Eis die Krag Wat in Christus is Op | World Challenge

Eis die Krag Wat in Christus is Op

David WilkersonSeptember 1, 2003

Terwyl Jesus sy laaste ure met sy dissipels deurgebring het, het Hy vir hulle gesê, “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy hulle gee” (Johannes 16:23). Toe het hy vir hulle vertel, “Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees” (Johannes 16:24).

Wat ‘n ontsaglike stelling. Terwyl hierdie toneel plaasgevind het, het Christus sy volgelinge gewaarsku dat Hy weggaan en dat hulle Hom vir ‘n kort tydjie nie sou sien nie. In dieselfde asem, het Hy hulle verseker dat hulle toegang gehad het tot elke hemelse seëning. Al wat hulle moes doen, was om in sy Naam te vra.

Meeste Bybelkommentators sê hierdie belofte was nog nie op die dissipels van toepassing nie. Hulle maak daarop aanspraak dat die dissiples nie enigiets in Christus se Naam kon vra totdat Hy die aarde verlaat het en in die Vader se teenwoordigheid was nie.

Maar die Skrif suggereer anders. Die duidelikste voorbeed is die onbekende man wat magtige werk in Jesus se Naam gedoen het. Die dissipels het hom probeer keer omdat hy nie van hulle kring was nie. Johannes het aan Jesus berig gebring, “Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie” (Markus 9:38).

Hoe het Jesus hierop gereageer? “Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat in ‘n krag in my Naam sal doen en jou van My sal kan kwaadspreek nie; want wie nie teen ons is nie, is vir ons” (Markus 9:39-40). Christus erken die man as “met My, aan ons kant.”

Hierdie man was nie in Jesus se binnekring nie, maar tog was hy steeds in staat om wonderwerke in die Here se Naam te doen. En terwyl hy dit gedoen het, het hy verklaar dat al die mag in die Naam van Christus was. Wat ‘n verstommende ding. Hierdie man het nie persoonlike intimiteit met Jesus geniet soos die twaalf nie. Hy het ook nie die groot openbarings gehad wat die dissipels gehad het nie. Hy was moontlik net een van die menigtes wat Jesus vanaf die heuwels en strande af onderrig het.

Maar hierdie man was duidelik ‘n liefhebber van Jesus. Waarom? Hy het Christus se beloftes in besit geneem en daarop gehandel. En wonderwerke het gebeur. Hy moes ook ‘n biddende man, wat gevas het, gewees het. Jesus het immers uitgewys dat duiwels net uitgedryf kon word deur vas en gebed.

Hiervolgens het hierdie onbekende man in sterk kontras met Jesus se dissipels gestaan. Die twaalf was persoonlik deur Jesus geleer om te klop, te soek en te vra vir die dinge van God. Hulle was eerstehands geleer dat al die seëninge van die Vader – alle genade, krag en sterkte – in Christus gevind was. En hulle het gehoor dat Jesus aan die menigtes verklaar het: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam vra, dit sal Ek dit doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Johannes 14:12-14).

Daar was ten minste een man was Jesus op sy Woord geneem het. Hy het Jesus se belofte opgeëis en sy geloof was deur God geëer. Hy het verwag dat die Here wonderwerke deur hom sou doen, alles in die naam van Jesus Christus. Dit is waarom Jesus jou vir Johannes en die ander vertel, “Tot nou toe het julle niks in my naam gevra nie. So vra, en julle sal ontvang. Dan sal julle blydskap volkome wees” (sien Johannes 16:24). Hy het in wese gevra, “Vra nou. Moenie wag vir ‘n ander tyd nie. En moenie probeer om dit alles teologies uit te werk nie. Ek sê vir julle, my Naam het krag oor die duiwel. En julle het daardie krag, omdat julle in My is. Vra, en die Vader sal dit doen.”

Christus se woorde aan sy dissipels oortuig my: “Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie” (Johannes 16:24). Terwyl ek hier lees, hoor ek die Here vir my fluister, “David, jou het nog nie die krag wat ek beskikbaar gemaak het opgeëis nie. Jy het eenvoudig nodig om in my Naam te vra.”

Hier is wat ek glo bedroef God se hart meer as al die sondes van die vlees saam. Ons Here word bedroef deur die groeiende gebrek van geloof in sy beloftes – deur die toenemende twyfel of Hy gebede beantwoord – en deur mense wat minder en minder van die krag wat in Christus is, opeis.

Die wêreld het nog nooit ‘n behoeftiger tyd geken nie. Daar is egter minder smekinge as ooit tevore in die Naam van Jesus. Soos die dae verbygaan, vra Christene minder en minder van die Here. Hulle is bang om uit te stap, dikwels weens ongeloof. Daarom vra hulle min of niks in sy Naam nie.

Ek moet my eie belydenis doen. Soos die dissipels, bid ek, vas ek en geniet ek intimiteit met Christus. Ek is lief daarvoor om God se Woord te verslind en in gebed met Hom opgesluit te wees. Maar ek wonder: wat beteken hierdie dinge as hulle nie geloof in my wonderlike Here produseer nie? Ek verwonder my in God se majesteit, heerlikheid en krag. Maar handel ek daarop? Ek het intieme gemeenskap met die Here. Maar bemagtig my tyd met Hom my met goddelike gesag en met ‘n gretigheid om alle mag in sy Naam op te eis?

Dit is wonderlik hoe getrou die kerk verwys na Christus se Naam. Ons prys dit, ons seën dit en ons singe van die “krag, krag, wonderwerkend krag in die kosbare Naam van die Here.” Ons vrees sy Naam, ons verheug ons daarin en ons is lief daarvoor om dit gespreek te hoor. Maar ons eien nie die krag wat in sy naam is toe nie. Ons eis dit nie op of handel daarop nie.

En waarom nie? Waarom lê elke gelowige nie hande op die siekes en eis die genesende krag wat in Christus se Naam is op nie? Waarom tree ons nie in gebed in sy Naam in vir die geestelike ontwaking van ons kinders, ons families en ons vriende nie? Waarom kry Satan so min opposisie van ons? Was dit ooit God se wil om toe te laat dat die vyand ons huis en en huwelike vernietig?

Die Bybel sê dat in die laaste dae, sal die duiwel neerdaal op die mensdom “met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12). My vraag is, sal hierdie woedende duiwel ‘n passiewe, lam kerk teëkom? Sal hy ongelowige mense, wat die Naam van Christus verhef, maar wat nie hulle vyand weerstaan deur die krag wat in daardie Naam is nie, vind? Sal Hy mense van God teëkom wat maklik ingee en sê, “Ek het die beste gedoen wat ek kon. Ek moet net uithou tot die Here kom.”

Nee, nooit! Ons hoef nie te neem wat die duiwel gee nie. Ons hoef nie aan sy aanvalle toe te gee nie, vir hom bang wees of die toekoms vrees nie. In die onlangse paar weke, het ek in my binnekant gebrand met ‘n heilige woede teen Satan en sy magte. Terwyl ek Jesus se woorde gelees het, het dit my siel aan die brand gesteek en gesê, “Genoeg, duiwel. Ek kom teen jou met al die krag in die Naam van Jesus. Ek gee jou kennisgewing. Jy kan jou hordes van hel terugroep, want ek gaan elke aanval van jou weerstaan. En God se Woord sê jy sal vlug.”

Satan mag ‘n vloed van verdrukking in my lewe bring. Hy mag my familie en geliefdes aanval. Maar elke demoniese vloed, sal teëgestaan word met ‘n vrystelling van Christus se krag. Die vyand mag duiwel op duiwel stuur. Maar elkeen en almal van hulle sal vashardloop in die onwrikbare muur, wat die almagtige Naam van Jesus Christus is.

Dit word duidelik uitgebeeld in Handeling 3. In vers 1, was Petrus en Johannes op pad na die tempel om te bid. Dit was hulle daaglikse gewoonte. En elke dag, het hulle verby ‘n man, wat by die tempelhek gesit en bedel het, geloop. Die man was kreupel van geboorte af.

Maar hierdie dag sou anders wees al die ander. Hierdie keer, het die apostels toe hulle die bedelaar gesien het, ‘n heilige woede in hulle opgereis. Hulle het gesien dat Satan vir te lank onbetwis was in die man se lewe. Nou was dit tyd vir die Gees-vervulde manne van God om die krag in Christus se Naam toe te eien.

“En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons...Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou” (Handelinge 3:4,6). Petrus het in wese gesê, “Ons besit iets beter as al die goud en silwer in die wêreld. Wat ons het, is meer as al die dokters en medisyne op die aarde. Ek praat van die krag wat in die Naam van Jesus Christus is. Ons het dit, en ons gee dit vir jou.”

Daarmee, het Petrus gesê, “In die Naam van Jesus Christus die Násarener, staan op en loop. Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op...En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys” (Handelinge 3:6-8).

Die skare wat dit sien gebeur het, was verstom. Hulle het die apostels gevra wat aan die gang was. Petrus het verduidelik, “En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien ek ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal” (Handelinge 3:16). Petrus het in wese gesê: “Vir jare het julle hierdie man geken as kreupel van geboorte af. En nou wil julle weet hoe hy in staat is om te spring en te dans. Dit is weens die naam van Jesus Christus. Dit is deur die krag in Christus se Naam dat hierdie man genees is en deur geen ander naam nie.”

Let op die frase wat Petrus gebruik om die man se nuwe toestand te beskryf: “volkome gesondheid.” Dit maak nie saak hoe moeilik of hopeloos ons beproewing mag lyk nie. God het vir ons voorsien om “volkome gesondheid” te midde daarvan te hê. En hierdie volkome gesondheid – voorsien deur die Naam van Jesus Christus – sal elke pyl van die vyand afweer.

Toe die tempelbeamptes gehoor het wat gebeur het, het hulle Petrus en Johannes in die tronk gestop. En die volgende dag, het hulle die dissipels verhoor. Die hoëpriester het van hulle geëis, “ Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen” (Handelinge 4:7). Weer het Petrus verklaar, “Laat dit bekend wees aan julle almal en aan diehele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Násarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan” (Handelinge 4:10).

Ek vra jou, hoe was hierdie eenvoudige, nederige manne in staat om so moedig en met soveel vertroue te praat? Dit was omdat Petrus en Johannes alle beperkinge van God verwyder het. Hulle het in wese gesê, “Ons gaan nie die Heilige van Israel in enige situasie beperk nie.”

Hulle het oortreffende geloof in die kreupel man se lewe ingespreek. En hulle kon dit nooit gedoen het tensy hulle waarlik Jesus se woorde geglo het nie: “Alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee” (Johannes 16:23). Hierdie dissipels het geweet dat toe Jesus “wat ook al” gesê het, het hy die belofte onbeperk gemaak. Christus het in wese gesê, “Alle dinge wat julle die Vader in my naam vra, sal Hy vir julle gee.”

Ons is veronderstel om Petrus en Johannes se voorbeeld te volg. Ons moet ook glo dat alle dinge moontlik is. En ons moet elke beperking wat ons op God se werk in ons lewens plaas, verwyder.

In my biblioteek is daar boeke wat suiwer op die onderwerp van Jesus se naam geskryf is. Die outeurs het dit geskryf om ongelowiges te help om die diep implikasies wat in Christus se Naam verborge is, te verstaan. Die meeste van hierdie boeke is so “diep,” dat hulle onbegryplik is vir die leser.

Ek glo dat die waarheid wat ons veronderstel is om te weet oor Jesus se Naam, so eenvoudig is, dat ‘n kind dit kan verstaan. Dit is eenvoudig die volgende: wanneer ons ons versoeke in Jesus se naam stel, moet ons so ten volle oortuig wees dat dit dieselfde is asof Jesus self die Vader vra. Hoe kon dit waar wees, vra jy? Laat my verduidelik.

Ons weet dat God sy Seun liefgehad het. Hy het met Jesus gepraat en Hom geleer tydens sy tyd op die aarde. En God het Hom nie net gehoor nie, maar elke versoek wat sy Seun gemaak het, beantwoord. Jesus het hiervan getuig en gesê, “Hy hoor My altyd.” Kortliks, die Vader het nooit sy Seun enige versoek geweier nie.

Vandag, is almal wat in Jesus glo, beklee met sy Kindskap. En die hemelse Vader ontvang ons so intiem as wat Hy sy eie Seun ontvang het. Waarom? Dit is weens ons geestelike eenheid met Christus. Deur sy Kruis en Opstanding, het Jesus ons een met die Vader gemaak. “Dat almal een mag wees, net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees...Ek in hulle en U in My” (Johannes 17:21,23).

Eenvoudig gestel, ons is nou familie – een met die Vader en een met die Seun. Ons was aangeneem, met die volle regte van ‘n erfenis wat deur alle kinders besit word. Dit beteken al die krag en bronne van die hemel word aan ons beskikbaar gestel, deur Christus.

En, omdat ons met Christus se Kindskap beklee is – gesamentlike erfgename met Hom, deelgenote in sy erfenis – weet ons ons versoeke word ook deur die Vader gehoor. En Hy beantwoord ons versoeke, net soos sy Seun s’n.

Wat ‘n ontsaglike gesag wat aan ons gegee het is in gebed! Presies hoe, gebruik ons hierdie gesag? Deur Christus se eie Naam. Jy sien, wanneer ons ons geloof in Jesus plaas, gee Hy ons sy Naam. Sy offer stel ons in staat om te sê, “Ek is Christus s’n, ek is in Hom, ek is een met Hom.” Op sy beurt, het Jesus wonderbaarlik ons naam opgeneem. As ons Hoëpriester, het Hy dit op die palm van sy hand geskryf. En so is ons naam in die hemel geregistreer, onder sy heerlike Naam.

Jy kan sien waarom die frase “in Christus se Naam” nie net een of ander onpersoonlike formule is nie. Liewer, dit is ‘n letterlike posisie wat ons met Jesus het. En daardie posise word deur die Vader erken. Jesus vertel vir ons, “En in daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie; want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het” (Johannes 16:26-27).

Die volgende is waarom Jesus ons beveel om te bid in sy Naam. Hy sê, “Wanneer jy ook al in my Naam vra, het jou versoek dieselfde krag en effek by die Vader as wat dit Ek was, wat gevra het.” Met ander woorde, dit is asof jou gebed deur Jesus self voor die Vader se troon geuiter word. Net so, wanneer ons ons hande op die siekes lê en bid, sien God ons asof dit Jesus self is wat sy hande op die siekes lê om genesing te bring.

Dit is ook waarom ons met vrymoedigheid na die troon van genade gaan: om te ontvang. Ons moet met vrymoedigheid bid, “Vader, ek staan voor U, uitverkies in Christus om voort te gaan en vrug te dra. Nou maak ek dit grootliks my versoek, dat my blydskap volkome kan wees.”

Hierdie gelowige verklaar, “Ek het probeer om die krag in Jesus se Naam op te eis. Maar dit het nie vir my gewerk nie.” Daar is baie redes waarom ons nie antwoorde op ons gebede ontvang nie. Ons mag een of ander sonde in ons lewe toegelaat het, iets wat ons eenheid met Christus besoedel het. Dit het padblokkades geword wat die vloei van seëninge van Hom af opgedam het. En Hy sal nie ons gebede beantwoord voor ons ons sonde laat staan nie.

Of miskien is die blokkasie weens louwarmheid of halfhartigheid teenoor die dinge van God. Miskien word ons onderdruk deur twyfel, wat ons afsny van die krag wat in Christus is. Jakobus waarsku ons. “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jakobus 1:6-7).

Ek het onlangs ‘n brief ontvang van ‘n weduwee wie se dogter diep in sonde vasgevang is. Die moeder sê haar dogter was eens ‘n getroue gelowige, maar is nou swaar op dwelms en sy bly saam met haar kêrel. Waarom die verskriklike afvalligheid? Die meisie se pa het kanker gehad en sy het gebid, “God moenie dat my pa sterf nie.” Toe haar pa oorlede is, het die meisie so ver as wat sy kon, van die Here af weggehardloop . Sy het vir haar ma gesê, “Ek het God ‘n kans gegee. Ek het in geloof gebid in die Naam van Jesus. Maar Hy het Pa laat doodgaan.”

Eenkeer het ek langs ‘n vrou, wat in trane was, op die vliegtuig gesit. Ek het haar vertel dat ek ‘n predikant was en gevra of ek kan help. Sy het geantwoord, “Ek het pas my pa begrawe. Hy was so ‘n goeie man, die mees liefdevolle mens wat ek ooit geken het. Ek het tot God gebid om hom te laat lewe. Sê vir my, hoe kan ‘n lewende God ‘n goeie man soos my vader laat sterf? Ek wil glad nie oor God praat nie.”

Ons bediening ontvang dosyne briewe wat stories bevat net soos hierdie. Oor en oor, lees ons woorde soos die volgende: “Ek het in geloof gebid en God geglo. Maar Hy het my nie gehoor nie. Ek het gewag en gewag, maar Hy het nooit geantwoord nie. Jy kan nie vir my sê dat gebed werk nie. Hoe kan ek my lewe aan God oorgee as Hy nie my gebede beantwoord nie?”

Miskien kan jy jouself vereenselwig met hierdie gevoelens. Jy mag terugkyk na ‘n situasie waar jy ernstig en getrou gebid het – miskien ‘n geliefde se genesing of vir ‘n persoonlike probleem. Maar geen antwoord het gekom nie. Jy het tot die gevolgtrekking gekom, “God hoor nie gebed nie. As Hy ooit my smeekgebede gehoor het, het ek nooit daarvan geweet nie, omdat Hy nie gedoen het wat ek gevra het nie.

Miskien is jy nie kwaad vir God nie. Maar jy het jou vertroue verloor. Iets weerhou jou daarvan om jou hart volkome aan Hom toe te vertrou. En jy het opgehou bid. Jy geniet nie meer die volheid van sy seëninge nie.

Jakobus maak dit duidelik: “Hy wat twyfel, sal niks van God ontvang nie.” Die woord van Jakobus vir “twyfel” gebruik, beteken, onseker of besluiteloos. Wanneer hierdie mense hulle versoeke maak, stel hulle God in der waarheid op die proef. In hulle harte sê hulle, Here, as U my antwoord, sal ek U dien. Ek sal U alles gee, as U net hierdie gebed beantwoord. Maar as U dit nie doen nie, sal ek my lewe op my manier voer.”

God sal egter nie omgekoop word nie. Hy ken ons harte en Hy weet of ons onseker is in ons toewyding aan sy Seun. Hy reserveer die krag wat in Christus is, vir diegene wat ten volle aan Hom oorgegee is.

Johannes 14 bevat twee wonderlike beloftes. Eerstens, Jesus verklaar, “Voorwaar, voorwaar Ek sê, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen” (Johannes 14:12-14). Jesus maak dit duidelik en eenvoudig in die laaste vers: “Vra enigiets in my Naam en Ek sal dit vir julle doen.”

Twee verse later, beloof Jesus, “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe” (Johannes 14:16-18). Hier sê Christus in wese, “Ek gaan jou die Gees van die Waarheid gee. En sy krag sal in jou bly.”

Hierdie is twee ontsaglike beloftes van Jesus. Let op dat die een vers, wat tussen hulle lê: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Johannes 14:15). Waarom verskyn hierdie stelling hier? Christus vertel vir ons, “Daar is ‘n saak van gehoorsaamheid wat aan hierdie beloftes gekoppel is.” Kortliks, beide beloftes het te doen met die bewaring en gehoorsaamheid aan God se Woord. Dit was gegee om vervul te word, sodat niks ons kon verhinder om die krag van Christus wat in ons is, op te eis nie.

Jaar na jaar, mag baie Christene tevrede wees met minder en minder. Uiteindelik, is hulle net met die verlossing van Jesus tevrede. Hulle het geen ander  verwagtinge as om dit eendag tot in die hemel te maak nie.

Ek vra jou: het jy aan die einde van jou Christus gekom? Verwag jy niks meer van Hom as om deur sy krag en genade gered te wees nie? Eindig jou Christus by net genoeg krag om jou deur nog ‘n dag te kry? Eindig Hy vir jou ‘n plek van somtydse vrede en blydskap, in ‘n lewe wat meestal onder Satan se teistering geleef word?

Al hierdie gedeeltes in God se Woord oortuig my dat “my” Jesus nie groter as my versoeke is nie. Dit is egter so jammer dat baie gelowiges maak dat Christus so nietig en kragteloos lyk deur hulle ongeloof. Geliefde, ek sal nie wil hê my Christus moet beperk wees nie. In plaas daarvan, wil ek hê elke duiwel in die hel moet weet hoe groot my God is deur hoe groot my versoeke is. Ek wil meer uit my Christus hê. Ek wil hê dat Hy groter as ooit in my lewe sal wees.

Hier is ware geloof: Dit beskou al die probleme en pyne van God se mense wêreldwyd, alle hopelose situasies, alle hartseer weduwees, weeskinders en bejaarde gelowiges wat sukkel om te oorleef. Geloof plaas al hierdie jammerlike dinge op ‘n skaal en kyk hoe daardie skaal afsak. Geloof plaas egter Christus op die ander kant van die skaal. En dit jubel as dit sien hoe Hy al die sondes en verdrukking van hierdie wêreld oorweldig.

God was nooit van voorneme dat die duiwel ons harte en huise sou oorneem nie. Hy het eerder vir ons beplan om hard en duidelik ‘n verklaring te maak. Ons moet ons posisie in Christus opneem en uitroep, “In die naam van Jesus Christus!” Dit is tyd vir elke gelowige om op te staan en te verklaar. “Ek het lank genoeg met vrees geleef. In die Naam van Jesus Christus, sal ek nie meer die dood, die mense of die duiwel vrees nie. Ek wil hê die wêreld moet die onoortreflike grootheid van my Christus sien deur die grootheid van my versoeke. My God sê on s moet baie vra en ek sal. Hoe kan enigiets vir Hom te moeilik wees?”

Ek moedig jou aan, gryp God se Woord vas en glo dat Jesus hierdie beloftes aan jou gemaak het. Hulle is die wapens van jou stryd, wapens wat magtig is deur Hom. En dit sal magtig in jou hand word wanneer jy hulle vasgryp en opeis.

Download PDF