IN HIERDIE LAASTE UUR

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Petrus en die dissipels gesien het wat plaasvind by Pinkster, het Petrus dadelik opgestaan en gesê, “Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is ... En ... sal Ek in dié dae van my Gees uitstort” (Handelinge 2:16,18). Net so, is ons in staat om uit die Skrif te sien wat die Heilige Gees doen in hierdie laaste dae – trouens, in hierdie laaste uur.

Die profeet Maleági gee ‘n tweeledige profesie: Eerstens, praat hy van die goddelose, materialistiese, sekulêre, plesiermal wêreld. En tweedens, praat hy van diegene wat die Here liefhet en vrees

Maleági het die goddelose nasies gewaarsku, “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ’n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ’n stoppel wees” (Maleági 4:1). As daar ooit ‘n dag was soos ‘n brandende oond, wanneer alles dwarsdeur die wêreld “brand” – ekonomies, maatskaplik, geestelik – is dit vandag. Hierdie groot land stoot God stadig uit ons howe, ons skole, ons samelewing en sê, “Ons is die grootste, magtigste, rykste land op aarde en ons het dit alles op ons eie bewerkstellig.”

Soveel arrogansie! Maar onder al die bravado, is ‘n onderliggende vrees en somberheid. Selfs God se kinders bewe oor wat hulle sien. Maleági het egter ‘n tweede profesie gehad vir diegene wat die Here gevrees het, die triomferende kerk, ‘n boodskap van blydskap en hoop. Christene sal kollaterale skade hê van die naderende dag van “brand.” Dit kan nie verhelp word nie. Maar God het ‘n boodskap gestuur wat sy kinders deur die moeilike tye sal dra.

Ons word gesê dat “die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees” (4:2). In die donkerste uur, wanneer dinge hopeloos lyk, gaan Jesus opstaan in groter openbaring as enige ander tyd in die geskiedenis. En die wêreld gaan sy reddende en bewarede krag sien in al sy heerlikheid. Jesus Christus sal opstaan en Hy sal skyn as genesende Son, helderder as in alle vorige geslagte, en God se kinders sal ‘n vars doping van die Heilige Gees beleef – met tekens, wonders en wonderwerke (sien Handelinge 4:29-30).

Bou jouself op in die Here vandag en dank Hom vir sy salwing op jou lewe.