‘n Oproep vir Gewone Mense

Carter Conlon

My hart juig met die gedagte dat dwarsdeur die skriftuurlike geskiedenis, wanneer God iets deurslaggewends wou doen, het Hy dikwels die persoon gekies wat die minste in staat was om dit te laat gebeur. Toe Hy ‘n profeet na die volk wou stuur, het Hy gesoek na ‘n onvrugbare baarmoeder in ‘n vrou genaamd Hanna. Toe Hy sy volk uit die hande van die Midianiete wou verlos, het Hy aan Gideon verskyn – die geringste in sy vader se huis in die stam van Manasse. Toe Hy ‘n wonderlike belofte aan ‘n man genaamd Abraham wou gee, en vir hom gesê het dat hy nakomelinge sou hê wat so ontelbaar soos die sterre in die lug sou wees en dat die hele wêreld deur hom geseën sou wees, het Hy gewag totdat Abraham geen moontlike manier gehad het om dit in sy eie krag te kon doen nie.

Nadat Salomo by die voltooiing van die tempel gebid het, het die Here in die nag aan hom verskyn en gesê, “Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as ’n offerhuis verkies. As ... my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek” (2 Kronieke 7:12-15).

Ek sien iets van die karakter van God in hierdie gedeelte van die Skrif: sy gewilligheid om te doen wat ons nie vir onsself kan doen nie. Jy sien, die koninkryk van God handel oor mans en vroue wat alles word wat God vir ons bestem het om te wees; om dinge in besit te neem wat nie binne ons natuurlike vermoë is nie; om dinge te verstaan waarvan ons natuurlike verstand niks weet nie; en in vryheid te leef wat geen mate van natuurlike inspanning vir ons kan bring nie. Die koninkryk van God gaan oor wonderwerke en genade!

Die Here wag vir gewone mense soos jy en ek om te iets rakende sy hart te ontdek. Kom na Hom ter wille van die verlorenes van hierdie dag en word ‘n belangrike deel van sy hele plan.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.