Triomferende Geloof

David Wilkerson (1931-2011)

In Númeri 13 en 14, vind ons die taal en definisies van ware geloof en ongeloof. Die tien spioene wat opgegaan het na die land het teruggekeer met ‘n verslag oor wat hulle gesien het. “En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte. Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien” (Númeri 13:27-28). Dus was die verslag beide positief en negatief.

Die volk was paniekerig en het met vrees en ongeloof uitgeroep, “Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons” (sien 13:31). Maar Kaleb, ‘n stil stem van geloof, het net die teenoorgestelde benadering gehad: “Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig” (13:30).

Die hele gemeente het saamgestem, “Laat ons teruggaan na Egipte en slawerny. Ons die kan die Beloofde Land nie binnegaan nie. Daar is te veel sterk vyande” (14:1-4). Maar weereens, het geloof deur Josua en Kaleb gepraat: “Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n buitengewoon goeie land. As die Here 'n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning” (14:7-8).

God wil weet wat in jou, as ‘n ware gelowige, se hart is. Is dit vrees of reuse en ‘n begeerte om terug te gaan na Egipte toe? Hy wil ‘n volk hê wat geloof sal gebruik om alles te vernietig wat hulle weghou van die volheid van Jesus.

Die vyand het geen mag om God se kinders te verhoed om te ontvang wat Hy vir hulle het nie. Satan mag tans dalk ‘n reus van ‘n probleem teen jou gebruik – nie om jou onder te hou nie maar om jou uit te hou. Alle hel woed teen jou om jou te weerhou om die volheid van Christus, ‘n plek van rus, ‘n lewe van vertroue en ‘n wandel van vrede onder sy heerskappy in besit te neem.

Laat jou geloof triomfeer en verkondig, “Ek sal nie vrees vir dit wat ‘n mens aan my kan doen nie. My vyande het geen krag nie want God is met my. Ek neem dit wat Hy vir my het in besit!”