Herlewing in Jou Huis

David Wilkerson (1931-2011)

Die fondamente van Christelike huise word geskud, ‘n direkte gevolg van die morele en geestelike verval in ons samelewing. In die boek Handelinge lees ons van die glorieryke wonderwerk in die huishouding van Cornelius – ‘n verandering wat net gekom het omdat een man vasberade was om toe te sien dat sy gesin gered word.

“En daar was in Cesaréa ’n man met die naam van Cornelius ... Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en ... was altyddeur in die gebed tot God” (Handelinge 10:1,2). Cornelius was so vasberade om toe te sien dat sy huis in God se volheid inkom dat hy sonder ophou gevas en gebid het.

Biddende mense kry altyd God se aandag! Toe Cornelius uitgeroep het na die hemel, het hy baie duidelik in ‘n visioen “’n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius” (Handelinge 10:2,3). Toe het die Here hom beveel, “Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word ... Hy sal jou sê wat jy moet doen” (Handelinge 10:5,6).

Op dieselfde tyd toe Cornelius gebid het, het ‘n ander biddende man, Simon Petrus, sy eie ontmoeting met die Here gehad. God het vir hom ‘n visioen gegee om hom gereed te maak om na die huis van Cornelius te gaan om verlossing te bring (sien Handelinge 10:10-16). God werk aan alle kante wanneer sy kinders ernstig tot Hom bid. Hy het ontelbare dienende engele; Hy het waens en leërskares van die hemel; Hy het die mag en majesteit in die hemel en op aarde; Hy spreek die woord en dit geskied; en niks kan sy volmaakte wil weerstaan nie.

Jy kan jou eie huis gered sien deur jou hart daarop in te stel om die Here te gehoorsaam ten alle koste. Dit is ‘n saak van groot erns vir ons hemelse Vader. Cornelius het die tyd in die teenwoordigheid van die Here deurgebring en die Here het hom spesifieke lyding gegee. Net so, wil God vir jou wys wat nodig is aan jou kant en wanneer jy gehoorsaam, sal jy herlewing in jou huis sien.  

Tags