Verkry die Volheid van die Seën van Christus | World Challenge

Verkry die Volheid van die Seën van Christus

David WilkersonFebruary 3, 2003

"En ek weet as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom" (Romans 15:29). Paulus het hierdie woorde aan die Christene in Rome geskryf. Hy het hulle in wese vertel, “Ek twyfel nie daaraan nie, dat wanneer ek julle ontmoet, dit in die volle maat van Christus se seën sal wees.”

Hierdie woorde van die apostel impliseer iets wat elke gelowige moet weet. Dit is dat daar verskeie grade of mate van Christus se seën is. Sommige gelowiges verkry ‘n volle maat van hierdie seën, wat die einddoel is. Ons is almal bedoel om in daardie volle maat van die Here se seën te kom. Ander Christene verkry egter net ‘n klein maat van Christus se seën.

In hierdie brief aan die Efésiërs, moedig Paulus almal aan om die volste maat van hierdie seën na te jaag: “Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus...Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus...En die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God" (Efésiërs 4:7, 13, 3:19).

Let op die woord “volheid” in hierdie gedeeltes. Die Griekse woord wat Paulus hier gebruik, beteken “om die opdrag om vol te maak, te voltooi.” Dit is die taak wat God aan ons gegee het: om die volheid van Christus se seëninge in ons lewens na te jaag.

Paulus brei hierop uit en skryf, “Dit is...een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is" (Efésiërs 4:4-6). Kortliks, God die Vader, Seun en Heilige Gees woon in al sy kinders. Jesus het beloof, “Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak" (sien Johannes 14:23). Paulus maak dit duidelik dat ons almal dieselfde toegang tot die Here het. Daarom het ons almal ewe veel geleentheid om hierdie toenemende seën te verkry. Ons lewens moet immers voortdurend toeneem in wat Paulus noem die “seën van Christus.”

Beskou die ontsaglike maat van Christus se seën in Paulus se lewe. Hierdie man het openbarings van Jesus persoonlik ontvang. Hy skryf dat Christus Homself in hom geopenbaar het. Natuurlik het Paulus geweet dat hy nie volmaaktheid bereik het nie. Maar hy het ook sonder twyfel geweet, dat niks in sy lewe die vloei van Christus se seën verhinder het nie.

Dit is waarom Paulus kon sê, “En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom" (Romeine 15:29). Hy het ‘n heilige vrymoedigheid gehad in sy wandel met Christus. Hy het aanspraak gemaak, “Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê" (Handelinge 24:16).

Paulus het in wese gesê, “My lewe is ‘n oop boek voor die Here. Ek het geen verborge sonde in my hart nie en Hy het geen twis met my nie. En vir my is sy seën is ‘n aanhoudende vloei van openbaring. So, wanneer ek vir julle preek, hoor julle nie die woorde van mense nie. Ek lewer nie ‘n dooie preek vol slim teologie nie. Wat julle hoor, is die woorde uit God se hart vir jou.”

Jy sien, die volheid van Christus se seën het baie min te doen met materiële dinge. Natuurlik moet alle goeie gesondheid en aardse hulpbronne gesien word as seëninge uit God se genadige hand. Maar Paulus praat hier van ‘n baie groter seën. Die Griekse woord wat hy vir seën gebruik, beteken “God se aanbeveling,” of sy “Wel gedaan.”

Kortliks, die seëning van Christus beteken om ‘n lewe te hê wat die Here behaag. Dit is ‘n innerlike wete vanaf die Heilige Gees dat as God na jou lewe kyk, Hy sal sê, “Ek is tevrede met jou, my seun, my dogter. Daar is niks tussen ons wat ons kommunikasie en verhouding verhinder nie.”

Die skrywer van Hebreërs som die volheid van Christus se seën as volg op: “Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid!" (Hebreërs 13:20-21).

Ek hou daarvan om tussen mense te wees wat hierdie soort Christus-lewe leef. Rondom hulle het hulle die aroma dat hulle by Christus was. Soos Paulus, het hierdie heiliges ‘n goddelike ontevredenheid met hierdie lewe, ‘n verlange daarna om in die teenwoordigheid van Christus te wees, ‘n honger om meer intimiteit met Hom te verkry. Hulle praat baie van Jesus en hulle straal sy liefde en heiligheid uit.

Sulke mense geniet die lewe, maar hulle vermy alle dwase geselskap. Hulle leef heeltemal afgeskeie van die dinge van hierdie wêreld. En God se guns is sigbaar in hulle lewens en in hulle families. Hulle mag arm wees, maar hulle lewens is ten volle deur die Here geseën.

Moenie my verkeerd verstaan nie: hierdie gelowiges ly ook soos ons almal. Hulle gaan deur tydperke van ernstige beproewings en toetse. Maar, hoewel hulle neerslagtig mag wees soos Paulus, word hulle nie vernietig nie. En hulle gooi nooit tou op nie. Hulle is vasbeslote om hulle wandel van geloof en bediening te voltooi op ‘n manier wat God behaag.

Paulus vra die Galásiërs, “Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur" (Galásiërs 5:7-9).

Paulus verwys hier na ‘n ingesteldheid, ‘n leerstellige geloof of teologie. Hy vra, “Wat is dit in jou lewe wat jou verhoed om in die volle seën van Christus in te gaan? Jy het eens op ‘n tyd so goed gedoen. Ek weet jy is ‘n biddende persoon en jy is arbei ywerig om goeie werke te doen. Maar iets is verkeerd. Ek sien jy groei nie meer nie. In plaas daarvan gaan jy terug daarna om op die vlees te vertrou. Ek ervaar nie meer die lieflike geur van Christus wat jy eens gehad het nie. Jou sekerheid, jou duidelikheid en jou visie is weg. Iets pla jou.”

“Wat kon jou oortuig het om met hierdie toestand tevrede te wees? Wat dit ook al is, ek sê vir jou dat dit nie van God is nie. Trouens ek sien suurdeeg in jou, een of ander kompromie. Iets hinder jou, iets waaraan jy moontlik vashou. En dit veroorsaak dat die Here ‘n twis met jou het. Vertel vir my, wat is dit?”

Vandag ken ek so baie Christene wat eens magtig deur God aangewend is. Hierdie mense was toegewyde, biddende, gelowige heiliges. Maar iets het met hulle gebeur. Op een of ander manier was hulle verhinder om die volheid van die seën van Christus te beleef.

Dit sluit in baie bedienaars wat ek ken. Hierdie mense het oorwinning na oorwinning in hulle wandel met die Here gesien. Maar iets het in hulle lewens ingesluip, een of ander kompromie en met verloop van tyd, het hulle daarmee vrede gemaak. Dikwels was daardie verhinderende suurdeeg ‘n enkele boesemsonde.

Aan alle diesulkes, vra Paulus, “Wat het gebeur? Wat verhinder die vloei van Christus se seën in jou lewe? Wat het ingesluip?”

Die profeet Elia was magtiglik deur God gebruik. Hy  het God se las van droefheid oor Israel gedeel. Sy hart het gebreek oor die mense se afvalligheid. En hy het groot wonderwerke en tekens in God se naam gedoen. Tog, net soos Moses verhoed was om in die Beloofde Land in te gaan, was Elia verhoed om die volmaakte volheid van God se seën te beleef.

Jy ken die storie van Elia se oorwinning op die berg Karmel. Die goddelike profeet het vuur uit die hemel neergeroep en die profete van Baäl doodgemaak. Toe het hy vir reën gebid en donderbuie het neergestort en die lang droogte in Israel gebreek. Toe die mense hierdie dinge sien, het hulle hul dadelik bekeer van hulle afgodery en na die Here toe teruggekeer.

Ek wil voortgaan met die storie waar die mense op pad was na Jireël, die hoofstad, om die nuus te rapporteer. Op pad terug na die stad, het Elia wonderbaarlik die jaende wa verby gehardloop oor ‘n afstand van oor die twintig myl. Die Skrif sê, “Maar die hand van die HERE was oor Elia" (1 Konings 18:46) soos hy verby gehardloop het. Dit sê vir my dat Elia op ‘n goddelike sending was. “Die hand van die HERE” dui op sy leiding. God het Elia vir ‘n rede teruggestuur Jisreël toe. Waarom presies was die profeet vinnig teruggeneem na die hoofstad?

Ons vind ‘n aanduiding in Elia se getuienis op berg Karmel: “Ek [het] al hierdie dinge op u woord gedoen" (1 Konings 18:36). Die profeet het in wese gesê, “Here, laat almal hier weet dat alles wat ek doen onder U leiding is. Wat ek hier gedoen het, is eenvoudig dit wat U vir my in gebed gesê het om te doen.”

Maar toe het goddelose Koningin Isébel die nuus ontvang. Toe sy hoor dat Elia haar valse profete doodgemaak het, het sy gedreig om hom dood te maak. Die Skrif sê dat “En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elia gedoen het, ja, alles – hoe hy al die profete met die swaard gedood het. Daarop stuur Isébel ‘n boodskapper na Elia om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen – sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan" (1 Konings 19:1-3). Toe Elia Isébel se dreigement hoor, het hy vir sy lewe gevlug.

Baie Bybelkommentators glo Elia was nie bang vir Isébel nie. Hulle sê sy sending was vervul op berg Karmel en dat God hom nou na die woestyn gelei het om hom belangrike lesse te leer. Met ander woorde, die Here het nooit beplan dat Elia Isébel in Jisreël sou konfronteer nie.

Ek verskil. Ek dink hierdie interpretasie mis heeltemal die punt van hierdie gedeelte. As ek myself voorstel hoe dapper Elia teruggehardloop het na Jisreël toe, glo ek dat hy op pad was om een laaste ding te doen wat God hom gevra het: om Isébel dood te maak.

Dink daaraan: die Here was nie van plan om toe te laat dat Isébel weer ‘n nuwe liggaam van goddelose priesters oprig nie. Waarom sou God vir Elia beveel om haar 400 profete dood te maak, maar die moeder van afgodery toelaat om te bly lewe? Dit sou wees soos om sonde se takke af te kap, maar toe te laat dat die wortel voortleef. As God sy mense voorberei om die volheid van sy seën in te gaan, roep Hy ons om meer te doen as om onsself te bekeer. Hy roep ons ook om ons sonde te ontwortel, sodat ons in ‘n lewe van reinheid en heiligheid ingebring kan word. Slegs dan kan ons sy volheid beleef.

Ek glo die Bybel bewys dat Isébel afgesny moes word. In Openbaring het Jesus die gemeente van Thiatire beveel, “Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste. Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet...

“Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat die Ek is wat niere en harte deursoek" (Openbaring 2:19-23).

Christus praat hier met mense wat vrygewig, vol geloof en geduld is en toeneem in goeie dade. Tog het hierdie toegewyde heiliges steeds nie die Here se volle seën gehad nie. Waarom nie? Jesus vertel vir hulle, “Daar is een kwessie, een hindernis wat julle daarvan weerhou om my guns ten volle te beleef. Dit is omdat julle weier om met die Isébel gees in julle midde af te reken. Julle laat daardie bose gees toe om voort te gaan om julle te verlei.” Christus maak dit baie duidelik: as ons sy volheid will binnegaan, moet ons by die wortels van alle afgodery en sonde uitkom.

So, wat is die sonde wat Isébel verteenwoordig? Isébel is ‘n simboliese naam. In Hebreeus, beteken dit “maagdelik rein?” met ‘n doelbewuste vraagteken. Dit suggereer verbasing oor die blote gedagte van maagdelike reinheid – wat beteken, “sekerlik nie maagdelik rein nie, nie suiwer nie; dit wat duidelik onrein is.” Kortliks, Isébel is ‘n gees van geweldige onreinheid en wellus.

Sommige kommentators glo nie dat Isébel die werklike naam van Agab se vrou was nie. Hulle sê dat die skrywer die naam eerder gebruik het as ‘n afbrekende bynaam weens die koningin se gehate gedrag. Dit was ‘n algemene gebruik onder Bybelskrywers. By voorbeeld, Johannes gebruik die woord “antichris” nie net om die persoon te beskryf wat sou kom nie, maar ook ‘n gees. Dieselfde is waar met die gebruik van “draak”: dit word gebruik om nie net Satan nie, maar ‘n entiteit wat deur hom beheer word, insluitend mense te beskryf.

Eenvoudig gestel, Isébel is ‘n verleidende propaganda uit die hel en dit word alleenlik op God se dienaars gerig. Dit is bedoel om almal wat deur die Here aangeraak en gesalf is, te verslaan en te vernietig. Die gedeelte op berg Karmel dra dit oor. Het jy al ooit gewonder waar daardie profete van Baäl vandaan gekom het? Hulle was nie ingevoerde, immigrante priesters nie. Hulle was Israeliete, God se uitverkorenes. Hulle was deur Isébel verlei en gelei in haar hoerery deur duiwelse indoktrinasie.

Daar is geen twyfel in my gedagtes nie, Elia was geroep as ‘n instrument om daardie vesting in Israel neer te werp en te vernietig. Elia het ‘n geskiedenis gehad met die Here en was opgelei om God se stem te hoor. Hy het met soveel krag gebid dat die hemele toegesluit was en weer oopgesluit is. Toe hy ‘n rivier met sy mantel geslaan het, het die water verdeel. En hy het ‘n jong seun uit die dood opgewek. Elia het duidelik in die bonatuurlike geleef en beweeg. Hy het eenkeer aan Agab met gesag gesê, “Elia is hier!” Watter dapperheid! Watter vreesloosheid!

Tog het hierdie magtige profeet nou vol vrees weggehardloop.

Dit is dieselfde oorlog wat selfs nou in God se huis gevoer word. Dink aan ‘n toegewyde Christen, iemand wat soos Elia is. Hy is toegewy aan God se werk, ywerig, geduldig, wandel in geloof, bedien ander en neem toe in goeie werke. Maar daar is ‘n hindernis in sy lewe. Hierdie dienaar het ‘n mate van Christus: hy is gered, geregverdig en besig met die Vader se sake. Nou kom die Here egter na hom toe en sê, “Ek het iets teen jou. Jy laat iets vernietigends in jou lewe toe. ‘n Isébel gees het jou verlei. En dit hinder jou in jou wandel met My.”

“Dat jy die vrou Isébel...toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet" (Revelation 2:20). Jesus praat hier nie van ‘n werklike vrou wat voor die kerk opstaan en preek oor hoe om met hoerery weg te kom nie. Nee, Hy verwys na daardie dinge wat jy toelaat om jou te indoktrineer: TV, die Internet en die wellus van jou vlees. Dit alles is kragtige verleiers.

Net so, as Christus praat van “afgodsoffers eet,” praat Hy nie van voedsel nie. Hy verwys na Christene wat die duiwel se vullis eet. Hierdie gelowiges mag hulle stemme verhef in lofprysing by die kerk, maar wanneer hulle huistoe gaan, gee hulle hul gedagtes oor aan die ergste gemors denkbaar: seks, geweld en gruwels.

Selfs die wêreld erken die boosheid van sulke dinge. In ‘n onderhoud met die “New York Times,” was ‘n beroemde jong akteur gevra of hy al ooit homself aan pornografie oorgegee het, aangesien baie Hollywood sterre dit wel doen. Die jong man het geantwoord, “Ek kan nie bekostig om my gedagtes met gemors te vul nie. Diegene wat in pornografie vasgevang word, kan nie hulle gedagtes beheer nie. Hulle gedagtes word heeltyd aangedryf met al die beelde wat hulle van pornografie gekry het. Ek kan nie toelaat dat ek dit doen nie. Geen professionele akteur kan nie.” Dit is jammer dat baie Christene nie op dieselfde soort dissipline kan aanspraak maak nie.

Dikwels wanneer die Isébel gees kom om ons te verlei, fluister dit, “Jy werk hard en jy het nodig om te ontspan. Dit is tyd dat jy jouself ‘n stokperdjie toelaat. Dit is die dag van genade, en God is nie streng met sy mense nie. Gaan voort, skakel in by daar die onvanpaste TV program. Of huur daardie vuil film. As jy jou te veel oorgee, kan jy altyd die bloed van Jesus pleit en weer skoon kom.”

Nee! Jesus sê as jy wellus in jou hart het, het jy reeds egbreuk gepleeg. Hy vertel eenvoudig vir ons met vlammende oë, “En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie" (Openbaring 2:21). Die “haar” in hierdie vers dui op die misleide kinders van God, diegene wat verlei is deur die Isébel gees.

Die Here sê, “Ek is genadig teenoor jou en Ek was baie geduldig. Ek het jou hope tyd gegee om jou te bekeer en jou sonde te laat staan. Ek het profete na jou gestuur, preke van die kansel af en waarskuwings van jou vriende. My Gees het jou oortuig en jou in liefde gewaarsku. Maar steeds het jy jouself nie bekeer nie.

“Ek begeer vir jou om my volheid binne te gaan. Ek het alle hulpbronne voor jou oopgestel. Maar jy hou aan om soos ‘n armlastige te lewe. Ek het ‘n twis met jou en dit sal nie verdwyn totdat jy met hierdie hindernis afgereken het nie.”

Jesus vertel vir ons wat hierdie gevolge is:

  • "Ek werp haar neer op ‘n siekbed" (Openbaring 2:22). Die Griekse vertaling hier is “moeg maak, laat vlug.” Dit dui op voortdurende vrees, moegheid, altyd aan die hardloop.
  • "Groot verdrukking" (Openbaring 2:22). Die Grieks stel voor druk, probleme en depressie.
  • "Haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak" (Openbaring 2:23). Tensy diegene wat met Isébel ‘n verbond het hulle bekeer, sal hulle einde, ‘n letterlike dood wees.

Waarom tree die Here so ernstig op met diegene wat met Isébel bed toe gaan? Dit is omdat Hy wil hê dat hierdie kwessie ernstig opgeneem moet word deur almal wat Hom dien: “En al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke" (Openbaring 2:23).

Dit is nie die woorde van een of ander Ou Testament profeet nie. Dit is ‘n waarskuwing van Jesus self in hierdie dag van genade. Hy vertel vir ons, “Elke individu in my kerk moet weet dat Isébel neergewerp moet word. Jy moet hierdie geestelike vesting ‘n doodskoot gee anders sal jy nooit ‘n groter mate van My hê nie.”

Laat ons teruggaan na Elia. Ek beskou hom as een van die magtigste helde van God in die hele Skrif. Tog het hy toegelaat dat Isébel lewe. Elia het in hierdie sending misluk, sonder regverdiging.

Wat is die wortel van Elia se mislukking? Dit was ‘n gebrek aan geloof. Elia het meer krag aan Isébel toegesê as aan God. Dink daaraan: na sy oorwinning op berg Karmel, was daar ‘n herlewing in die land, sondebesef onder die mense en wydverspreide bekering. Isébel het geen mag oorgehad nie. As sy probeer het om Elia toe dood te gemaak het, sou die mense hom beskerm het deur hom te omring. Maar in plaas daarvan, het Elia geloof verloor toe die dreigement kom.

Besef jy die hoofsaak van hierdie boodskap? Die God wat jou gered het – wat jou oorwinnings oor sonde gegee het en wonderwerke vir jou voorsien het – het dieselfde krag om enige Isébel-wellus in jou dood te maak. Hy kan enige vesting vernietig, elke boesemsonde doodmaak en jou red van al die krag van die vyand.

Talle sukkelende Christene dink, “Hierdie gewoonte in my is so sterk dat dit my oorweldig. Waar is die oorwinning?” Dit is wanneer die vyand vir hulle fluister, “God hoor jou nie. Jy gaan dit nie maak nie. Ten spyte van jou gebede, gaan jy val.” Maar die Here antwoord, “Nee! Geen vesting en  geen Isébel gees sal oor jou heerskappy voer nie.”

Elia het gedoen wat baie gelowiges dink om te doen: hy het weggehardloop. Dawid skryf dat hy soos ‘n voël wil wegvlieg na die woestyn. Jeremia het gewens hy het ‘n afgeleë hut gehad, ver weg in die woestyn. Die meeste Christene wat “weghardloop” gaan nooit eintlik êrens nie. Vir hulle is dit ‘n gemoedstoestand, ‘n begeerte om van hulle beproewing weg te kom.

Dawid het uiteindelik tot die slotsom gekom. “Ek sal geen onheil vrees nie.” Maar Elia het gekies om weg te hardloop en weg te kruip. Hy het die stryd gewonne gegee. En Isébel het voortgeleef.

Ek glo Elia se storie openbaar een van die grootste deernisvolle dade wat God aan enige vreesbevange dienaar bewys het. Elia het onder ‘n besembos beland in die woestyn, so depressief dat hy in ‘n diepe slaap beland het. Maar die Here het ‘n engel gestuur om hom wakker te maak en het hom gevoed met ‘n broodkoek en water. Elia het geëet en gedrink, maar hy was steeds so depressief dat hy dadelik weer gaan slaap het.

Weereens het die engel hom wakker gemaak en hom nog ‘n maaltyd bedien. Toe het God hierdie vriendelike woorde met sy dienaar gespreek: “Elia, die pad is te veel vir jou. Hier, staan op en eet" (sien 1 Konings 19:7). Hy het in wese gesê, “Vriend, jy kan dit nie alleen hanteer nie. Ek is met jou.”

Jy sien, God se liefde vir Elia was nooit in twyfel getrek nie. Dit het nie saak gemaak hoe sleg sy dienaar misluk het nie. Selfs in sy vrees, depressie en begeerte om weg te hardloop, was Elia steeds baie liefgehad deur die Vader. Dieselfde is waar vir almal van ons wat die Here liefhet en dien.

God het egter ‘n ander boodskap vir Elia. Dit was ‘n barmhartige waarskuwing en dit is ook op ons van toepassing vandag. Hy vra, “Wat maak jy hier, Elia?" (1 Konings 19:13). Selfs al het die Here Elia vergewe, was Hy nie van plan om die probleem onder die mat te vee nie. Hy het hom te lief gehad.

Elia het met nog ‘n verskoning geantwoord, maar God wou dit nie aanvaar nie. Weer het hy gevra, “Waarom is jy hier?” Hy het in wese gevra, “Waarom het jy die stryd gewonne gegee, Elia?” Waarom het jy uit jou bediening bedank? Waar kom hierdie moegheid vandaan?”

Op die ou end, lyk dit asof God Elia se bedanking aanvaar het. Die Here het dit duidelik gesê, “Ek sal jou nie forseer om voort te gaan nie, Elia. Maar ek gaan Jehu in jou plek aanstel. Hy gaan jou sending om Isébel dood te maak, volbring.”

Die feit bly staan, as ons wil opgee, sal die Here dit toelaat. En Hy sal ons nie minder liefhê nie. Hy sal eenvoudig toelaat dat ons voortgaan met ons beperkte mate van Christus. Inderdaad, toe die tyd vir Elia aangebreek het om huistoe na die Here toe te gaan, was hy in ‘n wa van vuur na die hemel gedra. Hy was ‘n man wat grootliks geëerd was. Maar, soos Moses, wat verhoed was om die Beloofde Land binne te gaan, het Elia nooit die volheid van God se seën binnegegaan nie.

Jy mag in staat wees om te sê, “Ek het nie ‘n probleem met wellus nie. Ek is nie ‘n hoereerder of egbreker nie. Dank God, ek is nie verlei deur die Isébel gees nie.” Ek jubel saam met jou. Maar vir elke gelowige wat begeer om ten volle daardie seën van Christus binne te gaan, sal daar sekerlik ‘n Elia oomblik kom. Jy sal die grootste, mees oorweldigende vyand wat jy al ooit teëgekom het, moet konfronteer. En die Isébel gees sal jou koggel met, “Dit is tyd, jy gaan val. Dit is alles verby met jou.”

Wanneer daardie tyd kom, kan jy nie dink aan opgee nie. Moenie die stryd gewonne gee of die beloftes wat God vir jou gegee het, versaak nie. Werp daardie Isébel gees neer. Die Here sê dit het geen mag oor jou nie.

Hier is een laaste beeld van God se barmhartigheid. Hoewel Elia misluk het, het die Here hierdie dienaar een laaste woord gegee. Die Skrif sê Elia het geprofeteer, “Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jisreël" (1 Konings 21:23). Dit is presies wat gebeur het. Isébel was doodgemaak op die presiese plek waar Elia gevlug het en die honde het haar bloed opgelek. God het aan Elia die laaste woord gegee.

Geliefde, ons Here het ons meer as oorwinnaars gemaak. Dit is sy laaste woord insake die onderwerp. So, staan op en veg. En laat Hom jou lei in die volheid van sy seën.

Download PDF