Moenie Dit Wat Jy Sien Vrees Nie

David Wilkerson (1931-2011)

“Want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdige ... Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie” (Psalm 37:17,19). Hierdie wonderlike profesie aan God se kinders is besig om voor ons oë vervul te word. Psalm 37 sê vir ons dat die Here opstaan om op te tree teen samelewings wie se sondes die hemele ontstel het. Dieselfde Psalm is egter ook een van groot hoop en bevat ‘n ontsaglike belofte vir diegene wat hulle vertroue ten volle in die Here plaas.

God sê Hy “ondersteun die regverdige,” wat bloot beteken dat God getrou is in sy toerekening van ellendes, maar ook in sy beloftes. Dawid sê in wese, “Kyk rondom jou en sien hoe God sy Woord nakom. Sy waarskuwings word nou gemanifesteer in julle hoofopskrifte, sy dade is oral in die media. Sal God nie ook sy Woord nakom om sy uitverkorenes te bewaar nie?”

Dit maak nie saak wat in die wêreld gebeur nie – ongeag hoe vreesaanjaend die nuus word, hoe erg die wêreld wankel – God se kinders sal nie beskaamd gelaat word nie. Die Here sal inderdaad op ons geloof reageer om sy Woord aan ons te vervul. Ons mag ly, maar Hy sal deurkom vir almal wat Hom volkome vertrou.

Christene gaan onmoontlike situasies in die dae wat voorlê beleef, maar ons Here sal wonderwerke doen wanneer daar geen menslike oplossings is nie. Trouens, Hy plaas gewillig sy reputasie in die hande van sy kinders en roep ons om Hom aan sy Woord te verbind. Jy mag dink, “Maar God kan sy eie Naam verdedig; Hy het my nie nodig nie.” Dit is nie so nie! God het sy kinders uitverkies om sy getuienis teenoor ‘n afgestompte, ongevoelige wêreld te wees en Hy roep ons om Hom openlik daartoe te verbind om te doen wat Hy belowe het.

“Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my” (Psalm 109:21). God sal nooit sy kinders wat op Hom vertrou, beskaamd laat staan nie. Hy sal sy Woord nakom want sy eie eer is op die spel.

Tags