Regte Dade met Verkeerde Motiewe

Gary Wilkerson

“Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is” (Romeine 9:30).

Die hart van elke volgeling van Jesus smag daarna om heilig voor God te wees – vry van sonde, met oorwinning oor die vlees, rein en vlekkeloos voor die Here. Hierdie begeerte is in die hart van ‘n mens geplant, ‘n ingebore verlange om reg te leef. Mense van alle godsdienste – en selfs geen godsdiens – word gedring om ‘n goeie lewe te leef, ander lief te hê en die beste mens te wees wat hulle kan wees. Sommiges doen duidelik die teenoorgestelde, maar hulle is steeds bewus van ‘n diep begeerte om reg te doen.

Ons skiet almal te kort aan hierdie begeerte as gevolg van ons sondige natuur. Vir gelowiges, kan die mislukking om op ‘n manier te leef wat God behaag, die gees verpletter. Vir ongelowiges, kan die gees van hierdie wêreld die gedagtes vir enige sin van geregtigheid verduister.

Die begeerte om regverdig te leef, is agter die woord geregtigheid – om in die regte verhouding met God te wees. Dit beteken jy leef met die regte motiewe, emosies en gedrag. Dit neem dit wat verkeerd in ons is – dit wat uit sinkronisasie met God is – en bring ons in lyn met sy planne.

Is geregtigheid regte gedrag? Nie noodwendig nie. Jy kan die regte dinge doen terwyl jy die verkeerde motiewe het; trouens, party Christene doen die regte dinge, maar word deur ‘n farisese gees gemotiveer. Hulle uiterlike gedrag is reg, maar innerlik is hulle “doodsbeendere.” Baie mense jaag geregtigheid na met groot ywer, maar misluk om dit te bereik.

Die sleutel is regverdigmaking (vryspraak). Ons weet Jesus het die prys betaal vir ons sondes deur sy offer aan die kruis om ons vir eens en vir altyd in die regte verhouding te bring. As ons nie regverdig gemaak (vrygespreek) word nie, kan ons nooit regverdig wees nie, maak nie saak hoeveel goeie werke ons doen of hoeveel ure ons in gebed deurbring nie.

En dan is daar heiligmaking. Beide regverdigmaking en heiligmaking is noodsaaklik vir ons geregtigheid. Regverdigmaking plaas ons in die posisie van geregtigheid en heiligmaking is die proses om God se geregtigheid in ons daaglikse lewens te beleef. Dit beteken ons begin met die aanhoudende proses om opreg voor God te leef.

Jesus is jou bron vir beide regverdigmaking en heiligmaking deur sy gawe van genade. Hy is jou krag, jou nuwigheid van die lewe, laat Hom jou daarom verlos van enige druk wat jy mag voel om regverdig te wees. Vertrou Hom alleen vir jou oorwinning!