Moed om die Vyand in die Oë te Kyk

Carter Conlon

Jesus het eenkeer gesê, “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).

Ek en jy kyk ook vandag ‘n dief in die oë – een wat gekom het om ons toekoms, ons families, ons blydskap, ons hoop en ons effektiwiteit op die aarde te steel. Jesus herinner ons egter dat Hy vir ons ‘n weg gemaak het om ‘n oorvloedige lewe te hê. En daarom moet ons verstaan dat ons die mag het om die vyand agter te laat.

Die duiwel wil jou probeer oortuig dat oorwinning net buite jou bereik is. Hy is egter ‘n leuenaar! God het jou geroep en jou toegerus, om die duiwel te oorwin. Dawid, die psalmdigter het dit op hierdie manier gesê: “Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n muur ... En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk” (Psalm 18:30,40).

Paulus leer ons in die boek van Efésiërs: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efésiërs 6:10-11). Met ander woorde, “Wees sterk in jou innerlike wese. Lewe in die regte verhouding met God.” Ek spoor jou aan om jou Bybel te ken, want dit is jou wapentuig!

Jy kyk die duiwel nie alleen in die oë nie. Vra die Here om vir jou ‘n visioen te gee van wie jy werklik in Christus is, ‘n visioen van waarom selfs “die duiwels glo ... en hulle sidder” (Jakobus 2:19). Die profeet Elisa het eens iets soortgelyk gebid om sy bang dienskneg te bemoedig. “Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.”

Moenie bewe wanneer jy die vyand in die oë kyk nie! Jy het die wapentuig van Christus, die gemeenskap van broers en susters wat daar is om jou te help, en Jesus, die groot Generaal. Jy is nooit alleen nie!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.