Vandag, is alle dinge moontlik by God

Carter Conlon

Ná die dood van hulle broer, was Maria en Martha bedroef. Lasarus was al dood vir vier dae en daar het ‘n aansienlike skare roubeklaers saamgedrom teen die tyd dat Jesus daar aangekom het. Maria het voor sy voete neergeval toe sy Hom sien en toe Jesus waarneem dat sy en die ander ween, “het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel” (Johannes 11:33). Hou in gedagte dat Lasarus en sy susters intieme vriende was van Jesus en het Hom verskeie kere in hulle huis ontvang. Maar, nadat hulle broer gesterf het, kon die susters skynbaar nie verstaan dat Jesus ‘n wonderwerk kon doen nie.

Voor Jesus se ontmoeting met Maria, het Martha uitgegaan om Hom tegemoet te gaan: “Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. Maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee” (Johannes 11:21-22). Wat ‘n fenominale verklaring van geloof! Toe Jesus egter vir haar sê dat haar broer weer sou opstaan, het sy gereageer, “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag” (11:24). Wat het gebeur? Net so gou, het Martha die moontlikheid in die toekoms gestel. Sy kon eenvoudig nie glo vir die hede nie.

Nadat Martha Jesus se stelling na die toekoms gerelegeer het, het Hy vir haar gesê, “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?” (11:25-26).

Toe Jesus by die plek kom waar Lasarus was, het Hy begin ween, nie net weens al die ongeloof wat Hom omring het nie, maar omdat Hy elke situasie gesien het waar hierdie toneel sou uitspeel in die toekoms – elke mens, elke familie, elke geval waar sy kinders bloot nie wou glo in sy vermoë om lewe uit die dood te bring nie.

Dit is die dilemma van die eeue! God praat en ons stem saam – maar slegs tot ‘n sekere punt. Byvoorbeeld, baie gelowiges sê, “Ek glo Jesus kom weer vir sy heiliges ... eendag.” Maar die wederkoms van Jesus is om die draai en sy opstandingslewe is vir ons op hierdie oomblik. Laat ons regtig glo volgens Matthéüs 19:26 wat sê, “By God is alle dinge moontlik” – vandag!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.