SKAPE IN DIE VADER SE HANDE

David Wilkerson (1931-2011)

“Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ’n toevlug vir ons” (Psalm 62:9). As God se kinders, moet ons onsself oorgee aan Sy sorg in alles. Dit is ware vryheid! Om jouself oor te gee in God se sorg is ‘n daad van geloof. Dit beteken om jouself volkome aan sy mag, wysheid en genade oor te gee. En dit beteken om gelei te word volgens sy wil. God beloof om volkome verantwoordelik te wees vir ons – om ons te voed, te klee en skuiling te gee, en om ons harte van die bose te bewaar.

Jesus het die volmaakte voorbeeld van heilige oorgawe gegee toe Hy na die kruis gegaan het. Net voor Hy sy gees oorgegee het, het Hy hardop geroep, “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” (Lukas 23:46). Christus het letterlik die bewaring van sy lewe en ewige toekoms in die sorg van sy Vader geplaas. Deur dit te doen, het Hy die siele van al sy skape in die Vader se hande oorgegee.

As ons geroep word om ons lewens aan iemand te gee, moet ons weet dat hierdie Iemand die mag het om ons van alle gevaar, dreigemente en geweld te bewaar. Paulus getuig, “Want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe” (2 Timótheüs 1:12).

Ons blywende vrede sal altyd afhang van ons oorgee in God se hande, ongeag ons omstandighede. Die Psalmdigter leer, “Verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart” (Psalm 37:4). God se begeerte is dat jy met jou daaglikse taak aangaan sonder vrees en angs, terwyl jy vertrou op sy sorg. Hoe meer oorgegewe jy is aan God se sorg, hoe meer onbekommerd sal jy wees oor die toestande rondom jou.

Jou groot Herder weet presies hoe om sy skape te beskerm en te bewaar omdat Hy in liefde lei. Rus in sy bewarende krag en jy sal nie bang wees vir enige vreesaanjaende nuus nie. Jy sal nie probeer om jou volgende stap te probeer uitpluis nie, want jy het jou lewe, familie en toekoms in sy veilige en liefdevolle hande geplaas.