Muur van Vuur

'n Profesie
David Wilkerson

Laat my jou vertel hoe hierdie profesie ontstaan het. Gwen en ek het pas teruggekeer na ons motel in Sacramento, Kalifornië, ná ‘n veldtog. Ek het die TV aangeskakel en die kanale deurgesoek na ‘n nuusprogram. Een van die kanale het ‘n musiekvideo van ‘n gewilde jong rocksanger gespeel. Dit was so diabolies ek kon dit nie afskakel nie – ek was te verstom oor dit wat ek gesien het.

Ek het Gwen geroep en sy was ook geskok. Demone het die jong sanger vertroetel. Geraamtes het uit grafte verrys. Sadomasochiste het slagoffers geslaan, afskuwelike okkultiese kreature het met mense gedans; bloed het gespuit en daar was openlike vertonings van geweld. Dit was ‘n gesig reguit uit die hel. Ons kon eenvoudig nie glo televisie sou sulke demoniese drek wys nie.

Ek het dit in heilige woede afgeskakel, na die badkamer gegaan, gekniel en gehuil. ‘n Verskriklike, donker voorbode het oor my gekom. Ek het aan my kleinkinders gedink. Hoe sou dit wees wanneer hulle eendag tieners is, as dit nou al so duiwels is?

My gedagtes het oorgeloop met tragiese beelde van die sedelike verval in die Amerikaanse samelewing: ‘n land oorgegee aan seks, geweld, bloedvergieting, satanisme, sadisme en goddeloosheid.

Dieselfde week was daar nuusberigte van klein kindertjies wat gemolesteer is in dagsorgsentrums dwarsdeur die land. ‘n Vyf-en-tagtige jarige bestuurder van een dagsorgsentrum was aangekla van seksuele molestering van seuntjies en dogtertjies. Selfs ouers was in die tronk gestop nadat hulle daarvan aangekla is dat hulle hul eie kinders seksueel misbruik het. Die stories klink te verskriklik, te angswekkend om in Amerika te gebeur.

Daardie selfde dag was ek ingelig dat die polisie in ‘n klein noordwestelike stad ‘n groot dwelmkring opgebreek het wat bestuur is deur die mees gerespekteerde dokters, prokureurs en besigheidsmense in daardie dorp. Hulle het tieners hel toe gestuur vir die almagtige dollar.

‘n Bejaarde vrou in Chicago het $44,000 verloor – al haar spaargeld – om haar huis te reinig van “steenkanker.” Landswyd, word duisende bejaarde mense verkul en hulle geld verduister om hulle brandarm met gebroke harte agter te laat. Die kriminele kontrakteurs en bedrieërs kom skotvry en lewe soos konings op hulle gesteelde geld. Elke dag vertel die hoofberigte van toenemende aantalle van die bejaardes wat geslaan, besteel en doodgemaak word in hulle huise. Watter soort verdraaide verstand kan sulke geweld pleeg teen hulpelose, swak grootouers?

Ek het gedink aan die miljoene kinders wat slagoffers is van egskeiding en vervreemding van ouers. Hoe sal dit wees oor ‘n dekade van nou af wanneer hierdie woedende kinders hulle vyandigheid op die samelewing uithaal? Wat van die driejarige meisie in Haarlem wat ek gesien sit het op die trappe van ‘n vervalle deelhuis en ‘n tandestokkie in haar arm probeer steek en voorgegee het dit is ‘n naald? Sy wou soos haar groot dwelmverslaafde broer wees.

En wat van die vloedstroom van homoseksualiteit? Sal ons kleinkinders gedwing word om in die klaskamer te sit waar daar geleer word dat homoseksualiteit ‘n gerespekteerde manier van lewe is – of selfs ‘n voorkeur lewenstyl is? Ek wonder wat as God dit nie meer kon verdra nie en ‘n vloek stuur op hierdie hele groep? VIGS het ten minste ‘n twee jaar inkubasie tydperk, net soos melaatsheid. Hierdie moderne melaatsheid sal uiteindelik meer homoseksuele vernietig as die vuur en swael in Sodom.

Na dit wat ek pas op televisie gesien het, en al die gesigte in my geestesoog van die sedelike agteruitgang in Amerika, kan ek nie onthou van ‘n tyd wat ek so depressief gevoel het nie, so hopeloos oor die toekoms, so bekommerd oor wat my kinders en kleinkinders sal moet deurgaan.

Maar die Heilige Gees het oor my gekom, my op my voete laat staan en ‘n bemoedigende profetiese woord in my hart uitgestort. Dit was ‘n wonderlike ervaring. Ek het geen stem gehoor nie, behalwe in die innerlike mens – en dit was duidelik goddelik. Wat ek gehoor het by die Gees, het al die onheilspellende duisternis weggeneem en al my bekommernisse en vrese oor die toekoms uit die weg geruim. Laat my jou meedeel wat ek gesien en gehoor het.

Die profesie

Hierdie duidelike profetiese boodskap het in my siel weerklink – ‘GOD GAAN JOU EN JOU KLEINKINDERS EN AL SY KINDERS RED DEUR ‘N MUUR VAN VUUR RONDOM HULLE TE WORD.”

Hierdie Muur van Vuur sal hoër, wyer, intenser word soos kwaad toeneem. God gaan ‘n heiliger, meer regverdige, meer toegewyde, meer gewyde geslag oprig as vorige tye in die geskiedenis. Waar sonde meer word, sal genade nog baie meer word.

God sal vir Homself ‘n heilige volk verseker, beskerm deur ‘n Muur van Vuur – so intens dat die duiwel en sy hordes in chaos gedompel sal word en nie in staat wees om diegene agter God se Muur van Vuur te bereik nie.

* Ek was daaraan herinner dat God nie onkant gevang is deur die huidige toestand van agteruitgang in die land nie.

Het God ons nie gewaarsku in Sy Woord dat goddelose mense erger en erger sou word, ander mislei en self mislei sou word nie? Daar sou ‘n groot afvalligheid kom; mense sou liefhebbers van plesier word, meer as liefhebbers van God. God sou bespot word, leiers sou gekoggel word. Mense sou oorgegee word aan goddelose gedagtes, mans wat hulle wend tot mans en vroue tot vroue vir seksuele plesier. Mans sou roekeloos, hoogmoedige, eiesinnig en dronk word; kinders sou ongehoorsaam word aan ouers. Owerspelers en hoereerders sou met hulle sonde spog; selfs Christene sou hulle wend na owerspel en hoerery, terwyl hulle steeds die altaar met hulle trane bedek. Mans se harte sou beswyk van vrees as hulle die rampspoede wat oor die aarde kom, aanskou.

*Waar die vyand inkom soos ‘n stroom, rig die Gees van die Here ‘n hindernis op. Daardie hindernis is ‘n MUUR VAN VUUR. Ek was gelei deur die Gees na die profeet Sagaria. Hoe heerlik was dit om hierdie verstommede woord te vind, “En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, ’n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in” (Sagaria 2:5).

Hierdie profesie vertel duidelik vir ons wat God vir ons, ons kinders en ons kleinkinders gaan doen. Solank as wat die Here vertoef, sal Hy Sy kinders beskerm met ‘n Muur van Vuur wat Satan en sy demone nie kan deurdring nie. Nooit weer sal daar maar net twee oorwinnaars wees wat die beloofde land binnegaan het soos Josua en Kaleb nie. God gaan ‘n sekere groep gelowiges veilig hou en beskerm. Nie almal wat Here, Here aanroep, sal daardie Muur van Vuur binnegaan nie.

* Wie is hulle wat beskerm word deur hierdie MUUR VAN VUUR? Daar kan geen twyfel wees oor wie hulle is nie. ‘n Engel was gestuur om hulle te merk en ‘n opgawe te neem van diegene wat treur oor sonde, persoonlik en nasionaal.

Sagaria het gesê, “En ek het my oë opgehef en gekyk — daar was ’n man met ’n meetsnoer in sy hand. Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is” (Sagaria 2:1,2).

Eségiël vertel ons meer van die engel se sending, “En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ’n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word” (Eségiël 9:4).

Die kerk is die Nuwe Jerusalem, die stad van God. God neem nou sy mates en sonder diegene af wat ‘n vrees vir sonde het – die wat goddeloosheid in die land verafsku en wat daaroor ween.

* Die Engel was twee ander instruksies gegee. God, in Sy vasbeslotenheid om ‘n heilige stad (volk) op te rig en dit te vul met ‘n heilige menigte, het hierdie boodskap in twee dele gestuur.

I. Vlug uit die land van die Noorde!

“Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE!” (Sagaria 2:6).

Die noorde is simbolies van goddeloosheid, of kommunisme, of sy stiefkind humanisme. Uit die noorde sal goddelose leërs kom en na Israel opmars.

Sagaria het gewaarsku, “Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning” (Sagaria 2:13).

* Jeremia het geprofeteer, “Toe sê die HERE vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land” (Jeremia 1:14).

* Jesaja het uitgeroep, “Huil...Skreeu...Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie” (Jesaja 14:31).

* Jeremia het namens God gespreek en gesê, “Steek óp die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring ’n onheil uit die Noorde en ’n groot verwoesting” (Jeremia 4:6).

Wat is hierdie goddelose wind van die noorde waaroor die engel van God ons waarsku om van weg te vlug? Dit is meer as kommunisme. Dit is meer as sekulêre humanisme. Dít is nie die kwaad wat God se huis infiltreer nie. God se grootste besorgdheid is die mensgesentreerde evangelie wat nou gepropageer word deur bedienaars en evangeliste wat onder die invloed is van hierdie “wind van die noorde.”

Daar is ‘n goddelose wind van die noorde wat in God se huis inwaai en duisende van God se  uitverkore kinders mislei. Dit is ‘n soort humanisme geklee met die Skrif. Dit is ‘n Skriftuurlike nabootsing van Napoleon Hill se boek, Dink en Word Ryk.

Hierdie verdraaide evangelie wil van mense gode maak. Hulle word vertel, “Jou bestemming lê in die krag van jou gedagtes. Wat jy ook al kan dink, is joune. Spreek dit in wording. Skep dit deur ‘n positiewe ingesteldheid. Sukses, geluk, volmaakte gesondheid is alles joune – as jy net jou gedagtes kreatief gebruik. Verander jou drome in werklikheid deur verstandkrag te gebruik.”

Laat dit nou eens en vir altyd bekend wees, God sal nie Sy heerskappy abdikeer vir die krag van ons gedagtes, negatief of positief nie. Ons moet slegs die gedagtes van Christus soek, en Sy gedagtes is nie materialisties nie; dit is nie gefokus op sukses of rykdom nie. Christus se gedagtes is slegs gefokus op die heerlikheid van God en gehoorsaamheid aan Sy Woord.

Geen ander lering ignoreer die Kruis en die verdorwenheid van die menslike verstand so erg nie. Dit ignoreer die kwaad van ons vervalle Adamnatuur en dit haal die Christen se oog af van Christus se boodskap van ewige verlossing en fokus dit op aardse rykdom. Heiliges van God, vlug van hierdie wind van die noorde af weg! Dit sal jou lei tot wanhoop en leegheid.

Nog ‘n wind van die noorde is pornografie en sensuele televisie kyk. Ek hoor nou so baie belydenisse van Christene en bedienaars wat verslaaf geraak het aan pornografie, X-gegradeerde films, kasette en vulgêre televisieprogramme.

Jare gelede, in my boek, THE VISION, het ek gewaarsku dat ons Amerikaanse huise pornoplekke sou word waar God se kinders hulle siele kon pynig oor vuil X-gegradeerde TV. Binnekort, sal skottels op huisdakke minder as $500 kos en sal al die Playboy satellietprogramme in die huis ingebring word.

Ek profeteer dit hier en nou, dit tyd is nie ver weg nie waar Christene wat werklik toegewyd is aan die Here Jesus Christus, nie ‘n TV stel in hulle huise sal kan hê nie. Binnekort, sal slegs afvallige Christene een in hulle huise kan hê – en diegene wat sulke gemors sit en kyk, sal soos Lot in Sodom word – gefrustreerd, onsedelik en onsensitief oor alles wat geestelik en heilig is.

Die engel van die Here roep uit, “Vlug, van die gees van die noorde – kom uit en asem slegs suiwer lug van heiligheid en afsondering in.”

II. Skei af van Babel!

“Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!” (Sagaria 2:7).

Sion is die kerk; Babel is die wêreld. God sal nie langer toelaat dat die dogter hand-aan-hand loop met die dogter van Babel nie.

Israel moes die grond van die Jordaan tot die Eufraat in besit neem. God het die Rooi See toegemaak, so hulle kon nie teruggaan Egipte toe nie. Maar hulle probleem was nie teruggaan nie – maar té ver gaan!

Toe die Here dit aan my geopenbaar het, het ek gesien die probleem in die kerk vandag is nie afvalligheid nie – nie terugkeer na die blatante en verregaande sonde van die verlede nie. Die probleem is om té ver te gaan, om God te terg. Jy sien, Babel was net anderkant die Eufraat, naby die grens van die Heilige Land. Die Israeliete het oorgegaan na Babel, hulleself oorgegee aan hoere, en teruggekeer na God se huis om die altaar met hulle trane te bedek. God het vir hulle gesê:

* “Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis. Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste” (Jeremia 5:7-8).

* “U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as ’n rots, geweier om hulle te bekeer” (Jeremia 5:3).

Dit verg nie veel onderskeiding om te weet dat Amerika een groot Huis van Hoerery is nie. Maar weet jy God se huis is nou besoedel met owerspel, homoseksualiteit en hoerery? Manne van God, welbekend, verlaat nou hulle vrouens en families, vat ‘n ander vrou – en hulle verspeel geen tyd nie. Hulle gaan aan soos helde – geliefd en toegejuig.

Dank God vir die toenemende aantal Christene en bedienaars wat die sirene oproep van die vlees verwerp en toeneem in heiligheid en reinheid. Maar God openbaar nou alreeds diegene wat in geheim buite-egtelike verhoudigs het. Ek profeteer dat alle homoseksuele herders en evangeliste wat aanspraak maak daarop dat hulle Geesvervuld is, binnekort geopenbaar sal word en uit die bediening geskop sal word. Sommige van hulle het ‘n leuen vir so lank gelewe, dat hulle nou geestelik dood is. Hulle mag dalk skares trek, hulle mag dalk baie geraas maak en so geestelik voorkom – maar binnekort sal die Heilige Gees van God hulle geheime in die openbaar aan die lig bring. Die profeet Maleági praat van ‘n louteringsvuur wat die seuns van Levi reinig – die bediening.

Waarom rebelleer die kinders? Waarom verlaat hulle die Here? Sagaria het gesê dit is die gevolg van owerspel en buite-egtelike verhoudings.

Herder, evangelis, Christen – Pasop! Jou sonde gaan binnekort geopenbaar word! Die dogter van Sion sal nie langer toegelaat word om knus te wees met die dogter van Babel nie. Jy gaan te ver! Verlaat dit! Loop weg! Indien nie, is die Muur van Vuur nie vir jou nie. In die plek van God se heilige merk op jou voorkop, sal jy die merk van die dier kry.

‘n Verdere Boodskap oor die – Muur van Vuur

* God gaan die vuur met vuur bestry! Wanneer vuurbestryders ‘n bosbrand beveg, gaan hulle voor die vuur uit en brand groot gedeeltes en skep so brandbane. Die vuur gaan dood want daar is niks meer oor om te verteer nie.

God is ‘n verterende vuur. Vir diegene wat gewillig is om in daardie muur van vuur in te loop, sal alle sonde en eiewil verteer word deur Sy heilige vuur. Wanneer die wêreldse sonde van begeertes, owerspel, sensualiteit dawerend val, sal dit niks in jou kry om te verteer nie. Jy sal in staat wees om saam met Christus te sê, “Die bose het gekom en het aan my niks nie.”

Die gebed van al God se toegewyde kinders behoort te wees, “ O God – verteer my. Laat U heilige vure deur my brand en alle wêreldse begeertes, trots en aardse begeerte wat onchristelik is, uitbrand. Berei my voor vir die swaarkry en toetse wat binnekort so intens en kragtig sal word. Louter my met U geseënde vuur.”

* Die heerlikheid van die Here is binne die Muur van Vuur! “En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, ’n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in” (Sagaria 2:5). Satan wil te kere gaan met woede. Hy en die demone van die hel sal verwar en gefnuik word omdat hulle nie weet wat in daardie Muur van Vuur is nie. Hulle kan dit nie aanraak, sien of keer nie. Diegene binne die Muur van Vuur is nie net veilig nie, maar is in heerlikheid.

God se belange is binne daardie muur. Buite die Muur van Vuur, sal daar verwarring en groeiende wanorde wees. En hoe erger toestande word, hoe hoër en meer intens sal die Muur van Vuur word. Christus sal na Sy toegewydes kom soos ‘n omringende muur – ‘n Muur van Vuur wat nooit sal doodgaan nie.

Laat die homoseksuele en sadiste spog met hulle goddelose weë! Laat die punkers rock en die samelewing spot met hulle dwase, goddelose maniere! Laat die duiwel na die aarde kom met groot toorn, wetend sy tyd is kort! Laat die goddelose woed!

Laat die kommuniste en humaniste preek en hulle ateïstiese leerstellings beoefen! Laat die nasies gereed maak vir oorlog! Laat die samelewing hulle oorgee soos afvallige Rome! Laat die mal massas verteer word met die sorge en rykdom en eer van hierdie verdoemde wêreld.

Niks hiervan maak saak vir diegene binne die Muur van Vuur nie! Al wat saak maak vir diegene binne die Muur, is die heerlikheid van God. Diegene wat daardie heerlikheid sien en aanraak sal uitgaan die hele wêreld in – steeds binne die Muur van Vuur – en hulle sal ware lewe bring vir almal wat hulle aanraak.

Tien manne, van al die nasies en tale, sal hulle vasgryp en sê, “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.” (Sagaria 8:23).

Watter onweerstaanbare getuies sal hulle wees wat binne die Here se Muur van Vuur lewe! Mense van statuur sal na hulle kom; hulle sal voor hulle neerval en hulp en vertroosting soek en hulle smeek, want, “Waarlik, God is in jou” (Jesaja 45:11,14).

“Na Hom sal hulle kom” – na hom wat in Christus geregtigheid en sterkte gekry het (Jesaja 45:24). Die mens binne die Muur van Vuur sal gesoek word deur diegene in nood. Hy sal nie hulle wat wanhopig is hoef te soek nie – hulle sal hom soek.

* Die toekoms is blink en heerlik vir diegene wat Sy beloftes opeis om ‘n Muur van Vuur te wees! God het vir altyd enige vrees of bekommernis oor my kinders se toekoms uitgewis. Sou die Here vertoef, sal ons kinders en kleinkinders rondom hulle ‘n muur hoër, wyer, warmer hê as in enige ander geslag.

Daar kom ‘n nuwe pioniersgees vir die werk van die Here onder die jong geslag. Nou reeds stroom jong getroude paartjies terug na die middestad om kerke op te rig. Een van my eie seuns lei nou ‘n middestad kerk in Detroit. In amper elke hoofstad is daar nou dosyne huiskerke wat verrys. Moedige, vreeslose, toegewyde Christus-verteerde jong paartjies gee hulle alles vir die evangelie. Ek verwonder my oor wat gebeur. Die kerke het eens op ‘n tyd na die voorstede gevlug – nou rig God hedendaagse straatevangeliste op wat die duiwel laat vlug in ons verdorwe stede. Hulle weet wat dit beteken om omring te word deur God se Muur van Vuur.

‘n Laaste Boodskap

“So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, EN EK SAL JOU VRYE TOEGANG VERLEEN ONDER DIEGENE WAT HIER STAAN” (Sagaria 3:7).

Hierdie Muur van Vuur staan nie stil nie. God belowe die gehoorsames ‘n plek om te wandel onder diegene wat hier staan. Die Muur van Vuur is daardie onsigbare krag rondom diegene wat in die heilige vrees van God wandel en wat lewe in gehoorsaamheid en totale afhanklikheid van die Here.

Kyk na die Here vandag, en eis Sy beloftes op om rondom jou ‘n Muur van Vuur te wees. Verwag Sy heerlikheid om geopenbaar te word. Bid vir jou kinders! Glo en eis hierdie belofte vir hulle op. Dit is presies wat die Heilige Gees my gelei het om te doen. Ek sal deur geloof my nakomelinge sien agter daardie Muur van Vuur.