Ons behoefte vir Goddelike Gemeenskap

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het gesê, “Ek is die brood van die lewe ... Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het ... So sal hy wat My eet, ook deur My lewe” (Johannes 6:35,51,57). Die beeld van brood is hier belangrik. Ons Here sê in wese vir ons, “As jy na My toe kom, sal jy gevoed word. Jy sal aan My verbind wees as ‘n lid van my liggaam. Daarom sal jy krag ontvang deur die lewenskrag wat in My is.” Trouens, elke lid van sy liggaam ontvang krag vanaf een bron: Christus, die hoof. Alles wat ons nodig het om ‘n oorwinnende lewe te lei, vloei na ons toe van Hom af.

Hierdie brood is wat ons onderskei as lede van sy liggaam. Ons word van die res van die mensdom afgeskei omdat ons van een brood eet: Jesus Christus. “Want ons het almal deel aan die een brood” (1 Korinthiërs 10:17).

Die apostel wys daarop, “So is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar” (Romeine 12:5). Met ander woorde, ons is nie net aan Jesus, ons hoof, verbind nie maar ons is ook aan mekaar verbind. Trouens, ons kan nie met Hom verbind wees sonder om ook aan ons broers en susters in Christus verbind te wees nie.

Ons word saamgebind, nie net deur ons behoefte vir die hoof nie, maar ons behoefte vir mekaar. Paulus sê, “En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie” (1 Korinthiërs 12:21). Let op die tweede helfte van die vers. Selfs die hoof kan nie vir ‘n ander lid sê, “Ek het jou nie nodig nie.” Wat ‘n verstommende stelling. Paulus sê in wese vir ons, “Christus sal nooit vir een van die lede van sy liggaam sê, ‘Ek het jou nie nodig nie.’” Ons hoof verbind Homself gewillig aan elkeen van ons; verder sê Hy dat ons almal belangrik is en selfs noodsaaklik is vir die funksionering van sy liggaam.

Dit is absoluut lewensnoodsaaklik dat ons saamkom in Jesus se Naam, om mekaar se onthalwe. As broers en susters in Christus, moet ons na mekaar uitreik met liefde en besorgdheid, terwyl gemeenskap met ander nastreef en mekaar met gebed ondersteun.