Moedeloos met Ons Eie Harte

David Wilkerson (1931-2011)

Is jy moeg daarvoor behoeftig te lewe as alles wat jy ooit nodig sal hê vir jou voorsien is? Miskien is jou fokus verkeerd. Jy is geneig om te kyk na jou swakhede, versoekings en vorige mislukkings – en as jy binne jou eie hart kyk, maak dit wat jy sien jou moedeloos.

God se liefde dring daarop aan dat ons ophou fokus op ons mislukkings en sondes, en in plaas daarvan, fokus op die rykdomme wat in Christus aan ons gebied word. Jy moet na Jesus kyk, die begin en voleinder van ons geloof (sien Hebreërs 12:2). Wanneer Satan na jou toe kom en jou swakhede in jou hart uitwys, het jy die volste reg om te antwoord, “My God weet dit alles reeds en Hy het my steeds lief! Hy het my alles gegee om oorwinning te kry en te behou. So ver as wat dit Hom aangaan, is dit volbring!”

God dring by jou aan, “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16). Herinner God dat dit sy idee was vir jou om na Hom toe te kom. Neem God op sy Woord en sê met geloof, “Here Jesus, vervul my met u vrede omdat U gesê het dit is myne. Ek eis rus vir my siel op.”

Jy kan nie dit in jouself opwerk nie. Jy kan dit nie op jou neer sing of prys nie. Nee, dit kom deur gewortel en gegrondves te wees in ‘n openbaring van God se liefde vir jou. Dit kom nie met ‘n gevoel nie, maar liewer in die Woord wat Hy self gespreek het: “My Vader het oorvloed van brood” (Lukas 15:17).

As nou jy die Heilige Gees vra om jou te help om hierdie waarheid te begryp – om daarin gewortel en gegrondves te word – sal die komende dae die grootste wees wat jy al ooit gehad het. Jy kan na jou liefdevolle Vader gaan en alles opeis wat joune is!