Die Onttroning van Christus in Amerika

Die apostel Paulus skryf dat wanneer Jesus weer kom, sal Hy "...vertoon...(wie is die) salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here" (1 Timótheüs 6:15). Paulus sê in wese, "Wanneer Christus kom, sal Hy vir almal wys wie die Here is!"

God die vader het Christus gekroon as Koning oor alle nasies en die hele natuur en as Here oor die kerk. Paulus sê in wese, “Dit maak nie saak hoe dinge aan die buitekant lyk nie. Alles lyk of dit buite beheer is. Dit mag lyk of die duiwel heerskappy oorgeneem het. Maar in werklikheid het God alle dinge onder Jesus se voete gestel. Christus is steeds Koning oor alles!”

“Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” (Kolossense 1:11). “En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente...sodat Hy in alles eerste kan wees” (Kolossense 1:18).

Elkeen van hierdie gedeeltes bewys dat almagtige God Jesus Christus as Koning, Here en Heerser aangestel het. Alle heerskappy is in sy hande oorgegee – en Hy heers oor ons nasie, die kerk en ons individuele lewens.

Vandag sien ons egter oral rondom ons dat die samelewing en regering Christus onttroon – en weier om sy gesag en koningskap te erken. Ons verwyder God van ons skole en howe en ignoreer Hom wanneer ons nuwe wette maak. En nou maai ons ‘n verskriklike oes!

Ek glo Amerika se verwerping van Christus se heerskappy is die rede agter al die bloedvergieting, geweld, rassehaat, morele verval, dwelmmisbruik en die uitbreek van dodelike seksuele siektes in ons samelewing. Wetgewers, opvoeders en die media het van God ‘n onderwerp gemaak waaroor nie gepraat word nie. Selfs in die tronke, is daar ‘n verbod op godsdienstige leuses insluitende die tien gebooie. Ons het Christus heeltemal onttrroon!

My kommer strek egter verder as Amerika se verwerping van Jesus se gesag. Ek glo die probleem van Christus se onttroning is baie erger, baie meer tragies – omdat dit in sy kerk gebeur! Dit is waar – Jesus, ons verhewe Here en Koning, word onttroon in kerke dwarsdeur die land en in die lewens van ‘n menigte van gelowiges.

Dit is verstaanbaar dat goddelose mense Christus sal wil onttroon. Hulle het sy Naam bespot en belaglik gemaak sedert die dag waarop Hy gebore is en sal aanhou totdat Hy terugkeer. Maar hoe dit die Here moet bedroef om Christus onttroon te sien deur diegene wat hulleself Christene noem!

Ons sien reeds uit die Skrif dat God Christus aangestel het om alle dinge vir die kerk te wees. Eenvoudig gestel, ons moet geen ander bron, verwysing of raadgewer voor Jesus hê nie. Die hele kerk se regering, leiding en raad moet van Hom af kom. Jesaja skryf, “...en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem, Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors” (Jesaja 9:5).

Stadig maar seker, verwerp talle Christen kerke en bedienings die Here se raad. Hulle steun glad nie meer ten volle op sy heerskappy nie. Inteendeel, hulle wend hulle na die wysheid van die wêreld – na mensgesentreerde praktyke!

Die profeet Hoséa praat van hierdie kwessie van die verwerping van die Here se raad!

Hoséa beskryf die verskriklike oes wat gemaai word deur diegene wat God van sy heerskappy onttroon het en hulle tot die arm van die vlees gewend het. Toe Hoséa hierdie profetiese boodskap geskryf het, het hy gepraat met ‘n volk wat die Here jarelank in sy arms gedra het.

God het Israel geseën en voorspoedig gemaak en vir hulle huise, wat hulle nie gebou het nie en wingerde wat hulle nie geplant het nie, gegee. Hy het goddelike mense opgerig om as profete op te tree en het die mense duidelike woorde van leiding gegee. En jarelank het die mense bewys dat God getrou was. Hulle het na sy raad geluister en hulle nooit na die vlees gewend nie. As God met hulle gespreek het, het hulle gehoorsaam. En hulle was wonderbaarlik verlos van magtige vyande.

Maar nou het daar ‘n afvalligheid oor Israel gekom – en die Here het hulle beskuldig van ‘n verskriklike goddeloosheid: “Hulle het baie, baie verkeerd gehandel...” (Hoséa 9:9). “...Al hulle vorste is opstandig” (Hoséa 9:15).

Wat was hierdie verskriklike sonde wat hulle gepleeg het? Dit was nie dronkenskap, seksuele losbandigheid, gierigheid, owerspel of moord nie. Nee – God het gesê hulle goddeloosheid was daarin dat hulle weggedraai het van sy raad en sy woord en geïgnoreer het en mense in plaas van God gehoorsaam het: “...God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies” (Hoséa 9:17). In God se oë was die grootste goddeloosheid wat ‘n gelowige kon pleeg, om nie meer afhanklik van Hom te wees nie!

Die Here het in wese vir Israel gesê, “Jy plaas nie meer jou vertroue in My nie. Ek is nie meer jou Leidsman, jou bron van wysheid nie. Jy wend jou nou na die wysheid van die mens. Jy hardloop terug na Egipte toe vir hulp – terug na die presiese plek waaruit Ek jou verlos het. Jy het my woord verwerp en weggedraai van My af. Jy het My onttroon!”

‘n Groot Puriteinse profeet het eens geskryf: “Suiwer mag is nooit gretig om saam te werk nie. Dit stel net eise.” Met ander woord, God sê nie vir ons, “Jy doen jou deel en Ek sal Myne doen.  Kontak my net so nou en dan” nie. Nee! God is suiwer, rou mag – en Hy vereis dat ons Hom allereerste volg in alles wat ons doen. Ons moet totaal van Hom afhanklik wees. En enigiets minder as dit beswadder sy heerskappy oor ons lewens!

Beskou die tragiese resultate van die onttroning van die Here as Raadsman, Beskermer, Voorsiener en Bron van alle wysheid en mag!

Hoséa lys omtrent ‘n dosyn tragiese gevolge wat diegene, wat die Here onttroon, tref. Ek wil vir jou net vier gee:

“Israel was ‘n weelderige [leë] uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het [vir homself]” (Hoséa 10:1). Almal in Israel het net vir hulleself gesorg – en die gevolge was algehele leegheid!

By Times Square Church sien ons hierdie waarheid elke week geïllustreer. Oorkant die straat van ons kerkgebou, is ‘n Broadway teater wat ‘n beroemde, langjarige musiektoneelstuk opvoer. Elke Woensdag is dit “matinee dag” en mense haas na die teater om ‘n bietjie bevrediging te kan kry. As hulle egter drie ure later daar uitkom, is daar net leegheid op hulle gesigte. Ja, hulle het vermaak gekry – maar daardie soort bevrediging hou nie lank nie. Jesus Christus is die enigste standhoudende bevrediging – en as jy Hom onttroon, word alles in jou lewe leeg!

Hoséa se woorde was nie gerig tot die goddeloses nie. Hy het met gelowiges gepraat – en het vir hulle ‘n voorbeeld gewys van wat met almal gebeur wat die Here in hulle lewens onttroon. Sulke mense word selfsugtig en voel ellendig – en elke ding wat hulle najaag eindig in leegheid!

“Vals is hulle hart...Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes” (Hoséa 10:2). Ons nasie se hart is vals en verdeeld. Amerikaners dien God met hulle lippe, maar hulle dien nie die Here in waarheid nie. En dit het direk gelei tot die ineenstorting van ons heilige instellings.

Die Hebreeuse frase vir “vals is hulle hart” is hier “ongelowige hart.” Jy sien, wanneer jy geloof in God verloor en jou vertroue in iets anders plaas, word daardie ding ‘n afgod. En God maak seker daardie afgod sal val. Hy vernietig alles in ons lewens wat sy plek inneem!

Ons sien dit in ons nasie gebeur vandag. Ons samelewing vertrou nie langer God nie, maar wend hulle tot die regering, die President, die opvoedkundige stelsel, Sosiale Sekuriteit – alles om te probeer om een of ander stabiliteit te verkry. Maar, geliefde, skandale skud elke instelling – selfs die United Way, die groot kollekteerder van liefdadigheid. Daardie instelling moes sy president afdank, omdat hy miljoene dollar verkwis het. En nou is al hulle beskermhere se vertroue weg.

God sê, “As jy My nie wil vertrou nie, sal ek al jou vertroude instellings laat misluk. Jy sal niks oorhê om in te glo nie!”

“Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai...omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde” (Hebreërs 10:13). Hoséa sê in wese, “Jy het opgehou om op die Here te vertrou. En nou gaan jy ‘n oes van ongeregtigheid maai!”

Vandag is die mensdom gesofistikeerd, geskoold en kunding. Ons het God onttroon – die Bybel en gebed verwerp – en in plaas daarvan wetenskap, sielkunde en onderwys tot die troon verhef. Ek vra egter vir jou: Wat is die oes? Wat het al ons gesofistikeerde opleiding ons gebring?

Dit het vir ons gegee ‘n epidemie van VIGS, ‘n sondvloed van dwelmmisbruik, disfunksionele families en absolute chaos onder die jeug. Alles tol buite beheer. Waarom? God sê in wese, “As jy my van die troon afhaal – as jy op menslike wysheid vertrou – sal jy ‘n oes van ongeregtigheid maai!”

“Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie...” (Hoséa 10:3). Die koning van hart Israel se was vol afgodsbeelde was. Daarom, toe Israel weer begin het om afvallig te word, was hy magteloos om die verlies aan geloof te keer. Sy woorde het geen gesag gedra nie. Wanneer hy gepraat het, het die mense bloot hulle koppe geskud en gesê, “Ons het geen leierskap, geen leiding nie. Ons dryf rond!”

Dit is presies wat huidiglik in Amerika gebeur! Die Wit Huis is gemoeid met ‘n seksskandaal soos wat ons land nog nooit beleef het nie. Ons President word bespot en voor gelag deur die nasies van die wêreld.

En geliefde, dieselfde ding gebeur in die kerk vandag. Talle Christene bespot hulle bedienaars en hul gesag. Waarom? Dit is omdat hierdie mans se woorde geen krag dra nie! Mense sê, “Ons het nie meer enige leierskap in ons kerk nie. Ons is verlore en verward.” Dit is die betaaldag omdat ons die Here onttroon het!

Het jy ‘n Koning in jou lewe, jou huis en jou bediening?

Is Jesus die Heerser en Raadgewer in jou lewe? As dit so is, gee God self vir jou krag:

“Die HERE het gesit oor die Watervloed: ja, die HERE sit as Koning tot in die ewigheid. Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede” (Psalm 29:10-11). “U troon, o God, is vir ewig en altyd” (Psalm 45:7). “U koninkryk is ‘n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte” (Psalm 145:13).

Dit is wonderlike beloftes. Maar dit het was nie van toepassing op Israel nie – omdat hulle die Here onttroon het! Hoséa het vir die mense gesê: “Toe julle God onttroon het, het julle verward geraak, leierloos. Julle het gesê, ‘Ons het geen koning nie. Ons is rigtingloos.’ Maar in der waarheid het julle steeds ‘n koning!”

“Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur – dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer [tot My]” (Hoséa 11:5). Die woord “Assur” beteken hierdie “koning van trots.” Met ander woorde: “Wanneer julle die Here onttroon, neem trots die troon oor!”

Ek het dit keer op keer sien gebeur in kerke. Die mense wil nie ‘n boodskap van heiligheid hoor nie – daarom huur hulle ‘n CEO-tipe pastoor, iemand wat ‘n verskoopsman is en plegtig belowe om die kerk soos ‘n besigheid te bestuur. Hy kom in en verklaar dadelik, “Ons gaan mense op die mees effektiewe manier moontlik bereik.”

Hierdie bedienaar stuur sy skape van deur tot deur om ‘n meningspeilings onder die mense te maak, met vrae soos: “Wat wil jy graag in ‘n kerk sien? Watter tipe aanbieding sal jy wil hê?” Dan voer hy al die data in ‘n rekenaar in – wat dikteer watter programme die kerk moet implementeer. Dit word alles volgens meningspeilings gedoen. Die Heilige Gees word heeltemal geïgnoreer – en Christus word onttroon en nie meer op vertrou as Here nie!

Dit gebeur selfs onder ywerige kerke en goddelike bedienaars. Hierdie werke het ontstaan deur die Heilige Gees en het ‘n nederige begin gehad. Hulle leiers was manne en vroue van God – liefhebbers van verlore siele, voorbidders wat geween en gebid het oor alle sake. Hulle het nie geld gehad vir konsultante nie en daarom het hulle elke dollar ingebid. En hulle het heeltemal op die Here vertrou vir leiding. Wanneer Hy vir hulle gesê het, “Doen dit,” het hulle gehoorsaam.

Maar hierdie bedienaars was oorgeneem deur jonger, meer opgeleide personeel, baie wat nog nooit opofferings gemaak het nie. En hierdie jongmense het dinge bestuur met ‘n heel ander denkrigting. Voorbidding is onbekend aan hulle. Hulle vertrou nie op Jesus vir hulle behoeftes nie. In plaas daarvan, is hulle oortuig dat behoorlike strategieë alles kan verrig.

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie – ek is nie teen hedendaagse metodes of rekenaars nie. Ons wend baie sulke dinge in ons bediening aan. Maar die verskil is dat ons nie ons leiding van hierdie “bedieningsgereedskap” kry nie. Ons spandeer ure op ons knieë en soek die Here vir leiding in elke area van bediening. Dit is egter ‘n verlore praktyk onder baie bedienings vandag. Hulle vertrou eerder op rekenaars as op Christus!

Vandag het “kundiges” die leisels van die kerk oorgeneem. Sonde word gesien in sielkundige terme en ‘n “siekte” genoem. ‘n Dwelmverslaafde het skynbaar ‘n “swakheid.” Altare word verruil vir beradingskamers. Profete van heiligheid is vervang met sielkundiges en maatskaplike werkers wat die nuutste mensgesentreerde kliektaal praat. Kortliks, Jesus word onttroon – en Freud word verhef!

Dit was nie waar oor die kerk sowat veertig jaar gelede nie. Op daardie stadium, het God my gelei om ‘n bediening te begin vir dwelmverslaafdes en alkoholiste. Vandag is daar oor die twee-honderd-en-vyftig Teen Challenge sentrums wêreldwyd. En dit het alles begin in ‘n bouvallige huis in Brooklyn.

Ons het geen geld, geen hoe-om boeke gehad nie – slegs totale afhanklikheid van die Heilige Gees. Ons het ‘n bordjie in ons kantore gehad wat gelees het, “Niemand skitter hier nie – net die Heilige Gees!” En tydens ons kapeldienste, het ons gebid, “Here, ons hulp kom van nie sielkunde of psigiatrie nie, maar van die Heilige Gees. Ons kan nie werk met die kop, tensy U die hart verander nie!”

Nicky Cruz, een van die eerste bendelede wat ons raakgeloop het, was ‘n moordenaar in sy hart. ‘n Sielkundige wat ons geken het, het belangstelling getoon in sy geval. Hy het een hele dag lank met Nicky deurgebring – en toe die dag verby was, het die sielkunidge besluit dat Nicky onverbeterbaar en hopeloos was. (Min het hierdie man geweet, dat Nicky dit geniet het om alle “kopdokters” te verwar!)

Jesus het egter ander planne gehad vir Nicky – en by die altaar in daardie bouvallige huis, het Christus in vyf minute bereik wat die kundiges gesê het nie gedoen kan word nie. Nicky was nie gepsigoanaliseer nie; sy kop was nie ondersoek nie. Nee, God het ‘n pyl in sy hart ingestuur – en daardie pyl was die waarheid van die evangelie: “Nicky, Jesus het jou lief!”

In ‘n enkele oomblik het Nicky se hart van klip verdwyn – en dit was vervang met ‘n hart van vlees. Nicky het gehuil en ons almal omhels. Hy was bonatuurlik verander deur die krag van God – nadat die samelewing se kenners hom afgeskryf het!

Oor laaste veertig jaar, het ek met ontsteltenis gekyk hoe die kerk stadig maar seker Christus onttroon het en die wysheid van die wêreld op die troon geplaas het. Jesus is nie meer die bron en krag agter God se mense nie. In plaas daarvan, het ons ons na vleeslike dinge gewend wat uiteindelik sal vervaag. En ons het al die krag, wat ons gehad het toe ons Jesus vertrou het, verloor!

Laat my jou op hierdie punt ‘n persoonlike vraag vra: Het jy Christus as koning van die troon van jou hart verwyder? As jy op sielkunde or een of ander hoe-om boek vertrou, sal jy net verward word. En jy sal op die ou end sê:

“Ek het geen koning nie – geen leiding, geen leierskap nie – omdat ek nie die Here vertrou het nie. Ek het nie sy woord eerbiedig of gehoorsaam nie. Ek het nie sy begeertes of sy raad gesoek nie. Ek het net gedoen wat reg was in my eie oë, of wat my betroubare vriende my aangeraai het om te doen.”

God sê vir jou: “’n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My?...” (Maléagi 1:6). Met ander woorde: “As Ek Koning vir jou is, waarom gehoorsaam jy nie my woord nie? Jy soek My nie. In plaas daarvan, wend jy jou tot sielkunde, tot boeke en tot vriende. Jy weier om My, jou Raadsman en Koning te vertrou!”

Ek het vir jou sommige van die tragiese gevolge om Jesus te onttroon gewys – Maar laat my nou vir jou die heerlike voordele wys vir hulle wat Hom op die troon van hulle harte behou.

Miskien sê jy, “Ek wil hê Jesus moet Koning van my lewe wees. Ek wil alles doen wat Hy my beveel!” Laat my vir jou die wonderlike seëninge wys wat kom na almal wat Jesus as Koning van hulle lewens op die troon plaas:

Diegene wat hulle onderwerp aan Christus se heerskappy, sal vervul word met sy heiligheid. Die Skrif sê as jy jouself aan Jesus sal onderwerp en wag om sy raad en leiding te kry, sal jy deel kry in sy heiligheid:

 “Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons dan nie veel meer die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid deelagtig kan word” (Hebreërs 12:9-10).

Paulus beveel ons om na Jesus te kom en Hom heerskappy oor al ons sondes en vrese te gee: “En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade” (Romeine 6:13-14).

God sê in wese: “As jy iets wil beleef van oorvloedige lewe – ware, vol lewe – onderwerp jouself dan aan My. Ek sal vir nou lewe gee sonder vrees, skuld of veroordeling!”

Diegene wat hulle aan Christus se heerskappy sal onderwerp, sal in vrede wandel. Onderworpe Christene leef nie in vrees, onrus of angs nie. Hulle word met vrede beklee:

“Dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe...deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig” (Lukas 1:74-75,78-79).

Wat ‘n wonderlike belofte! As ons lewens aan Hom sal onderwerp, sal Hy sy lig in ons duisternis skyn. Hy sal die skadu van die dood oor ons lewens verwyder en ons lei na rus en vrede. Hy sê, “Ek sal al die verwarring in jou lewe opklaar – en jy sal in staat wees om in vrede te wandel!”

Jy kan onderskei wanneer iemand Christus op die troon in sy hart geplaas het. So ‘n lewe bring vrede wat alle verstand te bowe gaan – en jy kan daardie vrede in daardie persoon se gesig en houding sien. “En mag Hy, die Here van die vrede julle altyd vrede gee op allerlei wyse...” (1 Thessalonicense 3:16).

Diegene wat hulle aan Christus se heerskappy onderwerp, neem toe in sterkte en kennis van die Here. Hulle kry letterlik nuwe geestelike en fisiese krag. Hulle beswyk nie langs die pad nie – omdat Jesus sy eie sterkte in hulle stort soos hulle verder gaan:

“Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap” (Kolossense 1:9-11).

God sal diegene wat hulle onderwerp aan sy heerskappy vlekkeloos bewaar tot die dag van Christus se wederkoms. As ons ons aan Jesus onderwerp – doen soos Hy beveel en nie op ons eie insigte staatmaak nie – sal ons nooit iets kortkom nie. Hy sal alles voorsien wat ons nodig het om Hom te behaag. Die Here self sal ons vlekkeloos hou en bewaar tot die bitter einde!

“Dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus, wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees. God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here” (1 Korinthiërs 1:5-9).

Ons moet ons lewens in Jesus se sorg plaas. Dan word dit sy verantwoordelikheid om ons te onderhou en te bewaar: “Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose” (2 Thessalonicense 3:3). Hy sê, “As jy My op die troon van jou hart hou as Here, sal ek jou vlekkeloos hou tot my wederkoms. Ek sal jou daarvan bewaar om te struikel!” “...(julle) siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade” (1 Petrus 4:19).

Psalm 121 som hierdie gesindheid wat ons moet hê, op: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

“Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid” (Psalm 121:1-8).

Plaas Christus op die troon van jou hart vandag – en leef!