Oorgegee aan sy Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

“God wat elkeen sal vergeld na sy werke ... maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn; verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen” (Romans 2:6, 8-10).

Die meeste van die probleme van hierdie geslag is die gevolg van ons eie ongehoorsaamheid. Wanneer ons vasgevang raak in die web van ons sondes, is ons meer dikwels meer begaan oor ons reputasie as hoe ernstig ons die Saligmaker bedroef het. Dit is selfsugtig om meer bedroef te wees oor wat mense van ons dink as oor hoe ons ongehoorsaamheid die hart van Jesus breek.

Oral ly mense. Huwelike verkrummel en veroofsaak verskriklike ellende en pyn vir soveel betrokke. Menigtes leef onder ‘n wolk van skuld en wanhoop. Daar is Christene vandag wie se lewens oorstroom word met probleme en smart. Nog nooit was daar soveel hartseer, leegheid, eensaamheid en verwerping nie. Slegs God weet hoeveel Christene hulleself aan die slaap huil, of wat nie kan slaap weens depressie, angs, eensaamheid en wanhoop nie.

Behoort ons nie moeg te raak vir al die probleme en hartseer nie – genoeg sodat ons sou begin smag na die heerlike rykdomme wat belowe word in Christus? O geliefdes, vrees is nie die beste motief vir gehoorsaamheid nie – liefde is!

In liefde gee ons oor en heerlike oorgawe aan die wil van God open die hemele vir ons. Dit is die oorgee van elke sonde en daad van ongehoorsaamheid wat ons die openbaring gee van wie Christus werklik is. Die Skrif sê, “Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie” (1 Johannes 3:6).

Jesus sê, “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21). Gee jou hart volkome aan die Here oor en word “gewortel en gegrondves” deur sy liefde.