Wees Verseker Jou Sonde Sal Jou Uitvind

Wees verseker jou sonde sal jou uitvind! Dit is een van die begrippe in God se Woord wat die meeste misverstaan word. Moses praat hier van 'n spesifieke sonde: die hardkoppige weiering om God heelhartig te volg! Daar is baie sonde hier op aarde wat ongesiens verbygaan en wat slegs met die oordeelsdag geopenbaar sal word. Paulus sê; "In die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens My evangelie" (Romeine 2:16). Die Griekse woord wat hier vir verborge gebruik word, is "dit wat weggesteek is, verberg is, verdoesel is."

Die hoereerder mag dalk sy sonde tot die oordeelsdag wegsteek. Die dief mag dalk sy oortredinge wegsteek en nie in hierdie lewe uitgevang word nie. Bose harte, bose gedagtes - mag verborge bly voor die mense. Skynheiligheid mag weggesteek bly vir jare onder 'n dekmantel van vroomheid. Maar die sonde van half-hartigheid sal jou altyd uitvind - hier en nou! Vir die doel van die boodskap, het ek dit middel grond, genoem.

God het Israel beveel: "Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die Here, julle God aan julle sal gee, en julle sal dit in besit neem en daarin woon" (Deuteronomium 11:31). Hulle erfenis was aan die kant van die Jordaan. Dit was anderkant die Jordaan waar God 'n plek sou kies om sy tabernakel op te sit en dit was Silo. Daar sou die Ark van die verbond rus, 'n simbool van die Here se teenwoordigheid tussen hulle.

Twee kruisings was nodig! Die kruising van die Rooi See was die soort waar jy die wêreld en sy afgode en wellus agterlaat - 'n duidelike bekering. Die tweede kruising was die Jordaan, was om te sterf aan self en om vorentoe toe gaan in die volheid van Christus. Jordaan in Hebreeus beteken, "gaan af, onderwerp, lê laag." Eintlik stel dit die dood voor! Doodgaan vir alles wat nie soos Christus is nie - alle ambisie, afgodediens, self!

Tussen die twee krusings was die terrein van Gilead en Jaéser - wat die grens van die Jordaan van die Land van Volheid was. Dit is middel grond, 'n plek van halwe oorgawe en dit was totaal onverdedigbaar. Dit was 'n baie gevaarlike plek om in te leef, omring deur heidense vyande, en dit dui op die te kort skiet van God se finale plek en doel vir Sy kinders.

Twee en 'n halwe stamme - Reuben, Gad en die helfte van Manasse het baie gemaklik gevoel in die middel grond! Hulle in werklikheid gesê, "Dit is so ver soos wat ons gaan! Dit pas ons lewenstyl baie goed! Ons het 'n lang pad gekom - ons is moeg - gee vir ons Gilead-Jaser. Laat die res gaan - ons gaan ons hier vestig.

"Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop ons s'n geword het ..." (Numeri 32:19). ". laat hierdie land aan U dienaars as 'n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie" (Numeri 32:5).

Dit is nie net 'n geskiedenisles oor die stryd van Israel nie. Hierdie lesse dien as voorbeelde, ". hulle wat 'n afbeeldsel en skaduwees van die hemelse dinge bedien." (Hebreërs 8:5). Paulus sê, "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie" (1 Korinthiërs 10:6).

"Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het" (1 Korinthiërs 10:11). Met ander woorde dit is geskiedenis met 'n stem - wat met ons praat!

Die voorbeeld van om in die middel grond gevestig te wees, praat duidelik oor die louwarmheid en kompromie in die kerk vandag. God wys vir ons in hierdie tragiese verhaal die verskriklike gevolge van gedeeltelike gehoorsaamheid. Ons sien hulle in die eerste fase waar hulle reg begin, maar die oomblik as hulle die dood van die wêreldse dinge in die gesig staar, deins hulle terug en so word plooibaarheid hulle lewenswyse!

Die Woord wys duidelik vir ons hoe hulle sonde van om in die middel grond te bly, hulle uitgevang het. U sal die twee en 'n halwe stam uiteindelik sien waar hulle oorwin word deur die vyand; u sal hulle sien terugkeer na afgodediens - en waar hulle uiteindelik boser word as in Egipte.

Diegene wat in die middel grond leef, deel sekere karaktertrekke! Die karaktertrekke van die twee en 'n halwe stamme kan ook gevind word in diegene wat weier om hulle afgode fyn te maal en om te sterf vir die wêreld. Hulle Hebreeuse name het hulle ontbloot!

Reuben beteken - 'n seun wat sien! Hy was Jakob se eersgeborene. Maar hy het sy geboortereg verloor omdat hy deur sy wellus gedryf was. Hy't met sy vader se byvrou geslaap en Jakob het in sy sterwens uur vir hom gesê; "Reuben . jy het die bed van jou vader beklim, toe het jy dit ontheilig" (Genesis 49:4). Jakob beskryf sy seun Reuben as; "opbruising soos van waters . jy sal die vernaamste nie wees nie" (Genesis 49:3).

Moses het dieselfde swakhede herken. Sy finale gebed aan Reuben was; "Laat Reuben lewe en nie sterwe nie ." (Deuteronomium 33:6). Moses het profeties gepraat, hy't gehoop en gebid dat die wêreldse gees in hierdie stam nie eendag die oorsaak van hulle val sou wees nie.

Reuben het net vir die wêreld oë gehad - sy wellus, sy dinge, sy plesier. Hy was onstabiel, want sy hart was altyd verdeeld, en sy gees was gerig op sy nakomelingskap. Hier was 'n volledige stam verbind aan die wêreld en daarop uit om hulle eie kop te volg.

Gad beteken geluk - trop! Of soldate van geluk - huurtroepe! Moses het die volgende van Gad gesê - "En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies" (Deuterenomium 33:21). Hierdie stam was aan die buitekant gehoorsaam - en "het die geregtigheid van die Here uigevoer," maar die oorheersende karaktertrek was self belang. Gad was behep met sy eie probleme - die noodsaaklikheid om dit te maak!

Gad se filosofie was - "Ek sal met God se weermag veg; ek sal gehoorsaam wees en alles doen wat God van my verwag. Maar eers - moet ek 'n aandeel in die lewe kry. Ek moet my en my familie eers op die been kry. Dan sal ek vry wees om meer vir God te gee en te doen!"

Hier is die Christen wat dink - God verwag dit van my om eers na my familie om te sien - ek moet die rekeninge betaal. Sodra ek 'n bietjie lig sien - en bietjie voor kom - sal ek meer van my tyd aan die Here gee." Rebellie is die wortel van die soort houding. Daar is nie 'n brandende begeerte om God alleen tevrede te stel en uitsluitlik net Sy wil te doen nie. Die stam van Gad was vervul met eiesinnigheid, selfverbetering en selfbelang.

Manasse beteken om te vergeet en te verwaarloos! Dit was Josef se eersgebore seun en hy moes eintlik die geboortereg ontvang het, maar selfs in sy kinderdae het daar 'n hartseer eienskap ontwikkel - en Jakob het dit in die gees gesien. Manasse sou eendag die weë van sy vader Josef vergeet en die opdragte van God verwaarloos.

"Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse; hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene . Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring . Maar sy Vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet . So het hy dan Efraim voor Manasse gestel" (Genesis 48:14,17,18-21).

Hoe naby aan God moes Israel (Jakob) nie gewees het nie - hoe duidelik was hy nie deur die Heilige Gees gelei nie. Hy het die gees van verdeeldheid vooruitgesien tot hierdie nageslag. Dit was 'n stam wat net halfpad aan die volheid van God toegewy sou wees!

Ironies genoeg, het hierdie stam 'n konstante herinnering, wat hulle daaraan herinner het om die hele pad met God te stap, saam met hulle gedra. Hulle het Josef se doodkis met bene gedra - om aan die anderkant van die Jordaan te begrawe. "En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee - bring dan my gebeente hiervandaan op" (Genesis 50:25). "En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem" (Eksodus 13:19).

Vir jare het die doodkis Manasse daaraan herinner - "Gaan die hele pad met God, steek die Jordaan oor - in volheid in . " Die bene het ingegaan - maar die helfte van Manasse nie!"

Dink na oor die gekombineerde eienskappe van middel grond Christene: so onstabiel soos water in geestelike oortuigings; blink nooit uit in die dinge van God nie; lou-warm; verswak deur wellus; beheer deur selfsugtige behoeftes; verwaarloos God se Woord; neem God se opdragte nie ernstig op nie; maak hulle eie keuse in plaas daarvan om God te vertrou; hulle vergeet God se seëninge en handelinge van die verlede; onwillig om sekere afgode te laat gaan; regverdig hulle eie besluite; nie bereid om te sterf vir alles wat hulle kan terug lok na die middel grond nie!

Middel grond mense ontwikkel 'n erge hardkoppige eiesinnigheid, een wat nie eers 'n Moses kan verander nie! Hulle sê, "vind hulle uit dat die plek 'n plek vir vee was . en die kinders van God het baie vee gehad" (Numeri 32:1,4). God se wil - God se Woord, is nie eens aan gedink nie! Hulle het na die groen weivelde gekyk, na hulle beeste gekyk, en gesê - "Dit is ons sin! Ons gaan nie verder nie!"

Moses was verontwaardig, "En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n egte kroos van sondige mense om die toorngloed van die Here teen Israel nog te vermeerder" (Numeri 32:7,14). Moses was verontwaardig, "En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n egte kroos van sondige mense om die toorngloed van die Here teen Israel nog te vermeerder" (Numeri 32:7,14).

Hulle antwoord was - "Julle verstaan net nie!" Wat hulle eintlik gesê het was, "Ons hou van die gemeenskap - ons gaan nie terug na ons ou sonde nie. Ons beplan om gehoorsaam aan God te wees - ons sal saam met jou staan en teen die duiwel veg, maar ons wil nie so leef nie. Ons het ons eie idees oor hoe ons God wil dien." Moses kon hulle so hard as wat hy kon berispe - so lank hy net nie probeer het om hulle gedagtes te verander nie! "Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van die Here na die land Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s'n wees" (Numeri 32:32).

Hulle het gesê, - "Ons wil nog steeds saam met U loop, maar ons het besluit om dinge op ons manier te doen." Vandag sien ons dieselfde gees onder diegene wat weier om die weg van die kruis te gaan. "Ek kritiseer nie Christene wat soos heiliges wil leef, alles opgee, nougeset leef, hulleself te kort doen nie - maar dit is net nie vir my nie. Ek is net so goed - ek wys dit dalk nie, of leef dit nie uit nie, maar ek is nie 'n sondaar nie. Ek het my eie idees oor heiligheid en hoe om met God te wandel!"

Hulle stel hulle loopbaan bo Christus! Familie bo God! "Ons sal skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders . en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die land" (Numeri 32:16,17). "Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van Gilead bly" (Numeri 32:26).

Moet hulle aangeprys word omdat hulle so goed vir hulle kinders en vrouens voorsien het? Nee! Hulle het hulle families op middel grond gehou - en hulle beroof van hulle ware erfenis. Hulle moes hulle almal oor die Jordaan geneem het. Dit is waar die geestelike outoriteit was - onder Josua wat deur die kaptein van God se weermag gelei was. Dit was oor die Jordaan waar die Ark, wat die teenwoordigheid van God verteenwoordig het, was.

Hulle moes daar gewees het om die val van Jerigo se mure te sien. Hulle moes die druiwe van Eskol geproe het, die heuning van die land. hulle moes in de volheid van God ingeneem gewees het.

Hierdie misleidende middel grond vaders het gedink dat liefde, beskerming, en geen gebrek hulle kinders en familie bymekaar sou hou! Daarom het hulle hoë mure gebou om hulle veilig te hou - en vir hulle alles gegee wat hulle nodig gehad het en hulle daarvan verseker dat hulle geliefd is. Maar hulle het hulle met die gevaar misreken!

Hier is die groot tragedie van diegene wat nie die volle pad met God gegaan het nie. Hulle het hulle geliefdes uitgeroei, grootouers, huweliksmaats, kinders! Jesus waarsku ". self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder" (Lukas 11:52).

Hier is waar hulle sonde hulle uitgevind het! Liefde was nie genoeg nie. Om hulle oor te beskerm teen hulle vyande was nie genoeg nie. Om alles te gehad het wat hulle nodig gehad het, was nie genoeg nie. Hulle het hulle families verdoem deurdat hulle hulle op middel grond gevestig het. Middel grond mense is die eerste wat geoordeel sal word! Hierdie weerlose mense was deur hulle vyande oorrompel. "In die dae het die Here Israel begin inkort, en Hasael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan; van die Jordaan af na die ooste toe, die hele land Gilead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete" (2 Konings 10:32,33). Hulle kinders het afgodedienaars geword. Hulle vrouens was prostitute en het heidens geword in al hulle weë. Alle geestelike begeertes was verlore en hulle het moreel en fisies verwaarloos geword.

Laat ek ouers waarsku om die Jordaan oor te steek en gekruisig te word vir die wêreld en al sy dinge. As u weier om in God voort te gaan, kompromie in jou lewe of huis toelaat, en jou tuis te maak op die middel grond van louwarmheid - sal jy die dag beleef wanneer jou sonde op jou familie sal neerkom!

Jy sal God se seën op jou lewe verloor en die duiwel sal jou gesin beroof. Jou kinders en familie sal ook in die versoekinge van die wêreld val. Jy sal hartseer op hartseer ervaar - moelikheid op moeilikheid - omdat jy jou op onheilige grond gevestig het!

Diegene wat hulle tuismaak op middel grond gee die teenwoordigheid van God op vir 'n eenvoudige belydenis van geloof. Die gevegte was nou verby en, "So het die Here dan die hele land van Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee, en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon" (Josua 21:43). Dit was tyd vir die twee en 'n halwe stamme om terug te gaan na daar waar hulle harte was.

Nou kom ons by die hartseerste episode in die verhaal, "So het al die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kanaän lê, om te gaan na die land Gilead, na die land van hulle besitting" (Josua 22:9).

Hier is die oorsaak van alle verdeeldheid - die teruggaan na middel grond! Wie het die verdeeldheid veroorsaak? Nie diegene wat met God aangegaan het nie - nie diegene wat die Ark van Sy teenwoordigheid gevolg het nie - nie diegene wat God heelhartig gehoorsaam het nie. Dit was veroorsaak deur diegene, "... wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie" (Judas 19).

Verdeeldheid word veroorsaak deur diegene "wie onder ons uitgegaan het, omdat hulle nie met ons was nie ." Paulus sê, "Demas het my verlaat omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het ." Wêreldgesindheid het die skeuring veroorsaak! Alle hedendaagse verdeeldheid word veroorsaak deur diegene wat weier om Christus as die hoof te hou, deur diegene wat van die vereistes van die kruis wegdraai, wat self-verloëning en gehoorsaamheid aan die nou weg verwerp.

Diegene wat hulleself tuismaak op die middel grond moet 'n altaar bou om eenheid te bewerk - wat "getuie" genoem word! "Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan . het hulle daar 'n altaar gebou . 'n altaar groot van aansien . aan die kant van die kinders van Israel . het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die Here God is" (Josua 22:10,11,34).

Hierdie altaar verteenwoordig hulle uitroep vir eenheid. Dit was 'n positiewe belydenis van 'n hele groep middel grond Christene wat daarvoor gesoek het om hulle identiteit te hou met diegene wat reeds in 'n eenheid aan God se kant van die Jordaan gewandel het.

Wat 'n dogmatiese en geestelike verwarring het dit nie veroorsaak nie! Wat 'n verdeeldheid het dit nie geskep nie - dit het amper in 'n volskaalse oorlog tussen God se mense geëindig. Alles geskep deur middel grond Christene.

Die hele Israel het by Silo bymekaar gekom, ". om op kommando teen hulle op te trek" (Josua 22:12). Eleazar, die priester, met tien prinse het die altaar van geforseerde eenheid genader. Hulle het aan die middel grond Christene gesê, "As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die Here waar die tabernakel van die Here gevestig is en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die Here in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees ." (Josua 22:19).

Die boodskap was duidelik, "As jy vrees dat daar verdeeldheid onder ons is - kom terug oor die Jordaan. Ons is verenig. God se teenwoordigheid verbind ons. Kom in die volheid in en leef met ons in vrede, maar waarom 'n ander altaar? Waarom "getuie"? Daar is net een altaar van eenheid - die tabernakel van Sy heiligheid."

Geliefde - diegene wat verder in die geseënde volheid en heiligheid van Christus ingegaan het, weet niks van verdeeldheid af nie. Daar is geen Baptiste of "Assemblies of God" of verdeeldheid in sy heilige teenwoordigheid nie. Geen middel muur, geen versperring! Alles is Christus en Sy Heiligheid.

Hulle het 'n sigbare bewys van die eenheid van God se uitverkorenes nodig gehad. Dit was 'n altaar wat uit vrees gebou was - vrees om nie deel van God se beweging te wees nie! Daar was 'n gewaarwording in hulle dat hulle uit God se ewige plan met Sy mense uitgelaat sou word. "Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê; Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê; Wat het julle te doen met die Here, die God van Israel . Julle het geen deel aan die Here nie" (Josua 22:24,27).

Wat 'n hartseer verklaring! Hulle moes vooruit gesien het dat daar 'n tyd oppad was wanneer die enigste bewyse wat vir hulle agtergelaat sou wees, of dat hulle met Hom verenig is - 'n stapel stene sou wees - 'n eenvoudige belydenis. Hulle kinders kon die altaar "getuie" sien en bely - "Daardeur weet ek, dat ek een van hulle is."

Waar daar ook al 'n wegtrek van God se plan is - waar die mens ook al skik vir die aardse en sensuele - waar Christene nie meer langer in een plek is nie, in harmonie, in die bo-kamer van afsondering met Christus is nie - dan is daar 'n kunsmatige eenheid - dan is daar leë, yskoue belydenisse.

As u tussen gelowiges is, wat vooruit gaan - "geheel en al gevestig in die Here" - sal jy uitgesluit voel as jy op middel grond is. Jy sal ander daarvan beskuldig dat hulle "hoog-heilig" is! Jy sal ander daarvan beskuldig dat hulle "kliekerig" is. Jy kan probeer soos jy wil om deel van hulle te wees, maar dit sal nie werk nie! Jy is die oorsaak! Jy het jouself vanuit God se bestemde plek van oorwinning, eenheid en geestelike krag verwyder.

Kaleb is ons soort persoon wat die hele end gegaan het! Sy naam beteken "kragdadig" - "lewensmoed"! Josua was 'n tipe Christus. Kaleb was onafskeidbaar van Josua, verteenwoordigend van een wat aanhoudend met die Here wandel!

Kaleb was al daar oor die Jordaan met spioene. Terwyl hy daar was het die Heilige Gees hom na Hebron getrek - "die plek van dood". Met verwondering het hy die heilige berg geklim en geloof het sy siel gevul. Abraham en Sara het daar begrawe gelê, so ook Isak en Jakob en die stamvaders. Jare later sou Dawid se koninkryk daar begin. Kaleb het die heilige plek hoog aangeprys! Van daardie oomblik af wou hy Hebron as sy eiendom besit.

Dit was van hom gesê, ". en hy volhard het om My te volg" (Numeri 14:24). Tot die einde nie het hy nooit getwyfel nie. Salomo het in sy latere jare getwyfel en "hy het die Here nie volkome gevolg nie!" Maar op die ouderdom van 85 jaar kan Kaleb getuig, ". ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het, soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan" (Josua 14:11). "Gee my dan nou hierde bergland ." (Josua 14:12).

"Toe het Josua hom geseën en aan Kaleb . Horeb as erfdeel gegee" (Josua 14:13). "Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, . omdat hy volgehou het om die Here, te volg" (Josua 14:14).

Die booskap is glorieryk! Dit is as volg: Dit is nie genoeg om te sterf aan sonde nie - om êrens in die verlede in die volheid in te gegaan het nie. Die noodsaaklikheid is om in die Here te groei tot die einde toe! Om jou geestelike krag en sterkte te hou en dit nie te laat wankel nie. Om "die Here volledig te volg" - selfs in 'n hoë ouderdom! Dit moet 'n aanhoudende groeiende geloof wees.

Hebron - Kaleb se erfenis - 'n gemeenskaps assosiasie! Met wat? Met die dood! Nie slegs die dood in die Jordaan om te sondig nie - maar ook om te leef in 'n plek van die dood. Om saam met 'n gemeenskap te leef wat met die dood geassosieer word en met die opstanding van Jesus Christus! "Gee vir my die berg." - het hy gevra. Met ander woorde - "Gee my die pad na die dood van self!" Dit was hier waar Abraham 'n altaar gebou het om sy seun te offer. Dit is hier waar Kaleb en sy stam wil leef - gedurigdeur geassosieer met die altaar van lewende offers.

Kaleb se heelhartigheid vir die Here het 'n heilige vuur vir God in sy kinders aangesteek. Terwyl die kinders van die twee en 'n halwe stamme weggedraai het en die wêreld en sy afgode omhels het, het Kaleb se familie sterker gegroei in die Here!

Kaleb het 'n uitdaging gegee, "Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee" (Josua 15:16). Otniël het dit geneem en met Kaleb se dogter getrou. Hy het vooruit gegaan in die Here en die eerste rigter in Israel geword. Maar Kaleb se dogter het die vurige ywer van haar pa gehad. Die land was nie genoeg nie - sy wou "fonteine water" ook hê. Sy't van haar donkie afgespring en dapper haar versoek gerig. "Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my water fonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine op die laagte" (Josua 15:19).

Elke gelowige moet weet wat die fonteine van water beteken. Sy wou die fonteine van lewende water hê! Geen droë grond vir haar nie! Geen onvrugbare onbewerkte grond van geestelike honger nie. Sy wou 'n goed natgemaakte plek in die Here gehad het.

Die sonde van luiheid en halfhartigheid sal jou sekerlik uitvind - selfs in hierdie leeftyd. Vyande sal opstaan en jou van alle kante lastig val - daar sal nie krag of onderskeiding wees om met onweerstaanbare aanslae van Satan te deel nie. Daar sal 'n verlies van vreugde en vrede met God wees. Geestelike lewens sal daagliks agteruitgaan. Die teenwoordigheid van die Here sal verlore wees, en hopeloosheid sal oorneem.

Hoeveel beter, hoeveel veiliger om saam met dié aan te gaan wat die Here se volheid wil hê. God se begeerte vir almal van ons is om in 'n plek van rus, vreugde en vrede in die Heilige Gees in te gaan. Dit vereis om Hom te volg, "met my hele hart, en al my krag."