Werp Jou Laaste Afgode Neer

David Wilkerson (1931-2011)

Jabbok, die plek waar Jakob gestoei het met die Here en hy sy algehele oorgawe aan God gemaak het, is ‘n voorbeeld van die plek waar Christene hulle private oorloë voer. Daar is geen beraders, geen vriende, geen helpers nie – net jy en God.  By Jabbok, het Jakob sy laaste afgod neergelê het en sy grootste oorwinning behaal. En daar het hy sy nuwe karakter en sy nuwe naam – Israel – gekry.

“En hy het dieselfde nag opgestaan...en deur die drif van die Jabbok getrek...” (Génesis 32:22). Jabbok beteken “’n plek van oorgang,” maar dit staan ook vir stryd; om leeg te maak en uit te giet. Die heerlike waarheid geopenbaar in hierdie plek het alles te doen met ons vandag. Dit is waar God se kinders die geheim ontdek van mag oor elke boesemsonde. Dit verteenwoordig ‘n lewe-en-dood krisis, een wat lei tot absolute oorgawe.

Ons is bekend met twee oorgange – die Rooi See en die Jordaan. Die oorsteek van die Rooi See verteenwoordig ‘n nuwe begin, ‘n uit die wêreld kom, “gered word.” Die oorsteek van die Jordaan verteenwoordig ‘n verbintenis om verder te gaan met die Here, te getuig, te groei in Christus en die volheid van die Heilige Gees te ontvang.

Maar daar is meer – ‘n derde oorgang, ‘n oorgang na die plek van ware rus in God. Daar kan geen glorieryke oorwinning oor self en sonde wees totdat jy na jou persoonlike Jabbok gaan nie. Menigtes Gees-vervulde, Gees-geleide gelowiges het nog nooit die ware rus van God geken nie weens boesemsonde of ongeloof. God het vir Israel gesê, “dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie” (Hebreërs 3:19).

Ons Here wil ons verander in nuwe mense met suiwer harte en rein hande. Ons persoonlike Jabbok is die plek waar die Here ons roepstemme van desperaatheid hoor en ons aanraak, net soos Hy Jakob aangeraak het. Tydens Jakob se stryd met die Here, was sy heup uit potjie geslaan en die Here het hom doelbewus swak gemaak, maar hy het deurgebreek in glorieryke oorwinning. Dieselfde mag waar wees vir jou. Hy mag jou menslike pogings verlam en veroorsaak dat jy weghuppel, verneder en kreupel. Maar jou oorgawe sal jou in oorwining bring, totaal afhanklik van jou Verlosser.