Jou Huwelik Kan Dit Maak

Ten simple steps to help make your marriage successful
David Wilkerson

Hierdie boodskap is vir mans en vroue wat wil hê hulle huwelike moet slaag. Dit is ook vir diegene wat weer getrou en agtergekom het dat dit nodig is om die tweede keer nét so hard te werk, of selfs harder. Hierdie boodskap is vir die enkelinge wat hoop om ‘n goeie Christelike huis te vestig een of ander tyd in die toekoms

Hierdie boodskap is slegs vir eerlike huweliksmaats. Dit is nie vir diegene wat soek na ‘n uitweg uit hulle huwelik of wat ‘n manier soek om bloot te bestaan in ‘n slegte reëling nie.

Ek weet van geen sterk huwelike wat nie ernstig getoets is nie. Mans en vroue wat lyding, pyn, misverstand en versoeking beleef het – kan saam bo dit alles uitstyg en ‘n huwelik geniet wat beide mooi is en staande bly. Hoe elke maat reageer op krisisse is die sleutel.

Dit is baie duidelik dat minder huwelike dit maak in hierdie moeilike tye. Die egskeidingsyfer styg skrikwekkend – en dit slaan toe nader aan ons elke dag. Dit is amper soos ‘n siedende vloed buite beheer, wat fondamente meesleur wat jarelank gestaan het. Selfs huwelike wat vir dertig of veertig jaar gehou het, breek op.

Die meeste van die boeke oor hoe om jou huwelik te verbeter, is niks anders as pulp nie. Soms dink ek sommige van die skrywers droom hulle ongetoetste, kinderagtige instruksies op oor hoe om huweliksgeluk te vind.

Dit is nie dat ek nie die hulp van die “kenners” wil hê om my huwelik te verbeter nie; dit is net dat min huweliksberaders prakties of skriftuurlik is. Vir my, is hulle metodes onwerkbaar. In plaas daarvan, het ek ‘n aantal manne en vroue gevra om met my hulle geheime van hulle lang en gelukkige huwelike te deel. Een man het vir my gesê, “Ek is nou al vir 43 jaar getroud en dit is lieflik en selfs beter as ooit.” Daardie man het iets te sê wat ek wil hoor. Daardie twee lieflike mense is die ware kenners.

Die meeste van die tien stappe om jou huwelik te maak werk, is aan my gegee deur mans en vroue wat lang en suksesvolle huwelike geniet. Sommige van die stappe is in my eie huwelik geleer, want ek en my vrou het gesukkel om ‘n blywende liefde te bereik.

Hier, vir jou biddende oorweging, is TIEN MANIERE OM TE HELP OM JOU HUWELIK TE MAAK WERK.

  1. Selfs in julle kwaaiste argumente – moet nooit die woord egskeiding gebruik nie!

‘n Lieflike jong vrou, wie se egskeiding binne ‘n week gefinaliseer sou word, het teenoor ons bely, “Ek wens nou dat ek nooit die woord egskeiding gebruik het nie. Ons is net vyf jaar getroud, maar ons het so dikwels baklei. Dinge het regtig sleg gegaan en eendag het ek dit uitgeblaker – ‘Ek dink ons moet skei.’ Ons was beide aanvanklik geskok. Ons het nooit voorheen aan egskeiding gedink voor daardie oomblik nie. Maar nadat die skok verby was, het ek besef die saad van egskeiding was geplant. Dit was makliker om dit die volgende keer te sê. Binne weke, was dit al waaroor ons gepraat het. Die saad het monsteragtige wortels gemaak wat uiteindelik ons huwelik versmoor het.”

Ander wat geskei is, sê vir my dieselfde dinge. “Sê vir almal wat jy kan,” sê hulle, “om nooit die woord ‘egskeiding’ te gebruik nie. Daar is iets noodlotting in die gebruik van daardie woord. Moenie dat hulle daardie saad plant nie – dit groei te wild en te vinnig.”

Ek stem saam! Die Bybel sê, “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet” (Spreuke 18:21).

  1. Moenie dink dat intense verskille beteken daar is probleme in jou huwelik nie.

Wees eerlik wanneer julle verskil. Druk jou hartseer uit. Laat jou gevoelens wys. En mag God jou help as jy dit nie doen nie. Mense wat dinge innerlik opkrop is kandidate vir allerhande siektes. Maar die meeste getroude mense wat intense verskille het, dink hulle word op een of ander manier allergies vir mekaar. Hulle dink, “O aarde, hier gaan ons al weer. Dit is ‘n hopelose situasie. Ons moes ons liefde en respek vir mekaar verloor het.”

Stop die drama. Julle is slegs menslik en kan maar net so wel dit neerskryf dat julle soms verskille sal hê totdat julle hemel toe geroep word. Leer om dit alles uit te kry, gou. Moet nooit daaraan dink om jou huwelik prys te gee omdat julle steeds swak is in die area van kommunikasie nie. Mense wat soek na ‘n volmaakte verhouding met “geen stryery nie,” is op pad na ‘n regte teleurstelling.

Die belangrikste van alles – moet nooit “die bom” los wanneer julle argumenteer of verskil nie. Elke man, elke vrou, weet presies wat om te sê om sy of haar teiken te tref. Vir my, is die “bom” “skynheilig.” Ek haat dit om ‘n skynheilige genoem te word, en my vrou weet dit. En sy gebruik dit teen my “vir die doodslag.” Wanneer ek haar wil terugkry, sou ek die bom op haar los. “Gwen,” sou ek sê, “jy word vet.” Wanneer sy uit die kamer hardloop en huil, het ek geweet ek het die teiken getref. Dank God, ons het sulke kinderagtigheid ontgroei. Maar ons het steeds verskille.

Die belangrikste ding is om nooit rug teen rug te gaan slaap nie. Neem die humorstok en klop die opgeblasenheid uit jou arrogante gesindheid uit. Lag oor hoe verregaande beide van julle is. Leer om te erken, “Ons huwelik is steeds goed – wat ons hier het, is ‘n gebrek om te kommunikeer.”

Die Bybel bied die beste advies van almal – “Dit is ’n eer vir ’n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los” (Spreuke 20:3).

  1. Moet nooit jou maat die onderwerp van spot maak nie – privaat of publiek.

Komieklike wederhelftes wat spot met hulle maats, beskou dit as “goedaardige grappies.” Dit is nie! Dit is afbrekend en gevaarlik. Grappies maak oor die dom dinge wat jou man of vrou by die huis doen, is ‘n ander manier om hom of haar af te breek. Agter die meeste van hierdie grappies is ‘n gees van woede en kwaadwilligheid. Dit is ‘n manier van “nie hulle foute laat vergeet nie.” Dit is ‘n manier om die foute weer te noem sodat almal kan weet van die mislukking.

Agter al die gelag kan verskriklike hartseer wees. Om die onderwerp van ‘n grap te wees, kan soos ‘n klap in die gesig wees. Hoe dikwels het jy al gehoor ‘n man blaker voor almal wat naby staan uit, “Haai, het julle gehoor wat my vrou gedoen het? Dit was die domste ding waarvan jy al ooit gehoor het.” Dan gaan hy voort om die vernederende besonderhede te vertel. Of sy sal spot, “My man is ‘n vulgêre ou man – en al waaraan hy dink, is seks.” Maar dit is nie ‘n grap nie. Mans en vroue wat mekaar respekteer, daal nie tot sulke dwaasheid nie. Dit verteenwoordig “geen klas.” Spot oor enigiets wat jy wil – maar nie oor jou man of vrou nie. Humor – ja! Spot – nooit!

  1. Oefen om mekaar te komplimenteer – opreg en dikwels.

Hoe tragies dat sommige mans en vroue glo dat hulle geroep is om hulle maat nederig te hou. Hulle steek heeltyd die ballon stukkend sodat hy of sy nie grootkop sal kry nie.

Een middeljarige vrou het vir my gesê, “Iemand moet my man nederig hou. Hy kry so baie aandag van ander af – dat hy ‘n bietjie terug aarde toe gebring moet. Hy word te groot vir sy skoene. Ek weet net hoe om hom uit te stryk.”

Hoe jammer! Eendag sal daardie man haar verlaat en ‘n ander vrou soek wat hom sal opbou. Mans veral, het so ‘n behoefte om bemoedig te word en hulle ego’s onverstoord te hou. Dit is nie ‘n sonde om mekaar op te bou – met opregte komplimente – nie. Dit is nie nodig om leuens te vertel of oppervlakkig daaroor te wees nie.

Enigeen wat voor ‘n heilige altaar kan staan en lewenslange beloftes kan maak, behoort sekerlik genoeg goed in daardie maat te sien om oor te praat.

‘n Geskeide vrou het onlangs vir my gesê, “My man is nou al vir drie jaar weg. Hoe wens ek hy sal terugkom. Die eensaamheid is ondraaglik. Daar is ‘n miljoen dinge wat ek vergeet het om vir hom te sê. As ek hom net kon laat weet hoe goed hy werklik was, op soveel maniere. Wat ‘n dwaas was ek – ek kon nooit leer om hom te komplimenteer nie; Ek het altyd aan hom getorring en het al sy foute uitgewys. Ek sien hoe sommige mans en vroue mekaar so koud behandel en ek wil vir hulle skree – “Word wakker, voor dit dit laat is. Hou op met sarkasme en bemoedig mekaar.”

Vroue is geneig om net so mooi te word soos die komplimente wat hulle mans vir hulle gee. Hulle word stralend wanneer daar vertel word hoe aantreklik hulle is. En mans sal amper enigiets doen om te voldoen aan die komplimente en bemoediging van ‘n trotse vrou.

Die Bybel sê, “Goue appels op versierde silwerborde, so is ’n woord op sy tyd gespreek” (Spreuke 25:11).

  1. Moet mekaar nooit versmoor nie – laat jou liefde vry!

Dit word gesê, “As dit werklik liefde is, laat dit vry – en dit sal altyd terugkeer. Indien nie, was dit nie van die begin af liefde nie.” Daar is ‘n groot mate van waarheid daarin.

‘n Liefdevolle man het teenoor my die geheim van sy lang huwelik van 45 jaar met een vrou vertel. “Ek glo dit is my voorreg en plig om ‘n atmosfeer in my huis te skep waarin my vrou haar volle potensiaal kan bereik. Sy, aan die ander kant, help my om myne te bereik.”

Met sy aanmoediging, was sy aktief in die kerk; sy het vrywillige werk in die hospitaal gedoen; en sy het haar eie wegkruipplek gehad waarin sy haarself kon geniet om te skilder. Hy sê sy was ‘n gelukkige vrou vir hom omdat sy self gelukkig was. Sy was nie versmoor deur ‘n man wat in niks anders as sy eie doelwitte geïnteresseerd was nie.

Jaloesie is ‘n vorm van slawerny – dit is die mees versmorende menslike passie bekend aan die mensdom. Mans en vroue wat die verlies van ‘n maat se liefde vrees, probeer om te oorkompenseer deur te styf vas te hou. Dit word ‘n ystergreep. ‘n Vrou wat dink, “Ek sal hom nie onder my oë laat uitgaan nie!” gee eintlik uitdrukking aan haar vrees om hom te verloor. Die man wat nie sy vrou oorvloed ruimte vir groei en uitdrukking toelaat nie, sal eendag die verveligheid en engheid wat op haar afgedwing word, verag.

Die mees vervullende van alle huwelike, is diegene waarin beide mans en vroue hulle liefde aan God se bewaring toevertrou en wat mekaar werklik vrystel om te groei en volwasse te word. As God jou nie kan saam hou nie, sal sjarme en seks dit nooit doen nie. Sonder vryheid, kan daar geen groei wees nie. Nie vryheid om te flankeer of rond te speel nie maar vryheid om nuwe uitdagings aan te pak en nuwe doelwitte te stel.

Ware vryheid is gebaseer op vertroue, en vertroue kom van veilig voel in mekaar se liefde.

Die Bybel sê, “Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?” (Jesaja 58:6).

  1. Leer om te sê “Ek is jammer!” – en dit te bedoel!

“Love Story” was ‘n film met die tema “Liefde hoef nooit te sê ek is jammer nie.” Dit is ‘n leuen uit die put van die hel. Liefde, volgens God se Woord, is om te leer hoe om te sê ek is jammer.

‘n Ontstoke man het daarin geroem, “Ek het my vrou verlaat laasnag. Sy is altyd reg, en ek is altyd verkeerd, maar nie hierdie keer nie. Ek gaan nie dat sy weer oor my loop nie. Ek weet ek is reg oor hierdie saak. Ek is altyd die een wat eerste moet toegee. Wel – hierdie keer bly ek weg totdat sy op haar hande en knieë terugkruip en erken sy was heeltemal verkeerd.”

Saam met leer om te sê ek is jammer, moet mans en vroue leer om te sê, “Ek vergewe.” Jesus het gewaarsku dat die vergifnis van ons Hemelse Vader daarvan afhang van of ons diegene vergewe wat teen ons oortree.

“En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie” (Markus 11:25,26).

Het jou man of vrou jou verneuk? Het jy seergekry deur owerspel? Het jy per ongeluk ‘n geheime buite-egtelike verhouding ontdek? Was daar ware berou? Probeer jy hard om te vergewe en te vergeet?

Jy sal dalk nooit vergeet nie – maar jy moet leer om te vergewe. So lank as wat jy leef, kan die beelde van jou man of vrou in die arms van iemand anders by jou spook. Jy sal dalk altyd hartseer en bedroef wees daaroor. Maar toon hy of sy bewyse van goddelike berou – en word alle pogings aangewend om dit teenoor jou op te maak – moet jy vergewe. Meer as dit, jy moet vir eens en vir altyd ophou om die verlede op te haal. Menigte duisende huwelike het ontrouheid oorleef, maar slegs omdat goddelike berou oor sonde gevolg is deur Christelike vergifnis. As jy aanhou om die ou, lelike verlede op te haal – sal die huwelik in gedrang wees.

Die Bybel sê, “Die verstand van ’n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ’n eer om die oortreding te vergewe” (Spreuke 19:11).

  1. Moet mekaar nooit uitsluit nie – wees altyd eerlik!

Moet nooit “verstar” of wegloop wanneer dinge moeilik raak nie. Een van die mees verswarende dade wat huwelike vandag irriteer, is stilswye. ‘n Jong vrou het my gevra om “sin in haar man in te praat.” Hy was ongeveer ses voet en vier duim lank en het meer as tweehonderd pond geweeg. “Al wat hy doen,” sê sy, “is toeklap wanneer ons verskil. Hy sal nie terugveg nie. Hy loop net by die deur uit en laat my stoom in my eie sous. Wanneer hy afkoel, kom hy huistoe. Maar hy is soos ys totdat ek opgemaak het met hom. Hy kan vir dae aangaan sonder om ‘n woord te sê. Ek haat dit. Ek wil liewer hê hy moet skree of my slaan. Maar niks meer stilswye nie – ek kan dit nie meer verdra nie.”

Dit is dodelkik verkeerd om vir jou man of vrou te sê, “Los my net alleen. Ek wil nie praat nie. Ek gaan deur ‘n rowwe tyd – laat ek dit self uitsorteer. Ek wil net nie nou naby iemand wees nie.” Dit is nie net dom nie – dit is ‘n ernstige afjak. Waaroor gaan die huwelik – as dit nie daaroor gaan om met mekaar te deel en mekaar te help deur elke krisis nie?

Ek het al die verskonings gehoor: “Dit is daardie tyd van die maand.” “Ek gaan deur die veranderings van die lewe.” “Ek voel nie goed nie.” “Ek het ‘n slegte dag gehad.” “My senuwee’s is gedaan.” Maar nie een van hierdie verskonings gee jou die sedelike reg om iemand wat jou liefhet uit te sluit nie. Hou die deur van jou hart altyd oop om hulp te aanvaar in jou tyd van nood.

Die Bybel sê, “’n Afgebreekte stad sonder muur, so is ’n man wat sy gees nie kan inhou nie” (Spreuke 25:28).

  1. Maak ‘n bewuste poging om die blydskap te laat vloei!

As die blydskap van die Here ons sterkte is (Nehemia 8:10), dan behoort sterk huwelike oor te loop van liefde. Wanneer ‘n huwelik sy blydskap verloor, word dit swak en kwesbaar. Wys vir my ‘n gelukkige huis en ek sal vir jou ‘n vreugdevolle paartjie aan die stuur daarvan wys.

Mans en vroue, wat nie langer saam lag of speel nie, het mekaar nie meer lief nie. Daar is ‘n blye kinderlikheid oor ware liefde. Ek het by die gevolgtrekking gekom dat ons huwelike ver te veel ly onder nugter mans en hartseer vroue.

Verseker is daar probleme. Daar is siekte, onverwagte probleme, finansiële probleme, misverstand, pyn en selfs die dood. Maar die lewe gaan aan – en dit is ‘n skande dat so baie paartjies nooit die lewe geniet nie. Hulle hou aan hoop dat hulle eendag gelukkig en tevrede sal wees – wanneer al die rekeninge betaal is, wanneer die kinders grootgeword het, wanneer hulle aftree. Maar die lewe gaan so vinnig verby en al wat hulle daarvoor kan wys, is die plooie en lyne op hulle bekommerde gesigte.

Nee dankie! Nie vir my nie! Die toekoms is nou. God is op die troon en Hy het alles onder beheer. Dank God vir ‘n maat wat my liefhet. Ek beplan om elke oomblik daarvan te geniet. Ek gaan die blydskap laat vloei! Daar is ‘n tyd om te huil, maar ook ‘n tyd om te jubel. Die goeie weeg swaarder as die slegte – so kyk op en leef.

Die Bybel sê, “’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ’n verslae gees laat die gebeente uitdroog” (Spreuke 17:22).

  1. Moet jou nooit wend tot ‘n derde party in probleemtye nie!

Daar is altyd iemand om ‘n hartseer man of vrou te vertroos. En wanneer daar niemand by die huis is om mee te praat nie, gaan baie ‘n vriend of vriendin elders soek – “net iemand om mee te praat.” Dit is waar amper alle owerspel begin.

Kerkkore kan warm beddens van owerspel wees – as die koorleier nie ‘n man van God is wat kan onderskei nie. Mans en vroue sit by die huis, terwyl gekwelde maats aangetrek word deur ‘n simpatieke vriend in daardie koor. Dit gebeur ook by die werk. In die kantoor. Wanneer mense nou saamwerk. Dit is veral erg deesdae met so baie hartseer mense wat soek na hulp en vertroosting. Geheime buite-egtelike verhoudings begin onskuldig genoeg – net om oor gemeenskaplike hartseer te praat, dan volg die leunproses. Meer as dikwels, lei dit op die ou end tot die verplasing van toegeneentheid en owerspel.

Moet nooit, nooit, nooit jou huweliksprobleme aan ‘n derde party oorvertel nie. Nie eens aan die naaste vriende van jou eie geslag nie. Hulle is gewoonlik die eerste wat jou probleme aan die wêreld uitblaker en hulle is in ‘n posisie om jou seer te maak wanneer jy hulle die nodigste het.

Leun slegs op Jesus! Hy vertel nooit oor nie – behalwe vir die Vader! Dit is waar, daar is so min mense met wie jy oor jou probleme kan praat. Maar mans en vroue behoort beste vriende te wees. Hulle behoort op mekaar te leun. Om op enige ander rigting te leun, lei tot ‘n val.

Die Bybel sê, “Soet is vir ’n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies” (Spreuke 20:17).

  1. Raadpleeg Christus oor elke besonderheid van jou huwelik!

Adam en Eva het bedrog in hulle huwelik ingebring en toe het hulle hul rebellie vererger deur vir God se teenwoordigheid weg te kruip. God kruip nooit weg nie – net die mens doen dit. Maar God was kardinaal betrokke by daardie eerste huwelik tussen die eerste man en vrou. En Hy is net so begaan oor elke Christen huwelik vandag.

Geen huwelik kan dit vandag maak as een of beide maats vir God wegkruip nie. Wys vir my ‘n huwelik sonder ‘n maat wat naby Jesus is, en ek sal vir jou ‘n huwelik wys met min kans van oorlewing. Ten minste een van die maats moet in daaglikse konsultasie met die Here wees. Daar moet ‘n noodlyn na die troonkamer wees. Dit werk die beste wanneer beide man en vrou met Hom praat – maar as daar een maat is wat van God af wegvlug, is dit soveel belangriker dat die ander in staat is om na ‘n binnekamer te gaan vir hulp en leiding. ‘n Biddende vrou kan dikwels haar huwelik red – net so kan ‘n biddende man.

Liefde is nie sterk genoeg om ‘n huwelik sterk te hou nie – net God se krag kan dit doen. Daardie krag is tans aan die werk en genees en bewaar huwelike! Egskeiding is die gevolg van een of beide partye wat hulle geloof verloor. Maar waar Jesus Koning is – kan die huwelik dit steeds maak!

“Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig” (Judas 24).