kindness

Die Natuurlike Byproduk van ‘n Veranderde Hart

Gary Wilkerson

“En daar het ’n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” (Lukas 10:25). Die skrifgeleerdes en Fariseërs het Jesus gekonfronteer en sy gesag uitgedaag op vele geleenthede maar nou het ‘n wetgeleerde hom genader, miskien iemand wat deur hulle gestuur was. Wetgeleerdes is goed opgelei in die kuns van debatvoering en ongetwyfeld was hierdie een goed opgelei in die wette van die Ou Verbond.