ONMOONTLIKE SITUASIES

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het ‘n groot menigte bedien toe die mense begin honger word het. Hy het sy dissipel Filippus eenkant toe geneem en hom ‘n belangrike vraag gevra: “Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat ’n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?” (Johannes 6:5-6).

Jesus het in wese gesê, “Kyk, duisende honger mense is hier. Hoe gaan ons hulle kosgee? Wat dink jy moet ons doen?” Hoe ontsaglik liefdevol van die Here. Hy het die heeltyd geweet wat Hy sou doen; die vers sê vir ons so. Maar Hy het probeer om Filippus iets belangriks te leer en die les wat Hy wou oordra, is baie belangrik vir ons vandag.

Ons wêreld wankel op ‘n afgrond ongeëwenaar in die geskiedenis. Die huidige oproere kom op ‘n tyd wanneer Christene oral beproewings beleef soos nog nooit tevore nie.

Menigtes sit regop in die nag en probeer oplossings vir hulle probleme uitdink: “Miskien sal dit werk. Nee, wag. Miskien sal dat dit oplos. Nee, dit sal ook nie werk nie. Wat gaan ek doen?”

Toe Jesus hierdie vraag vir Filippus gevra het, het die dissipels nie net ‘n broodprobleem gehad nie, hulle het ‘n bakkeryprobleem, ‘n geldprobleem, ‘n verspreidingsprobleem, ‘n vervoerprobleem en ‘n tydprobleem gehad. Tel dit alles bymekaar en hulle het meer probleme gehad as waaraan hulle kon dink. Trouens, hulle situasie was heeltemal onmoontlik.

Geliefde, dink daaraan dat te midde van jou onmoontlike situasie, Jesus na jou toe sou kom en vra, “Wat gaan jy hieromtrent doen?” Hy weet presies wat Hy gaan doen; Hy het ‘n plan. Maar Hy wil ook weet hoe jy, sy dienaar, jou probleme gaan hanteer.

Filippus se korrekte antwoord sou wees, “Jesus, U is God! Niks is by U onmoontlik nie, so ek gee hierdie probleem vir U op hierdie oomblik. Dit is nie meer myne nie, maar U s’n.”

Dit is die reaksie wat Jesus wil hê van ons. Ek bid dat jy die soort geloof sal hê wat rus in die Vader se sorgsaamheid en Hom vertrou om vir jou deur te kom op sy eie manier en tyd. Hy kan volkome vertrou word!