Die Mens se donkerste uur, is God se geleentheid om sy Krag te openbaar.

In Johannes 2 sien ons dat Jesus en sy dissipels na ‘n bruilof in Kana genooi is. Klaarblyklik was Jesus se familie ook genooi, want sy moeder was ook daar. Maria het vir Hom kom sê: “Die gasheer se wyn is op.”

Jesus se reaksie teenoor sy moeder was snaaks. Hy het vir haar gesê: “My uur het nog nie gekom nie.”

Wat was hierdie uur waarna Jesus verwys? Hy het nie van die oomblik van duisternis, wat Hom drie jaar later sou oorval, gepraat nie. Met sy kruisiging het Jesus gesê: “My uur het gekom.”

Maar hier by Kana praat Hy van ‘n ander uur. Christus se bediening het pas begin. Dit is waarna Hy verwys as Hy vir sy moeder se dat sy uur nog nie gekom het nie. Maar kort daarna werk Hy tog ‘n wonder, Hy verander ses groot houers water in wyn.

Laat ek nou vra: Het jy ooit gewonder waarom Christus gewag het voordat Hy hierdie wonder gedoen het? Hy het gewag tot elke bottel droog was, elke glas leeg, tot selfs die gasheer geen raad meer geweet het nie.

Ek sê vir u, Jesus het doelgerig gewag tot elke menslike hulpbron misluk het. Hy het gewag totdat niks meer kon help nie, behalwe ‘n wonderwerk. Dit is wanneer God se uur kom.

Dit is n belangrike waarheid vir elke gelowige: Die uur van Christus se krag word verwesenlik wanneer ons totaal hulpeloos is.

Ek dink Jesus het vir sy dissipels en vir die kerk wat sou kom, ‘n geïllustreerde preek gegee. Ons Heer het nooit iets gedoen, of ‘n woorde gesê wat nie ewigheidswaarde gehad het nie. Elke ding wat in die Skrif opgeteken is oor Hom verwys na die onbeweegbare aard van die werk van God. Daar is ‘n goddelike lering wat vir ons bedoel is, in hierdie gebeurtenis by Kana.

Jesus se uur het iets te doen met wat by die fees gebeur het. Dit is dat sy uur kom as daar geen wyn in ons bottels is nie. As ons geen uitweg meer sien nie en geen menslike pogings iets vermag nie – dan kan slegs ‘n wonderwerk ons probleem oplos.

Ons kry hierdie beginsel reg deur die Bybel: In die mens se donkerste uur bewys God sy mag. As ons aan die einde van onsself kom, het God alreeds ‘n magtige verlossing vir ons gereed gemaak.

Die Skrif gee vir ons oorvloedige voorbeelde van hierdie beginsel. Ons kry twee sulke voorbeelde in Rigters. Hierdie boek beskryf sommige van die donkerste tye in die geskiedenis van die volk Israel.

In die donkerste tyd het God verbasende wonderwerke, vir sy volk, deur die nederige gedoen bewerk.

 Rigters 6 beskryf Israel in ‘n tyd van uiterste armoede. Jaar na jaar is die volk geteister tot armoede deur ‘n plunderende buurvolk. As die wrede Midianiete gekom het, het God se volk die rante ingevlug en in grotte weggekruip. Intussen het die vyand hulle oeste en vee gesteel en alles afgebreek wat hulle gebou het. Hulle het Israel totaal sonder lewensmiddele agtergelaat.

Wat ‘n donker tyd! Hierdie verarmings proses het jaar na jaar voortgegaan. Dit simboliseer geestelike dood. Hulle het uitgeroep: “O, Here, as God vir ons is, waarom gebeur dit? Wat het van sy wonderwerke geword?” (Rigters 6:13)

Juis in hierdie donker uur bewys God sy krag ter wille van sy volk. Werklik die Here stuur verlossing deur die armste man van die armste familie, in die armste stam van Israel: Gideon.

Jy ken waarskynlik die res van die storie. God stuur ‘n engel na Gideon. Saam met 300 man, net met trompette en fakkels, breek hulle die mag van die Midianiete. Israel is wonderbaarlik verlos!

Hulle uur van duisternis word die uur van God se krag.

Dieselfde beginsel werk in die storie van Debora.

Rigters 4:2 sê vir ons: “Die Here het hulle oorgegee in die mag van koning Jabin wat in Kanaan geregeer het.” As gevolg van aggressiewe sonde, val Israel in diep duisternis, vir twintig jaar lank. Gedurende daardie tyd word God se volk vreeslik verdruk. Tog, word juis daardie donker uur vir hulle, God se uur om sy mag ten toon te stel.

Toe Israel alle hoop verloor het, het God ‘n profetes, Debora, opgerig. Hierdie vrou het dadelik deur hierdie donker uur gesien. Elkeen in Israel het gehuil van angs, behalwe hierdie godvresende vrou. Die Skrif sê sy “het onder die palmboom …in die Efraim berge gewoon.” (Rigters 4:5) waar sy opelug dienste gehou het om die mense te bemoedig.

Debora sê vir Barak: “Trek op, want vandag gee die Here vir Sisera in jou mag oor. Die Here gaan voor jou uit.” Barak het toe van Taborberg af afgegaan, en die tien duisend man het hom gevolg…… en hulle het al hoe meer die oorhand oor hom (Sisera) gekry totdat hulle hom vernietig het. (Rigters 4:14,24.)

Debora het geweier om deur die duisternis oorweldig te word. Sy het geweet dat God nooit deur die donkerte van die tyd verras word nie. So het sy geloof in haar mense ingepraat; sy het die donkeruur in die geskiedenis gesien as die uur van God se openbaring van sy verlossingskrag.

‘n Ander voorbeeld gebeur met koning Josafat toe God se volk aangeval word.

In 2 Kronieke 20:2-3 lees ons van ‘n angswekkende boodskap wat Josafat ontvang: Josafat het berig gekry:” ‘n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek,” Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek.”

Vreesbevange het Juda se koning ‘n groot biduur byeengeroep. “Uit al die stede van Juda het hulle gekom. Om die Here se hulp te vra. (2 Kronieke 20: 4) Josafat het gebid: “Here ons weet nie wat om te doen nie, maar ons oë is op U.”

Dit is miskien die donkerste oomblik vir Juda. Hulle het vernietiging in die oë gestaar, met geen manier om die vyand te stop nie. Wat was God se antwoord aan sy volk in daardie uur? “Luister… Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God.” (2 Kronieke 20:15)

Toe die mense dit hoor, het iets in hulle gebeur. Hulle het ‘n woord van God gehoor. In hulle uur van grootste donkerte, het geloof in hulle harte ontvlam, --- en hulle het God geloof.

Die Gees van die Here het in hulle midde verskyn. Soos die mense se lofgesange hemelwaarts gestyg het, het God ‘n sterk engel gestuur om die vyand te omsingel. Een engel van God het daardie hele leermag uitgewis!

In ‘n enkele oomblik was die oorwinning hulle s’n. Wat soos die donkerste uur van God se volk gelyk het, het vir hulle God se uur van verlossing geword.

Jesaja bring hierdie beginsel nader as hy profeteer oor Jesus se verskyning op aarde in die laaste dae.

Jesaja profeteer: “Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans toe van die nuwe dag wat oor jou aangebreek het. (Jesaja 60:2-3)

Hierdie profesie praat van die laaste dae. Die tyd begin met die lig – Jesus Christus die Heer – wat in groot duisternis kom. Jesaja het gepraat van ‘n wydverspreide uitstraling van die glorie van Christus in die duisternis Menigtes in die hele heidense wereld sal tot die lig kom.

Dink daaraan: Daar was geen donkerder tyd in die geskiedenis, as tydens Jesus se geboorte nie. Seksuele perversie, dronkenskap en vraatsug was aan die orde van die dag. Boeke is geskryf oor die gruwelike sondes wat die Romeinse Ryk tot ‘n val gebring het. Die hele bekende wêreld was in duisternis gehul.

‘n Vreeslike donkerte het in hierdie tyd oor Israel geval. Skynheiligheid was aan die orde van die dag. Priesters het weduwee’s van hulle huise beroof, en die ongeletterdes het hulle geestelike leiers verag. Eenvoudig gestel: die blindes het die blindes gelei.

Dit was in hierdie digte duisternis wat Jesus soos ‘n skynende lig gekom het. On sweet dat sedert daardie glorieryke dag, het menigtes tot die lig gekom.

Jy mag sê: ˝Maar kyk bietjie rond. Duisternis bedek nog die aarde.” Ja, in my oë is hierdie nog die donkerste tyd wat die aarde getref het. Die duisternis wat oor alle nasies en volke heers kan gevoel word. Kern-bedreiging, menseslagting, wydverspreide sekshandel – dit gryp ‘n mens se hart aan. Kan daar groter duisternis wees as wat tans oor die wêreld hang?

Tog, is Jesus nog die lig van die wêreld. En hoe groter die duisternis hoe groter die lig! As Jesaja hierdie duisternis voorsien, roep hy uit soos Debora: ”Kom, Jerusalem laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.”(Jesaja 60:1)

Weer ‘n keer, in die wêreld se donkerste uur gaan die Here sy mag openbaar. En ek glo dit sal gebeur deur ‘n beduidende insameling van verlore siele in die tyd vorentoe. Laat ek vir jou drie redes gee waarom ek so dink.

Ten eerste is daar ‘n groeiende getuienis van die Heilige Gees.

Romeine 8:16 “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” (Hebreërs 2:4). “Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het, volgens sy wil.” (Hebreërs 10:15).

Ook die Heilige Gees is getuie daarvan. Eers sê Hy: Dit is die verbond wat ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here.Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skryf.”
Jy mag vra: Waarvan dra die Heilige Gees kennis? (Hebreers 10:16). Eenvoudig gestel die Heilige Gees dra kennis van ‘n uitstorting van genade op hierdie geslag van die laaste dae.

 “Die Gees is die getuie daarvan en die Gees is die waarheid… wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart” (1 Johannes 5:6,10). Die Heilige Gees dra kennis van al God se werk om ons voor te berei vir wat Hy gaan doen. Op die oomblik is daar ‘n beweging in die kerk wat vir ons wys dat ‘n goddelike beweging van die Heilige Gees gaan kom. Uit hierdie duisternis, gaan die Heilige Gees Christus oplig en menigtes na Hom toe trek.

Ons ervaar ook ‘n tyd van duisternis in die kerk. Sommige denominasies keur eenslagtige huwelike goed en ‘n hele geslag jongmense draai van God af weg. Tog is daar in hierdie donker uur ‘n opwekking van die wat gesoek en gevind word. As jy in die Gees wandel, sal jy ook hoor wat ek hoor. Dit is: Die uur van die mens se donkerheid, is die uur van die uitstorting van die Heilige Gees. Dit was altyd so en dit sal weer so wees.

In hierdie uur van slegte nuus, bring die Heilige Gees goeie nuus: “Ek het die beste wyn vir laaste gehou!”

‘n Gees van gebed het in God se volk gekom.

Op hierdie oomblik herlewe bidure in die kerke in New York.Wie kon glo dat dit in “Sin City” (stad van sonde) sou gebeur? Verlede maand het meer as 50,000 gelowiges in Time Square bymekaar gekom om te bid. En christelike konverensies oor die wereld verander in onvoorbereide bidure.

As die Gees beweeg – as sondaars na Christus kom, as die Gees getuig dat dit nou tyd is om te bid, as God ‘n belofte maak – kan jy nie net terugsit en se:”God het dit beloof. Ek gaan dit net in die geloof aanneem. Ek gaan net sit en wag tot Hy dit doen nie. Nee! As die Gees beweeg is dit tyd om op te volg met vuur en geloof.

Toe Daniel Jeremia se profesie gelees het, het hy uitgereken dat Israel se sewentig jaar van ballingskap verby was. Hy het besef dat Israel binnekort vrygestel gaan word van Babilon. God se volk gaan vry word!

Wat het Daniel gedoen? Het hy vir God gewag om iets te doen en alles net in die geloof aanvaar? Nee! Daniel het gese:” Daarom het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking:ek het gevas, rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.” (Daniel 9:3) Natuurlik het hy met volgehoue geloof gebid.

Dit is wat die Heilige Gees doen voor elke groot beweging van die Here: Hy roep ons op tot gebed. En elke groot beweging wat volg word gedra deur gebed.

In Judas se laaste brief lees ons dat die geslag van die laaste dae oorgegee is aan ontug en sensualiteit. Dit is ‘n tyd dat God se volk kla en murmureer. Judas profeteer daaroor: “Kyk, die Here kom met sy duisende heilige engele en Hy sal oor almal oordeel (Judas 14-15).

Hoe moet God se volk hiervoor voorberei? Volgens Judas. “Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.”(vers 20) In die donkerste uur moet God se volk altyd waak enbid.

Hierdie geslag se wyn is op, hulle het ‘n wonderwerk nodig.

Wyn in die Bybel simboliseer blydskap en vreugde. “Wyn om mense se harte bly te maak” (Psalm 104:15). In die Nuwe Testament is “nuwe wyn” ‘n heenwyse na die Heilige Gees.

Ja, as ek vandag na die kerk kyk, sien ek wynglase wat leeg is. Hoekom? Soos byna elke Bybelse profeet gesê het: “Sonde neem blydskap en vreugde weg.”

Nou het ek ‘n woord vir elke moeder, vader en grootouer wat lank bid vir ‘n verlore jongmens: Hou vol, Jesus kyk en wag. Sy uur vir jou kind is naby!

Die feit is dat jou kind miskien nog van die wyn van die wêreld drink. Hulle kan nie hulle rug op ou vriende draai nie. Hulle koester nog ‘n wrok en voel gekrenk oor die behandeling van ‘n kerk, en volgehoue twyfel. Maar die houer wat daardie ou wyn bevat gaan leeg raak. Hulle vriende gaan hulle teleurstel en ‘n leegheid gaan hulle oorval.

As daardie oomblik aanbreek – as al hulle pogings gefaal het - sal jy God se uur van krag sien. Slegs ‘n wonderwerk van sy genade kan ware verlossing bring. Hou aan bid. God sal woord hou!

In die lig van dit alles, wat moet ons doen?

Maria, die moeder van Jesus, gee vir ons die antwoord: By Kana sê sy vir die dissipels: “Doen wat Hy vir julle se.” Geliefde, die Here sal vir jou sê wat om te doen. Hy is die nuwe wyn, die bron van alle blydskap en vreugde. En Hy sal vir jou sê wat Hy wil hê wat jy moet doen. Lees sy Woord en doen dit.

Jesus het vir ons gesê om te werk terwyl dit dag is. Hoekom? Want “die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Johannes 9:4)

In Openbaring 7, beskryf Johannes ‘n menigte wat voor God se troon gestaan het. ’n Menigte so groot dat niemand dit kon tel nie. Hierdie menigte is verteenwoordigend van mense van alle rasse en tale, geklee in wit klere en almal prys die Here. As Johannes vra, “Wie is hierdie mense? Waar kom hulle vandaan? word vir hom gesê: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom.”

Liewe gelowige, ek glo ons is die geslag waarvan Openbaring 7 praat. Ons lewe in die donkerste tye en orals rondom ons is verdrukking. Maar die lig skyn nog helder. Hoe donkerder die nag hoe helderder die lig!

Terwyl jy vir jou geliefdes bid, en vir die wêreld wat in duisternis gehul is, wil ek jou herinner aan jou eie storie. Onthou, in jou verdrukkingstyd, was iemand besig om siele te wen. Iemand het vir die verlorenes gebid. Iemand het bo die duisternis uitgestyg en Christus verkondig. Iemand het geglo Christus sal nuwe wyn bring. En dit het gebeur! Jy het in die lig gekom! Waarlik baie ander sal uit die duisternis na die lig kom