ewige koninkryk.

Verbasend soos dit mag klink, sê Petrus dat ons die einde van hierdie wêreld ernstig moet begeer.

Aan baie lesers wat hier lees, mag dit morbied klink. Maar Petrus skryf daarvan as “die dag van God,” wanneer alle boosheid verwyder sal word: “Julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt” (2 Petrus 3:12).

Hierdie vers beteken nie dat ons ons moet verbly oor vernietiging nie. Petrus se woorde hier is bedoel om ons te dra. Wanneer ons ookal ontmoedig word in hierdie lewe, moet ons onsself verheug in die wete dat ons in ‘n nuwe wêreld gaan lewe. Petrus het dan nog ‘n waarheid gedeel wat bedoel is om ons te bemoedig: “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?” (2 Petrus 3:11).

Terwyl jy hierdie woorde lees — oor ‘n groot vuur wat kom en ‘n blink, nuwe wêreld waar geregtigheid heers — verheug jy jou? Miskien is jy eerder bekommerd, “Here, ek glo u Woord dat ‘n nuwe, heilige wêreld kom. Maar ek is bang ek sal nie die goddelike standaarde wat Petrus hier beskryf, sal bereik nie. Ek is bang dat ek mag misluk en op alles uitmis.”

Ek het groot, wonderlike nuus vir jou: Ek kan bo enige twyfel vir jou bewys dat God self begeer om jou vir die komende wêreld te bewaar. Hy het belowe: “Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid” (Psalm 121:7-8). “Die Here bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose” (Psalm 145:20). “En mag... God...julle gees en siel en liggaam geheel en al bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen” (1 Thessalonicense 5:23-24). “En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle weigheid!” (2 Timótheüs 4:18).

Let op hoeveel kere God sê dat Hy sy mense sal bewaar. Hy sê, “Ek gaan jou veilig bewaar deur al die dinge. Dit maak nie saak watter soort beproewing oor jou pad kom nie. Ek self gaan jou in my hemelse koninkryk inbring.”

Sien jy watter leuenaar die duiwel is? Hy dreig om jou te verslind, maar die hele tyd het God belowe om jou te bewaar. Sal jy in sy belofte rus? Luister weer na sy woorde aan jou: “Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose” (Psalm 97:10).

Kry dit vandag in jou verstand en in jou hart vandag: Die Here gaan jou bewaar en beskerm tot die dag wat Jesus jou huistoe neem.

Liewe leser, God het Satan se strik vir ewig gebreek. Jy is vrygemaak. Jy mag bang wees dat jy in die toekoms sal faal, maar God wil daardie vrees by jou wegneem. Hy het belowe om jou self huistoe te neem. En niks sal Hom keer om dit vir jou te doen nie. Daarom is jy waarlik vry. Jy kan uitkyk na ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde waar sy geregtigheid heers.

Dit is nou vir jou tyd om jou fokus op daardie wêreld te plaas en nie op hierdie een nie. Neem ter harte jou Here se kosbare Woord oor sy krag om jou te bewaar. Hy sal nie toelaat dat die duiwel jou oorval as ‘n maklike prooi nie. In plaas daarvan, gaan hy jou bekragtig om jou voet op die vyand se nek te sit; God self sal jou volkome verlos. Dit is sy Woord. Amen!