Laat Jesus Jou Alles Wees

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here begeer intimiteit met sy dierbare kinders. Hy smag daarna om alleen afgesonder te wees met die liefde van sy hart. “Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene is, sal jou in die openbaar vergelde” (Matthéüs 6:6).

Ongelowiges wil graag ‘n ware voorbeeld sien van Christus se dienaarshart in diegene wat hulleself Christene noem. Te veel van die godsdiens van vandag praat sonde goed met woorde soos broederskap, liefde en eenheid, terwyl ware heiligheid versaak word. In teenstelling daarmee, staan gelowiges wat tyd met Hom in die “binnekamer” deurbring op en bied ‘n getuienis sonder kompromie aan ‘n honger, wagtende wêreld.

Die Naam van Jesus word gelaster in die wêreld vandag, veral in Amerika. Romeinse soldate het hom gespot deur ‘n doringkroon op sy kop te sit, maar hierdie land spot nou met Hom met meer gesofisteerdheid.

Jesus ly ook verwerping van so baie wat daarop aanspraak maak dat hulle Hom die graagste wil hê: Christene! Vra enige iemand wat homself ‘n Christen noem hierdie vrae: “Voel jy jou behoefte vir Jesus? Begeer jy om Hom beter te leer ken?” Amper almal van hulle sou bevestigend antwoord. Maar baie het die eer van mense en die bekom van materiële dinge liewer as enigiets anders. Die Woord van God sê, “As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie” (1 Johannes 2:15).

Almal wat begeer om Jesus te ken kan dit sekerlik doen. Die Woord van God sê, “Dan sal julle...die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek” (Deuteronómium 4:29). Jesus smag daarna om alleen tyd saam met jou deur te bring; moet daarom nie so besig raak met goeie dinge doen dat jy voeling met Hom verloor nie. Hy is jou geregtigheid, jou lig, jou blydskap, jou vrede, jou verlossing – so laat Hom werklik jou alles wees.