OM GOD LIEF TE HÊ, IS OM HOM TE VERTROU

David Wilkerson (1931-2011)

“En een van hulle, ’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (Matthéüs 22:35-40).

Jesus het in wese vir hom gesê, “Al wat Ek ooit van jou sal vra, stam van hierdie twee dinge af.” As absolute liefde vir God so belangrik is, moet Hy ons wys hoe om Hom lief te hê. Baie ware gelowiges het al uitgeroep, “Ek weet regtig nie hoe om Hom lief te hê nie.”

Heel dikwels dink ons ons liefde vir God is iets wat ons vir Hom doen, soos lofprysing en aanbidding of die binnekamer binnegaan om met Hom te praat. Of ons dink dat om Hom lief te hê, beteken om heilig en goedhartig te wees en teenoor die ongereddes te getuig. Maar, nee, om God lief te hê, is om Hom God in ons en deur ons te laat wees – dit is iets wat Hy vir ons doen. Ons deins weg van hierdie konsep af asof dit selfsugtig is, maar dit is nie. Ons het Hom die meeste en beste lief wanneer ons toelaat dat Hy deur ons vloei en alles wat Hy sê Hy is, te doen en te wees.

Christene roep uit tot Hom, vastend en biddend met groot trane. “Here, Ek het U lief! Ek het U lief!” Maar liefde spreek God nie net aan as een of ander afgesonderde, onaantasbare Wese wat niks anders nodig het as lofprysing nie. God het nodig om ons lief te hê! Hy het sy kinders nodig om van Sy krag te trek, om sy hulpbronne te gebruik.

Neem die kosbare beloftes van God in besit en laat hulle werk in jou alledaagse lewe. Dit is nie liefde om alles te ignoreer wat Hy belowe het om te wees en te doen deur ons nie. Dit is nie liefde om deur die lewe te gaan, gejaagd, eensaam, bekommerd, depressief en ons eie laste te dra nie. So gaan God se lewe van triomferende, oorwinnende rus binne. Jesus het reeds die duiwel aan die kruis oorwin!