Die Werke van Jesus Doen

‘n Nuwe oproep om God se doop van liefde te ontvang

Hierdie lente, was ek in ‘n hotel in Amman, Jordanië, toe ek ‘n belewenis gehad het wat my diep verander het. Ek het voorheen genoem van die hierdie belewenis, maar ek het dit nie ten volle met julle gedeel nie. Ek doen dit nou, omdat dit alles te doen het met ons visie by World Challenge en ons vennootskap met jou om Jesus te dien.

Ek was in Jordanië om medeleier te wees tydens ‘n reeks internasionale herderskonferensies. Dit was die einde van ‘n lang reis van verskeie lande in die Midde Ooste en Europa. Een nag in Amman, na verskeie dae van bediening, het ek gepeins oor die dag – en die Here het my oë vir iets oopgemaak.

Elke oggend het ‘n bestuurder my opgelaai by die hotel en my na die konferensie geneem, waar ek ‘n oggendsessie gelei het vir die herders van die omgewing. As die sessie verby was, was ek terugbestuur na die hotel, waar ek middagete gehad het en vir die volgende byeenkoms voorberei het. Dan, in die middag, was ek terugbestuur om nog ‘n sessie te lei. Hierdie roetine is net so herhaal vir die aandsessie. Tussen byeenkomste, het ek met herders ontmoet en saam met hulle gebid. Wanneer die konferensie verby was, sou ons span na die volgende stad vertrek, waar ons dieselfde roetine sou herhaal.

Terwyl ek hieroor nagedink het, het my hart wakker geword: Daar was miljoene mense in hierdie sterk Moslem land wat nog nooit eens die naam Jesus gehoor het nie. Ek het by baie van hulle verbygeloop elke dag: omroepers, portiers, bestuurders, kelners, winkeliers, besigheidsmense, mense op die straat. Die enigste plek waar ek egter oor Jesus gepraat het, was met die herders – dit is, mense wat Hom reeds geken het. Ek het die Here se stem met my hoor praat: “Gary, verkondig jy my oral waarheen jy gaan?”

Jy sien, ek het myself nog altyd beskou as ‘n leraar, nie ‘n evangelis nie – en ek het die Here daaraan herinner. “Here, U ken my gawes en my swakhede,” het ek gebid. “Ek is nie die vrymoedige, in-jou-gesig tipe nie. Ek is ‘n introvert wat lief is om die tyd alleen deur te bring. U het my net nie op daardie manier toegerus nie.” Maar sy Gees het my herinner, “Jou lewe in Christus vind nie plaas wanneer jy met herders byeenkom nie. Daar is begintyd of klaarmaaktyd nie. Jou bediening is met almal wat jy ontmoet.”

Dwarsdeur die evangelies en die boek Handelinge, beveel Jesus ons om die hele wêreld in te gaan en die evangelie te verkondig, die siekes te genees en te verkondig dat die koninkryk van God hier is.  Wanneer Hy sê, “die hele wêreld,” beteken dit ons daaglikse wêreld. Maar, eerlikwaar, ek het nog nooit verstaan hoe om daardie soort bonatuurlike leefstyl te leef nie. Ek was nog nooit ‘n Boek van Handelinge tipe ou nie.

Die Here moes my gedagtes gelees het, want Hy het gefluister, “Ek is die Een wat jou ‘n Boek van Handelinge tipe ou maak. En Ek is al wat jy nodig het, Gary: ‘n nuwe doop van my liefde. As jy mense nie liefhet nie, sal jy my evangelie ‘doen’ uit plig. En dit bewerkstellig nooit die werk van my koninkryk nie. Slegs ‘n nuwe invulling van my Gees kan dit doen.”

Skielik het ‘n diep oortuiging gevoel – en dit was nie ‘n negatiewe gevoel nie. Dit was net die teenoorgestelde: Ek het opgewonde gevoel. Ek was in der waarheid moeg om teruggetrokke, gereserveerd en vreesbevange as ‘n getuie vir Jesus te wees. Ek was nog altyd gefrustreerd om te lees van God se bonatuurlike wonderwerke in die Skrif en tog nie deel te neem aan daardie werke as sy dissipel nie. Op daardie oomblik in die hotel was dit vir my noodsaaklik. Ek kon nie langer net meer lees van Jesus wat sy koninkryk op aarde tot stand bring en nie deel hê daaraan nie. Hy was besig om my te roep om dit te leef.

Ek ken baie Christus-volgelinge wat lewe met dieselfde frustrasie wat ek gevoel het.

Baie van ons neem Jesus saam met ons kerk toe, maar nie soveel in ons alledaagse lewens nie. Ons bid vir die siekes en vra mense om Christus te aanvaar in ons kerkdienste. Wat van lewe soos Jesus, rondgaan en goed doen, genees, verlos, die gevangenes vrymaak, en die goeie nuus elke dag bring, oral, vir almal? Ons bring Hom na ons huisselbyeenkomste en Christen konferensies, waar ons Hom bely tussen ‘n veilige, ondersteunende gemeenskap. Maar die meeste van die res van die tyd hou ons Hom verborge in ons harte. Diep binne, vir baie van ons, is dit nie reg nie. En dit behoort nie te wees nie.

Wanneer ons ons leefstyle beskou as Jesus-volgelinge, pas die meeste van ons nie by die Nuwe Testament model nie. Christus het sy 12 dissipels uitgestuur om die goeie nuus te verkondig, die siekes te genees en gewillige werktuie te wees om sy koninkryk op aarde tot stand te bring. Later, het Hy 70 dissipels uitgestuur met dieselfde instruksies. Hy het 120 mense gedoop en hulle uitgestuur om dieselfde te doen. Laastens, ná sy Opstanding, het Hy hierdie sending aan 500 mense gegee wat Hom gesien het. Jesus het elkeen van hierdie groepe beveel, “Ek het julle alles geleer om te doen – verkondig die evangelie, genees die verdruktes en bring my koninkryk tot stand – julle moet dit in my Naam doen. Gaan nou in die hele wêreld in en doen soos Ek beveel het. Ek sal julle voorsien met al die krag wat julle nodig het om my getuies te wees.

Dit is die Nuwe Testament model. Maar die gaping tussen dit en die manier waarop ons ons geloof uitlewe, is groot. Aan die een kant is God se wonderwerkende krag, en aan die ander kant is ons leefstyl. Daardie nag in die hotel, was ek gedring deur die Heilige Gees om die gaping toe te maak. So, hoe word hierdie twee werklikhede wat ver uitmekaar is, een?

Dit gebeur deur ‘n doop van my liefde, het ek die Here hoor sê. As God mense oor ons pad stuur, is ons rol nie om hulle te “teiken” vir evangelisasie nie. Dit is om hulle lief te hê met sy magtige, onderskeidende, wonderwerkende liefde.

“Reg, Here, ek is gereed,” het ek gebid. “Ek wil ‘n nuwe doop van u liefde hê. Moet ek tyd eenkant sit om daarvoor te bid? Of moet ek vas?”

“Nee,” het die antwoord gekom. “Ek het dit pas binne-in jou gedoen. Ek het jou gedoop in my liefde.”

Ek was verward. “Ek het niks gevoel nie,” het ek gebid. “Nee, maar kyk,” het die Here gesê. “Soos my Woord sê, my krag sal oor jou kom, en jy sal my getuie wees.”

Enige manier wat ek my kon indink waarop God my kon gebruik, het heeltemal onnatuurlik gelyk teenoor wie ek is.

Ek kon nie myself sien as ‘n skielike begaafde evangelis nie. Maar ek weet God is goed, en wat uiteindelik gebeur het, was heel anders as wat ek verwag het. Die volgende dag, het ek ‘n jongman ontmoet en dadelik gevra, “Verskoon my, ek wil net sê – weet jy Jesus het jou lief?”

Ek kon nie glo wat uit my mond gekom het nie. Hy moes ook geskok gewees het, want hy het bloot geantwoord, “Hm.” Toe hy by ‘n ander vloer afgeklim het, het ‘n flietende gedagte gehad dat ek dit wat God wou doen, gemis het. Maar ek het ‘n gerustellende woord in my hart gehoor: “Dit is presies wat Ek wou hê jy moes sê.”

In al die ander lande wat ons op daardie reis besoek het, het ek soortgelyke ervarings met soortgelyk reaksies gehad. Maar ek het ‘n ander soort reaksie ook gesien – die soort wat gebeur wanneer mense se harte gereed is om deur Jesus aangeraak te word. In Bosnië, het ek en ‘n pastoor ‘n kafee verlaat toe ek ‘n militêre veteraan in ‘n rystoel sien bedel het. Hy het ‘n been verloor in die burgeroorlog, en sy ander been was seer. “Ek sal dalk hierdie been ook moet verloor,” het hy vir ons gesê. “Dit brand, en ek kan dit skaars verdra om hier buite te wees.”

Ek het gevra of ons vir hom kon bid. Soos baie mense wat ek genader het, het hy skepties gelyk, maar het ook gelyk of hy ‘n verlangende hoop gehad het. Terwyl ons gebid het, het sy voorkoms versag. “My bene voel beter,” het hy gesê. “Dit is koel en brand nie meer nie.” Ek het vir hom gesê, “Jesus het dit gedoen.” “Jesus?” het hy gesê. “Ek het pas ‘n video gekyk wat iemand vir my gegee het genaamd ‘Die Jesus Film.’ Jy bedoel dit is nie net histories nie? Ek het nie geweet Hy leef steeds vandag nie.”

Ja, Jesus leef verseker vandag nog – en Hy bring sy koninkryk op hierdie aarde tot stand op die manier wat hy vir daardie lydende veteraan gedoen het. Christus het nog nooit verander nie, sedert Hy die eerste keer sy kerk opdrag gegee het om die evangelie na ‘n verlore en lydende wêreld te neem. Iets het egter verander: ek. Ek het eerstehands gesien dat om uit te reik na mense in liefde nie plig is nie – dit is opwindend, avontuurlik en pret. En dit is ‘n werklikheid wat bedoel is vir almal van ons, van die mees begaafde prediker tot die skaamste introvert. Dit was ‘n leefstyl vir Jesus se volgelinge in die eerste eeu en dit is bedoel om ons s’n te wees vandag.

Ek was steeds besig om dit te leer op die vlug huistoe. Uitgeput van bediening in vyf lande, het ek gedink, “Ek is bly ek is klaar met daardie soort evangelisasie vir ‘n rukkie.” Dadelik het ek ‘n roering van die Heilige Gees gekry: “Ek het vir jou gesê daar is geen ‘klaar wees’ met bediening nie. Jy begin nou eers.”

Ons doen nie bediening nie; ons is bedienaars – en ons dra Christus se wonderwerkende teenwoordigheid oral met ons saam.

My vrou, Kelly, en ek het voortgegaan met hierdie leefstyl nadat ons teruggekeer het. My eerste dag terug, het ek gedring gevoel om ‘n jong dame wat kruideniersware in sakke sit te vra of ek vir haar mag bid vir iets. Haar oë het vol trane geword. “Ja, ek het probleme met my ma. Hoe het jy geweet?” het sy gesê.

Hierna, het ek en Nicky Cruz gebid vir ‘n kelnerin wat gediagnoseer was met pankreaskanker. Twee weke later, het Kelly en ek teruggekeer na daardie restaurant, die kelnerin het vir ons gesê sy was pas by haar dokters – en hulle het haar kankervry verklaar. In ‘n New York restaurant, het ons met ‘n kelner gepraat oor Jesus, en ‘n ander kelner het ons genader vir gebed. ‘n Ander keer was ek gedring om ‘n vrou in ‘n inkopiesentrum te vra of sy migraines het. Verbaas het sy geantwoord, “Ja, dit is erg. Kan jy my help?” Ons het vir haar genesing gebid.

Kelly en ek het gesien hoe Jesus mense aanraak in restaurante, by inkopiesentrums, op die strate – terwyl Hy sommige genees, ander red, en sy liefde aan almal openbaar. Op een stadium het ons begin boekhou van almal saam met wie ons gebid het, en dit was by die honderde. Ons het ons bes probeer om hulle op te volg, net soos ons gedoen het met die kelnerin wat van kanker genees is. Meer as ‘n honderd het antwoorde op hulle gebede verkry: kollege eksamens deurgekom nadat hulle gedruip het, mense vergewe wat hulle gehaat het, genees is van pynlike siektes. Hierdie mense se lewens word verander, nie net omdat God hulle gebede verhoor het nie, maar omdat hulle die ontsaglike liefde agter sy bonatuurlike werke beleef het.

In my eie lewe is ‘n omwenteling teweeggebring deur ‘n eenvoudige, maar buitengewone doop van liefde. Dinge wat onmoontlik vir my was my hele lewe lank, is moontlik gemaak deur God en sy krag alleen. Ek het nooit gedink ek sou iemand voorkeer om te vra of ek vir hulle kon bid nie, nog minder onderskei dat hulle aan migraines ly. Die insigte wat Hy my gegee het deur hierdie belewenisse is onskatbaar. Die belangrikste, as ek vandag vra, “Wat weerhou ons om die werke van Jesus te doen?” ken ek die antwoord: Ons het ‘n doop van sy liefde nodig.

Ek het geleer daar is een hindernis wat meer as enige ander ons daarvan weerhou om só met vrymoedigheid lief te hê soos Jesus. Dit is vrees. Wanneer ons ons voorstel om die werke van Jesus te doen, is ons bang vir mense, wat hulle mag dink en om te misluk. Die apostel Johannes adresseer dit direk: “Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie” (1 Johannes 4:18).

Vrees is waarom so baie van ons huiwer om te bid vir iemand se genesing. Ons dink, “Wat as ek bid vir iemand en God genees hulle nie?” Ek kan dit met sekerheid antwoord: As iemand vir wie ons bid, nie genees word nie, weet hulle steeds dat hulle geliefd is. Dit was die geval met so baie mense vir wie ek gebid het hierdie laaste paar maande. Die Bosniese veteraan vir wie ek gebid het, het nie uit sy rystoel opgestaan nie, maar hy het wel God se liefde beleef toe ek my arm om sy skouer gesit en gesê het, “Jesus het jou lief, en ek ook.”

Om vry te word van ons vrese bring ontsaglike veranderinge.

Paulus noem die gawes wat saam met vryheid van vrees kom: “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Timótheüs 1:7). Vryheid van vrees laat ons toe om helder te dink op alle vlakke. Ons is heeltemal vry van Satan se beskuldigings. Ons is in staat om die Vader se groot, barmhartige liefde vir ons te beleef. En, mees verstommend, ons is in staat om met die gedagtes van Christus self te dink. Dit is hoe ons kan onderskei as iemand gebed, ‘n genesende aanraking of ‘n liefdevolle daad nodig het. Sy lig kom aan in ons gedagtes, en ons weet hoe om in liefde voort te beweeg.

Niks in ons menslike vermoë kan ons vul met ‘n gees van krag en liefde en selfbeheersting nie. Dit is gawes van God, en Hy gee dit vir almal wat vra. Wanneer Hy ons bevry van vrees, is ons vry om mense lief te hê met sy liefde en om hulle diepste behoeftes te bedien. En ek kan met vrymoedigheid getuig van die honderde ontmoetings wat ek gehad het met mense hierdie laaste vyf maande: Sy liefde verander alles.

Dit is egter vreemd dat baie van ons ‘n ander soort Christelike leefstyl najaag. Ons bring ons dae deur om te probeer om meer te leer, om te verbeter om meer inligting te kry – kortliks, om ons kopkennis reg te kry. Ons is “wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie” (2 Timótheüs 3:7). Kom tot die waarheid beteken om dit uit te leef, nie om meer kopkennis te kry nie. Dit beteken om dit wat ons geleer het oor die krag en liefde van God, te beleef en prakties uit te voer.

Op hierdie manier is ons soos die dissipels, wat vir Jesus gevra het, “Gee ons meer geloof.” Let op hoe Hy hulle geantwoord het: “As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant – en hy sou julle gehoorsaam wees” (Lukas 17:6). Die sleutel is hier dat as jy glo, sou jy in geloof begin sê vir die siekes, “Wees genees,” sou jy vir die verlorenes sê, “Bekeer jou nou tot Jesus,” sou jy vir die gebroke harte sê, “Wees vertroos,” sou jy vir diegene in duisternis sê, “Kom na die lig.” Die belangrike ding hier is nie om slegs meer geloof te kry nie, maar om in geloof uit te stap. Sy boodskap was duidelik: Die dissipels het nie meer geloof nodig gehad nie. Hulle moes in aksie oorgaan met die geloof wat hulle gehad het. Soos hulle, moet ons die groot kennis wat ons absorbeer oor God, neem en dit van ons koppe na liefde-gedoopte harte neem.

Ek deel hierdie boodskap met jou, gedeeltelik om vir jou te sê hoe dit ons visie van bediening by World Challenge beïnvloed.

Sedert die stigting, was die sending van World Challenge om uit te reik na die verlorenes, die lydendes en die neerslagtiges met die goeie nuus van Jesus. Dit het alles amper sestig jaar gelede begin deur God se liefde te toon aan tieners wat mishandel en verwerp is deur die samelewing; deur bonatuurlike genesing te bring aan heroïen verslaafdes toe geen mediese kuur bestaan het nie; en deur die koms van God se koninkryk te verkondig in gewelddadige gebiede van New York Stad wat amptenare afgeskryf het as bendegebied.

Ons DNA het dieselfde gebly deur dekades heen. Al ons bedienings val onder een sambreel van Jesus se sending aan sy volgelinge – om die goeie nuus te verkondig, of genesing te bied, en om God se koninkryk op aarde te verkondig. Ons evangeliseer steeds. Ons bid steeds vir mense om fisiek genees en bevry te word. En World Poverty Solutions – ons heel-mens/heel-gemeenskap uitreik tot die wêreld se behoeftigtes mense - is ‘n langtermyn beeld van God se koninkryk wat die aarde versadig met sy seëninge.

Gewoonlik het ons op hierdie agterblad, ‘n maandelikse sendingrapport ingesluit. Hierdie maand is JY ons sendingrapport. Dit is my primêre doel in hierdie ongewone nuusbrief om “een of ander geestelike gawe aan jou te mee te deel” om te glo dat jy, soos ek, honger is vir meer as preke en kerkdienste. Jy wil Jesus se werke buite die vier mure van die kerk uitleef. Ek glo hierdie meedeling sal jou hart so roer en jou vul met sy doop van liefde, dat jy nie net verskeie bedieninge se sendingrapporte sal lees nie, maar dat jy jou eie sendingrapport sal word. Miskien selfs aan ons skryf en vir ons jou storie vertel van ‘n nuwe doping en watter impak dit op jou en die wêreld rondom jou het. Ons is geseënd om jou vennoot te word om die werke van Jesus te doen – die goeie nuus te verkondig, genesing te bied, en te verkondig dat sy koninkryk gekom het.

Dit is ons voorreg om jou te dien met hierdie geskrewe boodskappe om jou toe te rus om Jesus se sending in jou lewe uit te leef. Hierdie boodskap is bedoel om jou te verander sodat jou lewe een van wandel in sy liefde sal wees – ook van ‘n getroue getuie, van diens as ‘n werktuig vir sy heerlike werke, van betrokkenheid in jou lokale kerkliggaam en sy sending. Hierby, sal ons hierdie komende jaar verskeie geleenthede met jou deel vir die persoonlik aktiewe bediening saam met World Challenge in die V.S.A. en ander dele op die aarde. Maar vir nou, is hierdie boodskap vir jou. Dit is ‘n direkte oproep om opgerig te word om die werke van Jesus te doen.

Ek kan jou eerstehands vertel dat God die mees onwaarskynlike mens gebruik om sy koninkrykswerk te doen, omdat ek die wêreld se mees onwaarskynlike evangelis is. En ek is verander deur sy soewereine plan. Ja, ek is steeds ‘n leraar, en ek hou daarvan om ure deur te bring om sy Woord te bestudeer. Maar nou spandeer ek daardie tyd, nie om teologiese geheimenisse op te los nie, maar om my te verwonder aan Jesus se liefde, sodat ek dit met die wêreld kan deel. Die vers waarop ek afgekom het tydens hierdie verstommende seisoen, is Handelinge 10:38: “Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was(my beklemtoning).

Vriend, God is met jou te alle tye. En as Hy met jou is, wie kan teen jou wees? Ek bid dat jy heelhartig by ons sal aansluit om die werke van Jesus te doen in die komende jaar. Om dit te kan doen, mag jy van jou hemelse Vader ‘n nuwe doop van liefde ontvang. Ons bid vir jou!