Dieper Gaan met Hom

David Wilkerson (1931-2011)

Die grootste openbaring wat die dissipels ooit ontvang het, het gefokus op die opstanding van Jesus Christus. Dit was die eerste dag van die week, en die dissipels het agter geslote deure weggekruip uit vrees vir die Jode. Skielik, het Jesus verskyn – in volle opstandingsglorie – oorwinning oor die dood, hel en die duiwel. Hy het die dissipels sy hande, sy voete, sy deursteekte sy gewys en Hy het op hulle geblaas en gesê, “Ontvang die Heilige Gees” (Johannes 20:22).

Watter heerlike waarhede het na vore gekom – openbaring op openbaring! Dit was amper te veel vir die dissipels, en verskeie van hulle, gelei deur Petrus, het besluit om te gaan visvang (sien Johannes 21:3). Dit was vir Petrus moeilik om dit alles in te neem. “Ek kan nie die kruis verstaan nie – hoe sal ek ooit sy opstanding verstaan? Na al hierdie tyd wat ek saam met Hom deurgebring het, het ek so min verstaan. Laat diegene wat slimmer is verder gaan met Hom. Ek wil net my eie ding doen, op my eie stil manier.”

Baie van ons reageer teenoor geestelike dinge op baie dieselfde manier. Ons weet die Here het ons geroep om dieper met Hom te gaan, maar ons vermy die uitdaging. Ons val terug op ons ou weë en voel dan skuldig oor ons traagheid. Ons vrees ons sal nooit voldoen aan dit wat God vir ons wil hê nie, so ons gaan terug daarna om besig te wees – onbeheerste inkopies, stokperdjies, nuwe projekte. Die tyd wat eens met God deurgebring is om te groei, is gemors op een of ander vorm van “visvang” en ons word ligsinnig en besluiteloos.

Terwyl Petrus visgevang het, het die Here opgelet hy het niks gevang nie en het hom beduie om sy net aan die anderkant uit te gooi – waar hy ‘n ontsaglik groot oes van visse bymekaargemaak het. Later, toe Petrus sy vangs gesorteer het, het Jesus in wese vir hom gesê, “Petrus, as jy my liefhet, keer terug na waar jy was. Volg my; laat my skape wei; hou op om jou eie ding te doen. Word wakker!” (sien Johannes 21:15-18).

Al wat Jesus van jou vra, is dat jy Hom liefhet. Moenie daaroor bekommerd wees om te voldoen nie en moenie toelaat dat jou droë tye jou wanhopig maak nie. Juig daarin – dit is deel van God se plan om jou in sy doel vir jou lewe te bring.