Selfmoord

Die Heilige Gees het my gedring om teen selfmoord te preek. Eers het ek dit weerstaan om oor so ‘n morbiede onderwerp te preek, maar daar was geen manier waarop ek die dringendheid kon afskud om jongmense te waarsku oor die gruwel van selfvernietiging nie. Gevolglik het ek vir die laaste paar weke in al ons stadswye veldtogte oor selfmoord gepreek.

Nou weet ek waarom God hierdie boodskap op my hart gedruk het! Verlede jaar het hierdie land ‘n 200% toename in jeugselfmoord beleef. Meer as 38,000 tieners het hulleself doodgemaak. Nog meer duisende jong volwassenes het ook selfmoord gepleeg. Dit word vinnig die tragieste probleem in ons land. Wat ‘n verskriklike skande!

Ek was elke aand wat ek oor selfmoord gepreek het geskok tot trane. Honderde jongmense het elke aand vorentoe gekom. En hulle was altyd eerlik om hulle nood te bely. Ek wou weet waarom God my gedring het om hierdie boodskap te verkondig; dus het ek elke aand die vraag gevra, “Hoeveel van julle wat hier staan het al daaraan gedink om jou eie lewe te neem?” In elke diens wat ek hierdie direkte vraag gevra het, het ten minste 10% van hulle hul hande opgelig. Dit beteken tussen 20 tot 40 jongmense het geflankeer met selfmoord. Uit daardie aantal, het vyf tot tien bely dat hulle beplan het om selfmoord te pleeg binne die volgende dag of week.

Daar is ‘n epidemie van selfmoorde

In my twintig jaar van prediking vir beswaarde jeug, was ek nog nooit so geskok en hartseer as wat ek was toe ek te wete gekom het van hierdie kinders met emosionele probleme wat hulleself wil vernietig nie.

In Dallas, Texas, ‘n paar weke gelede, het ‘n bankpresident na sy voortuin gegaan om die oggendkoerant te kry. Hy het na die huis gedraai – en daar op die boonste agterste stoep – het hy sy seun gesien hang aan sy nek. Die seun was ‘n dwelmverslaafde wat tot die slotsom gekom het dat selfmoord die enigste uitweg was.

Ek het ‘n jammerlike brief gekry van ‘n 15-jarige meisie in Los Angeles. Sy het geskryf, “My kêrel het my gelos vir ‘n ander meisie. Ek het hom werklik liefgehad. My hart is gebreek, en ek is so eensaam. My ouers het gelag toe ek met hulle daaroor gepraat het. Hulle het dit kalwerliefde genoem. Hulle weet dit nie, maar ek gaan myself doodmaak. Tensy u my kan help, gaan ek ‘n einde maak aan alles.” Geteken, Janet.

Ek het probeer om Janet te skakel, maar kon haar nie in die hande kry nie. Ek het vir haar ‘n brief met spesiale aflewering gestuur, ‘n lugposbrief, en by haar aangedring om my te skakel die oomblik wat sy die brief ontvang. Ek het haar verseker dat ek ‘n oplossing gehad het, maar “asseblief, moenie jou lewe neem nie!” ‘n Week later, het ek die brief teruggekry, sonder dat dit oopgemaak was. Dit moes haar ouers gewees het wat op die agterkant van die brief geskryf het – “Moet asseblief nie weer pos stuur nie – Janet is nie meer met ons nie. Sy het haar lewe geneem.” Ek het dit nooit vergeet nie en ek sal ook nooit nie. Ek was te laat!

Jesus beroof die duiwel se graf

Twee weke gelede het ‘n jongman in die beradingskamer gestaan en ‘n belydenis uitgehuil. “Ek is so bly ek het my lewe aan Jesus oorgegee vanaand. Ek is ‘n dwelmsmous en my skuldgevoelens is besig om my verstand te vernietig. Ek het beplan om myself vanaand dood te maak. Dit het gelyk of dit my enigste uitweg was. Maar vanaand, toe Mnr. Wilkerson gesê het dat mense wat selfmoord pleeg die oordeel van God moet trotseer, het ‘n vrees oor my gekom. Nou weet ek waarom. Jesus is die enigste ware uitweg.”

Sy gesig was heeltemal anders. Hy het gehuil en gelag en het die veldtog werklik ‘n nuutgebore mens verlaat. Die volgende nag, het hy agter die verhoog ingekom met ‘n sak vol marijuana. Ons het dit vir die narkotiese agente gegee – dit was meer as $2,000 se dagga wat bestem was om aan tieners verkoop te word in sy skool. Wat ‘n pragtige wonderwerk!

Verlede week, het belydende tieners in die Nagloed diens opgestaan om hulle selfmoordneigings te bely. Een 15-jarige meisie het uitgeroep, “My ma het haarself doodgemaak, en ek kon haar nie vergewe nie. Daarom het ek vanaand besluit dit was die nag om haar terug te kry deur myself dood te maak. Ek het met woede en haat geleef elke dag sedert sy gesterf het! Maar vanaand het Jesus al my haat weggeneem. Ek sal myself nou nooit doodmaak nie. Jesus het vir my nuwe hoop gegee!”

Nog ‘n tiener het deur haar trane bely, “My dwelmverslaafde broer was vermoor. Ek het hom so liefgehad. Ek was kwaad vir God omdat Hy toegelaat het dat dit gebeur. Selfmoord sou my manier wees om God terug te kry omdat Hy ‘n moordenaar is. Maar nie meer nie! Vanaand, toe Mnr. Wilkerson oor selfmoord preek, het ek geweet die boodskap was net vir my bedoel – om my lewe te red. Ek vergewe! Nooit weer sal ek Satan toelaat om selfmoord aanloklik te laat lyk nie. Dit is alles verby! Ek is nou saam met Jesus!”

Een tienerseun het opgespring, ‘n mes uitgepluk en uitgeroep, “Dit is die mes! Ek sou dit vanaand gebruik! My lewe is vol vrees en eensaamheid! Ek wil gered en vrygemaak wees van hierdie gedagtes van selfmoord.” Ek het ‘n berader vinnig na hom gestuur om die mes te gryp. Hy het dit gewillig oorgegee en op sy knieë geval, slap en gebroke voor die Here. Drie jongmense van sy hoërskool het na hom toe gehardloop en begin om saam met hom te bid. Nie net het daardie seun ‘n nuwe kans op die lewe gekry nie, hy het die veldtog verlaat met drie nuutgevonde vriende om hom te help om sy eensaamheid te oorwin.

Wat veroorsaak hierdie golf van selfmoord?

Ek vind daar is twee hoofoorsake van selfmoord onder die jongmense wat na ons toe kom vir hulp. Een van die hoofoorsake is die wanhoop van die slawerny van ‘n verslawing. Dwelmverslaafdes, alkoholiste en homoseksuele is almal kandidate vir selfmoord. Duisende van ons kosbare jongmense is verslaaf aan demoniese gewoontes wat hulle lewens vernietig. Hulle kyk elke oggend in die spieël en is geskok! Hulle sien die hol oë, die diep, donker ringe onder hulle oë. Die uitgeteerde arms en bene. Die hartseer en siekte van binne. Dan dink hulle aan hoe hulle hul ouers verwoes. Die meeste van hulle het steeds hulle ouers lief, en hulle word oorweldig met skuldgevoelens en droefheid oor al die foltering en ellende wat hulle veroorsaak. Dan lyk selfmoord of dit die enigste manier is om te ontsnap.

Een jong verslaafde het bely, “Broer David, ek het my lewe opgemors. Net ‘n paar jaar gelede was ek onskuldig en sag. Ek was daardie gemiddelde, gerespekteerde tiener net ‘n kort rukkie gelede. Ek het met die verkeerde mense gemeng, verslaaf geraak aan dwelms, en kyk nou na my. My ouers het respek vir my verloor. Ma kyk nou na my en bars in trane uit. Ek weet ek is nou nes ‘n dier. Ek het geen rede om te leef nie. Ek is moeg om myself skade te doen, en ek is siek daarvoor om my ouers te laat ly. Ek weet hulle sterf ‘n bietjie van binne as hulle sien hoeveel ek verander het. Miskien sal hulle, as hulle voor my kis staan, my kan vergewe en my onthou soos ek was.”

Ek het al soveel keer ouers in my kantoor gehad, wat hulle innige hartseer uitgehuil het nadat hulle ontdek het hulle kinders is verslaaf of verdraaid. Onlangs het ‘n goeie middeljarige Christen paartjie bely, “Net hierdie week het ons seun vir ons gesê dat hy ‘n praktiserende homoseksueel is. Ons het probeer om ons hartseer met ons dogter te deel, en sy het die tweede bom op ons laat bars. Sy het erken sy is ‘n lesbiër. Ons is so hartseer dat ons nie weet hoe om te reageer nie. Ons is amper lam van angs. Ons weet nie eens hoe om nou met hulle te praat nie. Ons enigste twee kinders, en albei het sielkundige probleme. Ons hoor Anita Bryant oor die gevare van homoseksuele onderwysers praat – en ons ons kinders gaan onderwys gee. Maar ons het hulle steeds lief! Wat doen ons nou?”

Maar toe ek daardie twee gebroke ouers verder uitvra, het ek ontdek dat beide die seun en dogter ook diepe hartseer ly. Hulle het gehaat wat met wat hulle gebeur het. Hulle het veral gehaat om hartseer en skande oor hulle ouers te bring. Ek het deernis begin voel, nie net vir daardie vader en moeder nie, maar ook vir daardie arme seun en dogter wat vasgevang is in so ‘n skrikwekkende gewoonte. Hierdie twee kinders is beide op die randjie van selfmoord. En, omdat daardie ouers hulle kinders steeds liefhet, dra dit net by tot die wanhoop van daardie seun en dogter.

Die “verslaafde” tiener wil homself (haarself) doodmaak om boete te doen vir sy sonde. Hy dink, “Ek is ‘n mislukking. Ek verdien om te sterf!” Dit is ‘n vorm van selfkruisiging. Hulle wil na hulle kruis gaan, soos Jesus, en betaal vir sonde. Hulle weet nie Jesus het reeds vir alles betaal nie.

Egskeiding en gebroke huise

Die tweede hoofoorsaak van tienerselfmoord is ‘n gebroke huis. Verlede jaar: een miljoen nuwe egskeidings – tien miljoen kinders slagoffers van gebroke huise. Op die oordeelsdag, sien ek ‘n geslag eensame kinders met emosionele probleme, wat opstaan om te getuig teen ouers wat hulle gefaal het.

Die profeet Jesaja moes gedink het aan gebroke huise toe hy gesê het,

“Maak ’n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil” (Jesaja 14:21).

Ouers wat skei en opbreek lok ongelooflike woede in kinders uit. In Denton, Texas, sit ‘n 14-jarige stom meisie wat weier om te praat of te beweeg. Sy was ‘n opgewekte, gelukkige meisie wat haar ouers verafgod het. Maar eendag het pa net uitgetrek en by ‘n ander vrou ingetrek. Op daardie presiese dag, het Margie in haar dop gekruip en het sedertdien nog nie weer ‘n woord gepraat nie. Ek kan haar nie bereik nie. Niemand kan nie. Sy is soos ‘n koolkop. Eendag kan sy dalk kies om dit alles te beëindig. Die vader sal voor God op die Oordeelsdag staan en moet rekenskap gee vir daardie geruïneerde tiener se lewe!

Nie alle kinders van gebroke huise en geskeides het emosionele probleme en is op die randjie van selfmoord nie. Maar soms maak dit nie sy verskyning tot jare later nie. In elke diens beraad ons nou jong getroude paartjies wat in algehele wanhoop verval – en spoor dit na tot by hulle tienerjare. Hulle het verwerp en verneuk gevoel. Hulle hou ‘n goeie front voor om hulle hartseer weg te steek. Maar dan eendag, jare later, bars al die hartseer en haat oral uit. Hulle eie huwelike ly. En meer dikwels, begin hulle flankeer met selfmoord.

Wat ons kinders nie vertel word nie

Ek is stom geskok om te ontdek dat die meeste jongmense wat selfmoord oorweeg, nooit die waarheid vertel is oor wat na die dood gebeur nie. Satan het vir hulle gelieg. Die dood word geromantiseer en verdraai. Daardie jongmense wat gered word van selfmoordpogings erken hulle het gedink die dood was die einde van alles! Een seun het gesê, “Wanneer jy sterf, sterf jy net. Dit is ‘n wêreld van rus en vrede. Dit is die einde van al jou probleme en bekommernisse. Niemand kan jou seermaak nadat jy gesterf het nie.”

Dit is waarom ek deur hierdie land reis en jongmense waarsku dat selfmoord nie die einde is nie. God help my, ek gaan probeer om elke jongmens moontlik te waarsku dat selfmoord ‘n kaartjie na die hel is! Elke keer wat ek hoor van nóg ‘n tiener wat ‘n oordosis gesluk het of ‘n sneller getrek het, sê ek vir myself, “Hy kon dalk nooit selfmoord gepleeg het as hy werklik geweet het waarheen hy op pad was nie. Hy het nie geweet dat die dood net die begin is nie.”

Presies, dit is wat ek wil hê elke tiener in die wêreld moet weet. Wanneer ‘n mens sy eie lewe neem, is hy skuldig aan vyf belangrike sondes – waarvoor hy voor God moet staan en rekenskap gee. Hierdie sondes is moord, van God steel, vrees, ongeloof en wetteloosheid. Maak jouself net dood, dryf dan weg op ‘n wolk van rus en vrede? Nooit! Hier is wat my Bybel daaroor sê:

“Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood” (Openbaring 21:8).

Dit is nie ‘n uitweg nie. Nee! In plaas daarvan, is dit ‘n weg na uiterste duisternis. Na die dood, die oordeel! Elke selfmoordslagoffer gaan reguit na die oordeelsaal van Christus toe. Die lewe is ‘n gawe! Jy kan nie God speel en daardie gawe teruggooi in sy gesig nie. Hy alleen hou die sleutel tot lewe en dood – slegs God kan besluit wanneer om dit te gebruik.

Jy het geen wettige of sedelike reg om jou liggaam te verontreinig nie. Eintlik behoort dit glad nie aan jou nie. Jesus het dit gekoop en daarvoor betaal – en selfmoord is om van God te steel! En God sal dit nooit ongestraf laat bly nie. Die Bybel sê,

“Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle” (1 Korinthiërs 3:16,17).

As jy gereed is om die Oordeelsdag in die oë te kyk as ‘n dief – as jy gereed is om die ewigheid geskei van God in ‘n buitenste duisternis te leef – as jy gereed is om jou liggaam vir niks aan die duiwel te verkoop – gaan dan voort! Neem jou lewe! Speel God! Gee jouself oor aan jou skuldgevoelens en selfbejammering! Maar jy is gewaarsku! Hou net die volgende in gedagte – jy weet nie wat hartseer en smarte is totdat jy voor God staan as ‘n dief mie! Deur te sterf, begin jou moeilikheid eers. Jy sal van hopeloosheid gaan – na vrees en oordeel!

‘n Boodskap van vrees? Jy beter dit glo! Ja, en die vrees van die Here is die begin van wysheid. Word wys, tiener! Raak ontslae van alle gedagtes aan selfmoord. Nou!

God se uitweg is deur eenvoudige, kinderlike geloof. Vertrou Hom! Hy kan jou donker wolke laat verdwyn en al die onheil laat verdamp. Vertrou Hom om vir jou ‘n wonderwerk te gee – om dinge ten goede te laat meewerk! Vertrou Hom soos ‘n vriend wat nader is as enige iemand anders op aarde! Vertrou Hom om jou gedagtes helder, stabiel en goed gebalanseerd te hou. Hy het belowe om dit alles en meer te doen vir almal wat Hom bloot vertrou soos ‘n kindjie.

Wanneer die vyand inkom soos ‘n stroom, sal die Gees van die Here hom op loop jaag. Dank God, ons gaan sien hoe die Heilige Gees duisende tieners met emosionele en sielkunde probleme uit die kloue van selfmoord en dood red! Ons sien God se krag dit elke aand doen! Dank God dat die poorte van die hel nooit die waarheid sal oorwin nie!

“Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig” (Judas 24).